24 September
Liewe vriend
Om vir iemand goed te wees wat jou seergemaak het, is nie maklik nie — mag jy vandag daardie liefde ontvang en gee. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Tema: Wees goed vir jou vyand
Teks: “As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink. Die Here sal jou daarvoor vergoed, en jy sal jou vyand vuurrooi van skaamte laat word.” (Spr. 25:21-22)
- Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here! (Ps. 134:2)
- Dit help om eers na God te kyk en Hom te prys voordat jy probeer om moeilike mense lief te hê — Hy gee jou daarvoor die krag.
- Om goed te wees vir iemand wat jou seergemaak het, is nie swakheid nie — dis een van die dapperste dinge wat jy kan doen.
- Bid vandag vir iemand met wie jy sukkel om oor die weg te kom, en vra God om jou hart sag te maak.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U ook vir my genadig is — help my om genadig te wees teenoor moeilike mense.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

