Nuusflitse Week 22+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 24 Mei 2026 : GEEN Kategese Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen. Pinksterfees & Nagmaal. Kleuterkerk in die konsistorie
Sondag 24 Mei om 15:00 Gesamentlike Pinkster Afsluiting AGS Kerk Groot-Brakrivier
Woensdag 20 Mei 2026 16:00 Blokbyeenkoms Blok 23 (Groenkloof Reebok) & Blok 24 (Reebok Village)  by Groenkloof Reebok se eetsaal..
Woensdag 20 Mei 2026 Kooroefening by die orrel om 16:45
Donderdag 28 Mei 2026 14:00-19:00 : Bloedskenk
Saterdag 30 Mei 2026 08:30 – Ontbyt: ‘n Seisoen van konflik, ‘n seisoen van geleenthede
Sondag 31 Mei 2026 : Erediens & Kategese om 09:00 – Geen Kinderkerk
Sondag 31 Mei 2026: 17:00 LEEFkerk

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 17-21 Mei 2026

Afkondigings 24 – 31 Mei 2026

Afkondigings

Sondag 24 Mei 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
  • Die tema van die prediking is:Ek glo in die Heilige Gees | ONS glo in die Heilige Gees.
  • Pinksterfees & Nagmaal.
  • Kleuterkerk in die konsisto rie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Buitelandse Sending (Zimbabwe/Malawi/Mosambiek) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof Pinksterfees & Nagmaal om 10:15 – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
  • Daar is GEEN LEEFKerk vanaand nie agv die gesamentlike Pinkster afsluiting.

Gesamentlike Pinkster Afsluiting Sondag 24 Mei om 15:00

Gelei deur ds Leon Cronje
AGS Kerk Groot-Brakrivier

U word genooi om die diens saam met ons by te woon.
Daar sal verskeie kore en ander items wees om die program vol te maak. 
Ons kom 14:30 hier by ons kerk bymekaar en vertrek dan saam na die AGS Kerk.

DEUROFFER vir Buitelandse Sending

Zimbabwe, Malawi en Mosambiek

Die Sinode van Wes-Kaapland is al vir baie jare betrokke by die bediening van die evangelie in verskeie lande in Afrika. Hierdie werk het daartoe gelei dat selfstandige Gereformeerde susterkerke in Zimbabwe, Malawi en Mosambiek tot stand gekom het – kerke waarmee ons steeds in noue vennootskap saamwerk.

Malawi

Die NG Kerk se sendingwerk het reeds in die laat 1800’s in Malawi begin en het gelei tot die ontstaan van die Church of Central Africa Presbyterian (CCAP). Vandag is dit ’n groeiende kerk met ’n wesenlike invloed in gemeenskappe – nie net geestelik nie, maar ook deur onderwys, gesondheidsorg en gemeenskapsontwikkeling.  Die Wes-Kaap Sinode ondersteun hierdie werk deur verhoudings, besoeke, bystand ten opsigte van teologiese opleiding en samewerking in bedieninge van die CCAP Nkhoma Sinode.

Zimbabwe

In Zimbabwe het die NG Kerk se sendingwerk gelei tot die vestiging van die Reformed Church in Zimbabwe (RCZ), asook die CCAP Harare Sinode. Hierdie sinodes  funksioneer vandag selfstandig, maar bly deel van ’n familie van kerke wat mekaar ondersteun in getuienis, opleiding en sinodale projekte.

Mosambiek

In Mosambiek het sendingwerk  gelei tot die vestiging van die Igreja Reformada em Moçambique (IRM). Die NG Kerk se betrokkenheid fokus vandag op ondersteuning deur vennootskappe, praktiese hulp aan die sinode, ondersteuning ten opsigte van mobiele klinieke en reaksie op noodsituasies (soos ramphulp ná siklone).

Hoekom neem ons kollekte op?

Die kollekte wat opgeneem word, ondersteun hierdie voortgaande vennootskappe. Dit help om:

  • kerkleiers toe te rus
  • gemeenskappe te ondersteun deur verskeie bedieninge- en ontwikkelingsprojekte
  • en die evangelie sigbaar uit te leef in Afrika
Verjaarsdae Week 22 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 22 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Dinsdag 26 Mei 2026 :

  • Die Kerkraad vergader om 17:30 in lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 27 Mei 2026 :

  • 16:00 Blokbyeenkoms Blok 23 (Groenkloof Reebok) & Blok 24 (Reebok Village)  by Groenkloof Reebok se eetsaal. Heloïse van der Merwe – Kontak ons vorm.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak ons vorm1.

Donderdag 28 Mei 2026 : Bloedskenk

Bloedskenk Donderdag 28 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Bloedskenk Donderdag 28 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Saterdag 30 Mei 2026 :

  • “ ’n Seisoen van Konflik, ’n Seisoen van Geleenthede” ontbyt in die kerksaal om 08:30 vir 09:00 (slegs vir persone wat bespreek het).

Sondag 31 Mei 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Biddag vir Ekologie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Ramot by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.
Eredienstye NG Kerk Groot-Brakrivier
Eredienstye NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuwe Lidmate 2026:

Fred, Joice, Henry-James & Anchè Stephens van Bloemfontein: Blok 11 (Sandhoogtepad)

Baie welkom by ons gemeente.

Omgeebediening

Omgeebedieing Dankie NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebedieing Dankie NG Kerk Groot-Brakrivier

Eiendomsbediening :

Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.

Getuienisbedieing

Getuienisbediening behoefte NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening behoefte NG Kerk Groot-Brakrivier

BLOKINDELING

Die nuwe blokindeling is weer beskikbaar in die voorportaal indien u nog nie weet in watter blok u val nie.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 24 Mei  2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 24 Mei 2026, deur ds Leon Cronje en ds Charné Viljoen.
    • Skakels na die Pinksterdienste (van 17 tot 21 Mei), gelei deur ds Leon Cronje, is op die Webtuiste beskikbaar.
  2. Getuienisbediening:
    • Die nuutste nuusbrief van Lynette uit Madagaskar is beskikbaar.
  3. Bybelstudiereekse:
    • Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Loof en Prys Hom!”.
  4. Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA-luisteraars

“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid”  (2 Kor. 3:17 Afr20).

Soos God belowe het, het Hy die Heilige Gees gestuur as Helper, Raadsman en Trooster van gelowiges. FEBA se bediening sou nutteloos wees sonder die Heilige Gees se werk, wat mense in staat stel om die evangelie te hoor en te verstaan.

Ons gebed vir die week: Prys God dat Hy die Gees van waarheid gegee het om ons te help bid. Bid dat Hy in luisteraars se harte sal werk waar hulle ookal vandag ’n FEBA-uitsending hoor en hulle sal aanspoor om oor te gee aan Christus.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Mei 2026 – Jou woorde bou op.

Dagstukkies April

23 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou aanspoor om ’n bron van lewe vir ander mense te wees — Hier is God se Boodskap.

Tema: Jou woorde bou op.

Teks: ‘n Gelowige se woorde is soos ’n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle die regte pad.” (Spr. 18:4 – Die Boodskap)

  • Laat elke woord van jou mond en gedagte van jou hart vir die Here aanneemlik wees — Hy is jou Rots en Verlosser. (Ps. 19:14)
  • Jou woorde het die krag om mense op te bou of af te breek — kies vandag om bou-woorde te gebruik.
  • ’n Gelowige wat opreg praat, is soos ’n fontein in ’n droë woestyn — mense word verfris deur jou teenwoordigheid.
  • Wie is vandag in jou lewe wat ’n bemoedigende woord nodig het? — gaan sê dit, dit maak ’n groot verskil.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my woorde kan gebruik om ander op te bou. Laat ek so leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Mei 2026 – Pas op wat jy kies.

Dagstukkies April

22 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou help om bewuste keuses te maak oor wat jy in jou hart toelaat — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Pas op wat jy kies.

Teks: ‘n Mens wat die Here verag, luister graag na praatjies oor seks, geweld en moord. Hy kan nooit genoeg daarvan kry nie…” (Spr. 17:4 – Die Boodskap)

  • God wil hê jy moet niks slegs in jou hart en gedagtes hê nie — Hy sorg vir jou. (Ps. 101:3-4)
  • Wat jy inlaat deur jou oë en ore, vul uiteindelik jou hart — wees bewus van wat jy lees, kyk en na luister.
  • Die dinge waaraan jy aandag gee, vorm jou denke — kies wys en slim.
  • Wat jy op jou skerm en in jou gedagtes inlaat moet jou opbou.
  • Vra jouself vandag af: Bou hierdie inhoud my op of trek dit my af? — doen dan die regte keuse.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my help om suiwer te dink — help my om vandag bewuste keuses te maak oor wat ek in my hart en gedagtes inlaat.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Mei 2026 – Leef sodat God trots is.

Dagstukkies April

21 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou aanmoedig om so te leef dat Hy trots op jou is — Hier is God se Boodskap.

Tema: Leef sodat God trots is.

Teks: “As die Here iemand liefhet, sal sy (of haar) vyande dit raaksien. Hulle sal op goeie voet met hom (of haar) wil wees.” (Spr. 16:7 – Die Boodskap)

  • Die Here berei ’n tafel vir jou in die teenwoordigheid van dié wat teen jou is — Hy beskerm jou. (Ps. 23:5)
  • Omdat God vir jou omgee, verander Hy selfs moeilike verhoudings waarbinne jy is — Hy kan harte sag maak.
  • Leef so naby aan God dat mense dit in jou sien — dit is ‘n kragtige en sterk manier om in konflik vrede te bring.
  • Jy hoef niks met jou vyande te doen nie — fokus op jou verhouding met God. Laat Hom die res doen.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U my lewe kan verander sodat selfs my vyande dit raaksien — help my om vandag naby aan U te leef en U Naam te eer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Mei 2026 – Beplan goed en verstandig saam met God.

Dagstukkies April

20 Mei

Liewe Vriend

Vandag nooi God jou om saam met Hom vir sukses te beplan — Dink vandag na oor God se boodskap.

Tema: Beplan goed en verstandig saam met God.

Teks: “Sonder goeie beplanning loop alle planne skeef. Goeie raad verseker sukses. ‘n Goeie antwoord is waardevol. Dit kan iemand help om die regte besluite te neem.” (Spr. 15:22 – Die Boodskap)

  • God belowe om jou te leer en raad te gee en Sy oog oor jou te hou — Hy lei jou op die regte pad. (Ps. 32:8)
  • Geen plan werk sonder dat jy eers raad soek nie — en die beste raad kom van God en van Christusgelowiges wat wys is.
  • Goeie beplanning beteken jy dink voor jy begin – jy luister voor jy besluit . Dit is wysheid
  • Gaan met alles eers na God in gebed. Kry dan eers raad van iemand wat weet voor jy groot besluite neem.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my wil lei en raad gee — help my om vandag wys te beplan en altyd eers U leiding te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus Madagaskar – The Week 10 Mei 2026

Madagaskar 2026-05-10 -1 NG Kerk Groot-Brakrivier

The Grade 5’s wrote their national mock exam last week. We have not received the final results yet. This year we have five children from Lovako School in Russian Bay who will write the final exams. They arrived from Russian Bay a week or so before the exams and will stay until the end of the school year. Antonin, the Grade 5 teacher, works very closely with them. For the first time there is also a student from Andranompitily, the nearest village from Ampamata, where the school is located. You will remember that Andranompitily has been hostile against the school in the early years. Our very first visit, some years ago with some of the Rangers when we had a camp there, was dramatic. When we arrived in the village, all the inhabitants had fled into the bush and we were left standing surrounded by the symbols of their witchcraft practices. It took us almost three hours to walk there and after some time of prayer, we simply had to walk straight back. Since then some parents had brought their children in secret to attend the school and now we have a regular flow of children from that village. They stay in Ampamata during the week, walk back to Andranompitily on Friday afternoons and return on Sunday afternoon to be ready for school on Monday. Please pray for Noelin, Melisa, Daniela, Freda and Emerancienne during their stay on the island. They are also part of Royal Rangers on Wednesday afternoons and we trust God to continue to work in their hearts. Emerancienne, the girl with the red dress in the picture, is the student from Andranompitily.

Thank you for praying for Jan, Dries’s brother. He underwent an operation and spent a week in ICU. We are not sure how long he will be in hospital for, but we are thankful for the improvement in his condition.

I am off to the boat for some more painting jobs this week. Have a blessed week.

E-posadres: lynettedj@gmail.com
Bank: ABSA, Lynette de Jager,
Rekeningnr: 1410142909,
Takkode: 632005

Madagaskar 2026-05-10 -1 NG Kerk Groot-Brakrivier
Madagaskar 2026-05-10 -1 NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Mei 2026 – Jou gesin is rykdom

Dagstukkies April

19 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou oë oopmaak vir die rykdom wat jy al het — Hier Sy Woord.

Tema: Jou gesin is rykdom.

Teks: ʼn Gelowige se rykdom is sy gesin…” (Spr. 15:6a – Die Boodskap)

  • Kinders is ’n erfenis van die Here — jou gesin is ’n beloning van Sy hand. Dit bring geluk wat geld nie kan bring nie. (Ps. 127:3)
  • Jou grootste bate is nie geld in die bank nie — dit is die mense wat aan jou kant staan en jou liefhet.
  • Belê vandag in jou verhoudinge— gee dit jou tyd, jou aandag en jou hart, want dit is die rykdom wat bly.
  • Sê vir jou mense vandag dat hulle kosbaar vir jou is — dit kos niks maar dit beteken alles.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie vir die rykdom van my gesin — help my om vandag te belê in die verhoudings wat U aan my gegee het.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Mei 2026 – Jou woord is jou waarde

Dagstukkies April

18 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou herinner dat jou “woord” jou mooiste eienskap kan wees. Oordink vandag God se Woord.

Tema: Jou woord is jou waarde.

Teks: “n Betroubare mens se woorde kan jy glo. Glibberige mense blaker leuens uit.” (Spr. 14:5 – Die Boodskap)

  • Die Here hou van iemand wat sy beloftes nakom en nie sy eed verbreek nie — selfs al is dit tot jou eie nadeel. (Ps. 15:5)
  • So iemand woon naby aan Hom. (Ps. 15:5)
  • ’n Mens wat sy woord hou, bou vertroue — vertroue neem ’n leeftyd om te bou maar ’n oomblik om te breek.
  • Wees die soort mens van wie mense sê: “As hy (of sy) dit sê, dan gebeur dit” — dit is ’n wonderlike reputasie.
  • Praat vandag alleen dit wat jy kan nakom — kies eerlikheid selfs as dit ongemaklik is.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U getrou en eerlik is in alles — help my om vandag ’n mens van my woord te wees en U eer daardeur te bring.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Mei 2026 – Luister en leer meer

Dagstukkies April

17 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou uitdaag om met ’n oop “oor” deur die dag te gaan — Hier is God Woord net vir jou vir vandag.

Tema: Luister en leer meer.

Teks: “Gelowiges luister graag na ander en neem hulle standpunte in ag.” (Spr. 13:10b – Die Boodskap)

  • Wanneer die Here God vir Sy kinders iets sê — luister dan. Laat Sy vrede in jou lewe heers elke dag. (Ps. 85:89
  • ’n Gelowige is iemand wat weet dat hy nie alles weet nie — en daarin is juis wysheid, insig en God se leiding.
  • As jy na ander luister, groei jy — mense om jou het ervarings en insigte wat jou lewe kan verryk.
  • Oefen vandag om ’n beter luisteraar te wees — vra eers vrae, oordeel stadig en praat minder.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U my deur ander mense ook leer — help my om vandag met ’n oop hart te luister en te groei.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Vervulling en Sekerheid

…Nee, laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus

(Ef. 5: 18-1920)

Vervulling met die Heilige Gees

Ons het as mense ‘n behoefte om deur die Heilige Gees vervul te word. As gelowige Christene weet ons dat die leiding van die Heilige Gees noodsaaklik is vir ons voortbestaan. Larry Christenson stel dit so goed: ‘Dit is die verskil tussen leef in die Gees en leef in die vlees. In die vlees kan ons sekere dinge aanleer en vaardig word daarin. In die Gees is ons enigste vaardigheid egter die vermoë om die Gees te kan hoor en sy leiding te volg’.

Hoe kry ons dit reg? Duidelik nie uit ons eie krag nie. Ons kan net ons afhanklikheid van God se genadegawe besef en bid dat ons deur die Heilige Gees vervul word. Om tot hierdie besef te kom moet ons leeg word van ons eie ek! Ons moet ons swakhede besef en in nederigheid en opregtheid voor God neerbuig.

Die besef dat ons verlos is deur Jesus Christus help ons op die pad na vervuling deur die Heilige Gees. Dit is juis die Heilige Gees wat ons dring om tot hierdie besef te kom. Hy lei ons na volkome oorgawe.

Teksverse:

As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.” (Luk. 11: 1320);

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Hand. 1: 820);

Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”” (Hand. 2: 3820);

”En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.” (Hand 4: 29-3120)

Beheer deur die Heilige Gees?

Dit is wanneer ons toelaat dat die Heilige Gees ons suiwer. Wanneer ons in gebed vra dat die Heilige Gees al meer en meer beheer van ons lewe oorneem, dis dan dat God ons sal gee waarom ons vra. Dit is soms so moeilik om net oor te gee, maar die genade gawes wat saam met so ‘n oorgawe gaan, is kosbaar. Dis dan dat ons as gelowiges kan voortgaan, soms in baie moeilike omstandighede.

Wanneer ons ons harte volkome oorgee en toelaat dat die Heilige Gees beheer neem, dis wanneer ons nie eers hoef te wonder wanneer en wat om te sê in moeilike omstandighede nie. Die Heilige Gees gee die gedagtes, woorde en dade vir ons. Selfs wanneer ons die Woord nie altyd verstaan nie, lê die Heilige Gees vir ons die Waarheid oop, sodat ons kan verstaan.

Teksverse:

Wanneer hulle julle gryp om julle oor te lewer, moet julle julle nie vooruit bekommer oor wat julle sal sê nie, maar julle moet praat soos dit op daardie oomblik aan julle gegee sal word, want dit is nie julle wat praat nie, maar die Heilige Gees.” Mark. 13: 1120);

Daarop gee Johannes aan hulle die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.’” (Luk. 3: 1620);

…en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (Joh. 14: 2620);

As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe. Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.” (Rom. 8: 13-1420)

Kan ek sekerheid hê?

Kan ek sekerheid hê dat ek met die Heilige Gees vervul is? Jesus Christus, en geloof in Hom en sy verlossingsdaad, is wat my sekerheid kan gee!

Ons word egter tog gemaan om nugter en verstandelik wakker te wees vir enige aanslae om ons weg te ruk van God af. Ons moet heilig wees; dus afgesonder vir God. Ons moet in alles wat ons doen, dink en sê altyd bedag wees of dit tot verheerliking van God sal lei. Dis soms so moelik vir ons as mens, omdat ons dikwels nadenkend dinge sê en doen.

Ons moet ook bedag daarop wees om nie in geestelike hoogmoed ander wat nog nie geestelik volwasse is, te veroordeel nie. Ons kan eerder in afsondering bid vir enigiemand en van God vra dat so ‘n persoon ook in alle opsigte tot die regte insig sal bring. Ons moet mekaar se verskillende stadiums in geestelike groei, in liefde en begrip aanvaar, en vir mekaar ondersteun waar ons kan, onder die leiding van die Heilige Gees.

Teksverse:

Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.” (Joh. 15: 520);

Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.” (1 Pet. 1: 1320);

Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” (1 Pet. 1: 15-1620);

Broers, ek verbeel my nie dat ek alles het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.” (Fil. 3: 13-1520)

Strome lewende Water

Die strome van lewende water wat reeds in Jesaja beskryf word, kry ons van Jesus Christus. Dis alleen deur tot geloof in God, die Vader en die Seun, Jesus Chrustes, wat vir ons verlossing verseker het, dat ons strome van lewende water uit ons binneste kan laat vloei.

Dit is wat die Heilige Gees in ons lewens inbring as genadegawe van God. Laat elkeen van ons in aanbidding vra vir die bystand van die Heilige Gees. Soos Dwight L. Moody die so mooi stel: ‘As ‘n mens sonder die Heilige Gees ‘n Christelike lewe probeer lei, kan jy net sowel sonder ore probeer hoor of sonder longe probeer asemhaal. Dit is onmoontlik.

Teksverse:

Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome van lewende water sal uiit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang….” (Joh. 7: 37-3920);

Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.” (Jes. 58: 1120);

Nuusflitse Week 21+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 17 Mei 2026 : Erediens om 09:00 – Geen Kleuterkerk wel Kategese 09:00.
Pinkster 17- 21 Mei 2026 10:00 Groenkloof 18:00 Kerkgebou
Woensdag 20 Mei 2026 GEEN Blokbyeenkoms as gevolg van Pinkster.
Woensdag 20 Mei 2026 Kooroefening by die orrel om 16:30
Sondag 24 Mei 2026 : GEEN Kategese Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen. Pinksterfees & Nagmaal. Kleuterkerk in die konsistorie
Gesamentlike Pinkster Afsluiting Sondag 24 Mei om 15:00 AGS Kerk Groot-Brakrivier
30 Mei 2026 08:30 – Ontbyt: ‘n Seisoen van konflik, ‘n seisoen van geleenthede

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 17-21 Mei 2026

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Mei 2026 – Hoogmoed bring rusies

Dagstukkies April

16 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou wys hoe jy harmonie in jou verhoudings kan hê — Hier is God se Boodskap vandag.

Tema: Hoogmoed bring rusies.

Teks: “Mense wat altyd beter weet, beland altyd maklik in rusies…” (Spr. 13:10a – Die Boodskap)

  • God waarsku jou om jou tong te bewaar — ’n bewuste keuse om nie sleg te praat nie, bewaar jou voor baie hartseer. (Ps. 34:14; Jak  3:3-12)
  • As jy altyd dink jy weet beter, skep jy ’n muur tussen jou en ander mense — en uiteindelik ook tussen jou en God.
  • Rusies begin dikwels met iemand wat nie na ander se saak luister nie — kies vandag om eerder te luister en begrip te toon, as om te praat.
  • Gee jou ego ’n pouse — moenie elke argument probeer wen nie; wen eerder die verhouding.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my help om ootmoedig te wees — help my om vandag my trots opsy te sit en harmonie in my verhoudings te kies.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.