Afkondigings 12 – 19 November 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 12 November 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:

Riaan en Cindy van Wyk (seuntjie – Ryno van Wyk).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt 25: 1-13.
Die tema van die prediking is: End-uit bly?
• Kategese Afsluiting & Kinderdankoffer.
• Spesiale Offer vir Up with Downs-Skool by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Ons kategese sluit vanoggend af.
Katkisante ontvang getrouheidsertifikate en
ons hou ’n afsluitingsbraai na die erediens.

Dinsdag 14 November 2023 :
• Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Daar is ’n spesiale beroepingsvergadering om 17:30 en die normale kwartaalikse vergadering volg direk daarna.
Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 15 November 2023 :

• Kooroefening - 17:15 by die orrel. Marida - 082 471 0751. 

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 19 November 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Gerrie van Deventer.
• GEEN Kategese.
• Biddag vir Beskermingsdienste.
• Spesiale Offer vir Kankervereniging by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. 

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir November 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

VUL ’N FLES VIR KERSFEES – Omgeebediening: Desember Kerspakkies

In die voorportaal is ’n houer met leë koffieflesse. Neem een en vul dit met lekkers, koekies of enige iets wat daarin pas – maak ’n hart bly! Bind ’n strikkie om of versier die bottel.
Bring asb terug voor Maandag 4 Desember. Plaas weer terug in houer of gee in by die kerkkantoor gedurende kantoorure.

Omgeebediening
Baie dankie aan elkeen wat op welke wyse ’n bydrae die afgelope jaar gelewer het.

Ons is steeds dankbaar oor enige bydraes soos kruideniers, beddegoed, gordyne, ens.

Ons het altyd ’n tekort aan kinderklere. Moedig asb die kinders en kleinkinders wat die vakansie kom kuier aan om vir ons hulle “ou” klere saam te bring. Dit sal ons baie help.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

    Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
    Skakel ons gerus:  Riana Briers –  081 039 8853 /                   Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 15 en 29 November. Ons wil vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek.
Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Daar is ook ‘n deurlopende behoefte aan sop (2 liter verpakking of 250 gram
koffiebottel droë bestanddele) vir die 100 gesinne wat ons tans elke tweede week ondersteun.
◦ Kersprojek – een van ons groot borge van die afgelope
twee jaar het hul deelname aan die 2023 Kersprojek onttrek en benodig ons tans ten minste nog R 35 000 om vir 100 gesinne (R500 elk) en 50 kinders (R 50 elk) ‘n geskenkpakkie te gee. U ondersteuning vir hierdie projek in ons gemeenskap sal baie waardeer word en die sluitingsdatum vir kontant bydraes is 1 Desember 2023.
Een van ons dienswerkers benodig ’n selfoon. Indien iemand ’n selfoon, wat in ’n werkende toestand is, kan skenk kan u dit asseblief by die kerkkantoor indien tydens kantoorure.

Dankies – Dankfees

Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons dankfees. Ons is ook dankbaar vir elke bydrae. Ons lof en dank aan die Here Jesus ons Here.

Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se tegniese spanne

Tegnologie is sentraal tot FEBA se werk – van radiotorings en senders tot rekenaarhardeware en -sagteware. FEBA se tegniese ondersteuningspanne is dus ‘n onontbeerlike deel van die organisasie. IT-personeel en ingenieurspanne reis die wêreld vol om nuwe stasies te help oprig en die Goeie Nuus op die lug te hou.

Ons gebed vir die week: Bid dat God hulle sal bewaar en die wysheid sal gee om enige probleme wat opduik, te kan oplos. Bid ook dat Hy sal sorg dat FEBA altyd die regte mense vir die taak het.

Klub 50

Klub 50 is gestig vir afgetrede gemeentelede wat graag op ’n gesellige manier wil vergader om saam te kan uithang en nuwe kenisse maak.

Ons betaal jaarliks ledegeld en reël ook funksies waardeur ons fondse insamel om aan die einde van die jaar ’n afsluitingsete en ook ander funksies te subsideer.

Ons probeer ook uitstappies reël vir almal om te geniet. Jul bywoning met funksies sal help bepaal wie aan wat belangstel. Ons stel ’n jaarprogram op en lede word aangemoedig om soveel moontlik

by te woon.

Ons vergader die 1ste Woensdag van elke maand (Feb-Nov) en sluit die jaar af met ’n algemene jaarvergadering, lede word aangemoedig om dit by te woon, want hier word verslag oor die funksies en finansies bespreek.

Ons kies elke twee jaar nuwe bestuur.

Onthou om die kerk afkondigings dop te hou vir verdere besonderhede.

Estelle Uys – 0726756696‬

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
12 November 2023

1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 12 November 2023.
2. Getuienisbediening:
a) Nuusbrief van Lynette vanaf Madagskar.
b) FEBA se E-Gebedsgids vir November.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “‘Water van die lewe.”
  2. Gemeente Nuus:
    a) Gemeente brief November 2023
    b) Doop November 2023
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Stof tot nadenke: Johannes kondig Jesus se koms aan

Stof tot nadenke

Johannes 1:1-34

1 In die begin was die Woord,
en die Woord was by God,
en die Woord was God.
2 Hy was in die begin by God.
3 Alles het deur Hom ontstaan,
en sonder Hom het selfs
nie een ding wat bestaan,
ontstaan nie.
4 In Hom was lewe,
en dié lewe was die lig vir die mense.
5 En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

6 Daar was ‘n man, gestuur deur God, wie se naam Johannes was.

7 Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom kon glo.

8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

9 Die ware lig wat elke mens verlig,
was aan die kom na die wêreld.

10 Hy was in die wêreld,
en die wêreld het
deur Hom ontstaan,
en tog het die wêreld
Hom nie erken nie
11 Hy het gekom na wat syne was
en tog het sy eie mense
Hom nie aanvaar nie.

12 Maar aan almal wat Hom
aanvaar het,
het Hy die reg gegee
om kinders van God te word –
hulle wat in sy Naam glo.

13 Hulle is nie uit bloed nie,
ook nie uit liggaamlike drang nie,
ook nie uit die wil van ‘n man nie,
maar uit God gebore.

14 En die Woord het vlees geword
en onder ons kom woon,
en ons het sy heerlikheid aanskou,
‘n heerlikheid soos dié
van die unieke Seun van die Vader –
vol genade en waarheid.

15 Johannes getuig oor Hom en roep uit: “Hý is die Een van wie ek gesê het, ‘Hy wat ná my kom, is my voor, omdat Hy die eerste was.’ ”

16 Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade.

17 Want die wet is deur Moses gegee die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

18 Niemand het God nog ooit gesien nie; die unieke Seun, self God, wat teen die bors van die Vader is, Hy het Hom bekend kom maak.

Getuienis van Johannes die Doper

19 En dit is die getuienis van Johannes toe die Jode priesters en Leviete uit Jerusalem na hom gestuur het om hom te vra: “Wie is u?”

20 Hy het verklaar, dit nie ontken nie, maar openlik verklaar: “Ek is nie die Christusl nie.”

21 Hulle vra hom toe: “Wat dan? Is u Elia?” En hy sê: “Ek is nie.” “Is u dié Profeet?” En hy antwoord: “Nee!”

22 Hulle sê toe vir hom: “Wie is u? Ons moet ‘n antwoord verskaf aan hulle wat ons gestuur het. Wat het u oor uself te sê?”

23 Hy antwoord toe,

“Ek is ‘die stem van een
wat uitroep in die woestyn
“Maak die pad van die Here reguit!”’ –
“soos die profeet Jesaja gesê het.”

24 Daar was ook afgevaardigdes uit die geledere van die •Fariseërs,

25 en hulle het hom gevra: “As u nie die Christus of Elia of die Profeet is nie, waarom doop u dan?”

26 Johannes het hulle geantwoord: “Ek doop met water, maar in julle midde staan daar Iemand vir wie julle nie ken nie.

27 Hy is die Een wat ná my kom, en ek is nie werd om die riempies van sy sandale los te maak nie.”

28 Dit het oorkant die Jordaan in Betanië gebeur, waar Johannes besig was om te doop.

Jesus die Lam van God

29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: “Kyk, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

30 Hy is die Een van wie ek gesê het, ‘Ná my kom ‘n Man wat belangriker as ek is, omdat Hy voor my was.’

31 Ook ek het Hom nie geken nie, maar juis daarom het ek gekom en doop ek met water, sodat Hy aan Israel bekend gemaak kan word.”

32 En Johannes het getuig: “Ek het die Gees uit die hemel sien neerdaal soos ‘n duif, en Hy het op Hom gebly.

33 Ook ek het Hom nie geken nie, maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het vir my gesê, ‘Hy op wie jy die Gees sien neerdaal en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.’

34 En ek het gesien en getuig, ‘Hy is die •Seun van God

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Madagaskar: The week 11 December 2022

Madagaskar Sending

Happiness is….

having running water in your house. After months of battling with water pressure, broken pipes and rusted plumming, Dries managed to get it all fixed amidst all the other pressing projects. My Christmas present is to have a hot shower. I can’t tell you how wonderful that feels! I am not the only one though, Dries who usually doesn’t complain, had to admit that the hot shower was just pure luxury.

Lees meer “Madagaskar: The week 11 December 2022”

Afkondigings 18 Desember 2022 – 8 Januarie 2023

Afkondigings

Sondag – 18 Desember 2022:

  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • ’n Spesiale verwelkoming aan familie en vriende van die volgende ouerpare wie se babas vanoggend gedoop word:
     Anró & Wilmarié Boshoff (dogtertjie – Chrisendrie Zelmari).
     Johan & Danica de Klerk (seuntjie – Daniël Petrus).
     Emile & Phelia Klopper (dogtertjie – Margot Alette).
     Paul & Marli Delport (seuntjie – Leon Christiaan).
  • Spesiale Offer vir die Bybelgenootskap by die deure.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Desember 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Gebedsgids vir Januarie 2023 sal vanaf 26 Desember op die Webtuiste beskikbaar wees

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. Januarie 2023 se gebedsgidse sal ook later in Desember beskikbaar wees.

Desember eredienstye:

Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00.

Sluiting van die Kerkkantoor:
Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023.

31 Desember – Oujaarsdiens:
Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind in die kerkgebou en nie om 23:30 soos op die kalender aangedui nie.

VANAF 1 JANUARIE 2023 BEGIN EREDIENSTE OM 09:00

Sondag – 1 Januarie 2023:
• Prediker:  Dr. Frans Hancke.
• Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.

Ondersteuningsgroep:

Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.

Getuienisbediening:
Baie dankie aan almal wat so getrou deur die jaar betrokke was, op watter basis ookal, om te help met ons uitreike na Wolwedans asook ons sendelinge. Met u ondersteuning het dit ’n groot verskil in die lewens van kinders en bejaardes gemaak.

Kersprojek vir Wolwedans:
Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om hierdie projek weer ‘n sukses te   maak  - deur voorbidding, bydraes en pakkies te pak. Ons kon Woensdag  wegry met die wete daar is blymoedige harte en groot dankbaarheid by    ten minste 120 mense met wie ons die liefde van Jesus kon deel.


• D&M van Himalayas se kalenders is ontvang en is beskikbaar by die kerkkantoor teen R120 elk.  Dit is ’n manier hoe ons hulle kan ondersteun vir die werk wat hulle doen met die uitdra van die Evangelie in moeilike omstandighede.

OMGEEBEDIENING: 

Gevulde Kersflesse vir kospakkies

Ons is sò dankbaar! Ons het 40 flesse uitgegee aan die gemeente om met iets lekkers vir Kersfees gevul te word.  Ons het 86 gevulde flesse terug ontvang. Hierdie gemeente is fantasties!!!! Baie-baie dankie. Die omgeebediening waardeer julle. Aan die einde van hierdie jaar wil ons ook vir almal bedank wie ‘n bydrae tot die bediening gelewer het, hetsy deur te werk, te luister, of enige iets te skenk. Sonder julle sal dit vir ons baie moeilik wees om ons opdrag te gehoorsaam.

Bloedskenking
Met die bloedskenking geleentheid op 24 November 2022 is 58 volpinte bloed geskenk. Baie dankie daarvoor, u skenking kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

Mosambiek het tans ‘n bevolking van sowat 33,2 miljoen mense waarvan 18 miljoen Christene is. Die aantal Christene mag indrukwekkend voorkom, maar die Islamitiese ekstremiste wat Christene vervolg, kan veroorsaak dat baie van die mense bang is om van Islam te bekeer en met Christus te wandel. Gewelddadige aanvalle wat ten doel het om hulle invloed en beheer te versprei, het al die lewens van baie gelowiges geëis. FEBA Mosambiek help om hoop te bring en die nodige hulpbronne te verskaf deur radio’s, oudiobybels asook voedsel uit te deel. Die stasies help ook weduwees om hulle eie gewasse te verbou as ‘n manier om ‘n inkomste te verdien en so te oorleef.

(Inligtingsbron:https://www.opendoorsuk.org/persecution/world-watch-list/mozambique/ )

Ons gebed vir die week: Bid dat God ons uitsaaiers as invloedryke stemme sal gebruik in die Zambezi-gemeenskap, waar hulle twee nuwe stasies, Voice of Hope en Impact FM, se uitsendings geniet.

Die webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 11 Desember 2022

  1. Link na die YouTube Preek van 11 Desember 2022.
  2. Kerssangdiens: ‘n Link na die video van die Kerssangdiens is beskikbaar op die webtuiste.
  3. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: ‘Feestyd saam met God’”. ‘n Kort boodskap vir die week.
    • Neem kennis dat enige verdere afkondigings oor die plasings op die webtuiste eers weer vanaf 8 Januarie beskikbaar sal wees.
    • Die YouTube preke van 18 Desember en 8 Januarie 2023 sal deur die vakansietyd op YouTube beskikbaar gestel word.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Nuusflitse Week 51 & 52 van 2022

Nuusflitse

25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00
kerkkantoor gesluit 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023
31 Desember-Die Oujaarsdiens sal om 18:00
VANAF 1 JANUARIE 2023 BEGIN EREDIENSTE OM 09:00
Sondag – 1 Januarie 2023: • Prediker:  Dr. Frans Hancke
YouTube preke van 18 Desember en 8 Januarie 2023 sal op YouTube en die webtuiste beskikbaar gestel word
Gebedsgids vir Januarie is vanaf 26 Desember 2022 beskikbaar op die webtuiste

Stof tot Nadenke: Jesus se seën en roeping

Vissermanne

Markus 1: 9 – 22

DOOP VAN JESUS

9In daardie dae het Jesus vanaf Nasaret in Galilea gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop. 10Net toe Hy uit die water opkom, het Hy die hemel sien oopgaan en die Gees soos ‘n duif op Hom sien neerdaal. 11En ‘n stem het uit die hemel gekom: “Jy is my Seun, my geliefde. Oor Jou verheug Ek My!”

JESUS WORD VERSOEK

12Direk daarna het die Gees Hom die woestyn in gedryf. 13Hy was veertig dae lank in die woestyn, waar Hy deur Satan versoek is. Hy was saam met wilde diere, en engele het Hom versorg.

BEGIN VAN JESUS SE VERKONDIGING

14Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan, waar Hy die evangelie van God verkondig het. 15Hy het gesê: “Die bestemde tyd is vervul, en die •koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.”

ROEPING VAN DIE EERSTE DISSIPELS

16Terwyl Hy langs die See van Galilea loop, het Hy Simon en Andreas, die broer van Simon, nette in die see sien uitgooi, want hulle was vissers. 17Jesus sê toe vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense laat word.” 18Hulle het onmiddellik hulle nette gelos en Hom gevolg. 19Hy het ‘n entjie verder geloop en Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die boot besig was om nette heel te maak. 20Hy het hulle dadelik geroep, en hulle het hulle vader Sebedeus met die huurarbeiders in die boot agtergelaat, en weggegaan agter Hom aan.

21Hulle het in Kapernaum ingegaan, en op die Sabbat het Jesus dadelik die •sinagoge binnegegaan en begin leer. 22Hulle was verwonderd oor sy lering, want Hy het hulle geleer soos iemand met gesag, en nie soos die skrifkenners nie.

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Madagaskar: The week 4 December 2022

Madagaskar 20221211

School will close in two weeks time for the Christmas two week holiday. School exams start on Tuesday and two more Ranger meetings remain.

My lesson from the book of Ezra was about praying for government and our leaders. I asked my group of boys whether they think the president sits in his office and watches football all day. This was of course meant as a joke and to get them thinking about the responsibilities of those in government. Christian promptly replied, “Yes, … and he also increases the price of the rice everyday.” I think I know the discussions of the adults in that household.

Lees meer “Madagaskar: The week 4 December 2022”

Afkondigings 11 Desember 2022 – 8 Januarie 2023

Afkondigings

Vandag – Sondag 11 Desember 2022:

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds. Fanie Bergh wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 1:18-25, Hand. 4:12.  Die tema van die prediking is : Jesus se geboorte – ’n Goddelike saak?
• Spesiale Offer by die deure vir die Stranddiensspan.
Lees meer “Afkondigings 11 Desember 2022 – 8 Januarie 2023”

Madagaskar: School building update

Sending Madagaskar

I thought that this might be a good time to bring everyone up to date with where we are the school building project and how we spent the funds that we had received. We did well in some areas, but had to spend more in others, for example, the roof cost more in the end and was the most stressful assignment, but also the most satisfying as the rainy season is at hand. We never allocated any money for toilets when we did the original budget. Oops! Maybe we have lived too long in Madagascar where toilets are not exactly a priority.

Lees meer “Madagaskar: School building update”

Lief en Leed Week 50 van 2022

Lief en Leed

’n Spesiale verwelkoming aan familie en vriende van die volgende ouerpare wie se babas vanoggend gedoop word:

  • Anró & Wilmarié Boshoff (dogtertjie – Chrisendrie Zelmari).
  • Johan & Danica de Klerk (seuntjie – Daniël Petrus).
  • Emile & Phelia Klopper (dogtertjie – Margot Alette).
  • Paul & Marli Delport (seuntjie – Leon Christiaan).

Stof tot Nadenke: Feestyd saam met God

God is saam met ons

Die maagd sal swanger word en ‘n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem, Die naam beteken God by ons. ”

Matt. 1: 23

DIs weer tyd vir afsaal en feestyd, na ‘n jaar van nimmereindige woelinge, in Suid Afrika, asook wêreldwyd. Dis oorloë en terrorisme. Dis vredes-samesprekinge en oorlog-verklarings. Dis vloede en droogtes. Dis vreugdes en hartseer. Dis oorleef in ‘n tyd van toenemende druk op ons finansiële situasies. Dis tye waar ons na die ophef van grendeltyd, weereens moet leer om met ons medemens oor die weg te kom. So lank was ons geïsoleerd en het ons ‘n gemaklikheid in ons alleenwees ontwikkel. Ons het selfs geleer om alleen met God te verkeer, sonder die sosiale samesyn van mede-gelowiges.

Lees meer “Stof tot Nadenke: Feestyd saam met God”

Stof tot nadenke: Eer aan God

Ere aan God

Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan…”

Open. 4: 11

Watter heerlike ervaring was die Kerssangdiens van 2022, na jare, waar die grendeltyd ons verhoed het om behoorlik as gelowiges saam te kom, saam te aanbid, saam dankie te sê en saam tot eer van God se lof te kan sing. Die Kerssangdiens was waarlik ‘n heerlike dankie sê waar dinge so stadig maar seker na die nuwe normaal toe terugkeer.

Johannes wys ons weereens hier in Obenbaring dat alles om God gaan en dat alles wat ons het tot eer en verheerliking van God aangewend moet word. Ons kan nie met half-mate gee nie. God soek eenhonderd persent van ons. Alles wat ons het. Dit sluit nie net geld of goed nie, maar elke talent wat ons so mildelik uit Sy hand ontvang het. Of ons mag dink dis te veel of te min, God voorsien ons van genoeg om Hom te eer.

Lees meer “Stof tot nadenke: Eer aan God