Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Augustus 2026 – Prys die Here altyd

Augustus — Psalms

23 Augustus

Liewe Vriend

Daar is elke dag iets om voor dankie te sê — soek dit vandag doelbewus.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Prys die Here altyd

Teks:  “Ek sal die Here altyd weer prys, Sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.”  (Ps. 34:2-3)

  • Die Here is groot en Hy verdien al die lof — Sy grootheid is te groot om te verstaan.  (Ps. 145:3)
  • Om die Here “altyd weer” te prys, beteken ook op moeilike dae — lof en erkenning aan God is nie net vir goeie dae nie.
  • Jou lof bemoedig ander: dié wat swaarkry, hoor dit en kry weer hoop.
  • Laat “dankie-sê” soos jou eerste taal wees — dit skuif jou fokus van jou probleme na die almag en troos van God.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek U altyd kan prys — laat U lof altyd op my lippe wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.