Flitse Week 48

Nuus Flitse

Dr Noël-Jean Creille

‘n Huldeblyk diens is op 24 November 2021 vir wyle Dr. Noël-Jean Creille (Noel Kriel) deur Ds. Danie Goosen gehou.

Noël-Jean het internasionale bekendheid verwerf met sy besondere musikale talent en het orrel uitvoerings in verskeie lande gehou.Hy was ‘n persoon met ‘n besondere intellek en baie talente wat hy tot eer van ons hemelse Vader en tot die uitbreiding van sy koninkryk aangewend het.Hy het op 14 Maart 2021 vir die laaste keer in ons gemeente tydens ‘n erediens opgetree en ons mis sy entoesiasme en sy wonderlike aanvoeling vir veral orrelmusiek.

Lied 512 en lied 514 soos deur wyle Dr Noël-Jean Creille op 14 Maart 2021 vertolk, die laaste keer wat hy by ‘n erediens in ons kerk opgetree het.

Lees meer “Dr Noël-Jean Creille”

Flitse week 47 +

Nuus Flitse
  • Sondag – 28 November 2021 – Prediker:  Dr Jurie Vermeulen van Radio Feba
  • 24 November 2021 11:00 – Huldeblykdiens – Dr Noël-Jean Creille
  • Bloedskenking – 25 November 2021 –  15:00 – 19:00 – kerksaal
  • Kerssangdiens – 28 November 2021 – Gekanselleer weens Covid
  • Rek en strek oefeninge vir seniors – Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00
  • Groenewaldfonds – Aansoeke sluit op 26 November 2021
  • Badisa – Hartenbos Bejaardesorgdiens – gebak nodig vir ons opkomende basaar wat plaasvind op 18 Desember 2021
  • Wolwedans sop en brood – 24 November en 1 Desember 2021
  • Kerspakkie projek – Ons beplan om op 1 Desember vir elkeen weer ‘n Kerspakkie. Die plaaslike Pick ‘n Pay en Spar gaan gesamentlik ‘n derde van die projek finansier. 
  • Omgeebediening: Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking. Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood
  • Sang en musiek talent: Ons wil baie graag sang en instrumente inbring by ons  erediens se video opnames. Ons vra enige persoon wat sy / haar Godgawe talente wil aanwend tot uitbreiding van sy koninkryk om asseblief die kerkkantoor te skakel.
Lees meer “Flitse week 47 +”

Afkondigings 21 – 28 November 2021

Afkondigings

Afkondigings

Ned. Geref. Kerk  Groot-Brakrivier

21 – 28 November 2021                                                                            

Vandag – Sondag 21 November 2021

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Sonia en Luigi Guerra en hulle dogtertjie Isabella Sofia Guerra wat vanoggend gedoop word.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 2 Samuel 23 vers 1 tot 7.  Die tema van die prediking is: Weerkaatsers?
  • Spesiale offer vir Kankervereniging.

Jeug – Geen kategese vir die res van die jaar.  Ons wens al ons leerlinge en matrikulante sterkte toe met hulle eksamens.

Lees meer “Afkondigings 21 – 28 November 2021”

Belydenis van geloof 2021

Belydenis van geloof 2021

‘n Hartlike woord van welkom aan ons nuwe belydendelidmate.

Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat julle* met die mond bely wat
julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is. Dit is ‘n belofte wat
julle maak om alleen op Hom te vertrou, om te lewe volgens sy Woord, getrou
deel te neem aan die erediens en aan alle aktiwiteite van sy kerk, om te
volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en
daad te verheerlik.
Voorts beteken die openbare belydenis van geloof dat julle verklaar dat dit
julle opregte voorneme is om in hierdie belydenis te volhard en steeds daarin
te groei.

Lees meer “Belydenis van geloof 2021”

Afkondigings 14 November 2021

Afkondigings

14 – 21 November 2021                                                                         

Vandag – Sondag 14 November 2021:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 1 Samuel 1 vers 4 to 20.  
  • Die tema van die prediking is: Kommapunt?
  • Spesiale offer vir Up with Downs-skool.
Lees meer “Afkondigings 14 November 2021”

Boodskap aan Wolwedans

Wolwedans Boodskap

God se hemelse vre(d)e verdryf ons wêreldse vre(s)e

Verlede keer het ek vertel dat dit voorwaar vir twee jaar al swaar, moeilik en broekskeur met ons gaan. Ons leef waarlik in uitdagende tye. Alhoewel ons hierdie vreesagtige tye met baie bekommernisse leef, weet ek verseker – die Skeppergod het ons op ‘n besondere manier uit die stof van die aarde geskep. Boonop het ons die Here se eie lewensasem in ons (Genesis 2:7). Ons is baie spesiaal vir God en Hy het ons oneindig lief. So lief dat Hy Jesus Christus na ons gebroke wêreld toe gestuur het om ons te red (Johannes 3:16). Sal die Vader ons dan nie nou ook help nie? Daarom vra ek weer die vraag: Hoe weet ek dat God se hemelse vre(d)e ons wêreldse vre(s)e kan stilmaak?

Lees meer “Boodskap aan Wolwedans”

Madagaskar: The week 19/9/2021

THE WEEK–19/09/2021 by lynettemadanews

Norbert and Antonin have suggested a couple of times that they were prepared to go to Ampamata for a week to help out at school, especially since we have not been able to go there.  Euphrasie and I were also eager to be there for the start of the new school year and I was therefore so thankful when Liaan and Elizna agreed to take us to Ampamata on Monday.  It was also an opportunity to put their new boat, ‘Seeperdjie’  (Sea Horse), through its paces. The trip which normally takes us about four hours, lasted less than an hour.  Norbert remarked that he could get used to such an effortless means of transport. 

Lees meer “Madagaskar: The week 19/9/2021”