Afkondigings 18 – 24 Junie 2023

Vandag – Sondag 18 Junie 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gen 18: 1-15. Die tema van die prediking is: Onverwagte gaste.
• GEEN Kategese.
• Vadersdag.
• Nasionale Biddag vir Blindes.
• Spesiale Offer vir Innovation for the Blind by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 21 Junie 2023 :

Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.
• Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.

Spesiale Kerkraadsvergadering
• Daar sal Woensdag 21 Junie 2023 om 18:00 ‘n spesiale kerkraadsvergadering in die kerksaal plaasvind.

Sondag 25 Junie 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Gerrie van Deventer.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Junie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :

• Wolwedans se laaste boodskap, sop en brood uitreik vir die tweede kwartaal geskied op 21 Junie 2023. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes. Ons derde kwartaal begin weer op 19 Julie 2023.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

◦ Daar is weer ‘n behoefte vir ‘n naaldwerk masjien en indien iemand dalk een het om te skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereel word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 084 783 1308.

Inside Out International Bediening: Esther Fourie lei hierdie bediening in George – hul bied Engelse klasse aan vir buitelanders om hierdie mense te bereik met die evangelie. Hul benodig nog vroue as vrywilligers om te help met die opleiding. Esther begin op 22 Junie met ‘n Mini-TESOL kursus om belangstellendes op te lei. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om betrokke te raak met die uitdra van die evangelie.

• Esther maak klaar by Options en benodig ‘n opvolger vir haar pos. Dit behels ‘n mediese persoon wat ook tiener meisies kan bedien. Dit is ‘n betalende pos en enige belangstellendes kan vir Esther kontak by 061 359 7566.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Ons deurkollekte die week gaan aan Innovation for the Blind

Innovation for the Blind (voorheen bekend as Instituut vir Blindes), voorsien reeds sedert 1881 in die allesomvattende behoeftes van blinde, swaksiende en meervoudiggestremde volwassenes, deur die voorsiening van vaardigheidsopleiding, gespesialiseerde versorging, terapeutiese ondersteuning en werkskepping. Ten spyte van verskeie uitdagings oor ons 140 jaar het ons oorleef, en selfs sterker anderkant uitgekom, danksy die getroue ondersteuning van hartsmense en deur elke dag ons VISIE, naamlik om ’n meetbare verskil in die lewensgehalte van siggestremdes te maak, na te streef. Hierdie prestasie sou onmoontlik gewees het sonder die meelewende betrokkenheid van donateursvriende en vennote. U voorbidding vir ons organisasie en ons inwoners is vir ons baie kosbaar.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
18 Junie 2023

  1. Erediensbediening: Skakel na die YouTube Preek van 18 Junie 2023
  2. Jeugbediening: ‘n Nuusbrief van Jan Kriel kinderhuis: Gee ’n kind ’n kans.
  3. Bybelstudiereeks:
    a) Afdrukke (met donasie) van die oorspronklike Bybelstudiereeks ‘9 Weke’ van dr Frans Hancke asook die oorspronklike boek (R200) is nog by die kerkkantoor beskikbaar.
    b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Hoe oordeel jy?”
  4. Gemeente nuus: Junie 2023 se Gemeentebrief is beskikbaar op die webwerf.
  5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
  6. Die QR kode regs bo is om die toegang tot die webwerf vir almal te vergemaklik.

Gevind

Na die Gemeentefees het daar ’n inkopiesak met 2 pakkies koekies en ’n paar 2de handse boekies agtergebly. Indien dit aan u behoort kan u dit kom afhaal by die kerkkantoor gedurende kantoorure.

Na verlede week se erediens is ’n sleutel opgetel. U kan dit kom afhaal by die kerkkantoor gedurende kantoorure.


Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314