Missie Japan Nuusflits -TERUGVOER NA BESOEK: 16 November 2022

Missie Japan Leiers

TERUGVOER NA BESOEK

VIDEO VERTEL DIE VERHAAL

Beste Ondersteuner,

Bemoedigend. Versterkend. En veel meer! 

Só was die pas afgelope, amptelike besoek van Missie Japan se leiers – dr Nico Mostert en ds Johann Winterbach – aan Japan. Ons het die hoogste waardering vir hulle omgee en heelhartige betrokkenheid, en vir al die kilometers wat hulle moes aflê tot hier asook tydens hulle veelvuldige ontmoetings regoor die land. 

Lees meer “Missie Japan Nuusflits -TERUGVOER NA BESOEK: 16 November 2022”

Madagaskar: Lynette weeklikse nuusflits: Die WEEK – 6/11/2022

Madagaskar Sending

After two weeks of non-stop work, I can finally show evidence of the new roof. Only two classrooms so far, which means that we shall need another week to finish and therfore we are a week over the designated time. There is nothing to do about that. At least, following popular culture, we can put the blame on the fact that the owner probably measured and levelled nothing at the time of construction.

Lees meer “Madagaskar: Lynette weeklikse nuusflits: Die WEEK – 6/11/2022”

Elmar en Nadine Durandt – こんにちは😁 Konnichiwa, Goeie dag 15 November 2022

Elmar en Nadine Durandt2022-11-18

こんにちは😁 Konnichiwa, Goeie dag. Ons hoop dit gaan goed met jou. Dit gaan goed met ons gesinnetjie. Leah is alreeds 2 maande oud ☺️. Hierdie maand sing ons saam met mede sendelinge by Kerssangdienste tydens eredienste by 3 gemeentes. Ons sal ‘n Japanese kerslied sing. Vroeg Desember het ons ‘n kursus saam met OMF, waarin ons saam ander sendelinge wat ook oppad na Japan gaan vergader. Ons sien uit om weer gemeentes te begin besoek. Ons sal graag by huidige ondersteunende gemeentes wil uit kom sodat ons, ons sendeling kindjie (Leah) aan almal kan voorstel. Alhoewel ons ook nuwe gemeentes moet probeer besoek. Baie dankie dat jy vir ons bid en ons roeping na Japan ondersteun. ありがとうございます (Baie dankie).

Lees meer “Elmar en Nadine Durandt – こんにちは😁 Konnichiwa, Goeie dag 15 November 2022”

Stof tot nadenke: Hoe weet ons virseker?

Stof tot nadenke - NGK Groot-Brakrivier

“…ons moet mekaar liefhê, want die liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.”

1 Joh. 4: 7-8

Die vraag “Waarom het Christus kans gesien om vir ons aan die kruis te sterf?” is menigmaal in ons gemoed. Waarom was Hy bereid om deur die vernietigende venyn van mense se woede, smaad en haat te gaan? Wat is dit wat hom gedryf het om, ten spyte van sy versugting om die beker by hom te laat verby gaan, steeds voortgegaan het om homself aan die kruisdood te onderwerp. Hy het geweet dat dit vir die Vader moontlik sou wees om hom daarvan vry te skeld. Die enigste antwoord wat ons hierop kan vind is “die liefde’.

Lees meer “Stof tot nadenke: Hoe weet ons virseker?”

Nuusflitse – Week 47+ van 2022

Nuusflitse

Dinsdag – 15 November 2022 Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal
Woensdag – 16 November 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Sondag – 20 November 2022 Erediens 10:00 Prediker:  Dr. Nadia Marais.
Bloedskenk: Donderdag – 24 November 2022 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS Kermis 17 DESEMBER 2022
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022
Studieleningaansoeke uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022

Afkondigings 13 November – 20 November 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 13 November 2022:

  • Baie welkom by die erediens.
  • Baie geluk aan die Bright gesin wat vanoggend gedoop en belydenis van geloof aflê.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Gal. 3 vers 23 – 29. Die tema van die prediking is : Brief?
  • Spesiale Offer by die deure vir Up with Downs-skool.
  • Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Ons kategese sluit vanoggend af. Hulle ontvang hulle getrouheidsertifikate en bring hulle kinderdankoffers.

Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Dinsdag – 15 November 2022

  • Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal.

Woensdag – 16 November 2022

  • Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.

Sondag – 20 November 2022

  • Prediker:  Dr. Nadia Marais.
  • Spesiale Offer vir die Kankervereniging.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.

Donderdag – 24 November 2022

  • Bloedskenk: Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag 24 November 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.

HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022

‘Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.

Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit, ens.

Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.’

Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948

Ondersteuningsgroep

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies; maar ook
    vir emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
  • Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Die vierde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

  • Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders

Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies. Ons het ook gedink om die gemeente te vra om deel te wees van die projek deur of ‘n pakkie te pak en dit op 2 Desember by die kerkkantoor af te gee of ‘n bydrae te maak. By voorbaat baie dankie dat ons hierdie jaar op hierdie wyse kan afsluit.

OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES

Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.

Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas.  Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.

Baie dankie vir u getroue ondersteuning.

Groenewaldfonds:

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Filippyne:

Die Filippyne het nog nie ten volle hulle ekonomiese en politieke potensiaal bereik nie. Die land het baie natuurlike hulpbronne; het demokratiese wortels en beskik oor ‘n goedopgeleide bevolking. Maar die regering versuim gereeld om die ernstige ekonomiese en maatskaplike kwessies aan te spreek. Dit beperk die ontwikkeling van die land, gevolglik leef die helfte van die bevolking in armoede. Hier volg enkele feite oor die Filippyne: Die bevolking is meer as 111 miljoen landsburgers. Ongeveer 30.5% van die bevolking is onder die ouderdom van 15 jaar. Daar is sowat 92.3% Christene in die land; en daarvan is sowat 12.3% Evangeliese Christene. (Inligtingsbron: https://operationworld.org/locations/philippines/ )

Ons gebed vir die week: Hou aan bid vir die luisteraars en vennote van die radioprogram,  Life-Changing,  en dat hulle gemotiveerd en in verbinding te bly met die radiostasie. Ons is dankbaar vir hul volgehoue ondersteuning en bid dat God hulle sal bewaar om tot seën vir ander te wees. 

Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 13 November 2022

  1. Link na die YouTube Preek van 13 November 2022.
  2. Getuienisbediening: Die weekse nuusflits van Madagaskar.
  3. Gebedsgids November 2022:Is beskikbaar op die webtuiste.
  4. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: “ Hoe weet ons verseker?”. ‘n Kort boodskap vir die week.

Konsert 28 Oktober & Gemeentefees 29 Oktober

  • Ons dank die Here vir die wonderlike wyse waarop Hy die geleentheid geseën het asook elke persoon wat daarby betrokke was en dit ondersteun het. Baie dankie aan almal wat bygedra en gehelp het om van die konsert Vrydagaand en die gemeentefees Saterdag ‘n groot sukses te maak.

Biddag vir beskermingsdienste : 13 November 2022

“As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm tevergeefs”.

Ps. 127:1(b)

Here ons vind troos in die feit dat ons U kan vertrou as ons Beskermer. Dankie, dat U ons beskerm soos die appel van U oog en ons wegsteek in die skaduwee van U vleuels (Ps. 17:8)

Dankie, Here, dat ons ons vrees met U kan deel oor die korrupsie in die beskermingsdienste. Dankie, vir dié wat diensbaar, passievol en met integriteit onder uiters moeilike omstandighede werk. Ons dra die beskermingsdienste se welvaart aan U op. Ons bid vir elke individu se:

  • Werksomstandighede (ure, vergoeding, bronne beskikbaar).
  • Naasbestaandes en geliefdes.
  • Verwerking van trauma.
  • Veiligheid.

Stel hulle in staat om standpunt in te neem vir dit wat reg is en nie vou onder die druk van die wêreld nie. Maak hul liggame sterk om die werklas te dra. Gee hulle die emosionele kapasiteit om die eise te hanteer. Rus U hulle geestelik toe om ligdraers vir U te wees.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Nuusflitse Week 46+ van 2022

Nuusflitse

Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar
Woensdag – 2 November 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Sondag – 13 November 2022 10:00 Prediker:  Ds. Danie Goosen Doop en belydenis van geloof.
Dinsdag – 8 November 2022 Bestuurspanvergadering 17:30 in die kerkgebou.
Donderdag – 10 November 2022 KLUB 50* hou hulle jaarlikse ete afsluiting vir lede by Searles Village Restaurant & Pub om 13:00
Dinsdag – 15 November 2022 Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022
Uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022
OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022
Groenewaldfonds: Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022

Stof tot nadenke: Die geheim van die lewe

Die geheim van die lewe

“…Ek së vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat my gestuur het, het die ewige lewe…”

Joh. 5: 24

Daar word so dikwels gevra: “Wat is die geheim van die lewe? Waarheen is ek oppad?” Ons wonder so dikwels wat ons doel in die lewe is. Wanneer ons deur moeilikhede gekonfronteer word, wil ons altyd iemand blameer vir wat verkeerd gaan. Ons hou so daarvan om vinger te wys na iemand anders. Ons wonder waarom God sulke moeilikhede in ons lewe toelaat. Ons voel altyd dat ons nog nie die geheim van die lewe ontdek het nie.

Terwyl die antwoord al vir eeue lank in ons bereik geplaas is. Ons is so dikwels te hardkoppig om die waarheid van die geheim van die Lewe wat deur Christus self vir ons gegee is raak te sien of ons eie te maak. Die sleutel tot die deur na die ontdekking van die geheim van die lewe is om na die woord van Christus te luister en in God te glo. Dit is die enigste geheim van die lewe wat ons ‘n vrede in ons gemoed gee wat alle verstand te bowe gaan; selfs onder moelike omstandighede. Dit is die wete dat God die Heilige Gees elke dag saam met ons stuur om ons te lei en ons te behoed en bewaar.

Hierdie geheim is gratis en verniet. Ons het elkeen die keuse om te luister, te hoor en te glo en vrede in ons gemoed te hê. Dit is wat God ook vir ons elkeen wil wens, net soos enige ouer net die beste vir sy kind wil hê, net so wil God hê dat dit met ons sal goed gaan. Dat ons vrede in ons gemoed sal ervaar.

GEBEDSGIDS – NOVEMBER 2022

Gebed

“So lank as die aarde bly bestaan,
sal saaityd en oestyd nie ophou nie,
ook nie koue en hitte,
somer en winter
dag en nag nie.” (Genesis 8:22)

Dinsdag, 1 Nov Elektrisiteit en EVKOM

Kom ons bid ernstig dat die elektrisiteit-krisis in ons land opgelos kan word. Dit raak sake-ondernemings, die boere, hospitale en elkeen van ons.

Woensdag, 2 Nov Bemoedig/ondersteun mekaar

Paulus skryf aan die Filippense: “Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word… en dat julle ‘n fyn aanvoeling ontwikkel.” Bid dat die Heilige Gees ons tonge so sal beheer dat ons in hierdie moeilike tye mense sal bemoedig en ondersteun.

Donderdag, 3 Nov God se wil

In Jeremia 29:30 sê die Here: “Julle sal vra na My wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.” Kom ons bid vir ‘n dieper honger na God en ‘n begeerte om Sy wil te ken en te doen.

Vrydag, 4 Nov Swaarmoedigheid

Elke oomblik is ‘n keuse. Ons kies blymoedigheid of swaarmoedigheid. “Here, soms voel dit of ek saam met die Psalmis kan uitroep: …hoor tog my hulpgeroep!” Kom ons bid dat God verligting sal bring waar nodig, en dank Hom vir beskikbare mediese hulp.

Saterdag, 5 Nov Sending

Bid baie ernstig vir die veiligheid van sendelinge wat na lande gaan waar Christene vervolg word, want Jesus het gesê: “Ek stuur julle soos weerlose skape onder die wolwe in. “(Matteus 10:16)

Sondag, 6 Nov Ons kerkpersoneel

Bid vir ons leraars en kerkraad, die kerkkantoor-personeel en koster met haar helpers. Ons sê dankie vir elkeen wat bereid is om ons gemeente te dien.

Maandag, 7 Nov Werkskepping

Ons bid dat ons land se ekonomie so sal verbeter dat meer werk geskep word sodat die oorweldigende werkloosheidsprobleem opgelos kan word.

Dinsdag, 8 Nov Bestuurspanvergadering

Ons bid vir ons kerk se Bestuurspan wat vandag vergader. “Here, gee asseblief vir hulle U leiding sodat elke besluit wat geneem word, volgens U wil sal wees.”

Woensdag, 9 Nov Gee om vir mekaar

Kom ons bid vir meer vergiffenis tussen mense – dat ons mekaar met sagte oë sal aankyk. Kom ons gee belangstelling en liefde waar ons dit nie terug verwag nie. Wanneer ons van ‘n minderbevoorregte kennis neem, kan ons saam met John Bradford sê: “There, but for the grace of God, goes John Bradford”.

Donderdag, 10 Nov Ons Natuur

Kom ons bid dat elke landsburger ons land met die nodige respek sal behandel en nie die natuur sal plunder nie. Hier is nog dele in die binneland wat baie droog is. Pleit om God se genade en dat ons sal saamwerk om ons land op te bou.

Vrydag, 11 Nov Hospitale en Versorgingsoorde

Bid vandag vir ons hospitale en hul personeellede wat dikwels onder groot druk werk. Bid ook vir dié wat weens verskeie redes in ‘n eensame kamertjie, soms onder haglike omstandighede, die laaste entjie moet gaan.

Saterdag, 12 Nov Gestremdes en Bejaardes

Ook in ons gemeenskap is gestremdes en bejaardes wat versorging nodig het. Dank die Here vir elke versorger wat hierdie mense met liefde versorg. “Ons bid dat hulle U sal verheerlik deur die mooi manier waarop hulle hul werk doen.”

Sondag, 13 Nov Beskermingsdienste/Polisie

Ons bid dat elke lid van ons Beskermingsdienste die Here sal ken en hul roeping tot eer van Hom sal uitvoer. Bid ook vir die veiligheid van elkeen wat soms in lewensgevaar verkeer om ons veiligheid te verseker.

Maandag, 14 Nov Namibië

‘n Groot deel van Namibië ly as gevolg van droogte, asook die baie groot brande wat hulle gehad het. Bid vir Namibië dat die Here hulle in genade sal aansien.

Dinsdag, 15 Nov Dankbaarheid

“Dank aan God pas by julle. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus.” (Efes 5:4,20)

Woensdag, 16 Nov Gebed

  • Hou aan met bid. Wees dankbaar dat God se antwoord wyser is as ons gebede.
  • Bid eerder met ‘n hart sonder woorde as woorde sonder ‘n hart.
  • Gebed is ‘n skild vir die siel, ‘n offer aan God en ‘n roede vir die duiwel.

Donderdag, 17 Nov Eensaamheid

“Draai U gesig na my en bewys genade aan my, want ek is alleen (eensaam) en in diep nood.” (Ps 25:16) “Dankie, Here, dat U altyd by my is wanneer ek eensaam is.”

Vrydag, 18 Nov God se liefde

God se liefde is baie breër as die omvang van ‘n mens se begrip.Kom ons bid daagliks dat God se liefde in ons lewens meer en meer sigbaar sal word.

Saterdag, 19 Nov Kankernavorsing

Ons is baie bewus van kanker omdat dit in so baie families of by bekendes voorkom. “Baie dankie, Here, dat U ons soms deur siektes en soms deur genesing na U toe trek. Ons bid vir elkeen wat besig is met kankernavorsing.”

Sondag, 20 Nov Kies reg!!

“Vermy die pad van slegte mense. … draai daarvan weg en kies ‘n ander koers.” (Spr 4:15) Elke dag maak ons keuses. Bid dat ons God se wil sal kies.

Maandag, 21 Nov Blomme

As ‘n mens maar een van God se volmaakte blomme moes maak, sou dit ‘n leeftyd geneem het. “Dankie, Here, vir al die mooi blomme en bome wat U vir ons gee.”

Dinsdag, 22 Nov Japansending

Bid vir elke sendingaksie wat deur ons gemeente ondersteun word. Dankie vir volgehoue (ook finansiële) steun. Bid ook vir Stephan en Carine van der Watt wat geestelike opleiding in Japanees doen.

Woensdag, 23 Nov Elektroniese Media

Bid vir effektiwiteit van webruimtes, selfone, SAT7 , Feba-radio en televisieprogramme sodat die Woord van God ook in onbereikbare lande gehoor kan word.

Donderdag, 24 Nov Positiewe gesindheid

Vra die Vader om ons elkeen ‘n positiewe gesindheid te gee: teenoor ons medemens, maar ook teenoor ons leiers, en dat ons vir hulle sal bid en nie net hul foute sal beklemtoon nie.

Vrydag, 25 Nov Pyn en lyding

IL de Villiers het gesê: Om vrede te maak met pyn beteken om die God van vrede te sien in jou pyn. God het jou baie lief. Moenie vra dat Hy in die eerste plek pyn moet wegneem nie. Ons moet tot Hom bid om in die pyn by ons te wees.

Saterdag, 26 Nov Somer

CL Leipoldt: “‘n Mens se lewe is baie kort, net soos ‘n wintersdag. Bou op, maak glad die land totdat ons somer kry. “Here, baie dankie vir hierdie pragtige somersdae.”

Sondag, 27 Nov Kerssangdiens

“Redder van ons lewe, Jesus, troue Heer,

uit liefde vir die mense kom daal U neer.”

Laat ons sing en vrolik wees want ons Verlosser leef!

Maandag, 28 Nov Verkeer

Ons paaie is baie besiger gedurende somervakansies. Bid dat motorbestuurders nie onder invloed van drank sal bestuur nie en versigtig en bedagsaam teenoor ander motoriste en voetgangers sal wees.

Dinsdag, 29 Nov Ouerlose kinders

Ons sien dikwels kinders op straat. Baie van hulle bedel op parkeerterreine. Bid vir persone en instansies wat die roeping het om hierdie verwaarloosde kinders op te hef. Selfs ’n glimlag kan vir só ‘n kind iets beteken.

Woensdag, 30 Nov Vakansies

Oor twee weke sluit die skole amptelik, maar kinders wat klaar is met hul eksamens, is reeds besig om te ontspan. Bid asseblief ernstig vir ons kinders dat die Here se hand oor hulle sal wees en dat hulle nie in versoekings sal val nie.

Joël 1:3 – Vertel dit (Woord van die Here) aan julle kinders, en laat hulle dit weer aan hulle kinders vertel, en dié weer aan hulle nageslag.”

Sendingnuus: Elmar en Nadine

Elmar en Nadine Durandt

Goeie dag 😁. U goedheid Heer kan ons nie peil nie, wie word daardeur nie diep getref. Dis vanoggend die boodskap in ons hart en die woorde op ons lippe. Ons kan net dankie sê vir ‘n pragtige, gesonde klein dogterjie. Ons kan nie ophou om onsself te verkyk aan haar kleine handjies en voetjies nie. Ons bid vir elkedeel van Leah. Ons bid dat Jesus haar voete sal seën sodat sy diep spore in harte sal trap, dat Jesus haar oortjies sal seën sodat sy, God se Woord eendag sal kan aanhoor en verstaan (ook dat sy sal luister na mamma en pappa😉) . Ons bid vir haar mondjie om Jesus daarmee te loof en net mooi woorde te uiter. Ouerskap verander alles, en dis regtig waar dat ‘n mens se hart buite jou liggaam is wanneer jy ‘n kindjie kry. Ons wil Leah elkedag net koester en begeer net die beste vir haar. Ouerskap leer ‘n mens ook van God se liefde vir ons. Dis ‘n diep en onvoorwaardelike liefde. Baie dankie vir jou gebede en omgee vir ons. Liefde Elmar, Nadine en Leah 🌸

Madagaskar: Nuusflits vanaf Lynette: Die WEEK – 23/10/2022

Madagaskar Sending

So tomorrow it will be off with the old roof and on with a new one! I am saying this with a lot of gusto and positivity, simply because the vision of the shiny new roof will get us through the next two weeks. There are a lot of challenges; the existing walls are not straight at all, not the same height, built with different kinds of bricks and the wooden beams are rotten. So that means, not a straight forward job then. Not that that seems to deter Dries as nothing is ever just simple and “normal” here. What should have been a weekend of rest, was not to be as the Land Rover’s clutch broke and Dries had to search for parts, because without the Land Rover, there will be no new roof.

Lees meer “Madagaskar: Nuusflits vanaf Lynette: Die WEEK – 23/10/2022”

Week 4 Dag 20 -Die anderkant van die munt – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 4 Dag 20 Gebed is een van die belangrikste hoekstene vir getuienis - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Die Morawiese kerk het ontstaan uit ’n aantal Duitse armlastiges, die Herrnhutters. Herlewing het uitgebreek en hulle het begin om sendelinge die wêreld in te stuur terwyl ’n groep van 24 mans en 24 vroue, twee-twee vir 24 uur om die beurt vir die redding van mense gebid het. Hierdie gebedsketting is ononderbroke vir 102 jaar lank in stand gehou! Die resultaat was dat hierdie klein groepie mense meer sendelinge die wêreld ingestuur het as al die ander sendingorganisasies saam. Baie bekeerlinge, ook in Suid-Afrika, was die vrug op hulle werk.

Iemand het by geleentheid van gebed gesê: “Gebed is die keersy van die sendingmunt.” Gedurende die tweede week van hierdie Bybelstudie, is uit die Woord ontdek dat sending eintlik by GOD begin. Vanuit hierdie hoek gesien, gaan gebed dus ten diepste om God se hartklop te hoor.

Gebed

Stel jou nou in op God jy wil sy hartklop hoor! Fokus al jou aandag op Hom alleen, sodat jy in gebed met Hom kan praat en sy wil kan verwoord en joune maak…

Lees die Skrif

Lees Luk 10:1-3; Luk 19:10; Eseg 18:23.

Luk 10:1-3;
1Hierna het die Here nog twee-en-sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek. 2Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Daarom moet julle bid tot die Here, aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3Gaan nou! Kyk, Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.

Luk 19:10;
10Die •Seun van die Mens het gekom om diegene wat verlore is, te soek en te verlos.”

Eseg 18:23
3Sou Ek enige vreugde vind in die dood van ‘n goddelose?” is die uitspraak van my Heer, die Here. “Is vreugde nie eerder daarin geleë dat hy van sy verkeerde paaie terugkeer en leef nie?

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Eseg 18:30-32; Joh 3:16-17; 1 Tim 2:3-7; 2 Pet 3:9

Eseg 18:30-32;
30Daarom sal Ek julle oordeel, huis van Israel, elkeen volgens sy optrede,” is die uitspraak van die Heer, die Here. “Bekeer julle! Draai weg van al julle oortredings, sodat dit nie vir julle ‘n struikelblok word wat sondeskuld meebring nie. 31Werp al julle oortredings van julle af weg, dit waarmee julle oortree het, en maak vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees. Waarom moet julle sterf, huis van Israel? 32Ja, Ek vind nie vreugde in die dood van een wat moet sterf nie,” is die uitspraak van die Heer, die Here. “Bekeer julle en leef!”

Joh 3:16-17;
16Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. 17God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. 

1 Tim 2:3-7;
Dit is goed en reg in die oë van God, ons Verlosser, 4wat wil hê dat alle mense verlos word en tot kennis van die waarheid kom.
5Want daar is een God,
en een Middelaar tussen God en die mense:
die mens •Christus Jesus,
6wat Homself as losprys vir almal gegee het,
tot getuienis op die bestemde tyd.7Hiervoor is ek aangestel as prediker en •apostel – ek praat die waarheid, ek lieg nie – as leermeester om die heidene in geloof en waarheid te onderrig.

2 Pet 3:9
9Die Here stel nie die belofte uit, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Skryf / Vul in

Begin deur God se hartklop neer te skryf soos wat jy dit in jou
gebedsgesprek gehoor het.


Skryf ook die kern neer van dit wat jy uit sy Woord gehoor het.


Dit lyk vir my dat God ernstig is oor die soek en red van verlore mense. Sy visie vir die wêreld is dat almal sal glo dat Jesus Christus mense se sonde vergewe en hulle weer met God versoen om sy gebroke beeld in hulle te herstel.

God se begeerte is om mense tot hul oorspronklike verhouding met Hom te herstel. Sy droom is daarom dat sy kinders Hom in Gees en in waarheid sal aanbid, Hom weer in gedagte, woord en daad sal ver-TEENWOORDIG en sy beeld sal uitdra na dié wat nog vasgevang is in sonde.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus Joh 4:23-24

Joh 4:23-24
23Daar kom egter ‘n tyd, en dit is nou, dat die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis sulke aanbidders hê. 24God is Gees, en wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”

Lees die Skrif

Lees weer Luk 10:1-3; Matt 28:19-20; Hand1:8; Rom 10:13-17; 2 Kor 5:17-6:2.

Luk 10:1-3;
1Hierna het die Here nog twee-en-sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek. 2Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Daarom moet julle bid tot die Here, aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3Gaan nou! Kyk, Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.

Matt 28:19-20;
19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, 20en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”

Hand1:8;
8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.” 

Rom 10:13-17;
13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”
14Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? 15En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!”
16Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?” 17Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus.

2 Kor 5:17-6:2
17Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword. 18En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het. 19Dit bestaan daarin dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle nie hulle oortredings toe te reken nie; en Hy het aan ons die boodskap van versoening toevertrou. 20Ons tree dan op as gesante ter wille van Christus, asof God self deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons pleit by julle, om Christus ontwil: Laat julle met God versoen! 21Hy wat nie sonde geken het nie, Hom het God ter wille van ons tot sonde gemaak, sodat ons in Hom voor God geregverdig kon word.

61As medewerkers van God doen ons ‘n ernstige beroep op julle om nie die genade van God tevergeefs te ontvang nie! 2Want Hy sê:
“Op die regte tyd
het Ek na jou geluister,
en op die dag van verlossing
het Ek jou gehelp.”
Kyk, nou is die gunstige tyd,
kyk, nou is die dag van verlossing!

Skryf / Vul in

Dink ’n bietjie na – veral oor Luk 10. Wat lees jy in vers 2-3a? Skryf dit neer.


Ons as gelowiges weet mos dat God Jesus gestuur het om die oes in te samel. Hy kyk met deernis na die oes, maar hoekom stuur Hy dan nie self die arbeiders nie? Is dit dan nie waarvoor Hy gekom het nie? Skryf neer wat jy hieroor dink.


Wanneer ’n mens van nader na Luk 10:2-3 kyk, dan sien jy dat Jesus in sy soewereiniteit kies om mense te gebruik. Sy opdrag is daarom kort en kragtig:

“Bid” , want sónder Hom is ons tot NIKS in staat nie! Ons neem dus nie sy plek oor nie; Hy betrek ons net as sy medewerkers. Maar hier hou dit nie op nie – Jesus gaan dan voort om te sê: “Gaan nou! Ek stuur julle ”! (Die soos “skape tussen wolwe” in het met die hoe van die stuur te doen.) Dit wil sê dat Jesus ons leer dat gebed nie dade vervang nie, maar dat dit juis uitloop op dade van gehoorsaamheid (in hierdie geval: getuienis)! Jy sou ook kon sê dat hierdie vertelwerk (of dan getuigwerk), by die medewerker van God lê en die oortuigingswerk by die Heilige Gees.

Skryf / Vul in

Dink ’n oomblik hieroor na en sê wat jy van die volgende stelling dink:
“Wanneer ek gebid het, moet ek bereid wees om van my knieë af op te staan en gewillig wees om God se antwoord op my gebed te wees.”


Neem nou maar voorbeeld: iemand bid: “Here, stuur asseblief werkers uit vir die oes”, of: “Here, help asseblief dat die sendelinge genoeg ondersteuning sal kry”, MAAR hy is nie bereid om SELF beskikbaar te wees om te gaan of te gee nie Waarom het hy dan gebid? Net om ’n skuldige gewete te sus? Is jy bereid om jouself beskikbaar te stel vir dit wat jy van die Here in gebed vra?

Gaan kyk maar dwarsdeur die Nuwe Testament, veral in Handelinge en lees die geskiedenis van die Kerk. God werk wanneer gelowiges bid. Hy het so gekies. ’n Biddende gemeente raak ’n gestuurde gemeente, ’n sending gemeente. Hoe meer ons bid, hoe meer verstaan ons God se hartklop vir die wêreld. Ons kan dan nie anders as om te ontdek dat ons gestuur is nie. Die omgekeerde is natuurlik ook waar. ’n Gestuurde gemeente kom gou agter dat ons niks kan doen as ons nie bid nie, want ons kan nie sonder die Boer, ons Vader (Joh 15:1, 51“Ek is die egte druiwestok en my Vader is die landbouer. … 5Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie.), in sy akker werk as ons nie by Hom hoor hoe, waar, wanneer, wie en wat nie.

Kerkgroei en gebed is daarom onafskeidbaar van mekaar, want die groei lê nie in ons hande nie. Dit lê in God se hande. God het gekies dat ons sy medewerkers moet wees. Ons roeping en verantwoordelikheid is om te getuig en te bid terwyl sy deel is om te oortuig en groei in sy Koninkryk te bewerkstellig.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Kor 3:1-9.

1 Kor 3:1-9
1Wat my betref, broers, ek kon nie met julle praat soos met geestelike mense nie, maar wel soos met wêreldse mense, soos met klein kindertjies, in •Christus. 2Ek het julle melk gegee om te drink, nie vaste kos nie, omdat julle nog nie daartoe in staat was nie. Selfs nou is julle nog nie daartoe in staat nie, 3want julle is steeds wêrelds. Waar daar onder julle afguns en onenigheid is, is julle dan nie wêrelds, en gedra julle julle dan nie soos wêreldse mense nie? 4Elke keer as een van julle sê, “Ek is van Paulus,” en ‘n ander, “Ek van Apollos,” is julle nie wêreldse mense nie? 5Wat is Apollos nou eintlik? En wat is Paulus? Hulle is dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, soos die Here dit vir elkeen van hulle gegee het. 6Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God het laat groei. 7Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei. 8Dit is een wat plant, en dit is een wat natgooi, en elkeen sal sy loon volgens sy eie arbeid ontvang. 9Ons is medewerkers van God; julle is God se saailand, God se bouwerk.

Ons het in Hand 1:8 gelees dat die krag van ’n gestuurde kerk lê in die dinamiese krag van God se Gees. Dit is Hy wat mense sal oortuig en stuur.
Waar kry jy dit? Net by Hom, biddend. Wanneer ’n gemeente dus bid vir die verlorenes, kom ons voor God in afhanklikheid en bely ons dat daar niks is wat ons kan doen nie, behalwe om te getuig en met ons hand in sy hand en met ons oor op sy bors voort te gaan.
Kom ons wees prakties: Wat bid ’n mens dan? Jy vra die Vader om hemelse afsprake met mense te reël – vir jou en vir die ander vir wie die Gees jou lei om voor te bid. Jy vra dat die Here jou oë en die oë van die ander gestuurdes sal oopmaak om geleenthede te sien; jy bid vir ’n wag voor jou mond, ’n hart wat oorloop van liefde, asook vir gesalfde lippe wat sal praat as instrumente van die Gees (Matt 10:19-20 19En wanneer hulle julle oorlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe en wat julle moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie oomblik aan julle gegee word. 20Dit is immers nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.). Vra dan dat die Here soewerein sal werk wanneer jy of een van die ander gestuurdes getuig.
Ons is die plan: God gebruik sy Kerk om ’n verskil te maak. Gebed bring jou in God se troonsaal – daar waar jy sy ewige plan vir die wêreld kan sien en dankbaar en gehoorsaam daarop sal reageer. Aanbid Hom daarvoor en stort jou hart voor Hom uit (Ps 62:9 9Vertrou te alle tye op Hom, o volk, stort julle hart voor Hom uit. God is vir ons ‘n skuilplek. Sela).

Skryf / Vul in

Praat met God en as God met jou praat, skryf jou gewaarwordinge neer.


Week 4 Dag 20 Gebed is een van die belangrikste hoekstene vir getuienis
Week 4 Dag 20 Gebed is een van die belangrikste hoekstene vir getuienis
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 74 -76
Het jy toe al die -videos gekyk? Dis die moeite werd.

Wenk

WENK: Skryf drie wêrelddele waar daar min Christene is, op ’n stuk papier neer. Plaas dit in jou handsak of hempsak of plak dit teen die yskas. Gebruik elke geleentheid wat jy het om te bid dat die werkers daar, geleenthede sal kry om te kan getuig en dat hulle dit sal raaksien en gebruik.
(Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za