12 November
Jou lewe is ’n storie wat God skryf – en dit is die moeite werd om te vertel. Hier is God se Woord net vir jou.
Tema: Leef en vertel
Teks: “Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig.” (Ps. 118:17)
- As jy op die Here vertrou en op sy pad bly, sal Hy jou weer laat opstaan. (Ps. 37:34)
- God het jou nie net gered om te lewe nie, maar ook om van Hom te vertel.
- Jou getuienis hoef nie groot of dramaties te wees nie – vertel net wat God vir jou beteken.
- Deel vandag iets wat God in jou lewe gedoen het, byvoorbeeld in ’n boodskap aan ’n vriend.
Gebed:
Liewe Vader, dankie vir die lewe wat U my gee – gebruik my om van U te vertel.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


