Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Oktober 2026 – Die Here is groot

Dagstukkies April

17 Oktober

Liewe vriend,

Wanneer jy God se hulp raakgesien het, kan jy nie anders as om bly te wees nie. Hier is God se Boodskap vir jou, vir vandag.

Tema: Die Here is groot

Teks: “Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staatmaak, altyddeur sê: ‘Die Here is groot!’” (Ps. 40:17)

  • Alles wat God gemaak het, staan vandag nog vas — die hele skepping luister na Hom. (Ps. 119:91)
  • Blydskap is nie net ’n gevoel nie; dis ’n keuse om te onthou hoe groot God is.
  • Sê dit vandag hardop: “Die Here is groot!” — en kyk hoe dit jou dag verander.
  • Deel iets goeds wat God gedoen het met ’n vriend.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U so groot is — ek wil heeldag oor U bly wees.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Oktober 2026 – Doen God se wil

Dagstukkies April

16 Oktober

Liewe vriend,

Die lekkerste lewe is nie om altyd jou eie kop te volg nie, maar om te doen wat God wil hê. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.

Tema: Doen God se wil

Teks: “Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.” (Ps. 40:9)

  • God hou jou in die lewe omdat Hy jou liefhet. (Ps. 119:88)
  • God se wil is nie ’n swaar las nie; dis die pad waarop jy regtig kan leef.
  • Vra vandag voor jy ’n besluit neem: “Wat sal God hiervan dink?”
  • God se Woord gee rigting vir elke deel van jou lewe — skool, vriende en jou toekoms.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir u goeie plan vir my — gee my ’n hart wat graag u wil doen.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 Oktober 2026 – Niemand is soos God nie

Dagstukkies April

15 Oktober

Liewe Vriend

As jy al God se goeie dade moes neerskryf, sou jy nooit klaarkry nie — vandag is ’n goeie dag om te begin.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Niemand is soos God nie

Teks:  “Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.”  (Ps. 40:6)

•       God se troue liefde gee jou uitkoms, net soos Hy jou belowe het.  (Ps. 119:76)

•       God dink altyd aan jou — nie net partykeer nie, maar elke oomblik.

•       Daar is niemand soos Hy nie: geen celeb, held of vriend kom naby sy grootheid nie.

•       Begin vandag ’n lysie van dinge wat God vir jou gedoen het, en voeg elke dag iets by.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U altyd aan my dink — daar is niemand soos U nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 Oktober 2026 – Vertrou en doen goed

Dagstukkies April

14 Oktober

Liewe Vriend

Daar is baie stemme wat vir jou sê waar jy geluk sal kry — maar net een Stem kan jy regtig vertrou.  Hier is God se Woord vir jou vir vandag.

Tema:  Vertrou net op God

Teks:  “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot duister magte en tot mense wat hulle met skyngode ophou nie.”  (Ps. 40:5)

•       Die Here het al soveel goeie dinge vir jou gedoen, net soos Hy belowe het.  (Ps. 119:65)

•       Dit gaan goed met die mens wat op God vertrou, nie op geluk, sterre of die nuutste neiging van mense nie.

•       Wees versigtig vir dinge wat belowe om jou lewe te verander, maar jou van God af wegtrek.

•       Kyk vandag mooi na wie en wat jy volg, ook aanlyn.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek my vertroue in U kan stel — help my om nie agter valse dinge aan te loop nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 13 Oktober 2026 – ’n Nuwe lied

Dagstukkies April

13 Oktober

Liewe Vriend

Soos jou gunsteling-liedjie wat heeldag in jou kop speel, wil God vandag ’n nuwe lied in jou hart sit.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  ’n Nuwe lied

Teks:  “Hy het my ’n nuwe lied in die mond gelê, ’n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!”  (Ps. 40:4)

•       God se woorde is soos ’n lied wat jou deur die lewe dra.  (Ps. 119:54)

•       Wanneer God jou help, sit Hy ’n nuwe lied van dankbaarheid in jou mond.

•       Jou eie verhaal van wat God in jou lewe gedoen het, kan iemand anders help om ook op Hom te vertrou.

•       Luister vandag doelbewus na ’n lofliedjie en sing saam.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir die nuwe lied wat U in my hart sit — laat my lewe U eer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 12 Oktober 2026 – God staan by jou

Dagstukkies April

12 Oktober

Liewe Vriend

Jy staan nie alleen voor die dinge wat jou bang maak nie — God staan reg langs jou.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  God staan by jou

Teks:  “Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle, want hulle skuil by Hom.”  (Ps. 37:40)

•       Omdat jy God se pad soek, is jou lewe veilig in sy hande.  (Ps. 119:45)

•       God help, Hy bevry en Hy red — drie beloftes vir elkeen wat by Hom skuil.

•       As iemand jou afknou of boelie, hoef jy dit nie alleen te dra nie; vertel vir God en vir ’n grootmens.

•       Stuur vandag in elke moeilike oomblik vir God ’n kort gebedjie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my help en beskerm — ek skuil vandag by U.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 Oktober 2026 – God red in nood

Dagstukkies April

11 Oktober

Liewe Vriend

As dit voel of jou wêreld uitmekaar val, onthou: God het al baie mense uit groter moeilikheid gered.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  God red in nood

Teks:  “… maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in tyd van nood.”  (Ps. 37:39)

•       God se liefde vir jou is troue liefde — Hy red jou, net soos Hy belowe het.  (Ps. 119:41)

•       Nood is nie ’n teken dat God jou vergeet het nie — dis juis waar Hy sy krag wys.

•       Vertel vir God eerlik hoe jy voel; Hy kan alles hanteer wat jy sê.

•       Praat ook met iemand wat jy vertrou — God gebruik dikwels mense om te help.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my veilige plek is in moeilike tye — ek hardloop vandag na U toe.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 Oktober 2026 – Woord in jou hart

Dagstukkies April

10 Oktober

Liewe Vriend

Wanneer God se woorde in jou hart woon, weet jy waarheen om te gaan, al is die pad soms deurmekaar.  Hier is God se Woord vir jou vir vandag.

Tema:  Woord in jou hart

Teks:  “Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie.”  (Ps. 37:31)

•       God maak jou lewe ryk en vol — daarom is dit lekker om na Hom te luister.  (Ps. 119:32)

•       God se woord in jou hart is soos ’n GPS: dit help jou om nie te verdwaal nie.

•       Kies vandag een Bybelvers en leer dit uit jou kop.

•       Hoe beter jy God se woord ken, hoe makliker word dit om reg te kies en goed te leef.

Gebed: 

 Liewe Vader, dankie vir u woord — skryf dit diep in my hart sodat ek nie van koers af raak nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 Oktober 2026 – God help jou op

Dagstukkies April

9 Oktober

Liewe Vriend

Almal val soms — op die sportveld, in die klas en in die lewe — maar jy hoef nie te bly lê nie.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God help jou op

Teks:  “As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.”  (Ps. 37:24)

•       As jy moeg is van bekommer, gee God jou nuwe krag, net soos Hy belowe het.  (Ps. 119:28)

•       ’n Fout maak jou nie ’n mislukking nie — God help jou weer op jou voete.

•       Moenie in skaamte bly lê nie; erken jou fout, vra om vergifnis en staan weer op.

•       Help vandag iemand op wat gestruikel het, met ’n goeie woord of ’n helpende hand.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my ophelp elke keer as ek val — gee my moed om weer te probeer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 Oktober 2026 – God sorg elke dag

Dagstukkies April

8 Oktober

Liewe Vriend

Jy hoef nie bang te wees dat jy vergeet sal word nie — God hou jou lewe elke dag met liefde dop.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  God sorg elke dag

Teks:  “Die Here sorg vir die lewe van die opregtes, en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.”  (Ps. 37:18)

•       Wanneer jy moeg en moedeloos voel, gee God jou nuwe lewe, soos Hy belowe het.  (Ps. 119:25)

•       God sorg nie net vir die groot dinge nie, maar ook vir die klein goedjies van elke dag.

•       Dink vandag aan een manier waarop God al vir jou gesorg het, en sê dankie.

•       Deel iets wat jy het met iemand wat minder het — so help jy dat God se sorg ook ander bereik.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U elke dag vir my sorg — help my om ook vir ander om te gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Oktober 2026 – Wees stil voor God

Dagstukkies April

7 Oktober

Liewe Vriend

Daar is so baie geraas om jou — mag jy vandag ’n stil plek in jou hart vind waar net jy en God is.  Hier is God se Boodskap vir jou vir vandag.

Tema:  Wees stil voor God

Teks:  “Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie.”  (Ps. 37:7)

•       Die Here is God, en dit is Hy wat vir jou lewe gee.  (Ps. 118:27)

•       Om in stilte op God te vertrou, beteken jy hoef nie heeltyd te stres of te kla nie.

•       Moenie jaloers raak as dit lyk of ander met verkeerde dinge wegkom nie — God sien alles.

•       Vat vandag vyf minute sonder mense, jou foon, musiek of televisie en sit net stil by God.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek by U stil kan word — maak my hart rustig in U.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Oktober 2026 – God maak dit reg

Dagstukkies April

6 Oktober

Liewe Vriend

Voel jy soms of niemand verstaan wat regtig gebeur het nie? God sien alles raak, en Hy sal jou saak regmaak.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  God maak dit reg

Teks:  “Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.”  (Ps. 37:6)

•       Wat die Here doen, is ’n wonder in jou oë — Hy kan dinge omdraai wat jy nooit moontlik gedink het nie.  (Ps. 118:23)

•       As iemand leuens oor jou vertel, hoef jy nie terug te slaan nie of op jou punte te staan nie — God sal die waarheid laat uitkom.

•       Die waarheid is soos die son: wolke kan dit ’n rukkie wegsteek, maar dit breek altyd weer deur.

•       Bly vandag eerlik en vriendelik, al word jy verkeerd verstaan.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my hart ken — ek los my saak in u hande.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Oktober 2026 – Vertrou en doen goed

Dagstukkies April

5 Oktober

Liewe vriend

Jy hoef nie alles vandag reg te kry nie — vertrou net op God en doen die goeie wat voor jou lê.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Vertrou en doen goed

Teks:  “Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.”  (Ps. 37:3)

•        God hoor elke gebed van jou, en Hy is die Een wat red — daarom kan jy Hom altyd dankie sê.  (Ps. 118:21)

•        Om op God te vertrou, beteken jy los die dinge wat jy nie kan beheer nie, in sy hande.

•        Doen intussen die goeie wat jy wél kan doen: jou huiswerk, jou take, jou deel.

•        ’n Rustige hart kom nie daarvan dat jy alles weet nie, maar dat jy weet wie in beheer is.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek op U kan vertrou — help my om vandag net goed te doen en die res aan U oor te laat.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Oktober 2026 – God is die bron

Dagstukkies April

4 Oktober

Liewe Vriend

Net soos ’n plant nie sonder son kan groei nie, kan jou hart nie sonder God se lig blom nie.  Hier is God se Woord vir jou vir vandag.

Tema:  God is die bron

Teks:  “U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.”  (Ps. 36:10)

•        Die Here is die grote Wenner — Hy doen kragtige dinge, ook in jou lewe.  (Ps. 118:16)

•        Alles wat lewe, kry sy lewe by God — ook jy.

•        As jy moeg of leeg voel, gaan terug na die Bron: lees ’n stukkie uit die Bybel en bid.

•        Laat God se lig vandag deur jou skyn, deur vriendelik te wees met iemand wat eensaam lyk.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U die bron van my lewe is — laat u lig vandag deur my skyn.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Oktober 2026 – God se trou is kosbaar

Dagstukkies April

3 Oktober

Liewe vriend

Sommige dinge is so kosbaar dat jy dit met jou hele hart oppas — God se trou aan jou is een van hulle.  Ontvang God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God se trou is kosbaar

Teks:  “Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil.”  (Ps. 36:8)

•        Toe ander jou wou platdruk, was dit die Here wat jou gehelp het — Hy staan altyd aan jou kant.  (Ps. 118:13)

•        God se trou beteken Hy hou sy beloftes — altyd, sonder uitsondering.

•        Om by God te skuil, beteken jy hardloop na Hom toe wanneer dinge moeilik raak, en nie weg van Hom nie.

•        Wees vandag ook getrou aan iemand: hou ’n belofte wat jy gemaak het.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat u trou nooit opraak nie — leer my om ook getrou te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Oktober 2026 – Slaap rustig by God

Dagstukkies April

2 Oktober

Liewe vriend

As jou kop snags nie wil stil word nie, is daar goeie nuus: God bly wakker sodat jy kan rus.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  Slaap rustig by God

Teks:  “Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon.”  (Ps. 4:9)

•        As jy naby God bly, is jy veilig — die Almagtige hou sy hand oor jou.  (Ps. 91:1)

•        Bekommernisse voel groter in die nag, maar God is groter as elkeen van hulle.

•        Sit jou foon vanaand ’n bietjie vroeër neer en jou televisie ook vroeër af. Praat eerder met God oor jou dag.

•        Gee jou kommer vir Hom voor jy gaan slaap — Hy kan dit baie beter dra as jy.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek by U veilig kan slaap — ek gee my bekommernisse vanaand vir U.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Oktober 2026 – Vreugde wat God gee

Dagstukkies April

1 Oktober

Liewe vriend

’n Nuwe maand is soos ’n skoon bladsy — en God wil dit vol vreugde skryf.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Vreugde wat God gee

Teks:  “U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het. ”  (Ps. 4:8)

•        Die Here is by jou en Hy help jou — saam met Hom staan jy nooit alleen nie.  (Ps. 118:7)

•        Die vreugde wat God gee, hang nie af van hoeveel jy het of wat jy besit nie.

•        Mense soek dikwels geluk in nuwe goed en voorkeure — maar God se blydskap hou langer as al daardie dinge.

•        Skryf vandag drie dinge neer waaroor jy bly is, en sê vir God dankie daarvoor.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir die vreugde wat U in my hart sit — help my om dit hierdie hele maand raak te sien.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 30 September 2026 – Praat vir die stemloses

Dagstukkies April

30 September

Liewe vriend

Aan die einde van hierdie maand roep God jou om vir ander op te staan — mag jy vandag jou stem gebruik vir wie nie hulle eie kan gebruik nie.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Praat vir die stemloses

Teks:  “”Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.””  (Spr. 31:8-9)

  • Sy troue dienaars juig oor sy mag, jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê.  (Ps. 149:5)
  • Omdat God se mag so groot is, kan Hy jou gebruik om vir ander wat swakker is op te staan.
  • Regverdigheid beteken jy sien raak wanneer iemand oneerlik behandel word, en jy doen iets daaromtrent.
  • Wees vandag ‘n stem vir iemand wat gepla of onregverdig behandel word — staan by hulle.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat ek ‘n hele maand lank saam met U deur Spreuke geloop het — help my om wysheid elke dag te leef, en gebruik my om vir ander op te staan.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 September 2026 – Wees tevrede met genoeg

Dagstukkies April

29 September

Liewe vriend

Om tevrede te wees met wat jy het, is ‘n stil krag wat baie mense nooit vind nie — mag jy dit vandag ontdek.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Wees tevrede met genoeg

Teks:  “”moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: ‘Wie is die Here?’ nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.””  (Spr. 30:8-9)

  • Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning.  (Ps. 149:4)
  • God se goedheid vir sy mense beteken jy hoef nie bang te wees dat jy te min sal hê nie — Hy sorg vir jou.
  • Te veel wil hê kan jou van God wegtrek, net soos te min hê jou kan laat oneerlik raak — soek eerder balans.
  • Skryf vandag neer wat jy regtig nodig het (nie net wil hê nie), en dank God daarvoor.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U vir my sorg — leer my om tevrede te wees met wat U vir my gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 September 2026 – Moenie mense vrees nie

Dagstukkies April

28 September

Liewe vriend

Ander mense se mening kan jou lam vasvang as jy nie oppas nie — mag jy vandag eerder God vertrou.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Moenie mense vrees nie

Teks:  “As jy vir mense bang is, kan jy in ‘n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.”  (Spr. 29:25)

  • Prys die Here! Sing ‘n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars.  (Ps. 149:1)
  • Wanneer jou hart vol is van lof aan God, is daar minder plek oor vir vrees vir wat mense van jou dink.
  • Om altyd te wil pas by wat ander wil hê, kan jou wegtrek van wie God jou geskep het om te wees.
  • Kies vandag om reg te doen, ook al is jy bang iemand sal jou nie daaroor goedkeur nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek by U veilig is. Help my om U te vertrou, meer as wat ek mense se mening vrees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.