29 Mei
Mag jy sien hoeveel keer God presies vir jou goeie dinge in jou lewe laat gebeur. Hier is ‘n spesiale gedagte uit God se Woord vir vandag.
Tema : Jy sal geluk beleef
Teks: “En hulle pa Israel het gesê: “Ek verlang niks meer nie. My seun Josef leef, en ek wil hom net sien voor ek sterf.” (Gen. 45:28)
- Staan sterk en byt vas — God is altyd met jou!
- Jy sal gelukkig wees, want die Here God sorg dat dit met jou goed gaan (Ps. 128:2).
- Jy staan in die sonskyn van Sy goedheid — die Here is ontsettend goed vir Sy kinders (Ps. 128:4).
- Wees op die uitkyk na die geluk wat die Here elke dag vir jou gee.
- Leef met hoop! Wees gelukkig! Dank die Here!
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my altyd gelukkig maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


