13 November
Daar is niks so kragtig as om te sê “U is my God” en dit regtig te bedoel nie. Hier is God se boodskap, net vir jou, vir vandag.
Tema: U is my God
Teks: “U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing.” (Ps. 118:28)
- God se liefde en trou bly by elkeen wat Hom erken. (Ps. 36:11)
- God is nie net ’n God nie – Hy wil jóú God wees.
- Om God te loof, is om sy grootheid raak te sien en dit hardop te sê.
- Sing of luister vandag na ’n lied wat sê hoe groot God is.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my God is – ek wil u grootheid vandag besing.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


