Verjaarsdae
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

DEURKOLLEKTE
Gemeentebegeleiding se roeping is om gemeentes te ondersteun om in uitdagende tye te floreer en te blom. Deur verskeie instrumente help ons leiers om diep na die Woord en hul gemeenskap te luister, sodat hulle onder leiding van die Gees God se voorkeurtoekoms vir hul gemeente kan onderskei.

Gebedsgidse vir Augustus 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 35, asook die antwoorde vir nommer 34 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.






“En mag God self, die God van vrede, julle in elke opsig heilig maak; en mag julle volledig na gees, siel en liggaam, vlekkeloos bewaar word, tot ons Here Jesus Christus kom. Hy wat julle roep, is getrou en sal dit doen” (1 Tess. 5:23-24 Afr20).
In Niger ontvang FEBA-luisteraars dikwels teenstand nadat hulle tot bekering kom. Hamma, wie se hele familie Moslem is, was diep geraak toe hy FEBA Niger se program in Gourmanchema, sy moedertaal, gehoor het. Na die tyd het hy die omroeper gekontak. “Hy het my gehelp om my lewe vir Jesus te gee. Van toe af het my lewe verander. Maar ek benodig gebed, want dinge tussen my en my familie het moeilik geraak.”
Ons gebed vir die week: Bid dat luisteraars soos Hamma in geloof sal groei en hul families na Christus sal lei.



Nuut op 26 Julie 2026
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Kies vandag wie jy wil dien.
Teks: “… kies dan vandag wie julle wil dien … Maar ek en my familie, ons sal die Here dien.” (Jos. 24:15)
Liewe Vader, gee my die dapperheid om openlik net vir U op te staan.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Waar kom jou hulp vandaan?
Teks: “Julle voorvaders het na My geroep om hulp …” (Jos. 24:7)
Liewe Vader, dankie dat ek altyd na U kan roep in moeilike tye.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Wees altyd naby die Here.
Teks: “… en hulle het hulle plekke kom inneem in die teenwoordigheid van God.” (Jos. 24:1)
Liewe Vader, help my om so te leef dat ek nie skaam hoef te wees vir wat ek dink, sê of doen nie. In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Beste ,
Oorgangstye kan tegelyk vol onsekerheid en opwinding wees. Groot veranderinge bring nuwe uitdagings, én vars geleenthede. Ons beleef tans iets daarvan …
Ek is oppad terug na Japan ná ‘n blitsbesoek aan Suid-Afrika. Die hoofdoel was om ‘n konferensie by te woon van die International Association for Mission Studies, by UNISA in Pretoria. Dit was ‘n betekenisvolle geleentheid vol nuwe ontmoetings en leersame gesprekke, waar ek ook kans gehad het om ‘n aanbieding te doen. Verder kon ek ook ‘n paar van Missie Japan se leiers ontmoet tussendeur, en het ek gepreek by NG Riviera-Jakaranda gemeente in Pretoria. ‘n Bemoedigende ervaring!
Maar ek kon ook ‘n rukkie by my ouers (albei in hulle 80’s) vertoef om hulle te ondersteun in hulle groot skuif na ‘n aftree-oord in Jeffreysbaai, waar meer versorging en ‘n kleiner leefruimte beskikbaar geword het. Ons is baie dankbaar en die drie dae saam was kosbaar.
Oppad na Suid-Afrika het ek ‘n ekstra dag vertoef om ‘n span van Singapoer te ontmoet (foto bo) en meer oor ons werk te deel. Dis ‘n groep saam met wie ek verlede jaar in Kanazawa ondersteuningswerk gedoen het ná die aardbewing daar. Hulle gasvrye ontvangs en geesdrif om in Japan betrokke te wees, was besonders.
Die ander oorgang wat ons deurleef is Annlie, ons oudste dogter, se skuif na universiteit. Sy is slaggereed vir die nuwe, groot tree op haar lewenspad. Carina verdien alle krediet, saam met Annlie, vir meer as ‘n dekade van toewyding, opoffering en vasbyt! Genade op genade. Eerder as wat ek nou iets verder kwytraak, lees gerus hieronder wat Annlie self geskryf het oor haar ervarings tot hier en haar verwagtinge van wat voorlê.
Intussen maak ons as gesin ‘n ander oorgang … na rustyd. Ons jaarlikse verlof is om die draai en ons sien baie uit na ‘n kans om te herlaai, te reflekteer en met vars krag terug te keer na Kobe. Met die huidige hittegolf in Japan is dit dalk bietjie makilker gesê as gedaan, maar ons gaan dit beslis ‘n ‘go’ gee!
Bid saam met ons vir die Here se sorg en leiding in:
Seën en sterkte met die nuwe kwartaal wat pas aangebreek het in Suid-Afrika.
Met diep waardering vir elkeen wat bid, bydra, versorg en omgee.
Stéphan, Carina en gesin

Annlie remembers and looks ahead
I was homeschooled in Japan. This already makes me peculiar. I am also often the only foreigner and Christian in my environment. Contrary to what people might presume, these very factors, with the help of my family and community, are what really shaped me into who I am today.
When I was small, I was always acutely aware of how different I was from all the Japanese around me and how I stood out without having to do anything. I often didn’t understand what people were talking and laughing about and I never said anything without being absolutely sure that I wasn’t making a mistake in Japanese. But I have always liked challenging myself. Feeling a great desire to be able to understand and be understood, I often forced myself to go to camps or to interact with people. Because of all the activities, I grew in my ability to make friends with people of all ages, I lost a lot of my fear of performing in front of other people, and I realized that I don’t have to be afraid to make a mistake because everyone already accepted me as a member of God’s family. Much different than my younger, uncertain self, today I would proactively go out to start friendships and readily accept any ministry that I can do.
My family has always been an integral part of my life. I have three younger brothers, and like the barefoot children of Africa whose feet become almost bulletproof on the rough red roads, I became stronger by running around with them. Surprisingly, however, at the same time I also somehow developed a great love for beauty — I painted, made dresses, played the piano, and most especially loved to dance. Being the only other woman in the house and my teacher, my mother and I have a very intimate relationship, and she taught me how to think critically and to always examine every possible angle of a problem. My father, on the other hand, always knew what I was feeling without me saying anything, and he would often remind me to go outside or rest, testifying to the benefits of balance through his own life as well. In the end I have come to realize how powerful a loving, robust family can be. Although it is hard, I can definitely say that I have become more patient through my family, and it is true what Jesus says—if you are faithful with little, you will be given much.
A vital part of my community is our home church in Kobe. Our church is very small and there were times when it was only us at Sunday School. Often, I found the sermons to be beyond my comprehension, the liturgy too stiff and everything moving just too slowly for me. At the time I did not realize how big an impact our sizeable family of six made on the church, but everyone always seemed to love having us there. As I got older, however, I started to become friends with all the older ladies of the church, and I even opened a sewing and knitting club where the ladies would teach me how to make things while they talked about their daily struggles and sipped some tea. Through them I have discovered what a privilege it is to have such wise and supportive older friends, but also what a big difference I can make in their lives as well. I still regularly go to their homes to encourage and perhaps bring a little bit of sunshine into their otherwise lonely lives.
There are few things in life that mould people as much as real-life relationships. In this technologically advanced but lonely world today, I feel the indispensability of flesh and blood relationships all the more strongly. Most importantly, my environment has taught me how to have confidence. It is not from what I have achieved, but from an inward joy that believes that the joy of the Lord is my strength.
My goals for my tertiary studies at Tokyo Christian University (TCU) are to cultivate a thorough understanding of the Bible from a wide array of subjects so that I may be fully equipped to work in ministry, as well as to meet a lot of new people from various countries so that I might develop strong ties between Japan and the rest of the world. Building life-long relationships with people with whom I can serve the Lord and my neighbour is very important for me. The course I am planning to take at TCU is mainly a liberal arts course based on a biblical worldview. Not many people understand what a liberal arts course entails today, and many may view the phrase quite negatively. Ironically, however, a traditional liberal arts course may be getting increasingly more relevant to our technologically driven and AI-powered world today. People who can think critically and discern what is true and what is false are much needed. People who can serve other humans in a holistic way, from a whole range of viewpoints are essential.
I think it is an amazing privilege to study liberal arts with the wide range of topics and future opportunities it presents. Because of my many interests, delving deeper into a variety of subjects would really help me to develop a solid basis first so that I will be able to discern more clearly where I should specialize in the future.
One of my future aspirations is to work with kids, possibly helping orphans or children who have physical or mental problems or problematic issues in their homes. I would also like to be able to use the interests I have in art, music, crafts, dance, plants, and photography to engage children in activities that could help them therapeutically or provide them with a safe space where they know they can be themselves. I am very much interested in the possibility of becoming a teacher where I can freely educate children from a biblical perspective.
Bly op die pad van die Woord, selfs al kos dit moeite.
Teks: “Maar julle moet sterk staan in die uitvoering van alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie.” (Jos. 23:6)
Liewe Vader, maak my gehoorsaam aan U Woord. Ek is gewillig om U te gehoorsaam.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Jy hoef nie alles alleen te dra nie — jy mag soos ’n kind op jou Vader vertrou.
Teks: “… en hulle het hulle plekke kom inneem in die teenwoordigheid van God.” (Jos. 24:1)
Liewe Vader, draai my hart weer na U toe. Help my om U te vertrou soos ’n kind sy ouers ten volle vertrou.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My wens vir jou is dat jou oë vandag sal oopgaan vir die wonders wat die Here doen. Ontvang vandag die Woord.
Teks: “Die Here julle God sal hulle wegstoot voor julle en hulle voor julle uit verdryf.” (Jos. 19:50)
Liewe Vader, dankie dat U groter is as al my probleme.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: Romeine 8: 12-25
Tema: Versekerde Hoop!
Datum: 19 Julie 2026
My gebed is dat jy vandag eers stil sal raak en die Here se wil sal soek. Hier is ’n boodskap uit die Bybel net vir jou.
Teks: “Julle het gesien wat die Here julle God alles aan hierdie nasies gedoen het ter wille van julle. Dit is Hy, die Here julle God, wat die oorlog vir julle gevoer het.” (Jos. 23:3)
Liewe Vader, dankie dat ek altyd veilig in U hande is.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
“En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos dié van die unieke Seun van die Vader – vol genade en waarheid.”
(Joh. 1: 1420)
Genade
Ons hoor dikwels dat die evangelie genade alleen is. Dit is ‘n wonderlike gedeeltelike waarheid, waaraan ons so maklik vashou. Maar as ons net die genade alleen beklemtoon, sonder om ook tot die besef te kom, dat ons nie die sonde kan negeer nie, laat ons foute toe wat vir God onaanvaarbaar is. Dit kan lei tot die gebruik om onsself hoër te ag as God se eer.
Dit word dikwels deur die bekende manier van Christene, wat tog net nie wil aanstoot gee nie, gekenmerk. Ons wil net die vrede bewaar, en dan laat ons dikwels valshede toe, wat tot valse gerustheid in ons Christenwees lei. Dit kan tot die spreekwoordelike ‘kat op ‘n warm-wordende plaat’ lei, deurdat dit kan lei tot ‘ontoelaatbare’ gedrag, wat aanvaar word, ten koste van die waarheid.
Die evangelie van Jesus Christus is beide genade en waarheid.
Teksverse:
“Ja, ‘n son en skild is die Here God; genade en eer is wat die Here skenk. Hy hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef.” (Ps. 84: 1220);
“Met spotters spot Hy self, maar aan magteloses skenk Hy genade.” (Spr. 3: 3420);
“Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.” (Joh. 1: 16-1720);
“Maar ons glo dat ons op dieselfde manier as hierdie mense deur die genade van die Here Jesus verlos word.” (Hand. 15: 1120);
“Maar God, ryk in barmhartigheid, het ons, alhoewel ons dood was as gevolg van die oortredings, op grond van sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, saam met Christus lewend gemaak – uit genade is julle verlos!” (Ef. 2: 4-520)
Waarheid
Volgens Stephan Joubert: ‘Wanneer kerkmense slegs die waarheid kil en kou beklemtoon, raak hulle gou-gou liefdeloos en onsimpatiek’. Dit is ‘n toestand wat die gelowiges ten alle koste moet vermy.
Die aanhaling van Braam Hanekom is ‘n waarheid wat ons nie kan agter weë kan laat nie: ‘Geen verhouding kan blom as die waarheid nie vrylik gedeel kan word nie. Waar eerlike en egte kommunikasie om een of ander rede gesmoor of geïnhibeer word, kan jy maar seker wees dat verhoudings gaan kwyn.’
God is waarheid, en sy liefde en trouheid bewys dit keer op keer. Ons kan nie sonder hierdie waarheid leef nie. Ons moet egter ook besef dat daar straf aan verbonde is, wanneer dinge nie die waarheid reflekteer nie. Dit moet in opregtheid en liefde vir mekaar toegepas word, net soos die Vader ons in liefde bejeën het, en besef het ons is te swak. Van daar die wonderlike genadegawe van Jesus Christus en die teenwoordigheid van die Heilige Gees.
Teksverse:
“Die Here het reg voor hom verbygegaan en uitgeroep: “Die Here, die Here, ‘n barmhartige en genadige God, geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid, wat troue liefde vir duisende bly handhaaf, wat skuld, oortreding en sonde vergewe, maar wat beslis niks ongestraf laat nie, …”” (Eks. 34: 6-720);
“Salomo het gesê: “U self het aan u dienskneg, my vader Dawid, oorvloedige troue liefde bewys, omdat hy voor U geleef het in waarheid en geregtigheid, en ook met opregtheid van hart teenoor U…”” (1 Kon. 3: 620);
“Leer my u pad, Here; ek wil in u waarheid leef. Gee dat ek heelhartig vir u Naam ontsag sal hê.” (Ps. 86: 1120);
“Deur troue liefde en waarheid word sondeskuld bedek, en deur ontsag vir die Here vermy ‘n mens die kwaad.” (Spr. 16: 620);
“En ek Nebukadnesar, besing en verheerlik en eer nou die Koning van die hemele, omdat al sy werke waarheid is en sy paaie reg, omdat Hy hulle wat met trots rondloop, kan verneder.” (Dan. 4: 3720);
“Dit is wat julle moet doen: Praat onder mekaar die waarheid; beoefen in julle stadspoorte slegs regspraak wat waar is en tot vrede lei.” (Sag. 8: 1620)
Genade en Waarheid bring hoop
Die evangelie is genade en waarheid! Jesus Christus self was die genade en waarheid wat as mens hier op aarde vir ons foute kom sterf het. Hierdie een daad van God het dit vir elkeen van ons moontlik gemaak om die verlossings genade te ontvang. Ons is vrygemaak. Ons het egter ook ‘n verantwoordelikheid om mense in liefde tereg te wys, wanneer nodig.
Deur eerlik en opreg, en met ‘n omgee liefde, met iemand oor moontlike ontoelaatbaarhede te gesels, moet aanmoediging tot die hoop in Jesus Christus wees. Laat ons dus nie veroordelend wees nie, maar mekaar sagmoedig hanteer, sodat ons almal se lewenswyse tot eer van God kan wees.
Teksverse:
“Deur Hom het ons in geloof ook toegang verkry tot hierdie genade waarin ons vasstaan, en ons beroem ons op die hoop om deel te kan hê aan die heerlikheid van God.” (Rom. 5: 220);
“Maar die genadegawe is nie soos die oortreding nie. Want as deur die oortreding van een mens baie gesterf het, het die genade van God, ja, die genadegawe wat deur die een mens, Jesus Christus, gekom het, vir baie mense nog soveel oorvloediger geword. En die genadegawe is nie soos gevolg van een mens se sonde nie; want die oordeel oor een mens het tot vryspraak van baie oortredings gelei.” (Rom. 5: 15-1620);
“En God is magtig om alle genade oorvloedig vir julle te laat wees, sodat julle in elke opsig selfversorgend kan wees, en oorvloedig kan bydra tot elke goeie werk.” (2 Kor. 9: 820);
“God is Gees, en wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” (Joh. 4: 2420);
“Toe het Jesus vir die Jode wat Hom geglo het, gesê: “ As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels, en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”” (Joh. 8: 31-3220);
“Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei… ” (Joh. 16: 1320)
Sondag 19 Julie 2026 : Erediens om 10:00 GEEN Kleuterkerk en GEEN Kategese nie.
Woensdag 22 Julie 2026 – Kooroefening 16:45.
Woensdag 22 Julie 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood.
Woensdag 22 Julie 2026: Christmas in July.
Donderdag 23 Julie 2026: Bloedskenk 14:00-19:00
Sondag 26 Julie 2026 : Erediens om 10:00 – Kategese & Kleuterkerk.
5 Augustus 2026: Klub 50 Pannekoek 10:00
22 Augustus 2026 – Frank Opperman
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 19 – 26 Julie 2026
Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die heengaan van
Gerhard de Villiers (Rheebokvillage) wat Maandagaand (13 Julie) oorlede is. Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats


Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die heengaan van
Gerhard de Villiers (Rheebokvillage) wat Maandagaand (13 Julie) oorlede is. Ons innige simpatie aand sy familie en vriende.








“As enigiemand van julle wysheid kortkom, laat hy dit vra van God, wat aan almal gee, sonder voorbehoud en sonder verwyt, en dit sal aan hom gegee word” (Jak. 1:5 Afr20).
FEBA Indië vervaardig ’n Bengali-program vir vroue wat ongeletterd is. Die samelewing behandel hierdie vroue dikwels as minderwaardig en hulle beskou hulself ook as waardeloos. FEBA se program leer luisteraars dat God hulle sien, liefhet en as waardevol ag. Een luisteraar het in ’n krotbuurt saam met haar hardhandige, alkoholis-man gewoon, sonder hoop vir haar toekoms. Nadat sy die program geluister het, het sy die FEBA-span ontmoet en begin kerk bywoon.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Indië se Bengali-luisteraars Christus deur hierdie program sal ontmoet en sal besef hoe kosbaar hulle in God se oë is.
Ek bid dat jy vandag rustig sal stilstaan en eerlik na jou eie lewe sal kyk. Neem God se boodskap vandag ernstig op.
Teks: “Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het.” (Jos. 21:43)
Liewe Vader, dankie dat U my beskerm en getrou is aan U beloftes.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My gebed vir jou is dat jy met sagte oë na die mense om jou sal kyk. Hier is die Woord van God vir vandag.
Teks: “Die Israeliete het toe die bevel van die Here uitgevoer en uit hulle woongebiede vir die Leviete dorpe met weivelde gegee.” (Jos. 21:3)
Liewe Vader, dankie dat U my raaksien — help my om ook ander raak te sien.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My gebed is dat die Here jou hart vandag sal vul met rus, vreugde en vrede. God se Woord is vandag net vir jou. Lees dit.
Teks: “Josua het die stad herbou en daar gaan woon.” (Jos. 19:50)
Liewe Vader, baie dankie vir die nuwe geleenthede wat U oor my pad bring.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek bid dat jy vandag sal waag om te doen wat jy lankal weet jy moet doen. Neem die Woord van God ernstig op. Reageer daarop.
Teks: “Hoe lank gaan julle nog talm voordat julle die land in besit gaan neem wat die Here, die God van julle voorvaders, aan julle gegee het?” (Jos. 18:3)
Liewe Vader, maak my gewillig en bekwaam om te waag.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.