Sondag 30 Augustus 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 77.
- Die tema van die prediking is:Kiekies kyk.
- Biddag vir Dowes.
- Kleuterkerk in Lokaal 6.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Bediening aan Dowes by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die sysaal – Ds Leon Cronje.

Woensdag 2 September 2026 :
- Klub 50: Braai onder die groot boom (slegs vir persone wat RSVP het).
- Daar is GEEN Kooroefening die week nie.
- 18:00 Blokbyeenkoms:
- Blok 17, 18, 19 & 20 (Pienaarstrand, Dwarswegstrand, Outeniquastrand & Glentana tot George) by Jan & Ina Meyer, Ganslaan 9, Outeniquastrand. Gelei deur ds Charné Viljoen – 083 294 6640.
- Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte) in die kerksaal – gelei deur ds Leon Cronje – 071 686 9424.

Sondag 6 September 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- Nasionale biddag vir Dowes.
- Kleuterkerk in Lokaal 6.
- Kategese.
- Sinodale Offer vir Instituut vir Dowes by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.
Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 5 September 2026
Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde.
Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop.Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels.
Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir September 2026 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bedieninge
Omgeebediening

Getuienisbediening


Re#imagine – Matriekfees

“Aan U sal ek dankoffers bring en die Naam van die Here aanroep” (Ps. 116:17 Afr20).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne en Kirgisië
Vanjaar is uitsendings by sommige van FEBA se radiostasies in Oekraïne opgeskort weens gewapende konflik. In Kirgisië moes twee stasies tydelik sluit as gevolg van ernstige weerskade. Die stasies in Kirgisië bedien gemeenskappe wat andersins min of geen toegang tot die evangelie het, terwyl FEBA Oekraïne hoop uitsaai aan luisteraars wat tot breekpunt gedryf word deur die oorlog.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se stasies in Oekraïne en Kirgisië binnekort weer sal kan begin uitsaai.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 30 Augustus 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
- Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Aanhouer wen…”
- Gemeentenuus
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314




Een antwoord op “Afkondigings 30 Augustus 2026 – 6 September 2026”
Kommentare is gesluit.