15 November
Mense jaag dikwels geld en goed na, maar daar is ’n skat wat nog meer vreugde gee. Hier is God se boodskap net vir jou.
Tema: Meer werd as rykdom
Teks: “Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld.” (Ps. 119:14)
- Die bietjie wat jy saam met God het, is meer werd as al die rykdom van die wêreld. (Ps. 37:16)
- God se Woord gee ’n vreugde wat geld nie kan koop nie.
- Rykdom kan jou ’n rukkie gelukkig maak, maar God se wil gee jou lewe.
- Wees vandag dankbaar vir wat jy het, eerder as om te dink aan wat jy nie het nie.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat u woord meer werd is as alle rykdom – laat dit my vreugde wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


