Nuusflitse Week 50+ van 2022

Nuusflitse

Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00
Sondag – 11 Desember 2022 Prediker:  Ds. Fanie Bergh
Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023
31 Desember – Oujaarsdiens 18:00
VANAF 1 JANUARIE 2023 BEGIN EREDIENSTE OM 09:00
Getuienisbediening Ons laaste besoek vir die jaar is 7 Desember waartydens die Kerspakkies uitgedeel sal word

Nuus vanaf Michele van die Oekraine: Einde November 2022

Oekraïne

Reni Gebedsbrief November 1022

Liewe vriende en familie.

Baie dankie vir elke gebed, elke boodskap, Skrif en bemoediging. Dankie vir elke inbetaling en ondersteuning. Ons waardeer dit oneindig baie. Dankie dat julle die pad saam met ons stap.

 Meer en meer praat die Here met ons oor Jesaja 60.

“Staan op, skyn, want jou Lig het gekom en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die Here het oor jou gekom, want let op, duisternis sal die aarde oortrek en ‘n diepe donkerheid die volke, maar die Here sal oor jou opkom en Sy Lig sal oor jou verskyn. Nasies sal na jou lig toe kom en konings na die helderheid van jou opkoms. Lig op jou oë en kyk rondom, hulle kom almal by mekaar, hull kom na jou toe.”

Lees meer “Nuus vanaf Michele van die Oekraine: Einde November 2022”

Madagaskar : THE WEEK – 20/11/2022

Madagaskar Sending
Nov 27

If anything, I learned one lesson this week; don’t let your bias of a culture cause you to become so suspicious that you don’t expect positive behaviour from people. Euphrasie and I were convinced on Thursday that the teachers at Ampamata school were sincere and totally innocent in this situation with the French man. Why he twisted the truth or embellished certain facts, I don’t know. I’ll give him the benefit of the doubt and put it down to ignorance. We are very thankful to him for the good quality stationery which he donated to the school and will save us a lot of money. I trust that there will be a way for us to work together, so I’ll keep you posted. Thank you for your prayers in this regard and all the encouraging messages.

Lees meer “Madagaskar : THE WEEK – 20/11/2022”

Gebedsgids Desember 2022

Gebed

1 Desember – Hartseer en vreugdes:

Gedurende die jaar het ons hartseer en vreugdes beleef. Kom ons dank God vir vertroosting en blydskap wat ons ervaar het.

2 Desember – Vakansiemaand:

Dit is vakansiemaand in Suid Afrika. Almal is in ‘n vrolike gees en dit is so maklik om van ons Skepper te vergeet. Kom ons bid vir die veiligheid van elke vakansieganger en dat die Heilige Gees met elke persoon sal wees en sodoende ‘n verantwoordelikheid in elke persoon sal vaslê.

3 Desember – Eensaamheid:

Desember is die laaste maand waarin ‘n persoon eensaam wil wees. Tog is daar vele bejaardes wat na kinders verlang wat miskien oorsee woonagtig is. Selfs kinders wat na ouers verlang. Kom ons vra vir Vader om al die eensames in Sy arms te neem en styf vas te hou sodat hulle van Sy teenwoordigheid bewus sal wees en troos daarin sal vind.

4 Desember – Sending:

Oor die hele wêreld heen is daar pragtige mense wat die evangelie aan ander bekendstel en baie mense wat die evangelie aanvaar of dalk twyfel of hulle dit moet aanvaar. In sekere wêrelddele is dit ‘n lewensgevaarlike taak vir beide partye. Kom ons bid dat Vader hulle onder sy vleuels sal intrek, veral nou waar die geboorte van Christus binne dae herdenk sal word.

5 Desember – Oues van dae:

In ons gemeente is daar baie mense wat hier kom aftree het en hier kom oud word het. Kom ons dank Vader vir die voorreg wat ons het om hier in die pragtige Eden te kan woon en dit kan geniet. Dat ons heelwaarskynlik weer Sy geboorte in hierdie pragtige area sal kan vier met vreugde en dankbaarheid.

6 Desember – Mediese Wetenskap:

Ons bid en dank Vader vir die hulp en leiding wat Hy aan die mediese Wetenskap gee in die ontwikkeling van medikasie. Medikasie wat siekes oor die hele wêreld van ‘n beter lewe verseker. Maar ook vir voordeel wat ons hier in die Brak daaruit kan put.

7 Desember – Vroue en kinders:

In ons land word vroue en kinders elke dag deur ongenaakbare mans

aangerand en verkrag. Ons bid dat die Here hierdie haatlike kultuur

sal verander in ‘n liefdevolle gesindheid.

8 Desember – Skooldogters:

Skooldogters is vandag onder geweldige sosiale druk. Duisende is swanger juis as gevolg van hulle weerloosheid. Kom ons dra hulle almal aan die Here op vir Sy beskerming.

9 Desember – Ons gemeente werkers:

Ons bid vir ds. Danie en ds. Frans en vir al die kantoorwerkers en ander helpers en hulle gesinne . Ons dra hulle aan Vader op met dank vir wat hulle in ons gemeente met soveel liefde doen.

10 Desember – Ons land:

Ons land word vandag regeer en geadministreer deur mense wat eerder na hul eie belange omsien aswat hulle na die land en sy mense se belang omsien. Ons bid dat die Here hierdie situasie sal omkeer en ons land weer vooruitstrewend sal maak.

11 Desember – U Skepping:

Soos Adam en Eva in ‘n pragtuin gewoon het, woon ons steeds in U tuin Here. Deur ‘n “klein” oortreding het U hulle verblyf opgeskort in teenstelling bemors en vernietig ons U Skepping teen ‘n ongehoorde tempo. Ons gebede is om Vader te vra om elke mens se gesindheid teenoor U Skepping positief te verander.

12 Desember – Misdaad:

In hierdie vakansietydperk skiet die misdaadsyfer die hoogte in. Dit is diefstal, rooftogte, aanrandings, moord, verkragtings, dronkenskapens ens. Ons vra Vader se dringende ingrype hier.

13 Desember – Diens aan oues van dae:

In ons gemeenskap is daar Dokters, Verpleegpersoneel, Verpleeg-assistente en omsien-peroneel wat na vele van ons gemeenskap omsien. Kom ons dra hulle almal aan die Here op.

14 Desember – Herlewing van gebede:

Baie van ons verwaarloos ons gebede. Behoed ons daarvan en help ons om ons gesprekke met U nooit na te laat nie.

15 Desember – Suid Afrika:

Ons land is by breekpunt.Daarom moet ons volhard in gebed en nie toegee aan wanhoop nie.Ons God is steeds op die troon en in beheer. Daarom moet ons bid en glo dat Hy redding sal bring.

16 Desember – Versoeningsdag:

Here, na baie jare wat baie van ons ‘n gelofte aan U nagekom het, bid ons nou vir versoening in ons land. Net U kan dit bewerkstellig Here en daarom smeek ons dit van U.

17 Desember – Oorvloedige reën:

Vader U het U hemelsluise oorvloedig oopgemaak oor dele van ons land. Baie dankie daarvoor, maar wees met die gedeeltes waar oorstromings dreig en mootlik reeds plaasgevind het en met ons boere wat skades gelei het.

18 Desember – Plaasmoorde:

Here ons boere gemeenskap is so uitgelewer aan die welluste van moordenaars. Ons bid dat U elke boer en sy gesin sal beskerm. Dat U hulle deurentyd in U veilige hande sal toevou en beskerm.

19 Desember – Bloedvergieting:

O Vader die bloedvergieting in ons land is erg. Daagliks word mense en kinders koeëlbloedig doodgeskiet deur bendes. Tree tog in Here en bring vrede.

20 Desember – Siektes:

Daar is so baie persone wat aan ernstige siektes ly. Ons dra almal, ook ons gemeentelede wat siek is, aan Vader op en ons vra vir genesing of verligting van pyn.

21 Desember : Omgeebediening

Ons dra almal aan Vader op wat na ander omsien. Van ons gemeentelede sien om na siekes, dan is daar die persone wat hulp nodig het, maar nie die moed het om te vra nie. O Vader gee hulle die vrymoedigheid om vir hulp aan te klop.

22 Desember – Blokbyeenkomste:

Ons vra dat U, Vader by elke blokbyeenkoms teenwoordig sal wees en deur die Heilige Gees in elkeen se hart sal werk.

23 Desember – Beskermingsdienste:

Ons vra Vader om met ons beskermingsdienste personeel te wees. Dat Hy hulle sal bystaan met hulle ontsaglike taak en om dit eerlik en opreg te doen.

24 Desember – Verslawing:

Ons bid dat Vader met elke verslaafde sal wees en hulle sal motiveer om “skoon” te kom.

25 Desember – Dis Kersfees !!!

Ons ewige koning, die onverganklike en enigste Seun van ons God is baie jare gelede op hierdie dag gebore. Ons herdenk dit met eerbiedige vreugde en dank Hom dat Hy nog steeds na Sy kinders omsien.

26 Desember – Welwillendheidsdag (Gesinsdag):

Kom ons vra Vader om hierdie dag ‘n dag van liefde te maak. Binne ons gesinne, families, vriendekringe en bowe al ook in ons land tussen ons burgers.

27 Desember – Ukraïne:

Die oorlog in die Ukraïne verwoes alles daar. Mense se lewens, hulle huise en dink aan die kindertjies wat alles moet beleef. Kom ons soebat Vader vir vrede daar en dat Hy die aanstigters van die oorlog tot orde sal roep.

28 Desember – Bybelgenootskap:

Ons weet wat die Bybelgenootskap doen. Kom ons vra Vader om in al hulle behoeftes te voorsien en hulle wonderlike werk te seën.

29 Desember – Gesindheid:

Ons vra Vader om ‘n positiewe gesindheid in ons gemeente, ons gemeenskap en in ons land te skep sodat ons die nuwe jaar met reikhalsende hoop sal ingaan met die wete dat ons God steeds regeer.

30 Desember – Ons neem Afskeid:

2022 Is bykans verby. Kom ons dank God vir ‘n jaar waarin ons kon staan en leef en waarin Hy ons beskerm het, onderskraag het en vertroos het.

31 Desember – Dankie:

Dankie Here vir ‘n jaar waarin ons die voorreg gehad het om in U wonderlike en enorme Skepping te kon staan en leef. Dankie dat U ons behoed en bewaar het. Met liefde, die NG gemeente Groot Brakrivier.

Nuusflitse Week 49+ van 2022

Nuusflitse

Sondag 27 November 2022 Kerssangdiens om 19:00 in die kerkgebou
Woensdag – 30 November 2022 Die laaste kooroefening vir die jaar – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Sondag – 4 Desember 2022 Erediens 10:00 Ds. Danie Goosen
 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00
31 Desember – Oujaarsdiens 18:00
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022
Groenewaldfonds Aansoek sluit 30 November 2022

Stof tot nadenke: Danksegging

deur: Carin Van Ginkel

“Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het… ”

1 Pet. 1: 3

Die gebruik van ‘Thanksgiving’ wat in die 1600’s in Amerika sy oorsprong het, is ‘n wonderlike gebruik van jaarliks dankie sê vir dit wat mildelik aan hulle uitgedeel is. Dit is ‘n feestelike geleentheid van deel met almal wat betrokke was by die oeste van die jaar; familie, vriende, bure en werkers. Dit is ook ’n tyd van versoening. Dit is ‘n fisiese gebaar wat hande uitsteek na almal rondom jou. Dit is ‘n wonderlike gebaar wat sekerlik ook in ander lande kan posvat. Maar kan ons die danksegging net tot eenmaal per jaar beperk?

Lees meer “Stof tot nadenke: Danksegging”

Gemeentebrief – Desember 2022

Gemeentebrief

Goeiemôre gemeente
Mag die tyd van die jaar vir elkeen van u die vrede bring wat Jesus Christus met Sy koms na ons gebring het. ‘n Vrede “te midde van …”

Ons het ons eerste Kerssangdiens in drie jaar eerskomende Sondag om 19h00. Dit beloof om ‘n wonderlike lofprysingsgeleentheid te wees. Na afloop van die diens kuier ons saam in die kerksaal met iets te ete en te drinke.

Lees meer “Gemeentebrief – Desember 2022”

Afkondigings – 27 November tot 4 Desember 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 27 November 2022:

  • Baie welkom by die erediens.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 122. Die tema van die prediking is : Aanstap rooies?
  • Spesiale Offer by die deure vir die Burger-Kersfonds.
  • Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Kerssangdiens om 19:00 in die kerkgebou:

‘n Spesiale offer sal by die deure ingesamel word vir die Burger-Kersfonds. Hierdie fonds stel jaarliks ‘n paar honderd minder bevoorregte kinders in staat om by die Burger- Strandhuis te gaan bly vir ‘n lekker vyfdag-vakansie by die see.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Desember 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Woensdag – 30 November 2022

  • Die laaste kooroefening vir die jaar – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.

Sondag – 4 Desember 2022

  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • Bevestiging van nuwe kerkraadslede.
  • Spesiale Offer vir die Hugenote-Kollege.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.

Desember eredienstye

Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00.

31 Desember – Oujaarsdiens

Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind in die kerkgebou en nie om 23:30 soos op die kalender aangedui nie.

Sluiting van die Kerkkantoor:

Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023.

HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022

Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.

Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit, ens.

Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.

Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948.

Ondersteuningsgroep

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopie.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Die vierde kwartaal se laaste uitreikdatum vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

  • Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders

Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies. Ons het ook gedink om die gemeente te vra om deel te wees van die projek deur of ‘n pakkie te pak en dit op 2 Desember by die kerkkantoor af te gee of ‘n bydrae te maak. By voorbaat baie dankie dat ons hierdie jaar op hierdie wyse kan afsluit.

Indien u ‘n EFT bydrae tot die Kerspakkies maak, meld asseblief by die verwysing baie duidelik : Kersprojek.

OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES

Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.

Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas.  Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.

Baie dankie vir u getroue ondersteuning en die pragtige flesse wat ons reeds ontvang het. Alle uitstaande flesse moet asseblief nie later as 30 November by die kerkkantoor afgegee word nie.

Groenewaldfonds:

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

KERKRAADSVERGADERING

Tydens die kerkraadsvergadering gehou 15 November 2022 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:

Ouderlinge:

Sarel Venter Voorsitter : Rentmeesterskapbediening

Dirk Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan

Diaken:

Dorette Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC MONGOLIЁ:

Christenskap in Mongolië is vir die eerste keer in die moderne geskiedenis ‘n werklikheid! In 1989 het ons geweet van slegs tien Mongoolse gelowiges, maar teen 2022 het die aantal gelowiges tot ongeveer 100 000 gegroei, en die getalle groei steeds. Die kerk bestaan vir slegs een generasie, maar dit stuur honderde sendelinge na die mees onbereikte gebiede, bestuur nasionale bedienings en ontwikkel ‘n unieke aanbiddingsmusiek  in Mongoolse styl. Daar is steeds baie onbereikte nomadiese groepe wat die evangelie moet hoor, dus speel FEBC Mongolië ‘n sleutelrol om nuwe strategiese leiers op te lei om uit te gaan en die nomadiese groepe te bereik.

(Inligtingsbron: https://operationworld.org/prayer-calendar/09-03/)

Ons gebed vir die week: Bid vir Bat en Boogii, FEBC Mongolië se leierskap, dat God aan hul die nodige wysheid sal gee vir daaglikse bestuur en leierskap. Bid dat God hul passie brandend sal hou om die evangelie uit te dra na die mees onbereiktes! 

Almanakke 2023

Die almanakke vir 2023 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan gedurende kantoorure kom afhaal.

Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 27 November 2022

1. Link na die YouTube Preek van 27 November 2022.

2. Getuienisbediening: Die week se nuusflits van België, Madagaskar en Portugal.

3. Gebedsgids Desember 2022:Is beskikbaar op die webtuiste.

4. Kommunikasiebediening: Stof tot nadenke: “Danksegging”. ‘n Kort

boodskap vir die week.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Gerrie en Arline – Portugal

Gerrie en Arlene - Bersig George

September/Oktober 2022 nuusbrief
September en Oktober was sommer lekker besig op alle
fronte! Aanvanklik moes ons al die voorbereidings afhandel
vir die Oktober EMT, die laaste van 2022 (Ethnos mission
training). Ons het o.a. ́n biddag gehad vir die nuwe studente,
hul aansoeke deurgegaan en die klaskamer opgestel.
Aan die SIM kant van ons bediening het
Gerrie ook ́n baie besige tydjie gehad
om ‘n egpaar en ́n enkel jong dame deur
die aansoekproses te begelei; die vele dokumente,
onderhoude, Sielkundige-, Leefstyl- en Doktrinale
assesserings en mediese ondersoeke.

Lees meer “Gerrie en Arline – Portugal”

Kerkbode November 2022

Kerkbode

–

View this in your browser. By die ASM: 33% afname in voltydse predikantsposte Tydens ‘n onlangse vergadering van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen (ASM) is, ondermeer, sake bespreek soos die uitslae van die nuutste sensusopname onder gemeentes. ’n Paar belangrike syfers kom na vore, luidens ’n bondige Kerkspieël-verslag:
Van 2018 tot 2022 het 47 gemeentes ophou bestaan deur saam te smelt met ’n ander gemeente. Dit verteenwoordig 4,2% van die gemeentes wat in 2018 bestaan het. In dieselfde tyd het voltydse predikantsposte met 33,36% afgeneem. Lees meer hieroor asook oor sake soos ‘n “langtafel”-inisiatief vir 16 Desember, klarigheid oor die formulier vir selfdegeslagverbindtenisse, teologiese opleiding en belangrike datums vir 2023 HIER. Gemeentes kan dienspligveterane help afsluiting vind Daar is verskeie redes waarom ’n groot groep voormalige nasionale dienspligveterane op die vooraand van pensioenouderdom nog onverwerkte trauma het. Dr Roelf Schoeman verduidelik hoekom hulp aan hierdie groep nie net ’n saak tussen ’n veteraan en ’n berader behoort te wees nie, maar in hulle plaaslike gemeenskappe geanker moet wees en hoe gemeentes ’n groot bydrae in hierdie verband kan maak. Lees verder Biografie: ‘Sonder liefde is ek bankrot,’ skryf rockster Bono (doopnaam Paul David Hewson) se outobiografie is deurtrek met Bybelse verwysings, geloofsworstelinge en nederige geloofsbelydenisse, skryf Francois Mulder met die verskyning van Surrender: 40 songs, one story deur die hoofsanger van die Ierse rockgroep U2. Lees verder Bybelgenootskap van SA kry tussentydse hoof Ds Rodney van Wyk is onlangs as die tussentydse uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) aangewys. Hy het op 1 November die leisels by ds Dirk Gevers oorgeneem. Lees verder Neem deel: Nuwe peiling wil hoor hoe lees NG lidmate en leraars die Bybel Hoe lees, verstaan en interpreteer jy die Bybel? Die Algemene Taakspan Navorsing van die Algemene Sinode is besig met ’n meningsopname om juis dit by respondente te hoor. Vul hierdie kort, anonieme vraelys in om deel te neem: https://www.surveymonkey.com/r/PKF82RZ Afrikaanse Kersoratorium blaas nuwe lewe in ou liedere Die storie van die geboorte van Christus word op ’n baie besonderse manier vertel deur koorsang. Met sy nuwe Afrikaanse Kersoratorium, Lig van waarheid, wil hy die luisteraars neem na ’n magiese plek waar gehore hulleself in die storie kan verdiep, vertel komponis Franco Prinsloo.
Lees verder Leraarspos: NG Sydenham (Gqeberha) Die NG Gemeente Sydenham in Port Elizabeth (Gqeberha) nooi biddend gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n deeltydse pos
(onbepaalde termyn). Lees verder Leraarspos: NG Fraserburg (Karoo) Fraserburg is ’n klein plattelandse Karoogemeenskap met ongeveer 240 lidmate. Die gemeente soek ’n meelewende geestelike leier. Lees verder LOOPBAANSKUIWE in die NG Kerkfamilie VRYSTAAT BEVESTIGING Ds HHS (Mias) Nortier van Despatch-Eendrag het die beroep as voltydse leraar na NG Kerk Jacobsdal aanvaar. Sy bevestiging het plaasgevind op 6 November 2022. Ds Ampie Swanevelder het die bevestiging waargeneem. . Lees meer NUWE BOEK: Oor liggame gepraat … wie se stories en stemme word (nie) gehoor? Daar is min publikasies met ’n tema en aanslag waarin beide Tinder en Luther figureer. En nog minder publikasies waarin jy Luther, Tinder, Netflix en ART (Assisted Reproductive Technologies) sal raaklees. ‘Sexual reformation?’ is so ’n boek … en een met ’n belangrike vraagteken in die titel, verduidelik dr Manitza Kotzé, een van die drie redakteurs van hierdie nuwe bundel. Lees meer Kersfonds: Jou bydrae help jonges inspireer Nuwe loopbaangeleenthede Besoek Vakatures vir loopbaangeleenthede in die NG Kerk asook in kerklike maatskaplike sowel as ander Christelike nieregeringsorganisasies. Teken uit op hierdie nuusbrief | Meer inligting

Nuusflitse Week 48+ van 2022

Nuusflitse

Woensdag – 23 November 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Sondag – 27 November 2022 Erediens 10:00 Prediker:  Ds. Danie Goosen
Sondag – 27 November 2022 Kerssangdiens Om 19:00 in die kerkgebou.
Bloedskenk:  Donderdag 24 November 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Sondag – 4 Desember – Bevestiging van Kerkraadslede
Desember eredienstye gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00
31 Desember – Oujaarsdiens Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind
Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022

Afkondigings 20 – 27 November 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 20 November 2022:

  • Baie welkom by die erediens wat vanoggend gelei word deur dr. Nadia Marais.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 5:21-24, 35-43. Die tema van die prediking is : Die kind is nie dood nie.
  • Spesiale Offer by die deure vir die Kankervereniging.
  • Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Woensdag – 23 November 2022

  • Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.

Sondag – 27 November 2022

  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • Spesiale Offer vir die Burger-Kersfonds.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Kerssangdiens

Om 19:00 in die kerkgebou. ‘n Spesiale offer sal by die deure ingesamel word vir die Burger-Kersfonds. Hierdie fonds stel jaarliks ‘n paar honderd minder bevoorregte kinders in staat om by die Burger-Strandhuis te gaan bly vir ‘n lekker vyfdag-vakansie by die see.

Donderdag – 24 November 2022

Bloedskenk: Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag 24 November 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.

Sondag – 4 Desember – Bevestiging van Kerkraadslede

Desember eredienstye:

Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00.

31 Desember – Oujaarsdiens

Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind in die kerkgebou en nie om 23:30 soos op die kalender aangedui nie.

Sluiting van die Kerkkantoor:

Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023.

HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022

Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.

Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit, ens.

Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.

Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948

Ondersteuningsgroep

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies; maar ook
    vir emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
  • Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Die vierde kwartaal se laaste uitreikdatum vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

  • Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders

Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies. Ons het ook gedink om die gemeente te vra om deel te wees van die projek deur of ‘n pakkie te pak en dit op 2 Desember by die kerkkantoor af te gee of ‘n bydrae te maak. By voorbaat baie dankie dat ons hierdie jaar op hierdie wyse kan afsluit.

Indien u ‘n EFT bydrae tot die Kerspakkkies maak, meld asseblief by die verwysing baie duidelik : Kersprojek.

OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES

Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.

Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas.  Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.

Baie dankie vir u getroue ondersteuning.

Groenewaldfonds:

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

KERKRAADSVERGADERING

Tydens die kerkraadsvergadering gehou 15 November 2022 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:

Ouderlinge:

Sarel Venter Voorsitter : Rentmeesterskapbediening

Dirk Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan

Diaken:

Dorette Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Pakistan:

Pakistan is  in die hartjie van die mins bereikte wêrelddeel geleë. Tans word die meer as 350 mensegroepe en uitgeworpenes as onbereik beskou. Baie van hierdie mensegroepe beskik nie oor kerke nie, en het ook geen Christene, sendelinge en getuies nie. Pakistan is die wêreld se tweede-grootste samevoeging van ontkoppelde en mins-bereikte mense asook die tweede-grootste Moslembevolking. Min lande, indien enige, bied ‘n groter uitdaging vir sendelinge. FEBC Pakistan speel ‘n baie belangrike rol in die klein Christengemeenskap en fokus hulle bediening daarop om meer siele vir Christus te werf. 

(Inligtingsbron: https://operationworld.org/prayer-calendar/09-28/)

Ons gebed vir die week: Die programvervaardigingspanne van FEBC Pakistan is druk besig om nuwe inhoud te skep vir die mense wat deur die onlangse vloede geraak is. Bid asseblief dat God wysheid en insig sal skenk aan die betrokke programvervaardigers, skrywers en aanbieders sodat die luisteraars bereik en bemoedig word deur middel van die onderskeie mediaplatforms. 

Almanakke 2023

Die almanakke vir 2023 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan gedurende kantoorure kom afhaal.

Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 20 November 2022

  1. Link na die YouTube Preek van 20 November 2022.
  2. Getuienisbediening: Die week se nuusflits van Madagaskar en Japan.
  3. Fondsinsameling: Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander Stuitighede:
    ‘n Vollengte video van die konsert is beskikbaar op die webtuiste.
  4. Gebedsgids November 2022:Is beskikbaar op die webtuiste.
  5. Kommunikasiebediening: Stof tot nadenke: “ ‘n Gebed vir reën”. ‘n Kort boodskap vir die week.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314