Afkondigings 21 – 28 Mei 2023

Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier

21 Mei 2023 – 28 Mei 2023

Vandag – Sondag 21 Mei 2023 – Pinkster :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Fanie Bergh wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Sag 4:1-14; 6. Die tema van die prediking is: God die Gees gee vir Sy kinders krag in swaar en moeilike tye.
  • Kategese.
  • Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
  • GEEN tee sal vandag bedien word na afloop van die erediens nie.

Pinksterprogram Sondag 21 Mei tot Donderdag 25 Mei 2023

Al die Pinksterdienste word gelei deur dr Frans Hancke TEMA: Nuwe identiteit, nuwe mense
So 21 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Ma 22 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Di 23 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Wo 24 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Do 25 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.


Na die aanddienste kan u ’n koppie sop kom geniet in die kerksaal.

Woensdag 24 Mei 2023 :

  • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
  • Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.

Sondag 28 Mei 2023 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker: ds Danie Goosen.
  • Nagmaal.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Ramot by die deure.

Algemene Pinkster Afsluiting Sondag 28 Mei om 15:00

Anglikaanse Kerk Groot-Brakrivier

U word genooi om die diens saam met ons by te woon. Dit is ’n twee ure lange diens by die Anglikaanse Kerk in Wolwedans.

Sang en boodskappe vanaf verskillende kerke word voorgehou.

Ons kom 14:30 hier by ons kerk bymekaar en vertrek dan saam na die Anglikaanse Kerk.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.

JEUG :

  • Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
  • Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Klub 50

Pannekoek bak en verkoop @ R6 elk
Datum: Woensdag 7 Junie vanaf 8:00
Plek: Kerksaal

Klub 50 vra asb n donasie/bestanddele van lede wat nie met hierdie fondsinsameling kan help nie.

Kom ondersteun ons asb. Julle is welkom om by die kerksaal te kom koop .

Bestellings kan ook vooraf geplaas word by:
Estelle Uys: 072 675 6696
Marie Snyman 082 229 8316
Johan Snyman 083 736 5747
Faan Muller 084 870 3236

Gemeentenuus

Baie geluk aan Ds Danie Goosen wat verkies is as Voorsitter van die Ring van Mosselbaai by laas week se sinodesitting, asook Mnr Willem du Preez wat verkies is as Kerkraadsverteenwoordiger van die Ringskommissie van Mosselbaai.

Bloedskenking :

DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!

Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 1 Junie 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo – 083 447 9891.

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA TAIWAN

FEBA Taiwan is een van vyf produksiesentrums en vervaardig twaalf programme in Mandaryns.

Ons gebed vir die week: Bid asseblief dat God elke program sal seën wat deur FEBA Taiwan vervaardig en uitgesaai word; en dat dit die mense sal bereik wat dit veronderstel is om te bereik, sonder enige hindernis.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Mei 2023 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Nuwe lidmate en lidmaat besoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Getuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons volgende uitreikdatums vir die kwartaal is op 24 Mei, 7 en 21 Junie.
  • Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
  • Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:

– Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.

– Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate:

1. Bestanddele in ‘n glas koffiebottel of

2. Gevries in 2 liter roomysbak

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

– ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.

Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.

Behoeftes vir Getuienisprojekte :

  • Daar is tans ’n groot behoefte aan wol. Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak deur middel van foto’s wat op die webblad geplaas word.
  • Daaris nog ’n behoefte vir krukke vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkersvan die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia – 084 783 1308.

Die webwerf(nggrootbrak.co.za)

21 Mei 2023

  1. Erediensbediening:

a)Skakel na die YouTube Preek van 21 Mei 2023.
b) Pinksterpreke sal die volgende dag beskikbaar wees op die webwerf.

2. Bybelstudiereeks:
a) Afdrukke van die oorspronklike Bybelstudiereeks ‘9 Weke’ van dr Frans Hancke is met donasie beskikbaar by die kerkkantoor.
b) Die weeklikse bydrae: “Stof tot nadenke: Hoe kyk jy na alles?”.

3. Getuienisbediening: Mei nuusbriewe van Madagaskar.

4. Aktiwiteite in Gemeente: Daar is ‘n versoek dat mense asseblief kom bloed skenk op 1 Junie vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.

5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

6. Die QR kode regs bo is om die toegang tot die webwerf vir almal te vergemaklik.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314