Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 31 Augustus 2026 – God is naby as jy seerkry

Augustus — Psalms

31 Augustus

Liewe Vriend

Aan die einde van hierdie maand wil God jou verseker: Hy is die naaste aan jou wanneer jy die seerste kry.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God is naby as jy seerkry

Teks:  “Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.”  (Ps. 34:19-20)

  • Die Here maak dié gesond wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.  (Ps. 147:3)
  • Die Here is naby dié wat seergekry het — jou trane stoot Hom nie weg nie, dit trek Hom nader.
  • Al tref hoeveel slegte dinge jou, die Here red jou uit almal — Hy maak geen uitsondering nie.
  • Wees ook self naby aan iemand wat seergekry het — soms is jou teenwoordigheid God se troos vir hulle.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U naby my is as ek seerkry en dat U my uit alles red — ek stap die nuwe maand saam met U in.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.