16 November
Soms lees jy iets tien keer, en dan skielik sien jy dit – mag God vandag so jou oë oopmaak. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.
Tema: Maak my oë oop
Teks: “Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar.” (Ps. 119:18)
- God hou jou vas en laat jou altyd by Hom bly. (Ps. 41:13)
- Die Bybel is nie net ’n ou boek nie – God praat vandag nog daardeur.
- Vra God elke keer voor jy lees om jou oë oop te maak.
- Lees vandag ’n kort gedeelte stadig en vra: “Wat sê God hier vir my?”
Gebed:
Liewe Vader, dankie vir u kragtige woord – maak my oë oop om dit te verstaan.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


