• Vandag – Sondag 9 April 2023 (PAASFEES) :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Kor. 15. Die tema van die prediking is : Maar nou, Christus is opgewek.
• Die wit en goud in vanoggend se ruiker simboliseer die opstanding van Jesus Christus.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Radio FEBA by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Lees meer “Afkondigings 9 – 15 April 2023” Erediens 2 April 2023 – Ds. Danie Goosen – NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Psalm 31: 10-17 & 6
Tema: Om vernedering in die oe te staar?
Begeleiding:
Orrel: Dawn Taljaard
Gemeente Brief April 2023
Goeiemôre gemeente
Ons vertrou dat dit elkeen van u se ervaring is dat deur net rondom jou te kyk, jy oor klein dingetjies dankbaar kan wees. Ons is dankbaar dat ons in die afgelope finansiële jaar al ons dienswerk kon voortsit en selfs uitbrei. Ons wil elkeen bedank vir u getroue ondersteuning, meelewing en voorbidding.
Lees meer “Gemeente Brief April 2023”Afkondigings 2 April – 9 April 2023
Vandag – Sondag 2 April 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die ouerpaar wie se baba vanoggend gedoop word:
– Louis & Helé Postma (seuntjie – Christiaan). - Ons skriflesing kom vanoggend uit Ps. 31: 10-17. Die tema van die prediking is : Om vernedering in die gesig te staar?
- Sewende (Groot) Lydensweek.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Christelike Lektuurfonds (CLF) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuusflitse Week 14+ van 2023
Gebedsgidse vir April 2023 is beskikbaar met hierdie skakel.
Woensdag 5 April 2023 :
Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
GEEN blokbyeenkoms nie.
Goeie Vrydag 7 April 2023 :Erediens en nagmaal om 09:00. (Word later op YouTube uitgesaai.)
Sondag 9 April 2023 :Paasfees.
Sonopkomsbyeenkoms by Suiderkruisstrand om 06:30. Erediens om 09:00 Prediker: dr. Frans Hancke. GEEN Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 5 en 19 April, 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie
Dankfees – Saterdag 22 April 2023 om 10:00
.
Lief en Leed Week 14 van 2023
Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die ouerpaar wie se baba vanoggend gedoop word:
– Louis & Helé Postma (seuntjie – Christiaan)
Dankfees / Bazaar 22 April 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier
Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman – 082 297 3476.
Gebak:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana – 084 764 6155.
Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb. ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
SAMEROEPERS
1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R15 & 500 ml @ R30.
Barbara Gericke – 082 411 1222 / Corita du Preez – 084 265 9487.
Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
2. JAFELS @ R20 ELK: Daar sal jaffels beskikbaar wees. Om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie van Rensburg – 082 871 0927 of
Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia – 072 975 0917.
4. PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476.
5. SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings!
Eddie Drost – 082 920 1829.
6. GEBAK EN TEETUIN
Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316.
7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
8. WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.
10. POEDING 350ml@ R15 ELK: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 of Dorette Visser – 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help. Dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
11. BOEKE
Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 37
VISIO DIVINA #37
Deel 1
In Istanbul (Turkeye) staan die Kariye Moskee. Sedert die 1500’s word dit as ‘n moskee gebruik, maar die oorspronklike gebou dateer uit die 400 n.C, met die naam “Die Kerkie in die Veld.” (In Engels: “The Chora Church”.) Een van die mosaïek-ikone wat behoue gebly het is die vermeerdering van die 5 broodjies en twee vissies.
Volgens die Johannesevangelie was die paasfees van die Jode naby (Joh 6:8). Twee dissipels word by name genoem: Filippus en Andreas (v7,8). Om hul voete (nie sigbaar in die foto nie) staan die mandjies, tot oorlopens vol van die garsbroodjies wat oorgebly het. Deel Jesus dalk in hierdie uitbeelding nou ook brood aan Filippus en Andreas uit? Hulle was sekerlik ook honger nadat 5000+ mense gevoed is. En Jesus? Het iemand vir hom iets te ete aangebied? Ek wonder sommer.
Deel 2
TEKSVERS:
“Is daar ‘n pa onder julle wat as sy seun vir hom ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy ‘n eier vra, vir hom ‘n skerpioen sal gee?” (Luk 10:11-12).
Dit was die mosaïek-ikoon waar Jesus ook vir Filippus en Andreas brood aangee wat my aan hierdie gelykenis van Jesus (in Luk 10:3-12) laat dink. Die dissipels het vir Jesus gevra om hulle te leer hoe (en wat) om te bid. Nadat Jesus hulle die “Onse Vader” leer, begin hy toe met hierdie woorde: “Sê nou een van julle het ‘n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, want ‘n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om vir hom voor te sit nie” (v5,5).
Dit is seker gepas om van geestelike blindheid (#36) na geestelike honger te gaan. Want, is dit nie mense met ‘n geestelike hongerte wat smag na God nie? Is dit nie geestelike honger mense wat bid vir die versadiging wat net God kan gee nie? Is dit nie die rede waarom ons ook in Lydenstyd behoort te vas nie – sodat dit ons fisieke honger ons kan herinner waarna ons eintlike behoefte is nie?
Eers leer Jesus die dissipels om te bid vir “vandag se brood” – die gewone, alledaagse waarvan ons moet leef. En direk daarna, asof in een asem, gaan Jesus voort en bid dan vir die vergifnis van ons sondes.
Sonder die een gaan jy dood. Sonder die ander een is jy reeds dood. En God is begaan oor beide! God wil die LEWE in sy voluit aan jou skenk.
GEBED:
Onse Vader, maak my smagting na U versadiging net meer en meer.
Hunger”- David & Nicole Binion
Op Dag 37 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na “Hunger” soos uitgevoer deur David & Nicole Binion. Die lirieke verskyn in die video.

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhout
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.
Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun
Madagaskar: Nuusbrief 19 Maart 2023
Dries and I celebrated our 25 years wedding anniversary during the week. But for one of those years, all had been spent in Madagascar. We were basically newly weds when we set out for the mission field. Some might think this to have been a double stress ; getting used to married life as well as settling into a new country. I think that in the end, married life did not nearly present so many challenges as coping with full time missionary life.
Lees meer “Madagaskar: Nuusbrief 19 Maart 2023”Lief en Leed Week 13 van 2023
Gholfdag 25 Maart 2023: Dolphins Creek- NG Kerk Groot Brakrivier
Die kerk se Golfdag was ‘n groot sukses, met 36 golfspelers wat om 9:00 stiptelik saam afgeslaan het.
Ons bedank al die borge wat so mildelik bygedra het om van hierdie dag ‘n sukses te maak.
Lees meer “Gholfdag 25 Maart 2023: Dolphins Creek- NG Kerk Groot Brakrivier”Afkondigings 26 Maart – 2 April 2023
Vandag – Sondag 26 Maart 2023 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Fanus Bergh wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom. 5: 12-21. Die tema van die prediking is : Soveel meer, soveel oorvloediger is Sy genade deur Sy lyding en sterwe.
• Sesde Lydensweek.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Lees meer “Afkondigings 26 Maart – 2 April 2023” VAKATURE: VOLTYDSE MEDELERAAR – VASTETERMYNKONTRAK
In afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van NG Kerk Groot-Brakrivier die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.
Gemeenteprofiel:
Die gemeente is geleë in die pragtige tuinroete tussen George en Mosselbaai. Daar is ‘n laerskool in die dorp en talle ander uitstekende skole binne ‘n radius van 25km vanaf Groot-Brakrivier. Die dorp het baie ontwikkel en beleef groei op talle gebiede. Groot-Brakrivier is ook die tuiste van talle kunstenaars en alle nodige dienste is op die oewer van die Groot-Brakrivier te vind. Ons gemeente het baie afgetredenes, maar daar is ook talle jongmense in ons gemeente en gemeenskap en ons streef daarna om diensbaar te wees binne ons gemeenskap en wêreld. Ons is lief daarvoor om met sang, kuns en Woordbediening Sondae in die doelmatige kerkgebou as gemeenskap van gelowiges bymekaar te kom.
Ons wil graag van jou hoor as jy saam wil dink en droom oor die pad wat God met ons stap. Ons is in diens van Jesus Christus en dienend betrokke by mekaar en ‘n brose wêreld. Ons visie is: “Jesus vir ons, Jesus vir almal”.
Leraarsprofiel:
Die volgende profiel is ‘n riglyn vir voornemende aansoekers:
– Vereenselwig met die teologiese uitgangspunte van die NG Kerk en van NG Kerk Groot- Brakrivier.
– Verantwoordelik vir deelnemende eredienste asook spesifieke fokus op die gesinsbediening van die gemeente.
– Ontwikkeling van verhoudings met lidmate (oud en jonk), kerkvervreemdes en ander lede van die gemeenskap.
– Begin datum: 1 Augustus 2023 (onderhandelbaar).
Aansoekers kan hulleself vergewis van meer inligting op ons webblad by https://www.nggrootbrak.co.za
Vergoeding:
– Volgens sinodale riglyne met reistoelae, selfoontoelaag asook ‘n doelmatige pastorie/ behuisingstoelaag.
– Mediese fonds.
– Aansluiting tot die pensioenfonds en bydraes.
– Kontrak sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
Sluitingsdatum: 2 Mei om 09:00.
Aansoeke:
Indien jy belangstel en met jou gawes hier by ons wil kom dien, stuur ‘n CV en die nodige inligting nl. ‘n kort video waarin jy jou self bekendstel en hoekom jy aansoek doen vir die pos na die volgende eposadres: kassiere@nggrootbrak.co.za
Navrae kan gerig word aan:
Mnr. Willem du Preez: 082 823 5988 (voorsitter van kerkraad)
Mnr. Johan Smit: 084 500 4296 (onder-voorsitter van kerkraad)
Ds. Danie Goosen: 079 525 3624 (leraar)
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
Afkondigings: 19 – 26 Maart 2023
Vandag – Sondag 19 Maart 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Sam. 4:4 en 9:1-23. Die tema van die prediking is : Menseregte?
- Vyfde Lydensweek.
- Geen Kategese.
- Spesiale Offer Carpe Diem-Skool by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
JEUG :
- Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
- Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Lidmaat besoeke :
Enige lidmate wat ’n besoek verlang kan gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Maart 2023 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag 22 Maart 2023 :
- Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6B (Eurekapark) by Alida Terblanche, Duineweg 4. Skakel Kobus Stander vir enige navrae (084 657 3611).
Sondag 26 Maart 2023 :
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
- Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons laaste uitreik vir die kwartaal is op 22 Maart.
- Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
- Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
– Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.
– Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate.
1. Bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gevries in 2 liter roomysbak
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.
Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
- Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
- DRINGENDE BEHOEFTE: Daar is ’n dringende behoefte vir krukke en ’n rolstoel vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkers van die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia (084 783 1308). Baie dankie vir die skenkings wat reeds ingekom het.
Dankfees – 22 April 2023
Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Moederskamer :
Tans dien die konsistorie ook as moederskamer. Ons vra asseblief u geduld op Sondae wat díé reëling aanbetref. Die kerkraad probeer om op die laatste 08:50 daar uit te wees, sodat die moeders en kinders kan ingaan betyds vir die 09:00 diens.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
19 Maart 2023
- Skakel na die YouTube Preek van 19 Maart 2023.
- Lydenstyd reeks: Die reeks, Visio Divinia, word daagliks per WhatsApp uitgestuur.
- Getuienisbediening: Nuusflits van Japan.
- Sinode: ‘n Sinodale nuusbrief word gedeel op die webtuiste.
- Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: God se Offer”.
- Die Afkondigings word weekliks op die webtuiste geplaas.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA INDONESIË
FEBA Indonesië bestaan al sedert 1969 en die radiostasie staan plaaslik bekend as YASKI. Die stasie het in die Fillipyne begin uitsaai vanaf ‘n FEBA kortgolfstasie. YASKI besit en bestuur tans sewe radiostasies, produseer en saai programme in ses minderheidstale uit: Javaans, Sasaknees, Minangnees, Buginees, Makassarees en Soendanees.
Ons gebed vir die week: Bid asseblief dat God nuwe vennote sal stuur om te help met die befondsing vir die noodsaaklike werk wat FEBA in Indonesië doen.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning
van die werk van die Here.
Neem asseblief kennis dat die kerk gebruik maak van nuwe e-pos adresse:
Carmi Kriel (Skriba) – kerkkantoor@nggrootbrak.co.za en
Alfreda Stander (Kassiere) – kassiere@nggrootbrak.co.za
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

KERMIS TE REEBOK OP 1 APRIL
Almal word hartlik uitgenooi na Reebok-gemeente se jaarlikse kermis-basaar op Saterdag, 1 April,vanaf 10:00, rondom die kerkgebou in Impalaweg. Impalaweg gaan tydelik gesluit word, sodat daar voldoende plek vir verskillende stalletjies en ook kuierplek sal wees. Die tafels gaan kreun onder brood & beskuit, kleinkoekies, koeke & terte, jaffels, potjiekos, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, boeke & cd’s en vele meer! Vir al ons kinders sal daar ook ‘n kindertafel, tombola, speletjies en springkasteel wees. Kom geniet die dag saam met ons!
HERFSBASAAR BY SUIDKERK!
Mosselbaai-Suid Gemeente hou weer op Vrydag, 24 Maart, ‘n lekker basaar in hul kerksaal te 15de Laan. Dit beloof om – soos in die verlede – ‘n heerlike feesgeleentheid met talle verrassings te wees. Die basaar begin om 17:30 sodat ons werkende mense dit ook kan bywoon. Die volgende etes kan vooraf bestel word per whatsapp: Blokkies Kerrie en Rys, Kerrie Vetkoeke, Jafels, Boereworsrolle, Sosaties, Hoenderburgers en Ribburgers – whatsapp u naam en van met bestelling na Lezelda (083 210 3057). Vir die kinders is daar ‘n kindertafel met eetgoed en interessanthede wat nét by ‘n basaar gekoop kan word. Die aktiwiteite vir die kinders begin om 17:00. Allerhande lekker eetgoed soos pasteie, pannekoek, basaarpoeding en drinkgoed sal te koop wees. Ons het ook ‘n Wit Olifante-tafel waar die versamelaar interessanthede teen billike pryse kan opraap. As u op soek is na ‘n interessante oudheid of ‘n baie billike prys vir gebruiksitems mag u dit dalk ook daar vind. Ons het ook ‘n marktafel waar gebruikte tydlose boeke en tydskrifte verkoop word, asook inmaakprodukte en besondere geskenkies. Ander wegneem-eetgoed soos kleinkoekies, terte, groot koeke, koeksisters, tuisgemaakte lekkers en brood en beskuit sal te koop aangebied word. Ons nooi almal in die gemeenskap om lekker saam met ons lidmate uself te kom geniet! Bring u vriende en familie saam en kom kuier lekker saam met ons, terwyl die kinders hulle behoorlik geniet saam met hulle maats.

VERLORE
Ons het al ’n geruime tyd gelede ’n los Toyota sleutel in die bokamer gevind, maar niemand het dit nog kom opeis nie. Die sleutel word gehou in die kerkkantoor sou u vermoed dat dit aan u behoort.
Stof tot nadenke: God se Offer
“God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.”
Joh. 3: 17
In Lydenstyd is die offer wat God bereid was om te bring, gedurig in ons gedagtes. Hy het ons so lief gehad (Joh. 3:16) dat Hy sy Seun gestuur het, nie as oordeel nie, maar om ons, sy skepsels, vir wie hy so liefhet, te red van die ewige dood.
Lees meer “Stof tot nadenke: God se Offer”Nuusflitse Week 12+ van 2023
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00
Woensdag 22 Maart 2023 :
Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6B (Eurekapark)
Sondag 26 Maart 2023 : Prediker: dr. Fanie Bergh. Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons laaste uitreik vir die kwartaal is op 22 Maart.
Dankfees – 22 April 2023
KERMIS TE REEBOK OP 1 APRIL
HERFSBASAAR BY SUIDKERK!Mosselbaai-Suid Gemeente hou weer op Vrydag, 24 Maart
Lief en Leed Week 12 van 2023
Nuusflitse Week 11 van 2023
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00
Woensdag 15 Maart 2023 :
Kooroefening – Daar is GEEN kooroefening hierdie week nie.
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6A
Sondag 19 Maart 2023 :
• Prediker: dr. Gerrie van Deventer.
• GEEN Kategese.
Uitreikdatum vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 22 Maart
25 Maart 2023 – NGK Groot-Brakrivier Gholfdag
Dankfees – 22 April 2022
Afkondigings 12 – 19 Maart 2022
Vandag – Sondag 12 Maart 2023 :
- Baie welkom by die erediens.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom. 5 vers 1-11.
Die tema van die prediking is : Om (jou) geloof te oorskat. - Vierde Lydensweek.
- Kategese.
- Spesiale Offer Arbeidsbediening Mosselbaai by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gholfdag 25 Maart 2023
Die 25ste Maart is weer tyd vir ons jaarlikse Gholfdag by Dolphin Creek Country Estate.
Kom geniet die dag saam met ons, met hope pryse, pret en plesier.

