Afkondigings 28 Mei – 4 Junie 2023

Vandag – Sondag 28 Mei 2023 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Jes 6 en Op 4. Die tema van die prediking is: Eer aan die Koning!
  • Nagmaal.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Ramot by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Gesamentlike Pinksterafsluiting Sondag 28 Mei om 15:00

AGS Kerk, Greenhaven, Groot-Brakrivier.

U word genooi om die diens saam met ons by te woon. Dit is ’n twee ure lange diens by die AGS Kerk in Wolwedans.

Sang en boodskappe vanaf verskillende kerke word voorgehou.

Ons kom 14:30 hier by ons kerk bymekaar en vertrek dan saam na die

AGS Kerk.

Woensdag 31 Mei 2023 :

  • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 10A (Tergniet-Oos)& 10B/10C (Tergniet-Sentraal & Wes) by Maja Wagener, Luckhoffstraat 02 – 083 476 6147.

Donderdag 1 Junie 2023 :

B loedskenk-geleentheid :

DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!

Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 1 Junie 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.

Sondag 4 Junie 2023 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker: ds Danie Goosen.
  • Kategese.
  • Sinodale Offer vir Jeugwerk by die deure.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Junie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

JEUG :

  • Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
  • Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Getuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons volgende uitreikdatums vir die kwartaal is op 7 en 21 Junie.
  • Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
  • Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:

– Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.

– Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate:

1. Bestanddele in ‘n glas koffiebottel of

2. Gevries in 2 liter roomysbak

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

– ‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.

Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.

Behoeftes vir Getuienisprojekte :

  • Daar is tans ’n groot behoefte aan wol. Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak deur middel van foto’s wat op die webblad geplaas word.

Gemeentenuus

Baie geluk aan ds Danie Goosen wat verkies is as Voorsitter van die Ring van Mosselbaai by die sinodesitting, asook mnr Willem du Preez wat verkies is as Kerkraadsverteenwoordiger van die Ringskommissie van Mosselbaai.

Dankie

’n Bedrag van R17 785 is ingevorder vir Bybelgenootskap met die Pinksterdienste se deurkollekte. Baie dankie vir elkeen se bydrae.

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA MIANMAR

FEBA Mianmar fokus hoofsaaklik op nie-gelowiges, maar help ook hul Christelike luisteraars deur gereeld met hulle op te volg en hulle met ander gelowiges te verbind.

Ons gebed vir die week: Bid asseblief vir die span van FEBA Mianmar en dat hul invloed onder die etniese nie-gelowiges sal toeneem, sodat meer mense hul lewens aan Christus sal gee.

Omgeebediening : 

  • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
  • Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527).

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.

Klub 50

Pannekoek bak en verkoop @ R6 elk

Datum: Woensdag 7 Junie vanaf 8:00

Plek: Kerksaal

Klub 50 vra asb n donasie/bestanddele van lede wat nie met hierdie fondsinsameling kan help nie.

Kom ondersteun ons asb. Julle is welkom om by die kerksaal te kom koop.

Bestellings kan ook vooraf geplaas word by:

Estelle Uys – 072 675 6696

Marie Snyman – 082 229 8316

Johan Snyman – 083 736 5747

Faan Muller – 084 870 3236

Die webtuiste (nggrootbrak.co.za)

28 Mei 2023

  1. Erediensbediening:

a)Skakel na die YouTube Preek van 28 Mei 2023.

b) Pinksterpreke se skakel na YouTube is beskikbaar op die webwerf.

2. Bybelstudiereeks:
a) Afdrukke (met donasie) van die oorspronklike Bybelstudiereeks ‘9 Weke’ van dr Frans Hancke, asook die oorspronklike boek (teen R200) is beskikbaar by die kerkkantoor.
b) Die weeklikse bydrae: “Stof tot nadenke:Paulus en Timoteus se gebed.”

3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

4. Die QR kode regs bo is om die toegang tot die webwerf vir almal te vergemaklik.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314