Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 November 2026 – Leef volgens sy woord

14 November

Die beste lewe is nie altyd die maklikste nie, maar dit is die een wat met God se Woord saamloop. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.

Tema: Leef volgens sy woord

Teks: “Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here.” (Ps. 119:1)

  • God se liefde en trou pas jou elke dag op. (Ps. 40:12)
  • Dit gaan goed met dié wat God se pad loop – nie omdat hulle perfek is nie, maar omdat God hulle lei.
  • Onberispelik lewe beteken nie jy maak nooit ’n fout nie, maar dat jy eerlik en opreg leef.
  • Kies vandag een ding uit God se Woord en doen dit.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir u woord wat my lei – help my om daarvolgens te leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.