Nuusflitse Week 24+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 8 Junie 2025 : Nagmaal 10:00 Geen Kategese
Pinksterdienste : 1- 5 Junie 2025 10:00 Groenkloof 18:00 Kerkgebou. Ds. Nelis Janse van Rensburg
Woensdag 11 Junie 2025Blokbyeenkoms Blok: 11A & 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) om 18:00
Wolwedans Boodskap Sop en Brood 18 Junie
Woensdag 11 Junie 2025Kooroefening 16:45
Sondag 15 Junie 2025 : Geen Kategese en Erediens om 10:00
Vrydag 20 Junie 2025 – Magda Louw – (K)Letterkunde 18:30

Skep asem vir vandag: 7 Junie 2025

Dagstukkies April

7 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat jy terwyl hulle leef aan jou hartsmense liefde en waardering gee, hoop ek dat dit vandag met jou goed gaan. My gebed is dat jy die waarde van vergifnis sal ontdek. Hier is die Woord van die Here vir jou.

Tema: Vergewe en vra om vergewe te word

Teks: “’Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.’ Vergeef ons tog nou die misdaad.” (Gen 50:17)

  • Jy kan nie los kom van verkeerde optrede nie – wat jy aan ander gedoen het of wat ander aan jou gedoen het.
  • Jou eerste instink is om ander mense in eie munt terug te kry.
  • Herstel eerder jou verhouding met hierdie mense – soek vergifnis en vra vergifnis.
  • Moenie skaam, bang of te trots wees om vandag vergifnis te vra of te gee nie.
  • Gelukkig is jy as jy vrede maak met mense wat in vyandskap met mekaar leef (Matt. 5:9).

Gebed

Liewe Vader, maak my iemand wat bekend staan as ‘n vredemaker.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Junie 2025

Dagstukkies April

6 Junie

Liewe ….

Ek wens jou vandag toe: gesondheid, genade en ‘n goeie lewe. Jy het gister gehoor dat God se optrede onverstaanbaar is. Ek hoop en bid dat jy die waarde van jou hartsmense sal verstaan. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Liefde vir hartsmense

Teks: “Josef het toe oor sy pa gebuk en hom al huilende gesoen.” (Gen 50:1)

  • Almal word met die dood van hartsmense gekonfronteer – ‘n man of vrou, kinders of ouers, broers of susters, oupas of oumas, vriende, kolegas of selfs kennisse.
  • Dit is goed as jy huil en treur wanneer so iemand naby aan jou sterf (1 Tess 4:13-14).
  • Dit beteken niks om, ná hul dood,l iets groots vir hulle te wil doen nie – hulle is nie daarvan bewus is nie – ‘n groot roudiens is nutteloos.
  • Dit is eerder belangriker om, terwyl hulle leef, met jou hartsmense goeie verhoudinge te hê.
  • Die is belangrik om op aarde aan jou hartsmense jou liefde en waardering oor te dra – ja, terwyl hulle leef.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek geleenthede het om aan mense te wys dat ek hulle waardeer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Junie 2025

Dagstukkies April

5 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat dinge altyd weer reg kom, hoop ek dat mense vandag aan jou liefde en goedheid sal bewys. Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Ons kan nie God se optrede verklaar nie

Teks: “Josef het vir sy pa gesê: “Dit hoort nie so nie, … Maar sy pa het geweier en gesê: “Ek weet dit, my seun. (Geb 48:18-19)

  • Daar is tye in jou lewe waar jy dink dat God verkeerd optree.
  • Die Here weet wat Hy doen en waarom Hy dit toelaat.
  • Die Here verduidelik nie altyd waarom sekere dinge gebeur nie.
  • Soms vra dit net geloof en nie ook verklarings nie.
  • Sê altyd vir die Here dankie. Wees hoopvol. Leef met verwagting. Leef voluit.

Gebed

Liewe Vader, gee my ‘n onwrikbare vertroue in U goedheid, selfs al verstaan ek dit nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Junie 2025

Dagstukkies April

4 Junie

Liewe ….

My wens is dat vandag gesond sal wees. Gister het jy gehoor dat jy nie moet uitstel voordat jy dinge doen nie. Mag jy raaksien dat die Here jou altyd help. Hier is ‘n spesiale boodskap aan jou.

Tema: Dinge sal weer volkome regkom

Teks: “Hulle het vir Josef gesê: “U het ons lewe gered. Meneer is ons goedgesind.” (Gen 47:25)

  • Slegte dinge hou nie vir altyd aan nie.
  • Jy kan baie bly wees dat jy weer goeie tye sal ervaar.
  • Dit kan dalk ‘n rukkie neem, maar dit kom verseker.
  • Dan is daar meer geluk en voorspoed as wat jy vroeër gehad het.
  • Wees op die uitkyk vir die uitkomste wat die Here vir jou gee.
  • Die Here sorg, want Hy gee om vir jou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir die nuwe geleenthede wat U vir my gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Junie 2025

Dagstukkies April

3 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat die lewe ewigheidswaarde het, is my wens dat jy vandag goeie nuus sal kry en gelukkig wees. Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.

 Tema: Van uitstel kom afstel

Teks:“Hoe lank gaan julle nog talm voor julle die land in besit gaan neem wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het?” (Jos 18:3).

  • Soms gee die Here ‘n nuwe seisoen en uitkoms aan jou, tog talm jy om dit te vat en jou eie te maak.
  • Die tyd het aangebreek om die oplossings, antwoorde en nuwe seisoene wat God aan jou gee aan te gryp.
  • Wanneer jy huiwerig is om God se nuwe seisoene en oplossings uit te voer, mis jy wonderlike nuwe geluk in jou lewe.
  • Moenie langer uitstel nie. Die Almagtige God sal jou help om dit waar te maak.

Gebed

Liewe Vader, ek dank U dat U my help om oor te begin en nuwe geleenthede in my lewe te kry.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Junie 2025

Dagstukkies April

2 Junie

Liewe ….

Gister het ons gesien dat jy meer ontvang as wat jy verwag. Daarom hoop ek dat jy vandag ‘n goeie dag sal geniet. My gebed is dat jy jou geestesoë sal oopmaak en verstaan dat jy eintlik nie hier op aarde tuis hoort nie. Jy is op reis na die ewige lewe by God. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Op reis van die aarde na die lewe by God

Teks: “Jakob het vir hom gesê: “Ek is nou al honderd en dertig jaar ‘n vreemdeling hier op aarde.” (Gen 47:9)

  • Jy is soos ‘n besoeker hier op die aarde. Eintlik kuier jy net hier (1 Pet 2:11).
  • Dit mag gebeur dat in jou alledaagse lewe dinge gebeur wat nie vir jou lekker is nie (1 Pet 1:6).
  • Dit toets jou geloof. Moenie dat dit jou van stryk bring nie ( 1 Pet. 1:6-7).
  • Fokus op die dinge wat ewigheidswaarde het. Laat dit jou deur alles motiveer.
  • Bly op Jesus vertrou. Almal sal daaroor praat.

Gebed

Liewe Vader, help my dat ek soos iemand wat na U op reis is, leef – gefokus op U.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Die Heilig Gees!

Stof tot nadenke - Die heilige Gees

Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, as die eiendom van God beseël.

Eff. 1: 13

In hierdie Pinkstertyd, word ons weereens bewus van die aandeel van die Heilige Gees in God se werk. Jesus Christus wat nie net met water gedoop was nie, maar ook met die Heilige Gees gedoop is, in die teenwoordigheid van God self. Christus self het ons attent gemaak op hoe belangrik die Heilige Gees is. Johannes Calvyn het dit ook mooi verwoord: “As ons die Heilige Gees van God erken as die fontein van waarheid, sal ons die waarheid nooit verag nie, in watter vorm dit ook al kan voorkom…”

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Heilig Gees!”

Skep asem vir vandag: 1 Junie 2025

Dagstukkies April

1 Junie

Liewe ….

Kan jy dit glo. Vandag begin ons sesde maand van die jaar. Mag jy ‘n wonderlike geseënde sesde maand beleef en geniet. Hier is God se Woord.

Tema: Jy sal meer ontvang as wat jy verwag

Teks: “ En as jy weet van knap manne onder hulle, moet jy dié in bevel plaas van my vee… Hy het vir hulle die beste deel van Egipte gegee…” (Gen 47:6)

  • God is vir jou baie goed.
  • God wat vol van genade is, weet wat jy nodig het.
  • God wat vol van genade is, sal jou help om jou uitdagings baas te raak.
  • Die Here gee onverwags meer aan jou as wat jy verwag.
  • Sê vir die Almagtige God vir alles wat Hy vir jou doen dankie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U goed is en aan my meer gee as wat ek vra en verwag.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 23+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 1 Junie 2025 : Kategese en Erediens om 10:00
Wolwedans Boodskap Sop en Brood 4 & 18 Junie.
Pinksterdienste : 1- 5 Junie 2025 10:00 Groenkloof 18:00 Kerkgebou. Ds. Nelis Janse van Rensburg
Woensdag 4 Junie 2025: Geen Blokbyeenkoms
Wolwedans Boodskap Sop en Brood 4 & 18 Junie
Woensdag 4 Junie 2025Kooroefening 17:15
Sondag 8 Junie 2025 : Kategese en Erediens om 10:00
Vrydag 20 Junie 2025 – Magda Louw – (K)Letterkunde 18:30

Lief en Leed Week 23 van 2025

Lief en Leed

Sterftes 2025 A black and white image of a plant

Description automatically generated

Bessie Reinhardt van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap. Ma van Alida Terblanche en Janetta Visser is oorlede op 27 Mei in die rype ouderdom van 104 jaar en 7 maande. 
Ons innige meegevoel aan haar geliefdes. 

Verjaarsdae

Verjaarsdsae Mei 2025
Verjaarsdsae Mei 2025

Afkondigings 1 – 7 Junie 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier 1

Sondag 1 Junie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 17:20-26 en Handelinge 16:25-34.
  • Die tema van die prediking is: In mekaar.
  • Biddag vir Ekologie.
  • Kategese.
  • Deuroffer tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen & Ds Nelis Janse van Rensburg.

Woensdag 4 Junie 2025 :

  • Daar is GEEN blokbyeenkoms tydens Pinkster nie.
  • Let asb op dat die week se kooroefening om 17:15 plaasvind. Marida – 082 471 0751. 

Alle belangstellendes is welkom. 

Sondag 8 Junie 2025 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Nelis Janse van Rensburg.
  • Pinksterfees & Nagmaal.
  • Biddag vir Jeug & Kategese.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Jeugwerk by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen (Nagmaal).
Eredienstye vir Junie Julie en Augustus
Eredienstye vir Junie Julie en Augustus

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Junie 2025 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.  

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 24, asook die antwoorde vir nommer 23, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Sterftes 2025 A black and white image of a plant

Description automatically generated

Bessie Reinhardt van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap. Ma van Alida Terblanche en Janetta Visser is oorlede op 27 Mei in die rype ouderdom van 104 jaar en 7 maande. 
Ons innige meegevoel aan haar geliefdes. 

Verjaarsdae

20 Junie 2025 Magda Louw Kletterkunde
20 Junie 2025 Magda Louw Kletterkunde

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.A pair of hands reaching out

Description automatically generated
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig. 
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening : 

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 4 & 18 Junie.
  • Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande. 

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5 

liter water by mengsel en kook tot gaar.

U kan dit skenk in die volgende twee formate:

1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of

2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.

Ondersteuningsgroep : 

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:A black and white logo

Description automatically generated with low confidence

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig. 

Vir meer inligting kontak: 

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA ELSEA

FEBA ELSEA (Ethnic Languages of Southeast Asia) is ‘n lewende voorbeeld van Handelinge. Meer as 20 spanne van verskillende tale, se personeel reis na afgeleë gebiede om luisteraars te besoek en te bemoedig, vir die siekes te bid en mense van God se Woord te leer. Hulle reis dikwels in die geheim, want sommige is voorheen in hegtenis geneem omdat hulle die evangelie deel. 
Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA ELSEA se geloof sal versterk om elke hindernis te oorkom en vra dat Hy die saad sal laat groei waar die bediening dit geplant het.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 1 Junie 2025

Erediensbediening: 

a) Die skakel na die YouTube Erediens van 1 Junie, gelei deur ds Charné Viljoen, is beskikbaar.

b) Die Pinksterdienste, gelei deur ds Nelis Janse van Rensburg, wat om 18:00 op 1 Junie 2025 begin, sal die volgende dag per WhatsApp uitgestuur word. Al die dienste word opgeneem en uitgestuur.

Getuienisbediening:

    1. Die weeklikse nuusbrief van Madagaskar is beskikbaar.
    2. Frontiers SA – 5 dae gebedsgids tydens HAJJ” is op die webwerf.

    Bybelstudiereeks:

      1. Die Mei ‘Skep asem vir vandag’ is vroegoggend elke dag se padkos.
      2. Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Die Heilige Gees!”
      3. Die Afkondigings is op die webwerf geplaas.

      Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

      Leraars:

      Danie Goosen
      Charné Viljoen

      Langstraat 10,
      Groot-Brakrivier, 6525  ‘
      044 620 2205

       e-pos: Kontak Ons             

      Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

      Bankbesonderhede:  

      FNB tjekrekening

      Rek Nr.  530 831 865 11

      Takkode 210314

      SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

      Skep asem vir vandag: 31 Mei 2025

      Dagstukkies April

      31 Mei

      Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.

      Tema : Leerervarings bring geleenthede

      Teks: “Jakob het vir Juda vooruit gestuur na Josef toe om hom te laat weet dat hy op pad is na Gosen toe.” (Gen 46:28)

      • Laat jou mislukkings agter en begin weer van voor af leef.
      • Wanneer jy die Here vertrou, kan jy verwag dat wonderlike dinge sal gebeur.
      • Hy verander sonde en mislukkings in leerervarings.
      • Hy maak leerervarings leierskapsgeleenthede.
      • Hy maak leerervarings nuwe geleenthede waaruit jy die beste kan kies.
      • Hy gee oorwinning! Hy gee sukses! Hy gee geluk!

      Gebed

      Liewe Vader, baie dankie dat U my nuwe geleenthede van hoop gee.
      In Jesus se Naam.

      Amen.

      Vorige dagstukkies

      © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

      Skep asem vir vandag: 30 Mei 2025

      Dagstukkies April

      30 Mei

      Mag jy iemand van hoop en geloof wees. Hier is God se spesiale Woord vir jou.

      Tema : Die Here sal jou meer gee as wat jy gehad het

      Teks: “Moenie bang wees om na Egipte toe te gaan nie, want Ek sal jou daar ‘n groot nasie maak.” (Gen 46:3)

      • Wanneer jy die Here vertrou, kan jy verwag dat die regte geleenthede na jou sal kom.
      • Hy is nie doof nie — Hy hoor jou. Sy arm is nie kort nie — Hy help jou (Jes. 59:1).
      • Begin dadelik in gehoorsaamheid leef.
      • Moenie langer uitstel nie.
      • Hy wil en sal jou gelukkig maak.

      Gebed

      Liewe Vader, baie dankie dat ek binne U genade kan leef.

      In Jesus se Naam.
      Amen.

      Vorige dagstukkies

      © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.