26 Mei
Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe uitkomste wat die Here in die lewe gee. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema : Kyk reg na die lewe
Teks: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red.” (Gen. 45:5)
- Fokus op die regte dinge van jou lewe.
- Moenie dat slegte omstandighede jou onderkry of met jou op loop gaan nie (Fil 4:12).
- Wees tevrede met wat ook al met jou gebeur (Fil 4:11).
- Hy sal vir jou sorg deur jou te gee wat jy nodig het (Fil 4:19).
- Fokus op die goeie goed wat God in jou lewe waar maak.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U altyd vir my genoeg gee.
In die Naam van Jesus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


