




Prediker: Ds. DanieGoosen
Skriflesing: Lukas 4: 21-30
Tema: Die geskenk van verwerping.
Datum: 2 Februarie 2025
Lees meer “Erediens: Die geskenk van verwerping? 2 Februarie 2025. Lukas 4: 21-30. Ds. Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier”January 26, 2025
We had a couple of eventful weeks to start off the New Year. The clean-up after the cyclone is still ongoing, but everything is up and running. Dries has almost completed the work on the new roof of our balcony. He is paying extra attention to make sure that it stays attached in the event of another cyclone.
The two girls, Annika and Anne, had arrived a little more than a week ago and was overwhelmed by the new environment and culture. In fact, it was an intense culture shock to them. So much so, that they doubted if they would be able to remain here on the island. With the intervention of their parents and also mediation by Thesi who you will remember came here as a volunteer a few years ago and who was the ideal person to encourage and advise, God touched their hearts. I think that the final turning point came when they visited the school for the first time and were able to look beyond the difficult circumstances. As is the case with children, the girls were immediately accepted by all. Both of the girls are very talented. They have been in the Royal Rangers since they were little children and can really contribute a lot to our Rangers. Anne is good with sport and Annika is artistic. Sounds to me as if we have the perfect duo to help us in the ministry for the next three months. It is also the perfect opportunity for them to grow in their faith by being completely dependent on God as their helper and provider. As they are in the process of deciding what they will be studying later in the year, it will also be a good time for quiet reflection and prayer. Please pray for the girls, because we are excited about what God will do in their lives. We have seen countless times how the mission field changes hearts and minds.
Dries took it all in his stride as the girls think the Land Rover is simply the ‘coolest’ car on the island. That observation seemed to be enough for him.
Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
Skriflesing: Lukas 4: 14-22
Tema: So, Wie volg jy?
Datum: 26 Januarie 2025
Lees meer “Erediens: Wie volg jy? 26 Januarie 2025. Lukas 4: 14-22. Dr. Gerrie van Deventer. NG Kerk Groot-Brakrivier”1 Februarie – Saterdag – Opregte Liefde
Here, gee my vandag ‘n rustige hart sodat ek op U kan fokus. Gee my ‘n ruim hart sodat ek vir ander kan bid en ‘n sagte hart sodat ek ander kan liefhê – soos ek vir U.
2 Februarie – Sondag – Heerlikheid is so verfrissend
Jesus, ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons dank U vir u liefde en Genade.
3 Februarie – Maandag – Eensaamheid en teleurstellings
Dankie Vader dat u liefde nooit uitgeput raak nie. Troos asseblief die wat tans hartseer en eensaam is en vir die wat teleurstellings ervaar. Ons bid vir nuwe moed in elke situasie.
4 Februarie – Dinsdag – God se blywende seën
Seën asb ons bejaardes en verswaktes sodat hulle staande kan bly in die geloof. Versterk hulle wanneer hulle swak en moeg is en om elke dag se uitdagings te trotseer.
5 Februarie – Woensdag – Vergifnis
Wees goedgesind, nederig, sagmoedig en vedraagsaam teenoor mekaar en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Dien mekaar in liefde.
6 Februarie – Donderdag – Beskerming en Wapenrusting
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Helm van Verlossing; Borsharnas van Geregtigheid; Waarheid as Gordel; Skild van Geloof; Swaard van die Gees; Evangelie van Vrede.
7 Februarie – Vrydag – Haweloos en moedeloos
Here, maak ons meer bewus van die haweloses wat nie eers ‘n kombers het om teen die storms en koue te skuil nie. Ons is nie altyd bewus van hulle angs en honger nie. Wees asseblief hulle skuiling Here en maak ons harte sag vir hulle omstandighede.
8 Februarie – Saterdag – Beloftes van God
“Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het en dit sal vir julle so wees”. “Ek sal altyd met jou wees; Ek sal jou oral beskerm; Ek sal vir jou sorg en vrede gee. Ek sal jou krag wees en jou gebede antwoord. Ek sal jou altyd liefhê”.
9 Februarie – Sondag – Opvoeding en Onderwys
Here, ons bid dat die kinders onderrig moet word met wysheid om gedagtes te vorm, met waarheid om harte te vorm, met visie vir hulle toekoms en liefde om die wêreld te vorm. Ons bid vir die onderwysers om hul roeping uit te leef met Jesus as hulle Meester.
10 Februarie – Maandag – My toekoms sonder vrees
Vader met U volmaakte liefde is ek nie meer bang vir die toekoms is nie. Op U kan ek vertrou en weet dat U altyd in beheer sal wees. U liefde is sonder einde. Ons bid vir werksgeleenthede en gesondheid wat hoop sal bring vir die wat angstig daarop wag.
11 Februarie – Dinsdag – Harmonie onder leiers
Ek bid vir alle leiers in ons kerk, gemeenskap en dat U hulle met insig en wysheid sal seën om gunstige besluite te maak. U is ons Herder op wie ons vertrou om die pad vir ons te verlig wat skeiding sal maak tussen lig en duisternis.
12 Februarie – Woensdag – Uitspansel
Hoe wonderlik is U skepping Vader en hoe wonderlik is die Volmaan vanaand. U het die uitspansel geskep wat ons donkerste nag verlig. Bring berusting en kalmte in ons lewe.
13 Februarie – Donderdag – Benat ons dorre aarde
Here Jesus, trek asseblief die sluise van die Hemel oop en stuur vir ons deurdringende reën sodat ons damme en rivier weer sal opvul. Ons land dors na water soos wat ons siel dors na U. Dankie vir die reën wat reeds neergestort het, U liefde en genade is oorvloedig.
14 Februarie – Vrydag – Jabes se gebed
Stort U seën oor ons uit Vader en vergroot ons grondgebied. Neem ons onder U beskerming en weerhou onheil van ons en ons gesinne sodat geen smart ons tref nie. Wat ons het is net genade. Wat wil U het moet ons vandag vir U doen?
15 Februarie – Saterdag – Beskerming vir elkeen
Dankie Vader vir die mense wat ons land se grense en ons omgewing beskerm. Dankie vir elkeen wat dag en nag die gemeenskap bedien en van mediese hulp te verleen. Dankie vir ons polisiemag en brandbeheer en vir elkeen wat ons bystaan in tyd van hartseer en nood.
16 Februarie – Sondag – Kerkgebou instandhouding
Here, vandag vra ek hoe kan ek bydra tot die instandhouding van ons kerkgebou en perseel. U het my al in oorvloed geseën – mag my hande nie gou moeg raak om uit te reik en te help nie – al is dit hoe gering.
17 Februarie – Maandag – Ons goue ouers
Here, die lewe van ons bejaardes is so mooi soos die herfs blare van U tuin. Gee hulle liefde waar hulle vinnig verswak en waar dit nou vinnig donker word. Help hulle om moedig te wees in hulle pyn en hou hulle vas teen die storms van die lewe.
18 Februarie – Dinsdag – Vertrou op Jesus met alles
Vader, vertroos diegene wat geliefdes en besittings verloor, in brande of met skeidings. Versterk hulle in geloof sodat hulle weer kan opbou wat tot niet gegaan het. Ons dra elkeen se gebrokenheid, elkeen se siekte en elkeen se afhanklikheid op aan U.
19 Februarie – Woensdag – Onderrig mekaar tydens Blokbyeenkomste
Kol 3:17 “Wat julle ook al sê of doen, doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom”. Ons bid dat God ons geestelike oë sal oopmaak sodat ons Hom sal eer en doen wat van ons verwag word.
20 Februarie – Donderdag – My doel
Vader, ek staan voor U met ‘n mandjie wat oorloop van ywerigheid om in U te dien. Stryk eers al my kreukels van selfbejammering en bitsigheid uit, was my silwerskoon van twyfels en sondes sodat ek bruikbaar kan wees. Dankie dat u my alreeds gebruik – net soos ek is.
21 Februarie – Vrydag – Slaaf of kind van God
Gal 4:7 “Jy is dus nie meer ‘n slaaf nie, jy is nou ‘n kind van God. Omdat jy sy kind is, het God jou ook Sy erfgenaam gemaak. Moenie toelaat dat enigiets of iemand jou van jou status as kind en erfgenaam van God beroof nie.
22 Februarie – Saterdag – Bepaal jou eie waarde
Om God die Vader te ken is om Sy wil te doen. Moenie toelaat dat jou waarde bepaal word deur die goedkeuring of aanvaarding van ander nie. Soek jy die guns van mense of van God? As ons die mens wil behaag, dan is ons nie meer ‘n dienskneg van Christus nie.
23 Februarie – Sondag – Hartenbos Versorgingsoord
Vader, ons bid vandag as gemeente vir elke bejaarde in die Hartenbos oord. Waar hulle alleen voel, wees asseblief teenwoordig. Ons ken nie elkeen se hart en omstandighede nie. Dankie dat U alomteenwoordig in hulle lewe is. Bedek hulle met U genade.
24 Februarie – Maandag – Ons kosbare Geskenk
Vader, dankie vir U kosbaarste geskenk aan ons en vir alles wat ons op ons lewensreis nodig het. Ons vra dat U ons in liefde sal toevou en met U vrede en sal lei na die bergtop van oorwinning. U sal ons nie vergeet nie – ons name is in U handpalms gegraveer. Amen!
25 Februarie – Dinsdag – Kerkraadsvergadering
Here, ons bring die leiers van ons gemeente voor U. Bedien hulle met U wysheid, insig en krag. Seën hulle in elke area van hulle lewe en in die bediening. Terwyl hulle opoffer vir die gemeente, bid ons vir hulle gesin by die huis vir kalmte en rustigheid.
26 Februarie – Woensdag – Waarvoor kan ek bid vandag?
Jesus, lei my vandag om te bid hoe om bose hindernisse te oorkom, hoe om krag te verkry om versoekinge te weerstaan en hoe om ander mense geestelik te kan versterk. Die leemte van gebed, dui aan op die leemte van geloof en vertroue op U Woord.
27 Februarie – Donderdag – Verhoudinge met alle mense
Rom 12:10 “Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde, die een moet die ander voorgaan in eerbetoning. Ons bid vir regverdigheid dat ons mekaar sal bemoedig, sal respekteer en elkeen se menswaardigheid sal raaksien. Jesus het vir elkeen gebid.
28 Februarie – Vrydag – Ek bid spesiaal vir jou
Met blymoedigheid bid ek vandag vir jou. Jy is baie spesiaal vir jou kinders, familie, vriende en vir die kerk. Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar Sy liefde vir jou sal vir ewig bly.
Sondag 26 Januarie 2025 : 09:00 Erediens en Kategese
Dinsdag 28 Januarie 2025 : Rek en strek oefEninge vir seniors 08:00 tot 09:00
Woensdag 29 Januarie 2025 : • Blokbyeenkoms Blok 13 & Blok 2
Sondag 2 Februarie 2025 : • Erediens en Kategese 09:00
Woensdag 5 Februarie 2025: Klub 50
Vrydag 7 Februarie 2024 – Speletjiesaand
Wolwedans boodskap, sop en brood: Woensdag 29 Januarie 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart. 2025:
Dit met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Zoë-Yvonne Schoeman. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende.
• Baie welkom by die erediens gelei deur ds Gerrie van Deventer.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 4:14-22.
Die tema van die prediking is: So, wie is jóú Leier?
• Kategese.
• Spesiale offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na die erediens vir die maand van Januarie nie.
• Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
• Blokbyeenkoms om 16:00 in Blok 13 (Groenkloof) & Blok 2 (Reeboksfontein & Sandhoogte) in die eetsaal van Groenkloof.
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen. • Kategese. • Spesiale offer vir Plaaslike Ondersteuningsbediening by die deure. • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Kategese vind plaas tydens die erediens (09:00-10:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.
Gebedsgidse vir Februarie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Baie dankie aan die persoon wat na vore gekom het om te kom help!.
Ons benodig nog 2 mense wat kan help met die opstel van die maandelikse gebedstukke.
Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke vierde maand) om ‘n gebedsgids op te stel. Dit kan oor enige onderwerp handel.
Indien u wil betrokkke raak skakel vir Mona de Wet – 081 628 2866
Die bloedskenking op 23 Januarie 2025 het 98 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 108 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Kontak gerus die kerkantoor om uit te vind, watter groep die naaste aan u is.
DAG | TYD | PLEK | KONTAK- PERSOON | |
Maandae | 16:30 | Lokaal 6 | Jan Richter | 072 231 7859 |
Dinsdag | 10:00 | Lokaal 6 | Gert Louw | 082 712 7929 |
Dinsdag | 10:00 | Tergniet/Reebokhoogte | Marita Erasmus | 082 253 2876 |
Dinsdag | 10:00 | Reebokhoogte (Vroue groep) | Marietjie Smit | 082 771 6034 |
Dinsdag | 10:00 | Reebok (Manne groep) | Koos van Zyl | 082 200 9480 |
Dinsdag | 10:00 | Groenkloof Bibl. (GK Inwoners) | Ds Danie Goosen | 044 620 2205 |
Dinsdag | 15:00 | Reebokhoogte | Wilna Lourens | 083 277 4999 |
Woensdag | 07:00 | Lokaal 6 (Manne groep) | Jurie Vermeulen | 072 316 9562 |
Woensdag | 10:00 | Lokaal 6 (Vroue groep) | Rumada J v Rensburg | 082 773 8996 |
Donderdag | 09:00 | Tergniet (Vroue groep) | Carin van Ginkel | 067 173 1473 |
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
◦ Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 29 Januarie, 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
• Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
• Hulp met inkopies.
• Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
• Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Ongeletterdheid is ‘n groot probleem in Afrika. Tussen 60 en 70% van mense ouer as 15 in Niger, Mali en Tsjad is ongeletterd, wat gedrukte Bybels vir hulle ontoeganklik maak. Gelukkig is ongeletterdheid geen struikelblok vir radio nie en miljoene het hul lewens al aan Christus gegee sonder om ’n woord te lees. Oudio-Bybels voorsien ook God se Woord, met gepaardgaande lesse wat die teks verduidelik.
Ons gebed vir die week: Prys God dat Hy Sy Woord, deur radio, aan ongeletterde mense beskikbaar stel, en bid vir Sy voortdurende seën op FEBA se bediening in Afrika.
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 26 Januarie 2025.
2. Getuienisbediening:
Voorbidding word gevra vir Michelle se dogter Mari-Alena.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Waarmee is ons besig?”.
4. Gemeentenuus:
a) Gebedsgids vir Februarie 2025 is beskikbaar.
b) Die Jaarprogram/Kalender is op die webtuiste.
c) Die blokkiesraaisels kan aanlyn gespeel word op die webwerf.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Johannes 1: 43-51
Tema: Verskuilde Waarhede!
Datum: 19 Januarie 2025
Lees meer “Erediens: Verskuilde Waarhede! 19 Januarie 2025. Johannes 1: 43-51. Ds. Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier”Sondag 19 Januarie 2025 : 09:00 Erediens en Kategese
Dinsdag 21 Januarie 2025 : Bybelstudieleiers 10:00
Dinsdag 21 Januarie 2025 : Rek en strek oefEninge vir seniors 08:00 tot 09:00
Woensdag 22 Januarie 2025 : • Die blokbyeenkoms verskuif na later datum
Donderdag 23 Januarie 2025 : Bloedskenk-geleentheid 15:00 tot 19:00
Sondag 26 Januarie 2025 : • Erediens en Kategese 09:00
Woensdag 29 Januarie 2025: Wolwedans boodskap, sop en brood
Sondag 19 Januarie 2025 :
• Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 1:43-51.
Die tema van die prediking is: Verskuilde waarhede?
• Kategese Opening – Ouers moet asseblief ’n registrasievorm kom voltooi by die kerksaal.
• Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na die erediens vir die maand van Januarie nie.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Dinsdag 21 Januarie 2025 :
• Bybelstudieleiers vergader in die konsistorie om 10:00.
Woensdag 22 Januarie 2025 :
• Die blokbyeenkoms van 22 Januarie (soos aangedui op die kerkkalender) skuif na ’n latere datum wat nog bekendgemaak sal word.
Donderdag 23 Januarie 2025 :
Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 23 Januarie 2025
vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Christo Smith – 083 447 9891.
Sondag 26 Januarie 2025 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Gerrie van Deventer.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na die erediens vir die maand van Januarie nie.
• Groenkloof preek om 10:00 - Digitaal.
Kategese :
Indien dit op u hart gelê word om betrokke te raak as mentor by ons kategese kan u die kerkkantoor kontak vir meer besonderhede.
Almanakke 2025
Die almanakke vir 2025 is beskikbaar. Lidmate wat nog nie ‘n kalender ontvang het nie kan dit gerus gedurende kantoorure kom afhaal.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Januarie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Blokbyeenkomste :
Ons blokbyeenkomste begin weer vanaf Woensdag 29 Januarie 2025 om 18:00 (teensy anders aangedui).
Ons versoek graag die kerkraadslede/dienswerkers van die onderskeie blokke om die Woensdag voor die hul blok se byeenkoms, asseblief die kerkkantoor te laat weet by watter adres in hulle blok die byeenkoms sal plaasvind sodat dit betyds in die afkondigings geplaas kan word.
Rek en strek oefEninge vir seniors :
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal.
Ons eerste sessie het Dinsdag 14 Januarie 2025 begin.
Nuwe lede is baie welkom.
Kontakpersoon:
Piet Snyman – 082 297 3476.
Ds Charné Viljoen is vanaf 18 Januarie 2025 vir 4 maande met kraamverlof. Ons bid vir haar, Ruan en Emma baie seën en vreugde toe met die koms van hul babaseun, Sion.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 19, asook die antwoorde vir nommer 17 & 18, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Bedieninge
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
◦ Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 15 & 29 Januarie, 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
• Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
• Hulp met inkopies.
• Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
• Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Kazakstan
In Kazakstan is dit onwettig om die Goeie Nuus openlik te verkondig. Dit is waarom FEBA Kazakstan versigtig moet wees om Jesus nie by name te noem in hul aanlynuitsendings of op sosiale media nie. Ten spyte van hierdie beperking bereik FEBA Kazakstan duisende mense deur moeite te doen wanneer iemand hulle privaat kontak. Op hierdie manier het sommige van hul kwaaiste teenstanders al in hul vurigste ondersteuners en mede-sendelinge verander!
Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA Kazakstan sal lei in hul hantering van amptelike en kulturele teenstand teen die evangelie.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
19 Januarie 2025
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 19 Januarie 2025.
2. Getuienisbediening:
a) Die weeklikse Sendingnuus van Lynette uit Madagaskar met die tema:
Dikeledi – ‘Tears’ is beskikbaar.
b) Voorbidding word gevra vir Michelle se dogter Mari-Alena.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wanneer om te luister?”.
4. Gemeentenuus:
a) Gebedsgids vir Januarie 2025 is beskikbaar.
b) Die Jaarprogram/Kalender is op die webtuiste.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
At first light this morning, people could see the damage done by the cyclone last night. The strong gusts started at about 10 o’ clock and within two hours the bashing of the waves and the screaming wind, showed me that this was definitely not caused by a 35 knot wind as forecasted. It turned out to be closer to 75 knots. The papaya tree fell first, then the roof of the veranda started shaking and simply blew off and the mango trees took a serious beating as well. I walked up and down in the house, praying for the safety of the people and their boats. Gabriel is out on land at the boatyard in the north of the island and Dries let me know that the wind was much lighter there.
There were tears this morning when the full scope of the carnage became visible. There were many yachts washed up on shore or on the rocks. Our neighbours in the apartment below us, found their boat amidst the traditional boats ‘botry’ this morning. My heart goes out to them and the Malagasy people who lost their livelihoods. The Malagasy people are very resilient and at first light people were out to help others salvage what could still float.
Our biggest concern was the school’s roof as we lost the roof during the last cyclone season. God is good. The roof was fine and we are very thankful.
How many people does it take to chop down and remove a fallen tree from the road? Well, a whole village actually. Dries was stuck on the road this morning waiting for a fallen tree to be removed.
The pontoon of the marina was destroyed completely and a tree also fell across the road in front of the yacht club. This tree required the fire department’s intervention. The use of the word department is definitely misleading. There is but one fire truck on this island and it is always on duty at the airport. Their chainsaw appeared to be rather feeble, so I think that the tree will not move soon.
Thank you for praying for us. It was so heartwarming to hear that people who we don’t even know had prayed fervently. We appreciate you.
E-posadres: lynettedj@gmail.com
Bank: ABSA, Lynette de Jager, Rekeningnr: 1410142909, Takkode: 632005
Prediker: Ds. Charne Viljoen
Skriflesing: Kolossense 3: 7-17
Tema: Trek reg aan!
Datum: 12 Januarie 2025
Lees meer “Erediens: Trek reg aan! 12 Januarie 2025. Kolossense 3: 7-17. NG Kerk Groot-Brakrivier”Sondag 12 Januarie 2025 – Erediens 09:00 – Geen kategese.
Dinsdag 14 Januarie 2025: Rek en strek vir seniors 08:00-09:00
Sondag 19 Januarie 2025: Erediens 09:00 – Kategese 0900.
Blokbyeenkomste : Begin 29 Januarie 2025.
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 23 Januarie 2025
Wolwedans boodskap, sop en brood: 15 & 29 Januarie
2 Januarie – Rina de Beer: Wyk 14
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
Liewe vriende en familie
Baie dankie dat julle ons in hierdie tyd in gebed bystaan.
Dankie vir elkeen wat gee en elkeen wat ons ondersteun.
Dankie vir elke boodskap van bemoediging en elke skrif.
Dit is tye soos die wat die Here met jou praat selfs deur ‘n plakker agter op iemand se motor.
Soms is jy so gebroke en voel dit asof jy leeg getap is, asof jy met jou hart in jou arms rondloop en dat jy so kwesbaar is.
Jy voel so weerloos en stukkend en asof enige iets jou kan seermaak. Selfs die wind daar buite. Dit voel asof jy geen krag het om in die oggend op te staan nie. Alles in jou is al uitgehuil. Die dokter se eerste woorde. “Sy het net ‘n paar maande oor.” Of, ons hou haar nou net aan die lewe. Dan voel ek soos Job.
Here hoeveel nog? Ek dwaal rond om die tyd verby te kry tot die volgende besoektyd. Ek wil huil en alleen wees en soek ‘n plekkie weg van die mense wat verby my loop. Ek lees agter op ‘n publieke toilet se deur, op ‘n afgetrek ou plakker met verweerde swart koukie merke….Trust in God…
Selfs daar vind ek hoop en praat die Here met my.
Die Here is naby! Hy PRAAT met my deur die kleinste dingetjie, die dooie voeltjie by my voordeur laat my huil. Die Here se vir my: Ek weet van elke voëltjie wat val en jy is baie meer werd as baie voeltjies!
Ek dink aan al die goed wat ek en Mari-Alena nog wou saam doen en die seer in my is ondraaglik. Die dokter het vir my haar CT gewys en hoe ver die kanker gevorder het. Ek was stukkend en my geloof was baie min. Dit het gevoel asof ek haar reeds verloor het. Op my laagste, daar het die Here my kom optel en vir my gese, Vertrou MY!
Sy sal nie deur dit alles gaan as dit nie vir MY glorie is nie en as Ek nie daardeur verheerlik word nie. Ek sal jou NOOIT begewe of verlaat nie. Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Verlede week het ek haar hare in die hospitaal gewas en uitgekam. Ek steek die bos hare weg wat ek uit die borsel trek. Sy vra my om dit vir haar te wys. Sy begin huil en ek hou haar vas. Mamma, ek kan nie meer nie, ek wil uit hierdie kamer uitkom!! Ek huil saam met haar en probeer haar moed inpraat, skrif gee, maar my hart breek in ‘n duisend stukkies in my. Haar arms is vol bloukolle van naaldsteke. Sy is so maer en haar ribbes en ruggraat staan uit. Net vel en been. Ek help haar bad en was haar saggies draai haar in ‘n handdoek toe, soos toe sy klein was en gee haar ‘n drukkie. Sy loop vooroor met ondersteuning.
Almal bid vir haar. Ek salf haar elke dag en spreek lewe.
Sy het haar volgende Chemo gekry terwyl sy so swak was. Die gewas in haar maag het weer vergroot en die uitgang verstop. Sy kon niks eet nie. Na die chemo was haar witbloed telling op 0.00
Die volgende dag was dit 0.03, die dag daarna 0.06
Die volgende dag was dit 0.16
Dit was twee dae voor Kersfees en die dokter het gesê dat sy nie sal kan huistoe kom indien dit nie 1.00 is nie.
Op Oukersaand het ons Kersfees na Mari-Alena toe geneem. Benjamin het met ‘n Kersboom in die hospitaal ingeloop, kompleet met ‘n rooi hoed. Ons het vrolike Kersmusiek gespeel en saam gebid en ‘n ware Christus-fees sommer daar in haar kamer gehou. Ons het vir mekaar geskenke gegee en Mari-Alena het dit so baie geniet. Sommer ook vir elkeen van die verpleegsters ‘n geskenkie gegee.
Daar was nie ‘n manier dat Mari-Alena se witbloedstelling bo 1.00 sal kan wees nie.
Kersoggend het Mari-Alena vrede daarmee gemaak dat sy nie by die huis sal kan wees nie.
Sy het vir die Here dankie gesê dat Hy na hierdie aarde toe gekom het, gebore is en dood gegaan het, omdat Hy so lief is vir ons. Later die oggend het die vrouedokter vir haar kom vra of sy graag sal wil huistoe gaan. Die dokter het vir haar gesê dat haar witboedtelling “Miraculously” opgetel het en 1.3 is!!
Ons het omtrent hospitaal toe gejaag en vir Mari-Alena gaan haal. Daarna is ons na my swaer en skoonsuster toe, Ockert se broer Cor en sy vrou Frances het kom kuier uit Kanada en ‘n heerlike Kersfees-ete voorberei. Vier van my vyf kinders was Kersdag by my. Dit was so groot wonderwerk! Die volgende dag het ons sommer strand toe gery en almal was vroeg oggend in die water om te swem. Mari-Alena, nog baie swak het die water so geniet! Haar boeties en Janneman haar vriend het haar ondersteun en ons het die dag saam geniet. Die Here is so getrou!! Gisteraand het ons haar terug geneem na haar hospitaal kamer en vanmore het sy weer begin met vier dae van chemo. Haar hare val in bosse uit, maar dit pla haar nie meer nie.
Ons vaar Kaapstad se strate in opsoek na ‘n pruik.
In Suid Oekraïne gaan dit goed. Die leiers het ‘n pragtige Kersdiens gehou en die kinders het gesing. Daar is vir elke kindjie ‘n geskenk gegee en daar was tonele, danse en baie vreugde!
Alles gaan aan. Elke bediening en die leiers bring elkeen sy deel.
Die kleuterskool doen goed en daar is nuwe kindertjies.
Ons is dankbaar!
Die Here is so goed en getrou! Hy hou ons vas, dra ons en sal ons nooit begewe of verlaat nie! Nooit nie!
Ons weet nog nie wat die mediese onkostes gaan wees nie, maar ons vertrou die Here vir elke dag. Dankie dat julle aanhou bid. Elke gebed dra krag en ek weet dat Mari-Alena reeds gesond is! Deur die wonde van Jesus is sy reeds genees! Ons dien ‘n God van wonderwerke.
Baie liefde en seën
Michele Potgieter
Suid Oekraïne
Stellenbosch
*Account Name:* Marialena Behandeling en Nasorg
*Account Number:* 2333274073
*Bank:* Capitec (Savings)
https://www.facebook.com/share/KaKbQoZMYNKG8HRy/?mibextid=LQQJ4d
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Psalm 90
Tema: Om in die oomblik te leef.
Datum: 5 Januarie 2025
Lees meer “Erediens: Om in die oomblik te leef. 5 Januarie 2025. Psalm 90. NG Kerk Groot-Brakrivier”Woensdag, 1 Januarie – Feesvieringe
Almal vier fees vir die begin van die nuwe jaar en bid ons dat die vieringe tot eer van Jesus sal wees wat elke jaar vir ons nuut maak en nuwe kanse gee.
Donderdag, 2 Januarie – Drie-eenheid aanbid
Vandag is ons aan die begin van die nuwe jaar en bid ons dat die Here, Jesus en Heilige Gees deur die jaar aanbid sal word elke dag. Bid ook dat die mense die Here sal vereer soos die Wet sê.
Vrydag, 3 Januarie – Leraars
Kom ons begin vandag en dink daaraan om elke dag ons Leraars aan die Here op te dra dat Hy Sy boodskap wat Hy wil oordra aan die gemeente aan hulle sal openbaar en maak hulle getrou om die boodskap uit te dra soos God dit wil.
Saterdag, 4 Januarie – Mans in ons samelewing
Ons bid dat die mans geinspireer sal word om in moeilike tye Priester, Koning en Profeet in hulle huise te wees en dat hulle ‘n voorbeeld sal stel aan hul jong kinders en hul vroue so lief soos hulself te hê.
Sondag, 5 Januarie – Huis JJ Watson Tehuis vir Bejaardes
Bid vandag dat die mense sal insien wat hulle vir ons bejaardes doen en bid dat mense ook hul geldinsamelingsfunksies by Blikkiesdorp sal ondersteun vir ekstra fondse.
Maandag, 6 Januarie – Werksgeleenthede
Bid vir werksgeleenthede vir ons broodwinners waar daar dalk groot nood is of werksverlies in die onsekere tye waarin ons leef.
Dinsdag, 7 Januarie – Gevangenes
Mag ons vandag bid vir alle gevangenes dat hulle deur die sendingwerk van ons gemeentelede ook die Gees van God sal aanvaar en God sal leer ken en Hom sal aanvaar as Hul Heer en Meester.
Woensdag, 8 Januarie – Geestestoestand
Lê vandag alle persone wat sukkel met depressie en ander geestestoestande aan die voete van die Here dat hulle die regte medikasie en hulp sal kry sodat hulle ook beter sal voel en weer lus sal hê vir die lewe.
Donderdag, 9 Januarie – God se Liefde
God het die mens so Lief gehad dat Hy sy Enigste Seun vir ons sondes gegee het. Bid en dank God dat Hy ons so Lief het en dat Hy sal gee dat ons dit ook aan ander sal vertel.
Vrydag, 10 Januarie – Natuur
“Jesus, U het die wêreld so goed gemaak dat alles mooi was in U oë. Die mens pas egter nie die wêreld op nie en bid ons dat hulle bewus sal wees van wat U gemaak het en dat hulle dit weer sal versorg.”
Saterdag, 11 Januarie – Boere
Laat ons vandag aan ons boere landwyd dink wat elke dag met die natuur moet saamwerk om vir ons kos op die tafel te gee. Bid vir hulle vir moed en uithouvermoë.
Sondag, 12 Januarie – Spesiale offer vir Jan Kriel Instituut
Hier word kinders met spesiale sorg gehelp om aan te pas in die daaglikse lewe en ons bid dat mense bewus sal wees van die behoeftes en uitgawes by so ‘n skool.
Maandag, 13 Januarie – God se sorg
Ons bid vandag dat ons vir God sal vertrou vir Sy sorg vir al ons behoeftes en dat ons sal onthou Hy sorg vir die veld en so sal Hy ook vir die mens voorsien.
Dinsdag, 14 Januarie – Onsekerheid
Wag jy vir ‘antwoord van God en is onseker? Bid en lê jou probleem aan God voor en wag dan getrou vir Sy antwoord. God het Sy eie tyd, maar wees gerus dat God sal antwoord. 1 Pet. 5: 7
Woensdag, 15 Januarie – Skole heropen
Bid vandag vir ons leerkragte dat hulle uitgerus en met moed die nuwe jaar sal aanpak en met passie en insig die leerders sal leer en lei.
Donderdag, 16 Januarie – Kinders
Ons kinders is so spesiaal en bid ons vandag dat daar vir elke kind se behoefte ‘n uitkoms sal wees en dat hulle sal besef dat hul hul beste moet gee om te vorder.
Vrydag, 17 Januarie – Polisiemag
Jesus, ons wil vandag kom intree vir elke polisiebeampte en bid dat U hulle sal beskerm waar hulle elke dag in gevaar hul werk onverskrokke moet verrig en ons landsburgers beskerm.
Saterdag, 18 Januarie – Huwelike
“Jesus, ons bid vandag vir elke getroude egpaar en wil ons vra dat U hulle sal bystaan om mekaar met sorg en liefde en respek sal behandel en mekaar te ondersteun”.
Sondag, 19 Januarie – Spesiale Offer: Gemeente Instandhoudingsfonds
Daar is altyd ietsie te doene by die Gemeente se geboue en vandag sê ons dankie vir elkeen se bydrae om dit mooi te maak en in stand te hou.
Maandag, 20 Januarie – Radio Feba
Radio Feba doen ‘n wonderlike werk om die Here se woord uit te dra d.m.v. radio en bereik so verafgelëe plekke soos China. Bid vir hulle vir fondse maar ook dat hul die woord op so ‘n manier kan versprei sonder om vervolg te word.
Dinsdag, 21 Januarie – Bybelstudie in ons gemeente
Bybelstudie in ons gemeente word goed bygewoon en bid ons dat die groepe sal uitreik na die wie dalk nog nie weet waar hulle moet bywoon nie en ons bid dat hulle sal leer tot eer van die Here.
Woensdag, 22 Januarie – Eensames
Kom ons bid vandag aan alle mense wat alleen is en iemand aan die dood afgestaan het. Ons bid dat hulle God se teenwoordigheid en liefde sal aanvoel deur die optrede van ons ander lidmate
Donderdag, 23 Januarie – Gesondheid
God is ons Geneser. Sy helende Hand salf ons wonde, dra ons laste en droog ons trane af. Bid vir goeie gesondheid uit God se wonderwerkende Hand en glo en dank Hom vir Sy genesing onbeperk.
Vrydag, 24 Januarie – Geloof
Bid sonder ophou vir onwankelbare geloof in Jesus en dat die ongelowiges tot Jesus gelei sal word en sal glo dat Hy ons enigste Redder is.
Saterdag, 25 Januarie – Roeping
Wat is jou roeping. Gaan sit by Jesus se voete en vra dat Hy vir jou wys waar Hy wil hê dat jy jou talente moet gebruik tot eer en verheerliking van Sy Naam en tot die uitbreiding van Sy koninkryk.
Sondag, 26 Januarie –Alta du Toit skool
Die skool maak leerders wat nie in die gewone skool aanpas nie, gereed vir die wêreld daar buite en vier hulle vanjaar hul 60ste verjaardag. Bid dat hulle gesëend sal wees met bydraes om die skool se sake te vlot.
Maandag, 27 Januarie – Beskerming
In Heb. 13:5 sê die Here dat Hy ons nooit sal verlaat en nooit in die steek sal laat nie. Bid dat ons na Hom toe sal gaan vir skuiling en beskerming en dat ons nie bedreig sal voel nie.
Dinsdag, 28 Januarie – Sending
Kom ons vou ons hande saam en dra al ons sendelinge aan die Here op. Ons vra dat Jesus hulle sal lei maar ook versorgers sal stuur sodat hulle nie moed verloor nie, maar die roeping moedig sal uitleef en die Woord van God versprei aan die ongelowiges.
Woensdag, 29 Januarie – Prys God
Kom ons sing ‘n nuwe lied vir God vir al sy seӫninge en ons dank Hom spesiaal vir ‘n wêreld so mooi waarin ons mildelik uit Sy Hand ontvang.
Donderdag, 30 Januarie – Troeteldiere
Bid vandag vir die sorg van ons troeteldiere en dat mense nie hul diere sal verwaarloos nie, maar sal versorg met liefde en omgee.
Vrydag, 31 Januarie – Kinders in ander lande
Ons bid vandag vir ons kinders wat ‘n lewe in ander lande maak en nie elke dag hul geliefdes kan sien nie, maar alleen in’n vreemde wêreld is. Help hulle om te onthou, God is altyd daar, maar dat hul geliefdes ook net ‘n oproep ver is vir ondersteuning.