11 November
Voor jou dag vandag begin, onthou wie jou kragbron is. Hier is God se boodskap, vir jou, vir vandag.
Tema: Krag en beskerming
Teks: “Die Here is my krag en my beskerming. Dit is Hy wat my gered het!” (Ps. 118:14)
- God is groot en Hy doen magtige dinge – Hy alleen is God. (Ps. 86:10)
- Jou krag kom nie net uit oefening, slaap of kos nie, maar uit God.
- God is nie net jou krag nie, maar ook jou beskermer en Redder.
- As jy vandag moeg word, sê stil vir jouself: “Die Here is my krag.”
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my krag en beskerming is – ek steun vandag op U.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


