| 2023 SINODESITTING |
| #Thursdaysin Black Die Boland-saal was vanoggend ‘n see van swart, aangesien die meeste sinodegangers die #ThursdaysinBlack veldtog ondersteun het deur swart aan te trek. |
Sinode verwelkom ekumeniese vennote Ons het vandag talle van ons ekumeniese vennote by die sinodesitting ontvang. Hulle het ook spesiale groeteboodskappe van hulle organisasies gebring vir sinodegangers. Besoekers het ingesluit Lionel Louw en Rodney Whiteman (SA Raad van Kerke), Edwin Arrison (South African Christian Leaders Initiative), Llewellyn MacMaster van die VKGSA Kaapland en Martin Abrahams van die Morawiese Kerk SA. Die Calvyn Protestantse Kerk is verteenwoordig deur Steven-John Bam, James Fredericks, Darrell Mackriel en Warren Farmer. Ander spesiale gaste was Renier Schoeman (CRL Rights Commission) en Gustav Claassen van die Algemene Sinode. |
| HOOGTEPUNTE VAN DIE DAG |
Diversiteit in die kollig Ds. Charlotte Sibanyoni is die eerste swart vrou wat in die NG Kerk gelegitimeer is. Sy is verbonde aan die NG Universiteitsoord in Pretoria en is tans besig met haar doktorsgraad in Hebreeus. Sy het haar inspirerende lewensverhaal met sinodegangers gedeel en het ‘n staande ovasie ontvang.Sy het in kinderhuise grootgeword en is later deur ‘n NG dominee ingeneem, wat haar oortuig het om teologie te swot met behulp van ‘n skenking.”Diversiteit lyk vir my soos liefde. Ons gee ons tyd, ons harte, ons finansies, ons hulpbronne – en miskien kry jy dan nog ’n Charlotte. Ons soek mense wat die droom saam met ons kan droom, sodat ons kerk 10 jaar later kan lyk soos ons land. Ons moet mense om ons tafels kry met equal voices. Stop having empathy and start showing compassion. Nie net geld nie, maar hart. Ek dink dis wat ons moet doen as ’n kerk. My lewe is ‘n pad van genade van NG lidmate wat my uit liefde ingeneem en gehelp het. Wat my en jou in verbond stel. We need to share the blood of the covenant rather than the water of the womb. We need to open up our homes and our hearts. Dit vra nie iets van jou identiteit nie. Ons moet op ‘n plek kom waar ons tuis voel sonder om ons identiteit te verloor.”Klik hier om Kerkbode se dekking te lees. Kyk ook hieronder na haar volledige aanbieding. |
![]() Fokus op netwerkbediening Diensgroep Diaconia reflekteer op die termyn van vier jaar en lig netwerkfunksionering as ’n baie spesifieke bedieningspraktyk uit wat die diakonale bediening van die kerk betekenisvol verryk. Dit vra dat die gemeente ’n beginselbesluit moet neem: Ons gaan nie meer in isolasie oor ons diakonale betrokkenheid in ons omgewing nadink en handel nie; ons gaan hande vat met ander. Wie hierdie ander is en hoe om hierdie samewerking te bewerkstellig, is in die aanbieding gedek. Die diensgroep lig tien temas uit oor netwerkfunksionering. Die eerste twee temas plaas hierdie bedieningspraktyk in ’n Trinitariese raamwerk. Die ander temas beweeg van teorie (teologie) na praktiese wenke vir die inisieerder- en leierskapsrol wat die gemeente in netwerkfunksionering kan speel. Netwerkfunksionering rus baie sterk op verhoudings, maar hiervoor moet ruimtes geskep word en basiese prosesse ontsluit word. Die brosjure The networked church wat uitgedeel is tydens die sinode, sal van volgende week af by www.diaconia.co.za beskikbaar wees. |
God se alles-insluitende genade maak diversiteitsgesprekke moontlik Die wegbreeksessie Wie mag praat? Bemagtigende praktyke vir polariserende gesprek is onder leiding van Michelle Boonzaaier, Louis van der Riet en Bianca Truter-Botha van die IAm-beweging aangebied. Hulle beywer hulself vir die verwesenliking van menseregte vir alle mense in Afrika deur veilige ruimtes vir ontmoetings en gesprekke te skep. Die sessie is afgeskop met die vraag wat sessiegangers benodig om aan gesprekke oor diversiteit ten opsigte van gender, lyflikheid, seksualiteit en teologie deel te neem. Hulle het daarna ook ‘n kort oorsig gebied oor vier lense, waardeur diversiteitsgesprekke gevoer kan word, naamlik gemeenskaplike waardes, dialoog en debat, veilige en waagmoedige ruimtes, sowel as mag.Enige diversiteitsgesprekke kan slegs aangepak word indien die betrokke persone bewus is van alle emosies wat hulle op daardie oomblik binne hul liggame ervaar. Storievertelling is dikwels ‘n baie effektiewe tegniek en speel ook ‘n belangrike rol in terme van al die genesing wat nog op hierdie gebied moet plaasvind, maar dit is moontlik deur God se alles-insluitende genade. |
| VERKIESING VAN MODERATUUR |
| Twee addisionele lede verkies Ds. Elmarie Dercksen van Bloubergstrand en dr. Jana van den Munckhof is Woensdag as twee addisionele lede tot die moderatuur verkies. Seën en voorspoed vir julle termyn. |
![]() |
| GEBED |
![]() |
| SINODEMOMENTE |
![]() ![]() |
| TEN LAASTE |
![]() Siegfried Louw van Proteahoogte is pas aangestel as PSD: Predikantebegeleiding en reflekteer oor die sinodesitting.“Is daar nog ʼn muurprop naby? Ons het meer nodig,” vra die een predikant. Sy het dringend plek nodig om haar rekenaar te laai. Oral skuifel mense rond om hulle sit te kry. Drade, luidsprekers, agendas en waterbottels is deel van die gros goedere wat betyds hulle lê moet kry. Sommige daag uitasem op, onverhoeds betrap met die lang opdraende na die vergadersaal. Iemand toets die luidspreker.“Is dit nou dit?” vra nog iemand. “Waarvoor doen ons nou al hierdie moeite?” wil sy weet. ʼn Rukkie later staan almal en sing. Die gewoel verminder. Diegene wat net-nou nog met hulle fone besig was, kyk nou na die borde en sing saam.“Daar is meer in hierdie lewe, as om bloot net te bestaan … Daar is meer, want U gee ʼn liefde wat oorweldig.”Ons gaan sit anders as wat ons opgestaan het. Iets het geskuif. En toe Coenie Burger praat oor Jesus, spits ons weer ons ore. “Daar is meer,” sê hy. “Ons dink ons weet alles van Jesus. Maar daar is meer.”Vanoggend gewaar ek die een bejaarde afgevaardigde, wat met moeite haar swaar handsak saamdra saal toe. Maar net totdat sy die sonsopkoms by die berge gewaar. Eers val haar mond oop. Dan val die handsak summier op die grond. Ywerig word ʼn foon uitgegrawe. Oopmond neem sy foto’s. “Dit verander elke minuut,” sê nog iemand. Sommige kyk, sommige nie. My gedagtes loop na Klaagliedere 3:23. “Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid.” Dit is toe die waarheid. Daar is meer in hierdie lewe. En ons kom bymekaar juis omdat ons dít glo. Foto: Johan MockeGroete uit Goudini Ronelda Visser en Wilmi Wheeler |








































