”Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy omdat jy My gesien het? Gelukkig is hulle wat nie gesien het nie, en tog tot geloof gekom het.””
(Joh. 20: 2920)
Laat God toe…
Die lewe is soveel meer as die beperkte 70+ jaar van ons aardse bestaan. Wanneer ons alleen fokus op wat ons hier en nou het, verloor ons die visie van wat God vir ons beplan het. Die onsterflike dinge soos liefde, reinheid, onselfsugtige diens en offerhande openbaar vir ons net ‘n klein blik op wat God vir ons tot in ewigheid beplan.
God het dit vir ons deur Jesus Christus kom moontlik maak om deur geloof verder as hierdie tydelike, verganklike wêreld te kan sien. Wanneer ons God toelaat om totale beheer oor ons lewe te neem. Wanneer ons ons volle afhanklikheid in sy hande plaas. Wanneer ons besef dat ons tot niks instaat is in hierdie lewe nie. Dis wanneer ons in die bewussyn kan leef van die onsienlike. Dan besef ons dat die grootste skat op aarde nie die gawes van God is nie, maar God self. Dan kan ons meer en meer groei in kennis en begrip van Hom.
Teksverse:
“Maar soos wat daar geskryf staan: “Wat die oog nie gesien het, die oor nie gehoor het, en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie – dit het God voorberei vir diegene wat vir Hom liefhet.”” (1 Kor. 2: 920);
“Maar ek sal vir die Here op die uitkyk wees, ek sal bly wag op die God wat my verlos. My God sal my hoor.” (Miga 7: 720);
“Ek wag op die Here; my hele wese wag, en op sy woord vestig ek my hoop. My hele wese wag op my Heer, meer as wagte op môre, ja, wagte op môre.” (Ps. 130: 5-620);
“Ek sal wag op die Here, wat sy gesig verberg vir die huis van Jakob; ek sal op Hom bly hoop.” (Jes. 8: 1720);
“Maar jy, na jou God moet jy terugkeer. Lê jou toe op troue liefde en wat reg is, en wag altyddeur op jou God.” (Hos. 12: 720);
“Op my wagpos wil ek gaan staan; ek wil stelling inneem op die vestingmuur, op die uitkyk wees om agter te kom wat Hy vir my gaan sê….”(Hab. 2: 120)
Die verandering in mens se lewe
So baie mense is bang om beheer van hulle lewe te verloor. Ons wil so graag die uitkomste in en om ons beheer. Indien dit is hoe jy redeneer, weet net dat jy jou vaskyk in die hier en nou. Dis die verganklike, aardse bestaan, waar ons so dikwels te bang is om aan te beweeg. Jy sien nie die volle prentjie van wat God ook vir jou wil wys en laat beleef, tot in ewigheid, nie.
Om ten volle aan Good oor te gee, het ‘n baie praktiese implikasie. Dis wanneer jy met nuwe fokuspunte na alles om jou begin kyk. Dis asof die skille, van jare, van jou oë afval; en jy ‘n wyer en ryker uitkyk op die lewe en die ewigheidsperspektief kry. Dis wanneer jy beter insig in die bedoeling van die Woord van God, en wat Jesus Christus hier op aarde vir ons kom doen het, kry. Dan sien ons uit na wat op ons wag!
Teksverse:
“Van die vroegste tye af het niemand dit gehoor nie, daarvan verneem nie, het geen oog ‘n god gesien nie, buiten U, wat optree vir dié wat op Hom wag.” (Jes. 64: 420);
“Vertrou te alle tye op die Here, want die Here, die Here is ‘n ewige rots.” (Jes. 26: 420);
“Die Here ontbloot sy heilige arm voor die oë van al die nasies. Al die uithoeke van die aarde ervaar die verlossing deur ons God.” (Jes. 52: 1020);
“Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.” (Spr. 3: 520)


