Afkondigings 11 – 18 Junie 2023

Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier


Vandag – Sondag 11 Junie 2023 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Hosea 6. Die tema van die prediking is: Die ontroue geliefde?
• Kategese.
• Biddag vir Jeug & Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Woensdag 14 Junie 2023 :

• Daar is GEEN kooroefening hierdie week nie.
• As gevolg van onderhoude vir die nuwe leraarspos is daar GEEN blokbyeenkoms die week nie. Ons sal herskeduleer.

Sondag 18 Junie 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Gerrie van Deventer.
GEEN Kategese.
• Vadersdag.
• Nasionale Biddag vir Blindes.
• Spesiale Offer vir Innovation for the Blind by die deure.

Spesiale Kerkraadsvergadering
• Daar sal op 21 Junie 2023 om 18:00 ‘n spesiale kerkraadsvergadering in die kerksaal plaasvind.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Junie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons volgende uitreikdatums vir die kwartaal is op 21 Junie.
• Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
• Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:

  • Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.
  • Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate:
    1. Bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
    2. Gevries in 2 liter roomysbak
    Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar. - ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.

Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.

Behoeftes vir Getuienisprojekte :
• Daar is tans ’n groot behoefte aan wol – baie dankie vir die wol reeds ontvang. Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak deur middel van foto’s wat op die webblad geplaas word.
• Ons het ‘n behoefte vir ’n naaldwerk masjien. Indien iemand een het om te skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia – 084 783 1308.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Pakistan

FEBA Ethiopië se hoofkantoor is in Addis Ababa, waar hulle twee programme van 15 minute elk vervaardig. Die programme word uitgesaai na Ethiopië en die Midde-Ooste, insluitend Libanon en Saoedi-Arabië, waar mense dit elke aand om 19:00 kan luister. In Maart en April het FEBA Ethiopië briewe en telefoonoproepe van sowat 1,148 luisteraars ontvang, waarvan 570 nuut was!

Ons gebed vir die week: Loof God vir hierdie wonderlike groei en bid dat FEBA Ethiopië se direkteur, Tenkir Teni, en sy span se harde werk nog meer vrugte sal afwerp.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
11 Junie 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 11 Junie 2023.

  1. Getuienisbediening:
    a) Gebedsbrief van Michelle uit die Oekraïne, en
    b) Lynette se Madagaskar nuusbrief is beskikbaar.
  2. Bybelstudiereeks:
    a) Afdrukke (met donasie) van die oorspronklike Bybelstudiereeks ‘9 Weke’ van Dr Frans Hancke asook die oorspronklike boek (R200) is nog by die kerkkantoor beskikbaar.
    b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Lig in die duisternis”.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
  4. Die QR kode regs bo is om die toegang tot die webwerf vir almal te vergemaklik.

Dankies

Bloedskenking :

Die bloedskenking op 1 Junie 2023 het 63 volpinte bloed opgelewer.

Baie dankie vir die 71 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

Gevind

Na die Gemeentefees het daar ’n inkopiesak met 2 pakkies koekies en ’n paar 2de handse boekies agtergebly. Indien dit aan u behoort kan u dit kom afhaal by die kerkkantoor gedurende kantoorure.

Vandag is Nasionale Biddag vir Jeug en Kategese.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314