Vandag – Sondag 6 November 2022:
- Baie welkom by die erediens wat vanoggend gelei word deur dr. Frans Hancke.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Samuel 15. Die tema is : Gee jouself ’n punt.
- Kategese om 09:00.
- Spesiale Offer by die deure vir Geopende Deure.
- Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag – 2 November 2022
- Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 13 November 2022
- Prediker: Ds. Danie Goosen.
- Doop en belydenis van geloof.
- Biddag vir Beskermingsdienste.
- Afsluiting van kategese in die kerk.
- Spesiale Offer Up with Downs-Skool.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Dinsdag – 8 November 2022
- Bestuurspanvergadering 17:30 in die kerkgebou.
- Daar sal nie ’n gesamentlike afsluiting vir die Bybelstudiegroepe op 8 November in die kerksaal wees nie. Elke groep gaan hul eie afsluiting vir hul groep reël in November of Desember soos dit hul groep pas.
Donderdag – 10 November 2022
- KLUB 50* hou hulle jaarlikse ete afsluiting vir lede op 10 November 2022 by Searles Village Restaurant & Pub om 13:00 die middag. Bespreek by Johan Snyman (083 736 5747) / Debbie Nel (083 395 8789). Koste R70 per persoon.
Dinsdag – 15 November 2022
- Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal. U voorbidding vir die vergadering sal baie waardeer word.
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022
‘Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.
Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit ens.
Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.’
Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948
Ondersteuningsgroep
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies; maar ook
vir emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
- Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Die vierde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
OMGEEBEDIENING: KERSPAKKIES
Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.
Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas. Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.
Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Groenewaldfonds:
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Japan:
Japan het die wêreld se laagste geboortesyfer en hoogste lewensverwagting. Die sosiale en ekonomiese uitdagings wat dit skep, is enorm. Teen 2055 sal die helfte van die bevolking afgetree wees en ‘n pensioen ontvang. Geen ander land het voorheen die situasie in die gesig moes staar nie. Die totale bevolking tel 126 050 796, waarvan 12,6% jonger as 15 jaar is. Slegs 1,5% van die bevolking is Christene, waarvan 0,5% Evangeliese Christene is. Die grootste deel van die bevolking hang die Boeddhismegeloof aan.
Ons gebed vir die week: Bid asseblief dat God vir FEBC Japan die wysheid sal gee tydens die bespreking van hul finansiële situasie; en dat Sy Gees hulle sal lei wanneer hulle ‘n nuwe begroting opstel tydens die opkomende raadsvergadering. FEBC Japan streef daarna om getroue rekenmeesters te wees met die fondse wat die Here voorsien.
Vir meer inligting, kontak ons: Kantoornommer – (012) 335 5708; WhatsApp – 081 265 4801.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
Nuut op 6 November 2022
- Skakel na die YouTube preek van 6 November 2022.
- Getuienisbediening: Die week se nuusflits van Madagaskar.
- FEBA:Gebedsfokus vir November 2022.
- Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: “Die geheim van die Lewe”. ‘n Kort boodskap vir die week.
Konsert 28 Oktober & Gemeentefees 29 Oktober
- Ons dank die Here vir die wonderlike wyse waarop Hy die geleentheid geseën het asook elke persoon wat daarby betrokke was en dit ondersteun het. Baie dankie aan almal wat bygedra en gehelp het om van die konsert Vrydagaand en die gemeentefees Saterdag ‘n groot sukses te maak.
- Pannekoektafel: Baie dankie aan almal wat hulp verleen het by die pannekoektafel, asook diegene wat bestanddele geskenk het. Dit word opreg waardeer. Met dank Piet Snyman.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


