Afkondigings 15-22 November 2026

Sondag 15 November 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Filippense 2:1-11.
  • Die tema van die prediking is:Dans saam met My!
  • Biddag vir Beskermingdienste.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Geopende Deure by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Maandag 16 November 2026:

  • Blokbyeenkoms:Blok 16 (Hersham) om 18:00 by Apie & Lida Genis, Hersham-rylaan 22 – gelei deur ds Charné Viljoen. Jurie Vermeulen – Epos Kontak.

Dinsdag 17 November 2026:

  • Die Kerkraad vergader om 17:30 in lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 18 November 2026:

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.

(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom. Marida – Epos Kontak.

Sondag 22 November 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Christus die Koning Sondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Kankervereniging by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Laaste LEEFKerk vir 2026 – Ds Charné Viljoen.
Kerssangdiens Gasvryheidsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Kerssangdiens Gasvryheidsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae 15-21 Nov '26 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae 15-21 Nov ’26 NG Kerk Groot-Brakrivier
Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier
Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuwe Lidmate 2026:

Henning & Anelda Aggenbacht van Klawer: Blok 01 (Plaasgedeelte)

Baie welkom by ons gemeente.

Nuwe lidmate en lidmaat-besoeke:

In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Bloedskenk 26 Nov NG Kerk Groot-Brakrivier
Bloedskenk 26 Nov NG Kerk Groot-Brakrivier

Bedieininge

Ondersteuning NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuning NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgee Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgee Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Bedieninge Getuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Bedieninge Getuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier

“Soos ‘n vader hom ontferm oor kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat vir Hom ontsag het; want Hy, Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou in gedagte dat ons maar stof is” (Ps. 103:13-14 Afr20).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne

FEBA is besig om een van sy radiostasies in wes-Oekraïne op te gradeer, waar personeel veiliger sal wees as in Kijif. Aanvalle op die hoofstad neem toe en raak dodeliker. Met die winter wat voorlê, raak die energietoevoer nou ’n belangrike teiken, wat mense sonder krag vir verhitting laat. Die FEBA-span in Oekraïne het dringende gebed nodig.

Ons gebed vir die week: Bid asseblief dat die Here hulle en hul luisteraars genadig sal wees, dat FEBA se programme troos sal bring, en dat gelowiges soos lig in die duisternis sal skyn.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 15 November 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
  • Bybelstudiereekse:‘
    • Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike begin vir elke dag.
    • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Wanneer ons God toelaat…”.
  • Gemeentenuus
    • Die kerkkalender vir 2027 is opgedateer en elektronies beskikbaar op die webtuiste.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier