Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 September 2026 – Luister na gesagsfigure

1 September

Hierdie nuwe maand begin met ‘n goeie les: wysheid begin daar waar jy na die mense luister wat jou liefhet. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Luister na gesagsfigure

Teks: “My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos ‘n krans op jou kop en ‘n kettinkie om jou hals.” (Spr. 1:8-9)

●     Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. (Ps. 42:2)

●     Gesagsfigure het al baie meer geleer as jy — hulle raad is nie daar om jou uit te vang of te straf nie, maar om jou te help.

●     Dit voel dalk soms of hulle jou lewe moeiliker maak, maar hulle wysheid is eintlik ‘n versiering, nie ‘n las nie.

●     Mense word deesdae baie oud – vra daarom vandag vir iemand wat ouer as jy is en wat jy vertrou, wat hulle geleer het toe hulle jou ouderdom was.

●     Gryp daardie insig, kennis en wysheid aan en leef voluit.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir die mense wat my met wysheid rigting gee — help my om regtig na hulle te luister.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.