Flitse Week 9+ van 2022
Sondag – 6 Maart 2022 Kategese om 09:00 Erediens 10:00 Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
ASWOENSDAG – 2 Maart 2022
Blokbyeenkoms – 2 Maart 2022 Blok 5A (Mossienes tot Stasieweg) en Blok 5B (Eiland to Dolphins Creek)
Wêreld biddag vir vroue – 4 Maart 2022
Golfdag 26 Maaart 2022
Afkondigings 27 Februarie 2022
Vandag – Sondag 27 Februarie 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit 2 Korintiërs 3:12 – 4:2. Die tema van die prediking is: Waag dit om dieper te kyk!?
- Spesiale deuroffer gaan vir die Hartenbos Versorgingsoord.
- Kategese om 09:00
- Nagmaal
- Eerste Lydensweek
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op 083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Maart 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Sondag – 6 Maart 2022
Kategese om 09:00
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
Spesiale Offer vir die Hospitaalbearbeiding
Tweede Lydensweek
ASWOENSDAG – 2 Maart 2022
Aswoensdag is die eerste dag van Lydenstyd, tradisioneel ‘n tyd van vas en bekering.
Blokbyeenkoms – 2 Maart 2022
Blok 5A (Mossienes tot Stasieweg) en Blok 5B (Eiland to Dolphins Creek) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Michelle Roon (Dolphins Creek 87) 064 674 9756
Wêreld biddag vir vroue – 4 Maart 2022
Wêreldbiddag (World Day of Prayer) is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging wat deur Christenvroue gelei word. Hulle nooi ons om deel te neem met gebed en aksie om vrede en geregtigheid te bewerkstellig.
Die Wêreldbiddag word jaarliks in meer as 170 lande op die eerste Vrydag in Maart gevier. 2022 se tema is deur Engeland, Wallis en Noord-Ierland voorberei en is: “I know the plans I have for you.”
Van hoop tot aksie … maak ‘n verskil

Bejaardesorg fasiliteit
Alle werk verbonde aan die omskakeling van die Langstraat pastorie in `n bejaarde-sorg fasiliteit, is nou voltooi.
Die fasiliteit wat as “FORGET ME NOT” tehuis geregistreer is, is reeds sedert 2 Januarie 2022 ten volle in bedryf.
Belangstellendes wat hiervan gebruik wil maak of meer inligting daaromtrent wil bekom, kan vir Julia van der Merwe skakel by 084 409 3857.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Baie dankie vir die geweldige reaksie vir kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol wat ons gekry het – dit help om ‘n groot verskil in ons gemeenskap te maak.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205 Faks: 044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Sending aksie – Gerrie en Arlene Coetzee
Markus 16:15 “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en
verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”
Uitgestuurde Sendelinge van NG Gemeente George-Bergsig.
Ondersteuning op ´n geloofsbasis deur gemeentes en individue
Projekspan leidster: Nora De Wit 082 375 3060 – noradewit7@gmail.com
Uitreik aan Wolwedans – 23 Februarie 2022
Baie dankie weereens vir almal se bydrae om Wolwedans te help opbou. U skenkings dien ‘n dubbele doel:
- Die ontvangers is vry om die skenkings te gebruik vir skeppings en produkte om ‘n eie geldjie te verdien (hou in gedagte Wolwedans het ‘n besondere hoë werkloosheidsyfer)
- Die skenkings of eie skeppings kan aan ander wat dit moontlik nodiger het (en waarvan ons nie noodwendig bewus is nie), herversprei word
Let wel: U skenkings van komberse of klere word aan verdienstelike ontvangers gegee en mag dus nie verkoop word nie.
Die uitreik na Wolwedans woensdag was weer ‘n goeie uitreik waar ons hulle met ‘n boodskap, sop, en brood bedien het. Ons het ook baie lap,wol,gare, ens. Ontvang waarvoor hulle baie dankbaar voor is en weer kan aangaan met hul onderskeie projekte.
Ons sal van tyd tot tyd foto’s plaas van produkte. Hou egter in gedagte dat handgemaakte produkte tyd vat om te maak, veral binne die konteks soos hierbo uiteengesit, en te midde van baie maatskaplike uitdagings.
Weereens baie dankie vir almal se welwillendheid om die Getuienisbediening meer veerkragtig en diensbaar te maak!
Lees meer “Uitreik aan Wolwedans – 23 Februarie 2022”Oekraïne – Dringende Gebedsbrief: Michele
Liewe familie en vriende
Die Here sê in Johannes 14:27
Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
Ons word vanmore wakker met die nuus dat Rusland op twee plekke Oekraine begin binneval het. Maar die Here se vrede is in ons harte. Ons weet dat Hy ons vashou en beskerm. Ek weet dat ons in Sy wil is.
Lees meer “Oekraïne – Dringende Gebedsbrief: Michele”Erediens 20 Februarie 2022
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing:: 1 Samuel 3: 1 – 18
Tema: Vlug vir die Here?
Begeleiding: Mev. Dawn Taljaard
Liedere
Lied 170
Lied 192: 2 & 3
Lied 309: 1 – 3
Afkondigings 20 Februarie 2022
Vandag – Sondag 20 Februarie 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit 1 Samuel 3 vers 1 tot 18. Die tema van die prediking is: Vlug vir die Here?
- Spesiale deuroffer gaan vir die Straatwerk
- Kategese om 09:00
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Februarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Sondag – 27 Februarie 2022
Kategese om 09:00
Nagmaal
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds Danie Goosen
Spesiale Offer vir die Hartenbos Versorgingsoord
Kerkraadsvergadering – 22 Februarie 2022
Die kerkraad vergader eerskomende Dinsdagaand om 18h00 in die kerk onder die voorsitterskap van Ds. Danie Goosen. Ons vra u voorbidding vir die vergadering.
Blokbyeenkoms – 23 Februarie 2022
Blok 4A (Pine Creek en Bo-Langstraat) en Blok 4B (Onder-Langstraat tot Kiewietlaan) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Gert en Riana Briers, Kiewietlaan 18 (081 039 8853).
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners
Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier. Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.
Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.
Klub-50

Klub-50 se jaarvergadering word op Woensdag 23 Februarie 2022 om 10h00 in die kerksaal gehou. Kontak Marie Snyman (082 229 8316 / 044 620 3053); Estelle Uys (072 675 6696) of Anneke Blaauw (082 371 8889 / 044 620 4575). Covid maatrëels sal geld.
Getuienisbediening
Wolwedans sop en brood bediening
- Ons datums vir Wolwedans vir die res van die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart 2022.
- Na verlede week se uitreik is die vrieskaste dolleeg en ons wil nederig vra dat ons ‘n spesiale poging insit om 80 soppe vir volgende week gereed te hê. Baie dankie by voorbaat vir almal se samewerking en ons glo dat daar genoeg sal wees om vir die ou mensies te gee.
Getuienisprojekte
Ons getuienisprojekte is weer volstoom aan die gang en soos altyd benodig ons kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol.
Omgeebediening

In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.
Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.
Ondersteuningsgroep
Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning netwerk en groep te begin vir:
- enkellopendes;
- mense wat gemarginaliseerd voel;
- nuwe intrekkers wat uitgesluit voel;
- selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel;
- of wat ookal jou omstandighede is, dalk weens verlies of siekte.
Indien jy wil inskakel by so ‘n groep, of nodig het om net met iemand vertroulik te praat, kontak of whatsapp my. Riana Briers (081 039 8853)
Van hoop tot aksie … maak ‘n verskil

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Lief en Leed Week 8 van 2022
Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van Ronelle van den Berg. Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan sy geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.
Flitse Week 8+ van 2022
- Sondag – 27 Februarie 2022 Erediens en Nagmaal 10:00
- Kategese 09:00
- Kerkraadsvergadering – 22 Februarie 2022
- Blokbyeenkoms – 23 Februarie 2022
- Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners Sondag middag
- Klub-50 se jaarvergadering word op Woensdag 23 Februarie 2022 om 10h00
- Wolwedans 23 Februarie asook 9 en 23 Maart 2022
- Ondersteuningsgroep kontak of whatsapp Riana Briers (081 039 8853)
- Golfdag 26 Maart 2022
Oekraïne: Michelle se Nuusbrief 13 Februarie 2022
Liewe vriende en familie
Dit is wonderlik om terug te wees in Oekraine. ‘n Week is verby en daar het so baie gebeur.
Dit was ook moeilik en goed om in ons huis te wees. Dit is ‘n groot aanpassing om self al die besluite te neem.
Nou verstaan ek eers hoe maklik die lewe met Ockert was. Hy het alles gereel en ek het net saamgery. Maar ek leer om meer en meer my Vader se stem te hoor en Hom te gehoorsaam.
Lees meer “Oekraïne: Michelle se Nuusbrief 13 Februarie 2022”Missie Japan Nuusflits – 14 Februarie 2022
SENDELING IN JAPAN
Wat beteken dit?
Wat Beteken dit om ‘n Sendeling te wees in Japan?
Oor brandende bosse…en brandende harte (wat nie uitbrand nie…)
Beste Ondersteuner
Dertien jaar gelede, ses maande volswanger, met ‘n 18 maande oue, hiper-aktiewe dogtertjie, was daar min tyd vir my Japannese taalstudies. Destyds het ons allerhande dinge blameer en onsself baie jammer gekry, omdat nie een van ons vier kinders goeie slapers was nie. Inteendeel, hulle het bitter min geslaap. Min slaap. Aktiewe kleuter én ‘n pap babatjie.
Flitse vir Week 7+
Erediens Sondag 20 Februarie – 10:00 Ds. Danie Goosen
Kategese 09:00
Nagmaal 27 Februarie 2022
Rek en Strek oefeninge Dinsdag 08:00 – 9:00 Kerksaal
Bestuurspan 15 Februarie
Golfdag 26 Maart
Klub 50 Woensdag 23 Februarie 10:00
Voorlesing – Onverantwoorelik – Dr. Frans Hancke – 082 490 5737
Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners – Sondagmiddae 082 414 0462.
Erediens 13 Februarie 2022
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Lukas 4: 14 – 31
Voorlesing: Mev. Annalene de Swardt
Tema: Raak ontslae van die dominee
Begeleiding: Mev. Eliza Hancke
Liedere:
Lied 175
Kategese – Die Wapenrusting van God
Ons eerste termyn het goed afgeskop. Lokale 3, 4 en 5 is Sondae vanaf 09h00 beskikbaar vir Junior Kategete. Seniors is in die bovertrekke bokant saal. Kinderkerk sal op volumes hanteer word.
Belydenisklas is by Ds Danie
Navrae kan aan my(Pauline) gerig word by +27 79 557 8591
Tema vir die Jaar
Ons tema vir die jaar is die wapenrusting. Ons het reeds dit so aan die kinders verduidelik en elke groep hanteer dan hul hulpmiddels.
Afkondigings 13 Februarie 2022
Vandag – Sondag 13 Februarie 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 4.
Die tema van die prediking is:
Raak ontslae van die dominee.
- Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente Instandhoudingsfonds
- Kategese om 09:00
- Biddag vir Opvoeding en Onderwys
Die ontwrigting van ons onderwysstelsel het verreikende implikasies gehad vir huishoudings en die gemeenskappe waarin leerders woonagtig is. In vele opsigte was dit ‘n sosiale ramp. Nou moet die onderwysstelsel, wat al voor die pandemie onder druk was, herbou word. Dit stel geweldige eise aan leerkragte, leerders en ouers. Ons wil vra dat daar voorbidding gedoen sal word vir:
~ Skole se beheerliggame en komitees ~ Skoolhoofde
~ Onderwysers ~ Ondersteuningspersoneel
~ Toegewyde en betrokke ouers ~ Onderwysowerhede
- Dit is Ds Danie se afnaweek.
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Februarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Sondag – 20 Februarie 2022
Kategese om 09:00
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds Danie Goosen
Spesiale Offer vir die Straatwerk.
Rek en strek oefeninge vir seniors
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die
kerksaal. Nuwe lede is welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman (082 297 3476).
Bestuurspanvergadering – 15 Februarie 2022
Die bestuurspan vergader eerskomende Dinsdagaand om 17h30 in die kerk onder die voorsitterskap van Ds. Danie Goosen. Ons vra u voorbidding vir die vergadering.
Blokbyeenkoms – 16 Februarie 2022
Blok 3 (Voorbrug) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Susan Calitz (082 331 5438).
Gholfdag fondsinsameling
Die jaarikse gholfdag fondsinsameling vind plaas op 26 Maart 2022.
Vir navrae kontak vir Johan Smit (084 500 4296).
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners
Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier. Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.
Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.
Klub-50
Klub-50 se jaarvergadering word op Woensdag 23 Februarie 2022 om 10h00 in die kerksaal gehou. Kontak Marie Snyman (082 229 8316 / 044 620 3053); Estelle Uys (072 675 6696) of Anneke Blaauw (082 371 8889 / 044 620 4575). Covid maatrëels sal geld.
Kerkkalender 27 Februarie 2022 – Neem asseblief kennis dat daar tydens die 10:00 erediens nagmaal bedien sal word.
Voorlesings – Dr. Frans Hancke
Om die voorlesings uit dr. Frans Hancke se boek “ONVERANTWOORDELIK” weekliks te ontvang, stuur u Naam en Whatsapp-nommer (selfoonnommer) na 082 490 5737 voor Saterdag 19 Februarie 2022.
Getuienisbediening
Liewe Gemeente, baie dankie vir die oorgawe waarmee verlede jaar bygedra is tot die Getuienisprojek se behoeftes! Ons is dankbaar om weer in 2022 te kan steun op U welwillendheid! Soos altyd benodig ons kinderklere, materiaal, gare, borduur-gare en wol. Ons is ook op soek na ‘n ketel in ‘n goeie werkende toestand – dit hoef nie nuut te wees nie.
Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart.
Na verlede week se uitreik na Wolwedans is die vrieskaste leeg en ons sal dit waardeer as ons as gemeente weer kan ekstra poging insit om 80 soppe vir volgende week se uitreik beskikbaar te maak. Ons weet die weer is dalk te warm, maar dit maak ‘n verskil by die mensies vir wie ons dit gee.
Baie dankie vir jul deurlopende ondersteuning.
Omgeebediening
In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.
Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.
Ondersteuningsgroep
Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning network en groep te begin vir:
- enkellopendes;
- mense wat gemarginaliseerd voel;
- nuwe intrekkers wat uitgesluit voel;
- selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel;
- of wat ookal jou omstandighede is, dalk weens verlies of siekte.
Indien jy wil inskakel by so ‘n groep, of nodig het om net met iemand vertroulik te praat, kontak of whatsapp my. Riana Briers (081 039 8853)
Bybelstudiegroepe
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.
| DAG | TYD | PLEK | KONTAK-PERSOON | 🕿 |
| Maandag | 17:00 | Suiderkruis | Danie Goosen | 079 525 3624 |
| Dinsdag | 10:00 | Lokaal 6 | Gert Louw | 082 712 7929 |
| Dinsdag | 10:00 | Tergniet / Reebokhoogte | Marita Erasmus | 082 253 2876 |
| Dinsdag | 10:00 | Reebokhoogte | Marietjie Smit | 082 771 6034 |
| Dinsdag | 10:00 | Tergniet / Reebokhoogte | Kobus Stemmet | 082 577 7316 |
| Dinsdag | 10:00 | Groenkloof | Dalene le Roux | 072 383 0498 |
| Dinsdag | 10:00 | Groenkloof | Tolletjie vd Merwe | 082 412 3153 |
| Dinsdag | 10:00 | Groenkloof sitkamer | Mienie Zietsman | 082 418 8922 |
| Dinsdag | 15:00 | Reebok | Julie Viljoen | 082 662 1749 |
| Dinsdag | 15:00 | Reebokhoogte | Johan Muller | 082 823 2162 |
| Donderdag | 09:00 | Tergniet | Carin van Ginkel | 082 891 7791 |
| Donderdag | 18:30 | Glentana | Jan Richter | 072 231 7859 |
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 🕾 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Madagaskar – Update!
I can hardly believe that I have been back in SA for more than a month. The Cape is beautiful, but I have to get used to the daily changes in the weather; from wind to a heat wave to rain and cold weather, all within a few days.
Lees meer “Madagaskar – Update!”Konnichiwa Nuusbrief
Konnichiwa Nuusbrief
Liewe ondersteuner,
Ons skryf hierdie nuusbrief nie uit ‘n koue Japan nie, maar hier vanuit ‘n sonnige Suid-Afrika. Terwyl ons harte verlang om weer in Japan te wees, is ons dankbaar vir elke oomblik saam ons geliefde familie en vriende. Ons koester hierdie tyd en sien dit as ‘n geskenk uit die Here se Hand. Ons sien ook uit na toekomstige geleenthede waar ons met julle, ons ondersteuners, kan tyd saam spandeer. Ons bid dat hierdie tyd in Suid-Afrika mag dien as ‘n tyd waarin ons dieper verhoudings met u kan bou.
In hierdie nuusbrief wil ons baie graag groot nuus met u deel. Ons deel graag met u ‘n brief spesifiek gerig aan u, inligting oor waar onsself nou in Suid-Afrika bevind en waarmee ons tans besig is.
Brief aan u, ons ondersteuner.
Erediens 6 Februarie 2022
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: 1 Korintiërs 15: 1 – 11
Tema: ’n Ommekeer
Begeleiding
Klavier: Annalene de Swardt
Fluit: Madeleine Vermeulen
Liedere
Lied 415: 1-3
Lied 421: 1-3
Missie Japan Nuusflits – 1 Februarie 2022
IETS VAN ALLES in 2022
Beste Ondersteuner
As gedeelde vreugde verdubbel, en gedeelde smart halveer, wat gebeur met gedeelde Corona?! Die afgelope week was dit ons gesin se beurt om uit te vind (saam met Carina se broer Nico en sy vriendin wat tydelik by ons oorbly). Ons was almal tegelyk redelik plat, maar is baie verlig om weer aan die gang te wees, al is dit nog bietjie wankelrig. Die sesde infeksie-vlaag is besig om ‘n piek te bereik in Japan, met 85000 nuwe gevalle vandag. Ons dien nog die laaste dae van verpligte isolasie uit, maar sien weer kans vir wat kom. Intussen werk ons aanlyn voort …