Missie Japan: LYDENSTYD IN JAPAN

Missie Japan NG Kerk Groot-Brakrivier

Teen dié tyd van die jaar in Japan voel ek soms die winter kaalheid en kouefronte kan gerus nou end kry. Maar daar lê gewoonlik nog heelwat bibberweer voor die deur. Dan moet ek myself staal. Gelukkig is dit ook net mooi dan wanneer die Wintersoet (ook bekend as Wax Plum in Engels, Rōbai in Japannees = 蝋梅) helder blom in die snerpende koue. Asof die opstandings-Lig rééds deur die krake van Lydenstyd inskyn in Japan … Vanjaar weer, in die parkeer terrein teen ons huis, het die Wintersoet boom teen einde Januarie nie teleurgestel nie. Saam met Nagtegaal se eerste spitsvondige gesang, ná ‘n lang winterstilte, sien en hoor ons nou die vroeë tekens van lente oral om ons. Wat ‘n vreugde!

Lees meer “Missie Japan: LYDENSTYD IN JAPAN”

Sendingnuus Japan: Ds Tobie de Wet

Mission Japan

Sondag 15 Februarie 2026.

Die afsluiting van nog ‘n periode in ons lewe en bediening, ons laaste erediens en liefdesmaal in Niihama, ‘n afskeid😢Nogal emosioneel dreinerend. Tog ‘n vreugdevolle hoogtepunt met die doop van een van ons lidmate na meer as ‘n jaar van saam weeklikse Dondernamiddag Bybelstudie en sy getroue erediens bywoning onafgebroke elke liewe Sondag🙏🏻‼️

Lees meer “Sendingnuus Japan: Ds Tobie de Wet”

Sendingnuus – Missie Japan: Kyoto Kuns Onnie word Pastor

Missie Japan 1 Feb 2026 NGK Groot-Brakrivier

“Ná universiteit het ek ’n kunsonderwyser in Kobe geword. Maar hoe besiger ek geraak het, hoe minder het ek kerk toe begin gaan; my geloof het verswak, en ek het my begeerte verloor om God te volg. Ek het elke aand ná werk saam met vriende gaan drink. Tot my skaamte het ek eendag te veel gedrink, my bewussyn verloor, in ’n sloot geval en ’n ernstige besering aan my kakebeen opgedoen. Toe ek bykom, het ek besef ek lê in ‘n poel bloed in my kamer. Ek het my vuil en misvormde gesig in die spieël gesien en skielik helder besef: ‘Ek is ’n sondaar.’ Tot dan toe het ek gedink: ‘Ek is eintlik ’n redelike goeie mens.’ Maar op daardie oomblik het ek opreg gebid: ‘Here Jesus, vergewe my asseblief.’ Toe het die lewende Jesus sagkens in my hart gespreek: ‘Dít is waarom Ek vir jou gekruisig is.’ Trane het oor my wange gestroom, en ek het ’n vaste besluit in my hart geneem: ‘Van nou af sal ek my lewe leef deur Jesus te volg.’”

Lees meer “Sendingnuus – Missie Japan: Kyoto Kuns Onnie word Pastor”

Missie Japan: JAPAN AGTER JAPAN

Missie japan - Japan agter Japan NG Kerk Groot-Brakrivier

Animemanga, vreedsame tempels, karatejūdō, en vir geestelike verligting, Zen-boeddhisme. Is enige hiervan vir jou bekend? Of is jy dalk selfs goed ingelig en kundig oor meer as een Japannese tradisie? Japan het, deur al sy kulturele uitvoer ‘produkte’, al hoe meer bekend geword in die Weste. Maar daar is waarskynlik nog heelwat gapings tussen jou Westerse indrukke en die werklike Japan. Daar is ook ’n Japan agter Japan—nie maklik sigbaar nie, soms selfs versteek vir ons wat al lank hier woon… en, mag ek sê, soms nog weggesteek vir die Japannese self.

   Ons woon al 16 jaar in Japan, en al bly hierdie ryk en antieke kultuur ons dikwels verstom, is daar ’n Japan wat stadigaan sy ware kleure begin wys wanneer jy hier leef. Kom luister hoe ons, selfs ná al die jare, steeds ons koppe stamp teen ongeskrewe reëls, onmoontlike kanji, en baie esoteriese Oosterse kodes van stilte en harmonie binne ’n hoë-tegnologie, lae-misdaad eilandnasie.

   Maar laat ons ook pynlik eerlik wees en die vraag vra wat jy dalk huiwerig is om aan getuienisvennote in Japan te stel: Is dit nodig dat ’n hoogs beskaafde en goed funksionerende land soos Japan die evangelie hoor? Het hulle die evangelie nodig? En —al is dit dalk diep ontstellend vir die ryk Christelike geskiedenis van die Weste—wat van ons? Moet óns nie ook weer die evangelie herleer nie? Kyk die twee video’s, deel dit gerus wyer en gesels saam!

Vrede en vreugde,

Stéphan, Carina en gesin (ook namens Tobie en Annalie de Wet)

Facebook: https://web.facebook.com/missiejapan/

For more information regarding Mission Japan, click on the following link to our website: https://missionjapan.co.za

Copyright (C) 2025 Mission Japan. All rights reserved.

Our mailing address is:
Shobu Ga Oka 3-1-3, Kita Ku, Kobe City, JAPAN, 651-1306

Missie Japan: AMPTELIKE TERUGVOER OOR BESOEK AAN JAPAN

Missie Japan 2025-11-05-04 NG Kerk Groot-Brakrivier

Inleiding

Hierdie kort nuusbrief se doel is om u as ondersteuners op die hoogte te bring van al die verwikkelinge hier by Missie Japan (MJ) asook om terugvoer te gee oor besluite wat geneem is tydens ons afgelope besoek aan Japan. 

 Die afgelope jaar was ‘n redelike besige tyd vir MJ. In Maart vanjaar was Dr Nico Mostert (Uitvoerende Amptenaar van MJ), Ds Gawie Gouws (Sameroeper van MJ se werwingskomitee) en Dr Daniël De Wet (Uitvoerende Amptenaar van die Wes-Kaap Sinode se Getuienis Aksie) op ‘n amptelike besoek aan Japan. Die doel van die besoek was om die nuwe Mission Partnership Agreement (MPA) te finaliseer en ook om te vergader met die Samewerkende Sending Kommissie van die Ring van Shikoku, oor die huidige sendelinge se werk asook oor hulle vroeëre versoek vir nog sendelinge (verkieslik ‘n sendeling-egpaar) wat hulle moet aansluit by die werk in Japan. 

 Tydens die Maart-besoek is daar in-diepte gesprek gevoer oor die profiel van voornemende sendeling-kandidate en die behoefte van die kerk in Japan. Daar is ooreengekom dat ‘n gesamentlike werwings-kommissie die proses sal hanteer. Daar is ook ‘n versoek vanaf die Ring van Shikoku ontvang dat Ds Tobie en sy vrou Annelie De Wet se kontrak met nog 3 jaar verleng moet word. Dit sal dan wees vanaf April 2026 vir ‘n verdere 3 jaar. 

Missie Japan 2025-11-05-04 NG Kerk Groot-Brakrivier
Missie Japan 2025-11-05-04 NG Kerk Groot-Brakrivier

Proses om ‘n sendeling-egpaar te beroep

Die kommissie onder leiding van Ds Gawie en Ds Ogawa het sedertdien ‘n profiel en advertensie saamgestel wat wyd in Suid Afrika versprei is. Daar was egter tot op hede nog min belangstelling gewees met slegs een egpaar wat die aansoek vorms aangevra het. Hulle het egter hulle aansoek vir eers teruggetrek weens persoonlike gesinsredes. Die pos word tans weer geadverteer.

 

Verlenging van die De Wets se diens tydperk in Japan

Tobie en Annelie se werk in die klein gemeente van Niihama loop ten einde in Maart 2026. Die Ring van Shikoku het egter besluit dat, sou hulle verder aanbly vir diens binne die Ring, dit nie weer in Niihama sal wees nie. Die gemeente van Tokushima-Wes (Seibu) het aangedui dat hulle graag die De Wets as sendeling-egpaar sou wou beroep. Die Ring van Shikoku het toestemming gegee dat hulle beroep kan word na Tokushima-Wes en die beroep is alreeds uitgebring. 

 

Tydens Missie Japan se tweede besoek in Oktober het ons dit egter duidelik gemaak dat hierdie ‘n nuwe 3 jaar diens periode is en daarom kan Missie Japan net volle finansiële ondersteuning vir De Wets gee vir die eerste jaar van die beplande 3 jaar termyn. Dit sal impliseer dat die gemeente daar ‘n groter finansiële verpligting sal moet opneem vir die laaste twee jaar en hulle het daartoe ingestem. MJ onderneem egter om nog steeds ondersteuning te verleen vir die 3 jaar en sal poog om in jaar 2 en 3, sover ondersteuners hulle weg oopsien om die ondersteuning voort te sit, finansieel by te dra tot die werk. Die besluit om langer in Japan te bly berus egter op die De Wets self – dit bly die keuse wat hulle voor die Here maak en ons sal hulle ondersteun wat ook al die uitkoms van hulle geloofsonderskeidende proses is. Ons vra u voorbidding vir hulle in hierdie proses om die pad vorentoe finaal te oorweeg in gebed. 

 

Indien die De Wets aanbly sal hulle egter eers na Suid-Afrika toe terugkom vir ‘n 2 maande besoek alvorens hulle in Tokushima-Wes begin. Die presiese datums sal nog bepaal word, afhangende van die goedkeuring van werkspermitte ensovoorts. 

 

Mission Partnership Agreement

Daar is oor die afgelope twee jaar baie hard gewerk om ‘n nuwe sending samewerkingsooreenkoms tussen Missie Japan en die Ring van Shikoku op te stel. Dit was ‘n gesamentlike proses tussen MJ en die Sending Samewerkings Kommissie van die Ring van Shikoku. Op Dinsdag 28 Oktober is die nuwe ooreenkoms amptelik onderteken. Dit baan nou die weg vir ons voortgaande werk saam met die Ring van Shikoku. 

 

Die ondertekening is waargeneem deur Ds Kovilan Moodley (ondervoorsitter MJ en RCA Moderator) en Dr Nico Mostert (Uitvoerende Amptenaar MJ). Ds Jan Lubbe (Moderator van die NG Kerk Algemene Sinode) en Dr Nioma Venter (Algemene Sekretaris van die NG Kerk Algemene Sinode) was ook teenwoordig. Beide Ds Lubbe en Ds Moodley het ook groete boodskappe oorgedra aan die Reformed Church in Japan tydens hulle pas afgelope Sinode vergadering in Kobe. 

 

Van der Watt-gesin

Dit gaan goed met hulle as gesin. Die kinders in bedrywig met skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite. Stéphan se lesings en wyer kerklike bedienings is volstoom aan die gang en Carina se bediening met die kinders in hulle plaaslike gemeente, saam met voltydse tuisonderrig, maak haar program ook baie vol.  Dit is goed om te sien hoe hulle as gesin funksioneer en ‘n kragtige getuienis van Christelike liefde en gasvryheid beliggaam.

 

Vergadering met die Oos-Kantō Ring

Ds Taka Ashida en die Sending kommissie van Oos-Kantō Ring het ‘n skrywe gerig aan MJ vir ‘n gesprek tydens ons Oktober-besoek in Japan. Hulle versoek was om te gesels oor nouer samewerking tussen MJ en hulle Ring en die moontlikheid van wedersydse besoeke om blootstelling te bewerkstellig met lede van hulle Ring en gemeentes in SA. ‘n Baie goeie gesprek het plaasgevind op 28 Oktober. Daar is ooreengekom om vroeg in 2026 ‘n opvolg gesprek te hê via Zoom. 

 

Ons staan net verstom oor die Here se voorsiening vir hierdie bediening deur julle as ondersteuners. Ons is diep dankbaar vir julle getroue ondersteuning. Die ekonomie is traag en in Japan word die lewenskostes baie duurder omdat inflasie daar ook sy kloue ingeslaan het. 

 

Hier is ‘n kort opsomming van die belangrikste besluite wat geneem is:

  • Tobie en Annelie bly in Japan tot die einde van hulle huidige 3 jaar tydperk waarna hulle na Suid-Afrika sal terugkeer (2 maande) en dan weer (sou hulle so besluit) terugkeer na Japan vir ‘n volgende dienstydperk.  
  • Missie Japan ondersteun hulle ten volle vir een jaar, waarna die Tokushima-Wes gemeente bydra tot hulle ondersteuning.
  • Die werksaamhede van Missie Japan in samewerking met die Ring van Shikoku is vervat in ‘n nuwe samewerkingsooreenkoms wat onderteken is. 
  • Die werwingsproses van nog sendelinge na Japan gaan voort in samewerking met die Ring van Shikoku. 

 

Ons sê vir elkeen dankie vir:

  • Die volgehoue ondersteuning (finansieël, emosioneel en deur gebed)
  • Volgehoue meelewing met ons sendelinge in Japan (eposse, whatsapp-boodskappe, oproepe, ens.) 

 

Ons vra vir:

  • Volgehoue voorbidding vir die Van der Watt-gesin en die De Wets se werk en bediening.
  • Voorbidding vir die De Wets in hulle oorweging van die nuwe diens tydperk asook verdere finansiële ondersteuning van hulle ondersteuners. 
  • Die proses om nuwe sendelinge te vind en te beroep vir werk in Japan saam met die Ring van Shikoku.

 

 Groete in Christus Jesus

                                                      

 Ds Johann Winterbach                                                                Dr Nico Mostert

(Voorsitter Missie Japan)                                               (Sekretaris Missie Japan)

Facebook: https://web.facebook.com/missiejapan/

Copyright (C) 2025 Mission Japan. All rights reserved.

Our mailing address is:
Shobu Ga Oka 3-1-3, Kita Ku, Kobe City, JAPAN, 651-1306

Nadine en Elmar Du Rand – こんにちはKonnichiwa Nuusbrief

Nadine en Elmar Du Rand NG Kerk Groot-Brakrivier

こんにちは
Konnichiwa Nuusbrief

Goeie dag liewe vriende,
soos altyd is dit ‘n wonderlike plesier om hier vanuit Japan aan julle te skryf. Hier in Sapporo, Japan, is dit herfs. Dit word elke dag kouer en kouer. Ons probeer die meeste daarvan maak om die omgewing waar ons woon te geniet, want binnekort sal dit in ‘n wit wonderland van sneeu verander tot April volgende jaar.

Ons deel graag hierdie gedeelte uit Jeremia met u.

Lees meer “Nadine en Elmar Du Rand – こんにちはKonnichiwa Nuusbrief”

Missie Japan: Hoekom Wêreldsending?

Missie Japan Hoekom wereldsending

Hoekom wêreldsending

.Beste ,

Ons leef in ‘n deurmekaar, komplekse wêreld! En tog hou God steeds eenvoudig elke seisoen getrou in stand. Hoe het die lente aangebreek rondom jou? Het jy al kans gehad om die nuwe lewe, wat oral opskiet, te geniet? 

Ons is dankbaar vir ’n onlangse paar weke van verlof by Takayama, ‘n unieke wegbreek-plek vir (meestal) sendelinge van regoor die wêreld. Ons kon ‘n goeie balans vind tussen uitspan op ons eie en gesellige gemeenskap tussendeur. ‘n Bedrywige nuwe seisoen het intussen begin en ons val in met vars ywer. Verskeie opwindende en belangrike ontmoetings en bedienings-geleenthede wag op ons.

Jou gebede en ondersteuning is deurslaggewend, daarom deel ek meer detail — o.a. ‘n getuienis en gebedsversoeke — hieronder.

Hoekom wêreldsending?

Die fokus van hierdie nuusflits is op hoekom elke plaaslike gemeente nie net vir selfbehoud bestaan nie, maar vir deelname aan God se wêreldwye gestuurdheid. Hierdie waarheid is verál relevant vir gemeentes wat hulle God-gegewe missie — nie net naby nie maar ook ver —moet herontdek en bevestig. 

Hoekom is dit belangrik? Eerstens, wêreldsending is nie net iets op die buiterand van die sirkel van kerklike bedieninge wat aan ‘spesialiste’ oorgelaat word nie. Dit hoort in die kern van elke plaaslike gemeente, omdat dit die hart van God en die bestaansdoel van die kerk self verteenwoordig. Wêreldsending is nie iets wat sending-kommittees of getuienis-aksie lede doen nie. Dis die kern van die kerk se DNA! Verder bied ons globale betrokkenheid vir ons die geleentheid om die diepte, diversiteit en skoonheid van mense en kulture in God se wêreld te waardeer, en om vir hulle tot seën te wees. 

Miskien skakel jy af as jy dié tipe goed hoor. As dit die geval is wil ek jou uitnooi om weer ‘n slag mooi te dink oor hoekom jy deel is van ‘n plaaslike gemeente. In dié video (ook hierbo) vertel ek meer. Kyk dit gerus en deel dit met die leiers in julle kerk. Laai die PDF teks hier af.

Uit eie ervaring

As leraar van die NG Kerk, en voor dit as projekbestuurder by Communitas, het ek destyds die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes in die vroeë 2000’s help vestig en uitbou. Die vennootskap het jare later die kerk se leierskap aangespoor tot ‘n sterk missionale fokus  (deur selfs die kerkorde hieroor te herformuleer). Ek dink dit was ’n baie konstruktiewe ontwikkeling.

Een nadeel is egter dat dit gelei tot ’n oorbeklemtoning, en soms selfs ‘n totaal eensydige fokus op alle plaaslike bedieninge. Missio Dei-teologie – dit is: God se sending / gestuurdheid – het die hele wêreld in sig. Maar die gesprek oor missionale kerkwees in dele van die Weste, insluitend Suid-Afrika, word al te dikwels uitsluitlik gefokus op wat plaaslike gemeentes in hulle onmiddelike omgewing doen. Die globale fokus van die hele Bybelse boodskap van God se versoening in Christus, word verskraal.

Hierdie plaaslike fokus (ironies genoeg) ontkoppel ook die meeste NGK-gemeentes — asook gesprekke oor missio Dei en missionale teologie in die breër kerkverband — van wêreldsending en van globale tendense en invloede in die breër liggaam van Christus. My aanvoeling is daarom dat daar meermale ’n behoorlike breër bewustheid ontbreek.

Daar is ‘n lang lys redes hoekom ek oortuig is van die belangrikheid van wêreldsending. Kyk gerus die video en gesels saam! Ons is immers medewerkers in God se koninkryk. 

Vrede, 

Stéphan (ook namens Carina en Tobie en Annalie de Wet)

PS #1: het jy ons nuus iewers gemis? Kliek hier vir ons advertensie vir nuwe sendelinge en hier vir ‘n meegaande video wat die konteks van Japan verhelder.

PS #2: Verder is daar ‘n klomp nuwe inligting om te deel oor ons bedieninge, met deeglik nagevorste bronne wat die Japannese konteks vir jou kan oopbreek en ontsluit, in die lig van ander globale tendense in wêreldsending. Kliek hier daarvoor.

U kan meer lees hier: https://missionjapan.co.za/blog-afrikaans/

Maak ‘n bydrae: https://missionjapan.co.za/contribute/

SENDELINGE VIR JAPAN BENODIG| Missionaries to JAPAN NEEDED Full time Missionaries to Japan (Vakature / Vacancy)

Mission Japan

Missionaries to JAPAN

Position: Full time Missionaries to Japan

Mission Japan (a joint Committee of the DRC Family and the Reformed Churches in SA) in collaboration with the Christian Reformed Church of Japan are hereby announcing that an official process is launched for the recruitment and calling (by Mission Japan) of a missionary couple(s) to work with the RCJ Shikoku Presbytery in Japan.

We hereby invite couples, not older than 35 years of age, to apply for this position. The applicants should have a vision, strong calling and commitment to world missions in general and specifically to Japan (where less than 1% of the population identify as Christian including Protestant and Catholic groups).

The suitable candidates will:

  1. 1.     Be members of the DRC Family of churches or the Reformed Churches of SA;
  2. 2.     Be in possession of a bachelor’s degree in theology (B.Th. or B.Div. or M.Th. or M.Div.) or in their final years of studies;
  3. 3.     Have a clear understanding of, and commitment to, Reformed Theology and the Reformed Presbyterian system of church governance;
  4. 4.     Be Legitimized / Licensed (“gelegitimeer”) within one of the DRC Family of churches or the Reformed Churches of SA;
  5. 5.     Have proficiency in English (any TEFL qualifications or training will count in your favour).

The recruitment committee will review candidates that have:

  1. 1.     A clear understanding, personal experience of and commitment to Jesus Christ as Lord and Saviour;
  2. 2.     A Biblical and deep inner experience of being called by God into full-time cross-cultural missions in general (and specifically Japan);
  3. 3.     Experience in, understanding of and a commitment to cross-cultural ministry and living in cross-cultural settings;

Our process:

We request that interested parties consider this opportunity prayerfully and, upon confirmation of the Lord, send an email to applymissionjapan@gmail.com showing their interest. A more detailed description of requirements and an application form will then be sent to interested parties. Applications will be received together with the requested documents and be reviewed by the recruitment committee. This committee consists of a South African team and a Japanese team.

For more information regarding Mission Japan, click on the following link to our website: https://missionjapan.co.za

Important:

  1. 1.     All correspondence has to be in English. This includes the required documents such as copies of academic records etc.;
  2. 2.     This is not a paid missionary position. Candidates will be required to raise support which is then managed by Mission Japan;
  3. 3.     Ordained ministers become ordained missionaries / ministers in the Reformed Church of Japan;
  4. 4.     This position requires that candidates learn to become fully proficient in Japanese. This is NOT an English ministry position.

Missie Japan: Gesoek! Nog Sendelinge vir Japan.

Doop Missie Japan

Beste vriende,

Nuus

(Hierdie berig het eerste verskyn op (Wanted more Missionaries)

Sedert ons vorige nuusflits het baie water in die see geloop, saam met die sweet wat teen ons rûe bly afloop in die hitte wat nie wyk nie. Die hartroerende begrafnis van ‘n geliefde kollega se vrou, die uitbundige huwelikseremonie van ‘n oud-student, my en Carina se 20- jarige huweliksherdenking en die verjaardae van twee van ons kinders was enkele van die hoogte- en dieptepunte. En dan: die onvergelykbare groot vreugde van iemand wat uit ‘n totaal Boeddhistiese agtergrond haar lewe aan Christus oorgegee het, en deur ds. Tobie de Wet in RCJ Niihama gedoop is. Alle eer aan die Here wat deur Sy Gees op verrassende maniere bly werk!

Daar was ook ‘n rits kampe en spesiale (somerpret) samekomste vir kinders in ons buurt, wat feitlik geen idee het wat die Bybel is, of wie Jesus of die kerk is nie. Dit alles het ons dae gevul met sinvolle interaksies en geleenthede om verhoudinge te verdiep. En om in eenvoud eerste grepies van die evangelie te deel met baie mense wat dit vir die eerste keer hoor. Ons is ook op verskeie maniere stomgeslaan oor God se voorsiening die afgelope tyd, ver meer en veel groter as wat ons kon bid, dink of vra. Weereens, moenie ophou lees nie. Hieronder vertel die De Wets verder.

Verder is daar ‘n klomp nuwe inligting om te deel oor ons bedieninge, met deeglik nagevorste bronne wat die Japannese konteks vir jou kan oopbreek en ontsluit, in die lig van ander globale tendense in wêreldsending. Kliek hier.

Laastens, maar allermins minder belangrik. Missie Japan se bestuurskommittee het pas in biddende afhanklikheid amptelik die werwingsproses oopgestel vir gepaste aansoekers wat ‘n roepingsbesef het om as sendelinge in Japan te werk. Dis ‘n groot nuwe inisiatief, in samewerking met ons susterskerk, die Reformed Church in Japan, met die fokus op Shikoku eiland.

Sodra die advertensie geplaas is, sal ek dit in ‘n aparte nuusflits deel. Bid asseblief ook saam met ons vir die Here se helder leiding hierin. Kyk intussen gerus na die video hieronder wat Japan opnuut bekendstel en ‘n appél maak op dieper betrokkenheid, met die oog op nuwe medewerkers. Ons is baie dankbaar vir DJ Muller (Kaapkerk) se redigering van die video.

Ons jaarlikse verlof is om die draai, en ons sien baie uit daarna. Bid asseblief vir rus en hernieude krag en visie vorentoe.

Jou gebede, ondersteuning en omgee inspireer ons. 

Met diep waardering,

Stéphan, Carina en gesin; ook namens ds. Tobie en Annalie de Wet (RCJ Niihama)

Read in English

MAAK ‘n BYDRAE

GETUIENIS OOR DOOP

Sondag 20 Julie 2025 was ‘n rooiletter dag in die lewe en geskiedenis van die klein gemeente van RCJ Niihama, ‘n feesdag, met die engele in die hemel wat juig (Lukas 15:10) vanweë die doop van Yasuko (skuilnaam)! 

Ons kan verstaan dat dit vir sommige van julle dalk bietjie vreemd is om so ‘n ophef te maak oor een dopeling. Verstaan egter die realiteit van die kerk en sending in Japan. Daar was wel ‘n tyd toe die RCJ een van die snel-groeiende kerke in Japan was, maar vandag is dopelinge raar, nie net in die RCJ nie, in die meeste kerk-denominasies van Japan, en veral op die platteland.

          In die RCJ Shikoku Ring, met sy 16 gemeentes, was daar verlede jaar altesaam net vyf dopelinge (een van hulle was ‘n vrou van Peru wat hier in Niihama gedoop is). In ons 20-plus jare in Japan het ons persoonlik met slegs enkele gevalle te doen gehad. Niihama-gemeente se lidmate kan ons nie vertel wanneer hulle in hul geskiedenis van plus-minus 50 jaar ‘n doop in die erediens gehad het nie (behalwe vir die vrou van Peru, verlede jaar). Hulle is opgewonde oor wat die Here doen! 

Yasuko se getuienis is regtig aangrypend, soos elke een wat waarlik, veral uit ‘n totaal nie-Christelike agtergrond tot geloof en bekering kom. Daar is nie ‘n enkele Christen in haar hele familie en vriendekring en kennisse nie. Haar godsdienstige en familie-agtergrond is Boeddhisme. Haar man is ‘n ateïs. Tog het sy begin wonder in haar eie hart oor die sin van die lewe en oor God. Deur die internet het sy by die Christelike geloof en die Bybel uitgekom, waar alleen sy die antwoorde (of eerder Dié Antwoord) gekry het wat haar oortuig het. Vir enkele jare het sy slegs d.m.v. die internet haar kennis van die Bybel, die Christelike geloof en Jesus Christus verdiep. 

Sy het die behoefte ervaar om na ‘n ware Christelike kerk te gaan en selfs om gedoop te word, maar soos die meeste Japannese het sy vir baie lank nie die moed gehad om daadwerklik by die kerk se deure in te stap nie … tot op ‘n Sondag hier in Niihama, in Oktober 2024. 

Yasuko is ‘n verpleegster en werk meestal ook op Sondae, wat maak dat sy nie so gereeld eredienste kon bywoon nie. Maar vir die afgelope 9 maande het sy gereeld elke Donderdag namiddag saam met ons Bybelstudie gedoen aan die hand van die Apostoliese Geloofsbelydenis, ter voorbereiding van haar doop en kerklidmaatskap. 

Ons konsulent (‘n ander leraar uit ons ring) het kort voor haar doop met haar ontmoet, om die egtheid van haar geloof, haar verstaan van Christenskap (dissipelskap) te bevestig. Asook om oor haar kerklidmaatskap (getroue bywoning van eredienste, aktiewe betrokkenheid by kerklike aktiwiteite en haar finansiele verantwoordelikheid ens.) te gesels.

Yasuko se geloof en toewyding as jong Christen is aangrypend en inspirerend! Een van die praktiese dinge wat sy gedoen het om dit uit te druk, is dat sy van al die Boeddhistiese simbole in haar huis (wat vir Japannese uiters belangrik is) ontslae te raak.

Dank die Here saam met ons vir Sy genade in haar lewe en bid saam met ons vir haar geloofspad saam met die gemeente hier in Niihama.

SOMERPRET @Kita KOBE KERK

Vir meer fotos besoek gerus die Missie Japan se Webtuiste

Mission Japan is
ミッション・ジャパンについて

joint mission of the Dutch Reformed Church in South Africa and other church groups worldwide, in close partnership with the Reformed Church in Japan.

faith action, dependent on the voluntary support and prayers of individuals, groups, and Christian faith communities from around the world.

network of support for our mission partners, working as bridge builders for the gospel of Jesus Christ in Japan.

Copyright (C) 2025 Mission Japan. All rights reserved.

Our mailing address is:
Shobu Ga Oka 3-1-3, Kita Ku, Kobe City, JAPAN, 651-1306

Missie Japan – Jongmense sê “JA!” vir lewe in Christus

Missie Japan - Jongmense se ja vir Christus

Beste vriende,

Terwyl ons drup van die sweet in Japan, trek die kouefronte een na die ander verby jou in Suid-Afrika. Ek hoop dié nuusflits bereik jou hoog en droog (en warm!).

Daar is ‘n ellelange lys van goed waaroor ek kan terugvoer gee. Die afgelope tyd was propvol aktiwiteite vandat ons jaar (amptelik) in April afgeskop het in Japan. Nie dat daar ‘n kat se kans was vir leeglê tussen Januarie en Maart nie! Maar, eerder as om in detail oor alles te probeer uitbrei, vertel die foto’s hieronder self die storie.

Ek fokus daarom net op een bediening: ’n onlangse retreat vir jong werkendes, waar ek (Stéphan) die hoofspreker was. Meer as 90 jongmense het saamgetrek in Gifu area, nie te ver van waar ek nou is, vir die Reformed Church in Japan se jaarlikse sinode nie. My aanbiedings by die retreat het gefokus op wat dit beteken om voluit ‘Ja’ te sê vir die lewe—in Christus—in alle omstandighede

Pinkstertyd het ons pas herinner dat die werk van die Heilige Gees in menselewens verstommend bly. Ek het dit weer opnuut besef toe ek die volgende boodskap van een deelnemer ontvang het, ná die retreat: “My naam is Toshiko, ons het mekaar by die jeug retreat ontmoet ‘n paar dae gelede. Jou aanbieding het ’n blywende indruk op my gemaak, veral toe jy gesê het: ‘Dis goed om net jouself te wees, maar as jy net so bly, groei jy nie.’ Daardie woorde het my regtig diep geraak want dit het my moed gegee, ek waardeer dit opreg … Met hierdie e-pos wil ek graag ‘n paar goed deel en vra. Eerstens wil ek graag meer leer oor geloof, teologie en waarheid … verder wil ek meer oor die kerk leer. Ek het voorheen eredienste bygewoon, maar weens verskeie probleme met die leraar kan ek tans nie die kerk bywoon nie. Hierdie situasie het my laat wonder: ‘Wat is die kerk regtig?’ … Is daar iets wat jy kan aanbeveel om my hiermee te help?

  Die Here gebruik een (onbeplande!) sinnetjie uit 3 ure van aanbiedings, om ‘n saad te plant in iemand se gedagtes. Soos Paulus tereg sê in 1 Korintiërs 3:6: “Een plant, een maak nat en God sorg vir die groei.” Terloops, weet jy hoeveel generasies Christene voorheen in jou familie was? In Japan is meeste mense eerste of tweede generasie Christene. Die behoefte om te leer wat Christenwees beteken is diep en wyd.

Bid saam met ons vir groei en vir die kragtige werk van die Heilige Gees in soekers soos Toshiko se lewens. Neem opnuut saam deel—as een liggaam van Christus—aan God se groot getuienis in die wêreld. (*Toshiko is ‘n skuilnaam. Haar epos is hier verkort). Lees meer oor die bedieninge waarin ons deel by https://missionjapan.co.za, asook by https://www.facebook.com/missiejapan  

Jou gebede, ondersteuning en belangstelling bemoedig ons diep.

Vrede en vrede, in Christus.

Stéphan, Carina en gesin; ook namens ds. Tobie en Annalie de Wet (RCJ Niihama)

Pinkstertyd het ons pas herinner dat die werk van die Heilige Gees in menselewens verstommend bly. Ek het dit weer opnuut besef toe ek die volgende boodskap van een deelnemer ontvang het, ná die retreat: “My naam is Toshiko, ons het mekaar by die jeug retreat ontmoet ‘n paar dae gelede. Jou aanbieding het ’n blywende indruk op my gemaak, veral toe jy gesê het: ‘Dis goed om net jouself te wees, maar as jy net so bly, groei jy nie.’ Daardie woorde het my regtig diep geraak want dit het my moed gegee, ek waardeer dit opreg … Met hierdie e-pos wil ek graag ‘n paar goed deel en vra. Eerstens wil ek graag meer leer oor geloof, teologie en waarheid … verder wil ek meer oor die kerk leer. Ek het voorheen eredienste bygewoon, maar weens verskeie probleme met die leraar kan ek tans nie die kerk bywoon nie. Hierdie situasie het my laat wonder: ‘Wat is die kerk regtig?’ … Is daar iets wat jy kan aanbeveel om my hiermee te help?

  Die Here gebruik een (onbeplande!) sinnetjie uit 3 ure van aanbiedings, om ‘n saad te plant in iemand se gedagtes. Soos Paulus tereg sê in 1 Korintiërs 3:6: “Een plant, een maak nat en God sorg vir die groei.” Terloops, weet jy hoeveel generasies Christene voorheen in jou familie was? In Japan is meeste mense eerste of tweede generasie Christene. Die behoefte om te leer wat Christenwees beteken is diep en wyd.

Bid saam met ons vir groei en vir die kragtige werk van die Heilige Gees in soekers soos Toshiko se lewens. Neem opnuut saam deel—as een liggaam van Christus—aan God se groot getuienis in die wêreld. (*Toshiko is ‘n skuilnaam. Haar epos is hier verkort). Lees meer oor die bedieninge waarin ons deel by https://missionjapan.co.za, asook by https://www.facebook.com/missiejapan  

Jou gebede, ondersteuning en belangstelling bemoedig ons diep.

Vrede en vrede, in Christus.

Stéphan, Carina en gesin; ook namens ds. Tobie en Annalie de Wet (RCJ Niihama)

braai vir ons studente @KRTS
 
Kobe kweekskool (KRTS)hou jaarlikse retreat
 
 
MAAK ‘n BYDRAE
 
iets van alles …  
# Kuier met familie uit SA# Ete by pastorie
# Stephan se rugby span# Tobie by RCJ sinode
 
Hoe ploeg jy ‘n rysland voor jy plant?
# Rysland rugbytoernooi# Cornelius in sy element
Party boere gebruik trekkers, ander laat rugbyspelers die ploegwerk doen!

Missie Japan: Vars Begin: Aanlyn en Oraloor

missie Japan April 2025

Beste Ondersteuner

Ek gebruik nie gewoonlik onnodig baie uitroeptekens in sinne nie, maar wees gewaarsku, hierdie nuusflits is ‘n uitsondering!

Die wêreld kom Osaka toe, op ons voorstoep, binne 5 dae. Daar is vars energie oral in die lug! Dit voel kompleet soos ‘n sprokieswêreld van pienkwit (kersie)bloeisels net waar kyk. Vir party Japanners bring dit ‘n tikkie verligting te midde van hemelhoë rys pryse (tans gemiddeld R113 per kilogram!) en die nagmerrie van Trump tariewe. Onder dié uitdagings het alles en almal ontwaak uit ‘n lang winterslaap en is nuwe lewe in oorvloed oral om ons. In die nuusflits vier ons God se seisoen van groei en nuut begin

Lees meer “Missie Japan: Vars Begin: Aanlyn en Oraloor”

Missie Japan – Bemoedigende besoek en Belowende vooruitsigte

Missie Japan - April 2025

Beste Ondersteuner,

Wat ’n bemoedigende week van betekenisvolle interaksies, diep gesprekke en stimulerende samesyn! Ons is opreg dankbaar vir die pasafgelope, amptelike besoek van ons Missie Japan leiers, Dr. Nico Mostert, Ds. Gawie Gouws en Dr. Daniël de Wet (7-17 Maart). Ons langdurige vennootskap met die plaaslike Reformed Church in Japan (RCJ) is inderdaad versterk! Lees meer oor hierdie vennootskap met die RCJ hier.
 
Hierdie nuusflits se doel is tweeledig:

Lees meer “Missie Japan – Bemoedigende besoek en Belowende vooruitsigte”

Missie Japan: Interkerklike hulpverlening tydens ‘n ramp.

Beste ondersteuner,

Meer as elf maande ná die reuse aardbewing wat op nuwejaarsdag vanjaar onverwags die Japannese volk geskok het, lê die pyn en ontwrigting vir die inwoners van die Noto skiereiland nog vlak. Onlangs (September) het ‘n vlaag van vernietigende vloede verder nóg sout in hulle wonde ingevryf. Gisteraand het pas weer ‘n skudding van 5 op die Richterskaal dié omgewing laat bewe. Ontelbaar baie mense is opnuut getraumatiseer. “Ek het gedog dit klaar met my!”, vertel een oorlewende wat nouliks ontkom het op nuwejaarsdag, by wie ons betrokke was in verlede week se uitreik na die Noto rampgebied, Noord van Kanazawa stad. 

Lees meer “Missie Japan: Interkerklike hulpverlening tydens ‘n ramp.”

Sendingnuus: Missie Japan – Halfpad-merk

Missie Japan

Beste Ondersteuner Oos, Wes, Tuis Bes!?In hierdie nuusflits deel ek oor enkele gebeure, wat wás en wat kóm, uit ons besoek aan Suid-Afrika. Ons het net mooi twee maande gelede veilig in Kaapstad aangekom ná ‘n betekenisvolle werks- en studietyd in Skotland en Oxford (by OCMS). Danksy die oop hande en harte van familie en vriende, was die landing sag, en kon ons in Stilbaai afsaal en tot verhaal kom met vars waardering vir ons tuisland!

Lees meer “Sendingnuus: Missie Japan – Halfpad-merk”

Sendingnuus: Missie Japan – Predeparture Newsflash

Dear Supporter,

Greetings from Kobe, where the Sakura (cherry blossoms) charmed us once again! The dawn of a bright spring was, as always, introduced by (Japanese) Nightingales’ energetic melodies all-around. Our long-awaited departure is coming up soon, so I share just a few snippets about our recent work. Please click on available links to read and see more. 

Lees meer “Sendingnuus: Missie Japan – Predeparture Newsflash”

Sendingnuus: Missie Japan – SA besoek om die draai – Groot-Brakrivier 11 Augustus 2024

SA BESOEK is om die draai

Beste Ondersteuner,

‘n Laaste paar verdwaalde sneeuvlokkies word die afgelope dae rondgeslinger deur die winde van verandering. Vroeg-oggend hoor ek reeds (‘n paar weke vroeër as gewoonlik) die Japannese nagtegaal sing. Duidelike en helder tekens van die lente wat oppad is in Kobe. Hoe draai die seisoen aan jou kant, terwyl Lydenstyd verdiep?

Lees meer “Sendingnuus: Missie Japan – SA besoek om die draai – Groot-Brakrivier 11 Augustus 2024”

Sendingnuus: Missie Japan – INTER-CHURCH INITIATIVEs AFTER EARTHQUAKE

RELIEF EFFORTS

INTER-CHURCH INITIATIVEs AFTER EARTHQUAKE

The RCJ Diaconal Action Comitee (representing the Reformed Church in Japan) on which I serve, keep on supporting and are raising funds for long-term support, in close cooperation our local leaders at RCJ Kanazawa church (as mentioned in my previous newsflash). Primary relief efforts are ongoing amid snowy weather and includes the distribution of gasoline/kerosene oil cans, water, heaters, clothes, etc. Rev. Hideyuki Urushizaki and his wife regularly visit evacuation centres close to their church with supplies, and are also trying hard to reach the worst hit areas in Wajima. 

Lees meer “Sendingnuus: Missie Japan – INTER-CHURCH INITIATIVEs AFTER EARTHQUAKE”

Sendingnuus: Missie Japan: Rampspoedig

RAMPSPOEDIG

Beste Ondersteuner, 
Aardskuddende afskop in 2024
‘Ramspoedige Nuwejaar!’, is nié wat jy wil hoor op die eerste dag van Januarie nie. Nuwejaarsdag is normaalweg ‘n feestelike dag om iets te doen wat jy elke jaar geniet. Vir miljoene mense in Japan is die eerste drie dae van Januarie gewoonlike ‘n sonderlinge kans om saam met familie deur te bring. En om saam spesiale disse te geniet en laaaang verkeersknope rondom winkel- en tempelbesoeke te trotseer. Rituele wat oudergewoonte vir Japannese ‘n voorspelbare ritme tuisbring.  

Lees meer “Sendingnuus: Missie Japan: Rampspoedig”

Missie Japan: Vrede

RCJ GETUIG EN BELIGGAAM DIT OPNUUT

Beste Ondersteuner, 

Vrede. ‘n Gesogte woord in vandag se wêreld vol haat en konflik. Jesus het vredemakers as geseënde kinders van God beskryf (Matt. 5), maar deesdae word hulle soms geïgnoreer of gekritiseer as romantiese dromers wat uit voeling is met realiteit.  

Die versugting na vrede: wêreldwyd, verál ook in Japan

Lees meer “Missie Japan: Vrede”