13 Junie 2023
Goeiemôre gemeente
Ons dank die Here vir elke goeie gawe in ons gemeente. Ons is dankbaar vir elke lidmaat wat die
Boodskap uitdra en uitleef waar hulle ookal gaan. In besonder wil ons u bedank vir u betrokkenheid
by die verskeie bedieningsaksies in die gemeente. Sonder elkeen se insette sou die werk nie moontlik wees nie.
Ons het sedert die Covid-pandemie ons situasie fyn dopgehou en is dankbaar om te getuig dat ons
eredienste weer dieselfde getalle begin toon as voor die pandemie. Ons het twee versoeke gehad
dat ons die tyd wat die kerk in die winter begin, moet verander. Ons sal die situasie monitor en voor
die einde van die jaar hieroor terugvoer gee.
Ons het ook na vele oorwegings besluit om ons tweede leraarspos te vul. Die kerkraad het die pos
geadverteer in die Kerkbode en die sluitingsdatum vir die pos was 2 Mei 2023. Daar was 31 aansoeke en ons is opgewonde, om na deeglike oorweging, aan te kondig dat ons 3 kandidate genooi het vir onderhoude. Die onderhoude vind die week plaas en ons wil u vra om voorbidding te. doen vir die onderhoudspaneel en al die kandidate. Ons besef dat dit ‘n groot verantwoordelikheid is om ‘n leraar na ‘n gemeente te beroep en vertrou die Here in hierdie proses.
Die ander werk in die gemeente gaan spontaan voort en ons sal nadat die huidige ouditproses afgehandel is terugvoering gee oor die finansiële posisie van die gemeente. Ons kan egter met vertroue noem dat die boekjaar met positiewe syfers afgesluit kon word.
Indien u gereeld op die terrein kom, sal u opmerk dat daar tans verskeie onderhoudswerk op die terrein gedoen word. Ons kan u verseker van ons deeglike beplanning en bestuur van ons fondse in die verband.
Ons wil u ook vra om die kerkkantoor te kontak indien daar nood is, ‘n besoek verlang word, of indien ons op enige manier kan help om die dienskarakter van ons gemeente te verbeter.
Saam in Koninkryksdiens.
Willem du Preez
Voorsitter van die Kerkraad


