Gemeentefees 14 Mei 2022

Gemeentefees Oktober 2021

Dankfees – 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

  • Pannekoek tafel:
    Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

  • Gebak:
    Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 MEI 2022.  Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.

  1. KERRIE-EN-RYS:  250 ml @ R15 & 500 ml @ R30

            Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /

      Corita du Preez – 084 265 9487

  • JAFFELS @ R20 ELK:  Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis.  Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
  • BOEREWORSROLLE @ R20 ELK: Corrie Pieters – 082 327 9527
  • ROOSTERKOEKE:  Heel @ R10 elk / Konfyt @ R15 elk / Konfyt & Kaas @ R20 elk / Hoender Mayo @ R20 elk.  Daar sal ook slap chips te koop wees.  Amelia – 072 975 0917

Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.

  • PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476
  • SOSATIES @ R18 elk: Asb geen bestellings! Pieter Lourens – 073 138 7363
  • VLEIS:  Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
  • GEBAK:  Liana Boshoff – 084 764 6155
  • GROENTE:  Robert Crause – 071 243 9181
  1. WIT OLIFANT:  Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorter.  Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.  Annalene de Swardt – 082 495 5011
  1. KINDERTAFEL:  Pauline Richards – 079 557 8591
  1. POEDING:  Elmarie Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)

Afkondigings 20 – 26 Maart 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 20 Maart 2022: 

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Carlo en Tina Barnard en hulle seuntjie Kyrò wat vanoggend gedoop word.
  • Vandag se erediens word gelei deur Dr. Kobus Smit.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Hosea 11 verse 1 tot 11. Die tema van die prediking is: Die onbegryplike Vader.
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Carpe Diem Skool.
  • Kategese om 09:00.
  • Vierde Lydensweek.

Jeug

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.  

Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.  

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op 

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir Maart 2022 is beskikbaar in die voorportaal.  

Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 27 Maart 2022

Geen Kategese.

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker:  Ds. Danie Goosen.

Doop.

Bevestiging van Kerkraadslede.

Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.

Vyfde Lydensweek.

Bestuursraadvergadering – 22 Maart 2022

Die Bestuursraad vergadering Dinsdagmiddag om 17h30 in die kerkgebou.

Blokbyeenkoms – 23 Maart 2022

Blok 6B (Eurekapark) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Surine de Wet (Suidstraat 13) 084 621 5000.

Bloedskenking – 24 Maart 2022

NG Kerk Groot-Brakrivier kerksaal

Tyd:  15:00 – 19:00

Skakel vir Christo Smith (083 447 9891) indien u enige vrae het.

Die mikpunt is 60 pinte.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.✓ pot of soup free vector eps, cdr, ai, svg vector illustration graphic art

  • Die laaste datum vir die eerste kwartaal se sop en brood bediening is 23 Maart 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Dankfees – 14 Mei 2022

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. 

KERMIS TE REEBOK OP 26 MAART 2022

Almal word hartlik uitgenooi na Reebok-gemeente se jaarlikse kermis-basaar op Saterdag, 26 Maart, vanaf 10:00, rondom die kerkgebou in Impalaweg. Die tafels gaan kreun onder brood & beskuit, kleinkoekies, koeke & terte, jaffels, potjiekos, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, boeke & cd’s en vele meer! Vir al ons kinders sal daar ook ‘n kindertafel, tombola, speletjies en springkasteel wees. Kom geniet die dag saam met ons!

Omgeebediening

Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

Bydraes kan geplaas word binne die boks in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.  

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Gebedsversoek vanaf Amos

Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp wat Maandag soos volg gestraf is:

  • Die president van die Protestanse kerk het 18 maande tronkstraf gekry vir die verkondiging van die Evangelie;
  • Twee pastore van kleiner dorpies in die omgewing het ‘n boete en 8 maande tronkstraf gekry vir die hou van eredienste.

Die gebedsversoek is dat hul appelle om die strawwe om te keer, suksesvol sal wees.

Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.

Dankies

  • Plaaslike sending – Baie dankie aan almal wat ‘n finansiële bydrae gemaak het om ons plaaslike sendelinge te ondersteun.  ‘n Bedrag van R10 450 is ingesamel.
  • Elize Zinzerling van Hartenbos Bejaardesorgdiens – Deuroffer (R2 439).
  • Angelique du Randt van Môreson ACVV – Deuroffer (R1 869).
  • Ds. André van Wyk van die Jan Kriel Instituut skrywe:

Liewe Gemeente van die Here Jesus Christus.

Vandag is dit my voorreg om te kan “Dankie” sê.  Dankie aan ons Hemelse Vader wat voorsien en sorg.

En dankie vir NG Kerk Groot-Brakrivier se bydrae van R1 649.00.  Dít maak spesiale onderrig, terapie en persoonlike aandag vir elke kind by Jan Krielskool moontlik. Die “ryk oes” getuig daarvan!

God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.  Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees.”    – 2 Kor.9:9-11

Mag ons Here ook hierdie jaar in elke behoefte van julle voorsien.”

Gereformeerde Kerk George – Gesellige Oggendbyeenkoms

Kom geniet ‘n gesellige oggendbyeenkoms met Erik Holm op Saterdag 9 April 2022 om 10:00 by die Gereformeerde Kerk George.  Mans en vroue is welkom. 

Kontak vir Ruth Du Plessis by 071 789 9009 vir kaartjies. 

(Stuur ‘n sms of whatsapp met jou naam en ek bel jou terug om te reël vir aflewering van kaartjies binne George.)

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          🕾 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

Dringende gebedsversoek

Gebed

Gebedsversoek vanaf Amos

Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp wat maandag soos volg gestraf is:

  • Die president van die Protestanse kerk het 18 maande tronkstraf gekry vir die verkondiging van die Evangelie
  • Twee pastore van kleiner dorpies in die omgewing het ‘n boete en 8 maande tronkstraf gekry vir die hou van dienste.

Die gebedsversoek is dat hul appelle om die strawwe om te keer, suksesvol sal wees.

Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.

Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022

Missie japan 18-3-2022

SAAM OP WEG 
soos kleipotte in ‘n gebroke wêreld

Beste Ondersteuner
 
Graadvang beteken altyd baie meer as die ontvang van ‘n akademiese kwalifikasie. Dis ‘n lang reis van saam verras word, saam moeg word en stilstaan langs die pad, saam worstel en groei. Dit gaan oor ‘n integrasie van leer en lewe. Daar was botstil dae (soos by verlede week se plegtigheid), maar ook stormdae (soos met dié groep studente se inhuldiging in April 2018). Só sit ek en dink terwyl ek sien hoe sewe studente ná 4 jaar van harde werk met dankbare harte hulle pad by KRTS voltooi. Dis die sewende keer dat ek die voorreg gehad het om hiervan deel te wees … ‘n klein entjie se saamstap by dié sewentigste gradeplegtigheid van die RCJ kweekskool se geskiedenis. 
 

Lees meer “Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022”

Afkondigings 13 – 20 Maart 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 13 Maart 2022: 

  • Baie welkom by vanoggend se erediens. 
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Psalm 27. Die tema van die prediking is: Donkerte en vertoue?
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Arbeidsbediening Mosselbaai.
  • Kategese om 09:00.
  • Derde Lydensweek.

Jeug

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.  

Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.  

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op 

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

GebedsgidseGebedsgidse vir Maart 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 20 Maart 2022

Kategese om 09:00.

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker:  Dr. Kobus Smit.

Spesiale Offer vir die Carpe Diem-Skool.

Vierde Lydensweek.

Blokbyeenkoms – 16 Maart 2022

Blok 6A (Suiderkruis) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Egbert & Annatjie Janse van Rensburg (Columbiasingel 34, Suiderkruis) 082 871 0927.

KERKRAADSVERGADERING

Tydens die kerkraadsvergadering gehou 22 Februarie 2022 is die volgende persone as kerkraadslede herkies / verkies:

Ouderlinge – Herkies:

Robert Crause Blok 3

Willem du Preez Blok 6A  (Voorsitter Diensverhoudingebediening)

Johan Smit Blok 9A  (Voorsitter Fondsinsamelingsbediening)

Hannes Kunz Blok 13A

Ouderlinge – Verkies:

Christo Kitching Blok 9C

Marie Snyman Blok 10A

Johan Pretorius Blok 10C

Gert Briers Blok 4B   (Voorsitter Eiendomsbediening)

Carin van Ginkel               (Voorsitter Kommunikasiebediening)

Diakens – Herkies:

Michelle Roon Blok 5B

Barbara Gericke Blok 5C

Maja Wagener Blok 10B

Irene Kunz Blok 13A

Heloïse van der Merwe Blok 14

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.✓ pot of soup free vector eps, cdr, ai, svg vector illustration graphic art

  • Die laaste datum vir die eerste kwartaal se sop en brood bediening is 23 Maart 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Plaaslike sending

Baie dankie aan almal wat ‘n finansiële bydrae gemaak het om ons plaaslike sendelinge te ondersteun.

Omgeebediening

Die omgeebediening deel al die afgelope twee jaar weekliks groentepakkies uit aan gesinne wat weens Covid swaar kry.2510D563

Die groente word deur ‘n weldoener by die mark in George aangekoop.  Hy ry elke Maandagmiddag om die aankope te doen en dan verpak hy dit in 40 sakke op Dinsdae.  Die omgeebediening deel dit dan Woensdagoggende uit aan gesinne.

Die weldoener gaan nou vir etlike maande oorsee, maar is steeds bereid om die projek finansieel te ondersteun.

Ons benodig persone wat op ‘n aflosbasis mark toe kan gaan met ‘n bakkie vir die aankope van die groente en persone om die verpakking daarvan te hanteer.  Alles sal baie goed verduidelik word.  Kontak asseblief vir Cornie Pieters (082 499 0516) of Corrie Pieters (082 327 9527) indien u kan help.

Pastorie – Landlyn

Neem asseblief kennis dat Ds. Danie se landlynnommer nie meer aktief is nie en dat Ds. Danie slegs op sy selfoon (079 525 3624) beskikbaar is.

Dankies

Ons het die volgende dankie sê boodskappe ontvang:

  • Elize Zinzerling van Hartenbos Bejaardesorgdiens – Deuroffer (R2 439).
  • Angelique du Randt van Môreson ACVV – Deuroffer (R1 869).
  • Ds. André van Wyk van die Jan Kriel Instituut skrywe:

Liewe Gemeente van die Here Jesus Christus.

Vandag is dit my voorreg om te kan “Dankie” sê.  Dankie aan ons Hemelse Vader wat voorsien en sorg.

En dankie vir NG Kerk Groot-Brakrivier se bydrae van R1 649.00.  Dít maak spesiale onderrig, terapie en persoonlike aandag vir elke kind by Jan Krielskool moontlik. Die “ryk oes” getuig daarvan!

2021 se Matrieks kon spog met ʼn 98,6% slaagsyfer, terwyl die gesamentlike slaagsyfer vir res van die grade 96.6% was! Voorwaar ʼn uitsonderlike prestasie vir enige skool. Soveel te meer vir kinders met leergestremdhede! So kry elke kind ʼn kans!

God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.

Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees.”    – 2 Kor.9:9-11

Mag ons Here ook hierdie jaar in elke behoefte van julle voorsien.”

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          🕾 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

Lief en Leed Week 11 van 2022

Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons u meedeel van die van afsterwe van
Kitty Barnard
Ons dra ons innige simpatie en voorbiddding oor aan die oorledene se geliefdes.
Mag die Here u troos en bystaan in hierdie hartseer tyd.

Flitse Week 11+ van 2022

Nuus Flitse

Sondag – 20 Maart 2022 Kategese om 09:00, Erediens om 10:00 Prediker:  Dr. Kobus Smit.
Blokbyeenkoms – 16 Maart 2022 – Blok 6A (Suiderkruis) Woensdag
Getuienisbediening – Sop en brood bediening is 23 Maart 2022
Omgeebediening – benodig persone wat op ‘n aflosbasis mark toe kan gaan met ‘n bakkie vir die aankope van die groente en persone om die verpakking daarvan te hanteer
Golfdag 26 Maart 2022

Oekraïne – Nuusbrief van Michelle 8 Maart 2022

Oekraïne

Liewe vriende en familie

Ons is veilig en alles gaan goed onder omstandighede.

Ek wil net eers jammer sê dat ek so lanklaas geskryf het.

Ek kom net nie by al die e-posse uit nie.  Dankie vir elke e-pos, bemoediging en boodskap. Ek sal elkeen nog antwoord.

Elke dag maak ons kos, deel kospakkies uit aan vlugtelinge en ook aan mense in die dorp wat nie kos het nie. Elke dag het ons gebed in die kerk.

Lees meer “Oekraïne – Nuusbrief van Michelle 8 Maart 2022”

Madagaskar – Lynette’s Madanews : Update 5 March 2022

Dries en Michelle - Madagaskar

I know that there has not been an update from our side for a while, so to dispel any ‘fake news’, let me share with you what is happening.

During the week, a date has been given for the re-opening of Madagascar’s borders. Starting from 5 March theoretically, flights from other countries apart from France should open up. No indication has been given when this will include Nosy Be, but we are hopeful that it will be by the end of March or April.

Lees meer “Madagaskar – Lynette’s Madanews : Update 5 March 2022”

Gholfdag 26 Maart 2022

Golfdag 26 Maart 2022 - 1

26 Maart is weer die NG Kerk Groot-Brakrivier se Gholfdag.
Dit vind plaas by Dolphins Creek Country Estate Golf Club.

Kom geniet die dag met hope pryse pret en plesier!

09:00 Kanonskootafslaan
4BBB Voorkeurafslaan
R200 p.p. Inskrywing by Gholfbaan

Indien u pryse / bowwe en/of setperke wil borg kan u Johan Smit kontak by: 084 500 4296

Lees meer “Gholfdag 26 Maart 2022”

Wêreld biddag vir Vroue 4 Maart 2022

Gebed Vroue

Daar is ‘n gesamentlike wêreldbiddag vir vroue vir ons Ring om 10h00 eerskomende Vrydag 4 Maart 2022, by Mosselbaai-Suid NG Kerk. Almal is welkom om dit by te woon.

Die wat nie by die Ring se biddag kan inskakel kan om 16h00 by die Congregational Kerk bymekaar kom. Die adres is:
Hillcrestlaan 4
Green Haven
Groot Brakrivier
6525

Gebedsgids Maart 2022

Gebed

U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van U hand. (Psalm 74:17)

Geniet die natuur se kleureprag – dis herfs.

Dinsdag, 1 Maart Blokbyeenkomste
Dit is alweer 2022 se derde maand! Ons blokbyeenkomste word elke Woensdag gehou. Bid asseblief weekliks vir hierdie byeenkomste. Dankie, Here, dat dit weer moontlik is om so om U woord saam te kom en saam te bid.

Lees meer “Gebedsgids Maart 2022”