Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 September 2026 – Soek wysheid soos ‘n skat

2 September

As jy regtig na iets soek, gaan jy alles daaraan doen om dit te kry — mag jy vandag so na God se plan, wil en wysheid soek. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: Soek wysheid soos ‘n skat

Teks: “My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.” (Spr. 2:1-2)

●     Ek dors na God, na die lewende God. (Ps. 42:3)

●     God se insig, plan en wil vir jou lewe val nie sommer so in jou skoot nie — jy moet dit soek, net soos jy na iets kosbaars sou soek.

●     Maak elke dag ‘n bietjie tyd oop om iets uit die Bybel te lees of te oordink, al is dit net een vers.

●     Vra God gerus direk vir leiding en rigting oor ‘n keuse wat jy nou moet maak — Hy gee dit vry, gratis en verniet.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U wysheid gee aan almal wat daarna soek — leer my om dit ernstig op te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.