Vandag – Sondag 2 Julie 2023 :
- Baie welkom by die erediens.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Jer 28: 1-17.
Die tema van die prediking is: Die ongemaklike waarheid?
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
- As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die eredienste tot na die skoolvakansie nie.
Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 21 Junie 2023, is ds Anneri Viljoen-Potgieter van NG Hugenoot in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Julie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
- Daar sal GEEN Kooroefening wees gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 19 Julie 2023. Marida – 082 471 0751.
- Erediens om 09:00.
- Prediker: dr Frans Hancke.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure.
- GEEN tee na die erediens.
Neem asb kennis dat ds Danie met verlof sal wees vanaf 5-23 Julie 2023.
Dr Frans Hancke sal gedurende hierdie tyd vir hom instaan en sal beskikbaar wees om te kontak – 082 490 5737.
JEUG :
- Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
G etuienisbediening :
- Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik:
Ons uitreikdatums vir die derde kwartaal is op 19 Julie,
2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.
- Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
- Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
- Daar is weer ‘n behoefte vir ‘n naaldwerk masjien en indien iemand dalk een het om te skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereel word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 084 783 1308.
- Inside Out International Bediening: Esther Fourie lei hierdie bediening in George – hul bied Engelse klasse aan vir buitelanders om hierdie mense te bereik met die evangelie. Hul benodig nog vroue as vrywilligers om te help met die opleiding. Esther begin op 22 Junie met ‘n Mini-TESOL kursus om belangstellendes op te lei. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om betrokke te raak met die uitdra van die evangelie.
- Esther maak klaar by Options en benodig ‘n opvolger vir haar pos. Dit behels ‘n mediese persoon wat ook tiener meisies kan bedien. Dit is ‘n betalende pos en enige belangstellendes kan vir Esther kontak by 061 359 7566.
Omgeebediening :
- In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
- Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA FILIPPYNE
Op 6 Junie het die Nova Kakhovka-damwal ineengestort. Etlike dorpe is oorstroom en die Zaporizhzhia kernstasie is daardeur in gevaar gestel. Skade aan rioolstelsels en verspoelde begraafplase het mense genoodsaak om te ontruim, omdat dit die gevaar van siektes inhou.
Ons gebed vir die week:
Bid vir die veiligheid van FEBA Oekraïne se personeel by die Zaporizhzhia radiostasie. Bid asb ook dat die uitsendings mense na God sal lei en dat hulle dan hul krag en hoop in Hom sal vind.
Die webwerf(nggrootbrak.co.za)
2 Julie 2023
- Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Preek van 2 Julie 2023.
2. Bybelstudiereeks:
- Afdrukke (met donasie) van die oorspronklike Bybelstudiereeks ‘9 Weke’ van dr Frans Hancke asook die oorspronklike boek (R200) is nog by die kerkkantoor beskikbaar.
b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Waarvan is jou hart vol?”
3. Gebedsgids: Die gebedsgids vir Julie is beskikbaar op die webwerf.
4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Klub 50
NG Klub 50 nooi alle gemeentelede na ‘n
snoekbraai op Woensdag 5 Julie by die kerksaal.
Bestellings moet asb nie later as Maandag 3 Julie om 10:00 geplaas word vir ‘n aansit of wegneem ete van snoek, patats en tuisgebakte brood met konfyt teen R65.
Bring asb eie breekgoed, eetgerei en drinkgoed saam.
Tyd 12:00 vir 12:30.
Bestellings kan geplaas word by :
Marie Snyman – 082 229 8316
Johan Snyman – 083 736 5747
Faan Muller – 084 870 3236
Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier)
Baie dankie dat u vanoggend by die deure bydra tot die Here se werk by Jan Krielskool.
Jan Krielskool (sedert 1937) is die 3de oudste skool vir “kinders met spesiale onderwysbehoeftes”. Soos met die Dowes en Blindes (die eerste twee) het die Ned Geref Kerk dit begin, ontwikkel en bestuur. Sedert 1998 (nuwe onderwyswet) is die NG Kerk en haar lidmate se betrokkenheid beperk tot befondsing van verdienstelike kinders en projekte in die skool. Die “ekstra” dienste wat die staat en ouers nie kan bekostig of in stand hou nie, word deur gemeentes en individuele donateursvriende gedra. Dit beloop etlike miljoene per jaar, maar die resultate toon dat dit deur en deur die moeite werd is. Jan Krielskool is byvoorbeeld:
• bekroon as die beste “spesiale” skool in Suid Afrika
• bekroon met internasionale “blou plaak” status vir die bydra tot onderwys in Suid- Afrika
• die enigste spesiale skool waar leerders met gestremdhede matriek in Afrikaans kan slaag
• uiters suksesvol – met ʼn slaagsyfer van 96% van Gr R tot Matriek in 2019
Die “En-Gee” Kerk (😊 smiley) kan dankbaar-trots wees op hierdie baken van die barmhartigheid van Jesus.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


