Stof tot nadenke: Beproewing, berou en bestemming

Almal sal met die vuur van beproewing gelouter word.

Mark. 9: 4983

Beproewing

Elkeen van ons gaan deur tye van beproewing. Dae en geberurtenisse wat ons dikwels laat voel dat ons nie weer sal opstaan nie. Tog kan ons, wanneer ons vashou aan God se woord, besef dat wat ons ookal mag deurgaan, ons geloof versterk word in hierdie tye. Ons word gelouter vir die werk van die Here wat vir elkeen van ons voorlê.

Volgens Calvyn se woorde: ‘Jy moet jou aan algehele beproewing onderwerp om volmaakte vreugde te ondek’, kan ons self die volmaakte vreugde ontdek aan die einde van beproewings. Ook die Chinese spreekwoord: ‘Die juweel kan nie gepoleer word sonder wrywing nie; so ook nie die mens sonder beproewing nie’, stel dit baie mooi. Ons moet enige beproewing wat na ons kant toe kom, verduur. Daardeur word ons sterker en beter om werksaam te wees in God se koninkryk.

Teksverse:

Beskou dit as groot vreugde, my broers, wanneer allerhande versoekings julle oorval, omdat julle weet dat, as julle geloof getoets word, dit volharding meebring.” (Jak. 1: 2-320);

My Heer verwerp beslis nie die mens vir ewig nie; maar as Hy iemand bedroef het, ontferm Hy Hom met die volle omvang van sy troue liefde.” (Klaag. 3: 31-3220);

As ons dus in beproewing kom, is dit dat julle bemoedig en gered kan word. As ons bemoedig word, is dit om julle te bemoedig en te versterk, sodat julle met geduld dieselfde lyding kan verduur wat ons ook verduur. En wat julle betref, het ons ‘n vaste verwagting: ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het.” (2 Kor. 1: 6-783)

Berou

Berou is iets wat ons moet toon, en waartoe beproewings ons dikwels dwing. Dis alleen deur berou oor die dinge wat ons verkeerd gedoen het, en deur vergifnis te vra, dat ons die oorwinning kan bereik. Die oorwinning wat ons, uit genade van God ontvang, deur Jesus Christus se lyding en oorwinning.

Daar is egter ook gevalle, soos die bekende geval van Judas Iskariot, waar die berou oor sy daad te laat gekom het. Vir hom was daar nie ‘n terugkeer na die veroordeling van die onskuldige Jesus Christus nie.

Teksverse:

Want Johannes het na julle gekom met die pad van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie, maar die tollenaars en prostitute het hom geglo. En hoewel julle dit gesien het, het julle tog nie later berou gekry en hom geglo nie.” (Matt. 21: 3220);

Toe Judas, sy verraaier, sien dat Hy veroordeel is, het hy berou gekry. Hy het toe die dertig silwerstukke na die leierpriesters en familiehoofde teruggeneem en gesê: “Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai.” Hulle het egter gesê: “Wat het dit met ons te doen? Jy moet maar self toesien” Hy het toe die silwerstukke in die tempel neergegooi, weggegaan en homself gaan ophang.” (Matt. 27: 3-520);

Wees dus op julle hoede. As jou broer sondig, wys hom tereg, en as hy berou het, vergewe hom. En as hy sewe maal op een dag teen jou sondig, en sewe maal na jou terugkom en sê, ‘Ek het berou’, moet jy hom vergewe. ” (Luk. 17: 3-420)

…is ek nou bly; nie omdat julle bedroef gemaak is nie, maar omdat julle droefheid tot berou gelei het.” (2 Kor. 7: 920)

Bestemming

Om die bestemming, waarheen elkeen van ons oppad is, met sukses te bereik, is al die beproewings en die berou, die moeite werd. Ons as mens voel so dikwels verneder voor ander mense, maar onthou: ‘Dis nie belangrik wat mense van ons dink nie!

Dis wat God van ons dink wat belangriker as enigiets is, wat ons kan deurgaan hier op aarde. Dan sal ons ook soos Daniël kan rus en opstaan vir ons bestemming aan die einde van die dae. Laat ons dus die wedloop met ons oë gerig hou op Christus, wat die eindbestemming vir ons moontlik gemaak het, deur die beproewings wat Hy moes deurmaak.

Teksverse:

Jy sal kan rus en daarna opstaan vir jou bestemming aan die einde van die dae.” (Dan. 12: 1320)

Simeon het hulle geseën en vir Maria, sy moeder gesê: “Kyk, hierdie Kindjie is bestem vir die val en opstaan van baie mense in Israel, as ‘n teken wat betwis word,…” (Luk. 2: 3420)

Stof tot nadenke: Aanmoediging

Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van barmhartigheid en God van alle bemoediging! Hy bemoedig ons in al ons verdrukkings, sodat ons hulle wat in allerhande verdrukkings verkeeer, kan bemoedig met die bemoediging waarmee ons self deur God bemoedig word; want net soos Christus see lyding oorvloedignoor ons kom, so is ook ons bemoediging oorvloedig deur Christus.

2 Kor. 1: 3-520

Aanmoediging en Aansporing

Niemand van ons kan net altyd sterk wees en alle teenslae vol moed aanpak nie. Almal van ons beleef tye van klein en swak voel. Van voel asof ons nie kan voort gaan nie. Dit is dan wanneer ons as mense en medegelowiges mekaar moet aanspoor en aanmoedig. Ons moet mekaar onderskraging bied; in tye van moedeloosheid mekaar kan vertroos, aanspoor en bemoedig.

Volgens ‘n anonieme aanhaling is ‘Aanmoediging soos suurstof vir die siel’. In die 2020 vertaling word aanmoediging vervang met aansporing. Die aanhaling van JH, reken aanmoediging is ‘Soos ‘n reënbui in ‘n tyd van droogte, so is woorde van aanmoediging vir die moedelose’. Dit is ‘n konsep wat ons almal verstaan. Veral in Suid Afrika wat eintlik bekend is as ‘n droë land, en ons wat tans onder waterbeperkings staan. Die reën in so ‘n tyd bring heerlike verlossing van die droogte toestande.

Die aanmoediging van iemand kan egter ook ‘n aanspreking of tugtiging inhou, wat in liefde en besorgdheid geuiter word. Paulus het die Hebreërs aangemoedig en aangespoor om te volhard so dat hulle in eensgesindheid kan leef, en ons verseker dat God ons net tugtig omdat Hy ons liefhet.

Teksverse:

Julle lewe moet vry wees van geldgierigheid. Wees tevrede mt wat julle het, want Hy het gesê, “Ek sal jou beslis nie verlaat nie, en ook nie in die steek laat nie”, sodat ons met vertroue kan sê: “Die Here is vir my ‘n helper – ek sal nie bang wees nie. Wat sal ‘n mens aan my doen?”” (Heb. 13: 5-620);

En mag die God van vrede, wat die groot Herder van die skape, ons Here Jesus, uit die dood uitgelei het deur die bloed van die ewige verbond, julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen, terwyl Hy in ons dit doen wat voor Hom welbehaaglik is, deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid behoort, vir ewig en ewig! Amen” (Heb. 13: 20-2120);

En julle, moenie die dissiplinering van die Here geringskat nie, en moenie moedeloos word wanneer jy deur Hom bestraf word nie; want die een vir wie die Here liefhet, tug Hy, en Hy straf elke seun wat Hy aanneem.” (Heb. 12: 5-620)

Bemoediging

Bemoediging en aansporing is aksies wat baie nou verband hou met mekaar. As ons dus aansporing gee, lei dit ook tot bemoediging van die wat dit nodig het. Ons word verseker dat ons die gawe van bemoediging, asook die voorbeeld van bemoediging by God, die Vader, Jesus Christus, die Seun, en die Heilige Gees ontvang. Sodat ons hoop kan hê om die lewe te trotseer en staande te bly in geloof.

Laat ons mekaar aanspoor en bemoedig sodat ons ook op hierdie wyse die beeld van Jesus Christus kan uitdra. Sodoende word ook die eer en verheerliking gebring aan God, die Vader en die Heilige Gees, wat dit vir ons moontlik maak om nader aan die beeld van Jesus Christus te kom. Sodat dit wat Jesus in die lydenstyd moes trotseer, nie verniet was nie.

Teksverse:

…wie kan bemoedig, moet bemoediging gee; wie mededeelsaam kan wees, moet dit met opregtheid doen; wie leiding kan gee, moet dit met toewyding doen; wie barmhartigheid kan betoon, moet dit met blydskap doen.” (Rom. 12: 820);

Alles wat vroeër opgeteken is, is tog vir ons tot lering opgeteken, sodat ons hoop kan hê deur die volharding en die bemoediging wat ons uit die Skrif ontvang.” (Rom. 15: 420);

En mag die God wat volharding en bemoediging bewerk, gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God, die Vader, van ons Here Jesus Chrisstus, die lof sal bring. ” (Rom. 15: 5-620)

Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van barmhartigheid en God van alle bemoediging! Hy bemoedig ons in al ons verdrukkings, sodat ons hulle wat in allerhande verdrukkings verkeer, kan bemoedig met die bemoediging waarmee ons self deur God bemoedig word; want net soos Christus se lyding oorvloedig oor ons kom, so is ook ons bemoediging oorvloedig deur Christus.” (2 Kor. 1: 3-520)

Stof tot nadenke: Lof en Lojaliteit

Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar.

2 Thes. 3: 320

Lojaliteit

Volgens ‘n anonieme aanhaling word lojalitet as volg beskryf ‘lojaliteit is getrouheid en ywer en entoesiasme. Dit is gewone ordentlikheid plus gesonde verstand’. Die woordeboek se sinonieme vir lojaliteit is ook getrouheid en toegewydheid. Dit is iets wat ons as mense soek in goeie vriende, familie en naby mense. Ons word dikwels teleurgestel! Want lojaliteit is nie iets wat mens dikwels raakloop hier op aarde nie. Tog weet ons dat daar enkele mense is wat wel lojaal en getrou is. Dit is daardie mense met wie jy jou lewe sal vertrou.

Die Bybel leer ons dat God in alle omstandighede getrou is, en dus lojaal aan ons as swak en sondige mens is! So lojaal dat Hy om ons te red, Sy unieke Seun gegee het om vir ons sonde te kom sterf, sodat ons die ewige lewe kan beleef.

Ons moet egter besef dat God ook van ons lojaliteit en getrouheid vra. Ons moet lojaal en toegewyd aan God lewe. Hy wat ons so lief gehad het dat Hy ons vir ewig naby Hom wil laat voortleef. Kan ons dit ooit negeer en nee dankie sê? Kan ons dislojaal teenoor hierdie Grootsheid staan?

God vra ook dat ons lojaal moet wees aan medegelowiges. Dit kan ons doen deur in liefde as ‘n eenheid te leef, soos wat Ef. 4 1-16 so mooi stel. Ons moet kan saam werk en saam leef, omdat ons almal unieke gawes ontvang het, en soos een liggaam met verskillende ledemate saam moet funksioneer. Laat ons mekaar dan ondersteun met lojaliteit en in liefde, soos Cristus van ons vra en Paulus ons dring om in die liefde en die waarheid te bly.

Teksverse:

God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here.” (1 Kor. 1: 920);

Maar God is getrou – ons woorde aan julle is nie tegelyk “ja” en “nee” nie.” (2 Kor 1: 820);

Teenoor getroue volgelinge tree U getrou op; teenoor iemand wat onberispelik is, tree U onberispelik op;…” (Ps. 18: 2620);

Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggamsdele pas bymekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.” (Ef. 4: 15-1620);

Wees goedgesing teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” (Ef. 4: 3220)

Lof

Wanneer ons as mense lojaal is teenoor iemand, vind ons altyd iets goed om te sê oor ‘n ander. Hoeveel makliker moet dit nie dan vir ons wees om aan God lojaal en getrou te wees nie. Ons kan nie anders as om met lof van God te praat, en gevul te word met lofprysing oor die grootheid van God nie. Daar is geen ander God wat lofprysing waardig is nie. Ons God het die heelal geskep! Daar is elke dag rede om God te loof en te prys, wanneer ons Sy werke aanskou.

As God en die Heilige Gees ons lippe open, sal ons ook die Almagtige God kan loof soos die Psalmdigter so dikwels van geskryf het. Ons sal die lofuitinge nie kan keer nie. Laat ons elke dag bly wees in wat God vir ons in genade gegee het. Laat ons eensgesind wees, want dan sal ons ook uit een mond lof aan God kan gee.

Teksverse:

My Heer, maak my lippe oop en my mond sal u lof verkondig.” (Ps. 51: 1720);

…want U troue liefde is beter as die lewe. My lippe sal U roem; so sal ek U prys in my lewe; in u Naam sal ek my hande ophef.” (Ps. 63: 4-520);

My mond is vol lof vir U, die hele dag lank vol van u heerlikheid.” (Ps. 71: 820);

En mag God wat volharding en bemoediging bewerk, gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring.” (Rom. 15: 5-620)

Stof tot nadenke: Versoeking: Die voorbeeld van Christus

En meteens het ‘n stem uit die hemele gesê: “Dit is my geliefde Seun or wie Ek My verheug.”
Matt. 3: 1720

Christus, die geliefde Seun van die Vader

In Matt. 3: 1720 spreek God sy liefde uit vir Jesus Christus, net nadat Hy deur Johannes die Doper gedoop is. Dis ‘n baie bekende gedeelte in die Bybel, en word ook in Markus en Lukas goed beskryf, of na verwys. As gevolg van Jesus Christus se opdrag hier op aarde, moes Hy egter ook versoekings deurstaan, om ons menslike swakhede te oorwin.

Hierna word Hy deur die Gees die woestyn ingelei, waar Hy vir veertg dae en veertig nagte lank vas. In hierdie verswakte fisiese toestand kom die versoeker nader en versoek Hom driemaal. Ten spyte van sy fisiese verswakte toestand, het Christus egter geweet, daar is een manier om die versoeking te weerstaan, nl. Kennis van die Woord van God.

Teksverse:

Hierna is Jesus deur die Gees die woestyn ingelei om deur die Duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte lank het Hy gevas, en later honger geword.” (Matt. 4: 1-220);


Toe het die versoeker nader gekom en vir Hom gesê: As u die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode moet word. Maar Hy antwoord: “Daar staan ook geskryf,” ‘Van brood alleen sal die mens nie leef nie, maar van elke uitspraak wat uit die mond van God kom.’ ” ” (Matt. 4: 3-420)

Versoekings van Christus

Wie van ons was al vir so lank van voedsel ontsê? Wie van ons weet regtig hoe swaar dit is om vir veertige dae en nagte niks oor ons lippe te neem nie? Nie ‘n enkele brokkie nie. Sou ons die versoeking en aanslag kon teenstaan? Sou ons daaraan gedink het om na ‘n aanhaling uit die Bybel te gryp, wanneer ons so versoek word? Ken ons die Bybel goed genoeg om sonder om eers daaroor te dink, teen enige versoeking wat na ons geslinger word, spontaan daarop te reageer?

Tweedens het die Duiwel Jesus probeer versoek deur vir Hom te laat verstaan dat God se engele Hom sou red as Hy van die tempelgebou afspring. Hy sou geen skade opdoen nie. Dit was gedoen deur ‘n aanhaliing uit die Bybel in Ps. 91: 11-1220. Hierop het Christus geantwoord dat ons nie vir God mag versoek nie, want dit staan so geskryf. Hoe dikwels word ons versoek deur die woorde van ander, wat ons paai en sagkens hanteer, maar met duiwelse agendas? Voel jy bestand daarteen? Kom die antwoorde op hierdie versoekings vinnig genoeg?

Derdens het die Satan Jesus Christus al die prag en praal van die koninkryke van die wêreld gewys, en beloof om dit vir Hom te gee indien Hy voor hom sou neerkniel en hom aanbid. Hierop het Jesus Christus vir hom gesê: “Gaan weg Satan! Want daar staan geskryf, “ ‘Die HERE jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.’” (Matt. 4: 1020)

Teksverse:

Hy het jou nederig gemaak, jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy nie geken het nie en jou voorouers ook nie geken het nie, sodat Hy jou kon laat verstaan dat die mens nie van brood alleen sal leef nie, maar dat die mens sal leef van elke uitspraak uit die mond van die HERE. ” (Deut. 8: 320);


Julle mag nie die HERE julle God uitdaag soos julle by Massa gedoen het nie.” (Deut. 6: 1620);


Vir die Here jou God moet jy ontsag hê: Hom moet jy dien, en slegs in sy Naam moet jy sweer.” (Deut. 6: 1320)

Hoe kan ons weerstand bied?

Indien ons volkome op die Heilige Gees vertrou, en die Woord van God in nederigheid en ontvanklikheid bestudeer, sal ons die krag ontvang om teen aardse versoekinge weerstand te bied. Want soos Johannes Calvyn dit so goed stel: ‘Ware onderskeiding tussen reg en verkeerd hang nie af van die skerpheid van ons intelligensie nie, maar van die wysheid van die Gees.

Dan sal ons ook in die voetspore van Jesus Christus, vol van die krag van die Heilige Gees, weerstand kan bied. Net so het Jesus sy volgelinge voorberei teen swaarkry en versoekinge in Mark. 13: 1120, waar Hy belowe het dat as hulle onder die leiding van die Heilige Gees staan, sal Hy vir hulle woorde in hulle mond lê. Laat ons ook so onsself oorgee om deurdrenk van die Heilige Gees te wees, soos Paulus skryf in 1 Kor. 12: 1320, sodat ons Jesus Christus se voorbeeld om versoekings te weerstaan kan navolg.

Teksverse:

Vol van die krag van die Gees, het Jesus na Galilea teruggegaan, en die nuus oor Hom versprei.” (Luk 4: 1420);


Wanneer hulle julle gevange neem en julle oorlewer, moet julle nie bekommer oor wat julle moet sê nie, maar wat ook al op daardie oomblik aan julle gegee word, dit moet julle sê; want dit is nie julle wat praat nie, maar die Heilige Gees.” (Mark. 13: 1120);


En ons is tog almal deur die een Gees deurdrenk.” (1 Kor. 12: 1320);


…wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus. Moenie die Gees blus nie.” (1 Thes. 5: 18-1920)

Stof tot nadenke: Die Drie-Eenheid

Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is. Hy wat Here is van hemel en aarde, woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie. Hy word ook nie deur mense hande bedien, asof Hy aan iets beheofte het nie – dit is Hy wat aan almal lewe en asem, ja alles, gee. Uit een mens het Hy al die nasies van die mensdom gemaak om die hele aarde te bewoon. Hy het vir hulle vasgestelde tye gegee en die grense van hulle woongebied bepaal, sodat hulle God kon soek, en miskien na Hom sou uitreik en Hom sou vind, aangesien Hy nie ver van een van ons af is nie. Want deur Hom leef ons, beweeg ons en bestaan ons, soos sommige van julle digters inderdaad gesê het, “’Ons is ook van sy geslag.’

Hand. 17: 24-2820

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Drie-Eenheid”

Stof tot nadenke: Afgesonder vir God

Volgens sy wil is ons heilig gemaak deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, eens en vir altyd.

Heb. 10: 1020

Heilig en afgesonder?

Wanneer mens ‘n gelowige Christen is, het jy sekerlik al iewers in jou lewe beleef hoe iemand met nydigheid sê: “O, jy dink jy is so heillig!” Dan krimp mens soms ineen van die seer. Ons wil almal so graag aanvaarbeer wees vir die mense in ons nabyheid. Mense waarmee jy graag vriende wil wees. Aardse mense wat dink dis reg om almal om hulle se foute uit te wys.

Lees meer “Stof tot nadenke: Afgesonder vir God”

Stof tot nadenke: Goed en sleg

Maar vaste kos is vir volwassenes, vir hulle wat oor die aanvoeling beskik, deur gewoonte geoefen, om te kan onderskei tussen goed en kwaad.

Heb. 5: 1420

Hoe hanteer ons goed en sleg?

Almal van ons het al goed en sleg beleef. Sommiges het baie goeie dinge beleef en ander het ‘n oormaat slegte dinge beleef. Hoe hanteer ons hierdie dinge wat oor ons pad kom? Hoe leef ons saam met wat al met ons gebeur het, hetsy of dit goed, of sleg was? Hoeveel keer was elkeen van ons die rede vir goeie of slegte dinge wat met ander gebeur het? Wanneer dit met ons goed gaan dink ons dikwels dit is ons eie verdienste. Wanneer dit sleg gaan soek ons altyd iemand anders om te beskuldig, en so dikwels word die beskuldigde vinger na God gewys! Hoe dwaas kan ons as mens tog wees?

Wat gee ons insig oor goed en sleg?

Die Woord gee ons duidelike aanduidings. Wanneer ons God aanvaar as ons Leidsman en Vader, en die Verlossing deur Jesus Christus ons eie maak, dan leer die Heilige Gees ons wat reg en goed of wat sleg en kwaad is in hierdie lewe. Dis wanneer ons harte afwyk dat ons tot niet sal gaan en ons oorgee aan die kwaad.

Die aanhaling van Aleksander Solzjenitsin: ‘Geleidelik het dit tot my deurgedring dat die grense wat goed en kwaad van mekaar skei nie deur lande loop of deur klasse nie – ook nie deur politieke partye nie – maar regdeur die menslike hart; deur alle menseharte.’, beskryf dit goed. Dit is dus binne in ons, wat ons toelaat dat daar goed en sleg om ons plaasvind. Ons moet vas glo in die Drie-enige God, want dan sal ons nie beskaamd staan nie. Dan sal ons onderskeid kan maak tussen goed en kwaad soos in Hebreërs genoem word.

Teksverse:

Kyk, vandag hou ek aan jou die lewe en wat goed is, die dood en wat sleg is, voor. Wat ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, deur sy paaie te volg en sy gebooie, sy vaste voorskrifte en sy beslissings na te kom; dan sal jy leef en vermeerder, en sal die Here jou God jou seën in die land waarheen jy oppad is om dit in besit te neem. Maar as jou hart afwyk en jy nie luister nie, jou laat verlei en in aanbidding buig voor ander gode en hulle dien, dan maak ek vandag aan julle bekend dat julle beslis tot niet sal gaan.” (Deut. 30: 15-1820);
Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie. ” (Rom. 10: 1120)

Oorwinning

Laat ons die oorwinning behaal deur die goeie in dankbaarheid te aanvaar. Maar ons moet ook besef dat die slegte wat tot teleurstelling in alles om ons lei, ons kan sterk maak deurdat ons as Christene ‘n vaste fondament het, en ons vrede kan maak met dit wat vir ons teëspoed gebring het in hierdie lewe. Die aanhaling van John C Maxwell: ‘Sommige van die lewe se grootste deugde, soos geloof, geduld, volharding en hoop kom net met teleurstellings’ en die aanhaling van Seneca: ‘Geen teëspoed kan só erg wees dat die hart wat God ken, nie uiteindelik daarmee vrede kan maak nie.’ kan as aansporing dien om ons te laat besef dat ons nie alleen deur hierdie goeie en slegte omwentelinge stap nie.

Teksverse:

Elkeen wat na My toe kom en my woorde hoor en daarvolgens handel – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: Hy is soos ‘n man wat besig was om ‘n huis te bou. Hy het gespit en diep gegrawe, en die fondament op die rots gelê. Toe daar ‘n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit die huis nie laat ineenstort nie, omdat dit goed gebou was.” (Luk. 6: 47-4820)

Kragbron tydens goeie en slegte

Ons kan leef in die besef dat God ons kragbron is te alle tye, of dit nou goeie is of slegte ervarings. Laat ons nie vergeet waar ons krag vandaan kom nie, en laat ons geen struikelblok vir enigiemand anders wees nie, selfs nie ons vyande nie! Laat ons nie moeg word om goed te doen aan almal wat ons pad kruis nie! Laat ons aanhou om die wedloop te hardloop, sodat ons die oorwinning deur die genade van die Verlossing deur Jesus Christus as prys kan behaal.

Teksverse:

Laat hulle wat op U wag nie deur my toedoen beskaamd staan nie, HERE my Heer, Heerser oor alle magte. Laat hulle wat U soek nie deur my toedoen verneder word nie, o God van Israel.” (Ps. 69: 720);
Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan diegene wat julle haat.” (Luk. 6: 2720);
Julle het goed gehardloop. Wie het julle verhinder om aan die waarheid gehoorsaam te bly?” (Gal. 5: 720);
“Maar julle, broers, julle moenie moeg word om goed te doen nie.” (2 Thes. 3: 1320)

Stof tot nadenke: Die Teenwoordigheid van God

Ek mag leef in die teenwoordigheid van die HERE, in die land van die lewendes.

Ps.116: 920

Soos die Psalmdigter in Ps. 116: 920 so mooi stel, kan ons in hierdie lewe in die teenwoordigheid van God lewe. Dit is vir ons moontlik gemaak deur die genade van God wat Jesus Christus as mens na hierdie wêreld gestuur het. Ons is so pas deur die herinnering aan die koms van Christus, en ons staan in die begin van ‘n nuwe jaar. Die aanhaling van Amelia Anderson verwoord dit so mooi: ‘In die donkerste uur skyn God se lig dikwels die helderste en is sy genade genoeg om ons deur te dra na ‘n nuwe môre.’ Die lig van Jesus Christus het die duisternis laat verdwyn. Dit is nie ‘n fabel nie, maar deur die mense wat dit beleef het aangeteken.

Ons het ons immers nie op vindingryke fabels verlaat toe ons die kragtige teenwoordigheid van ons Here Jesus Christus aan julle bekend gemaak het nie. Inteendeel, ons was ooggetuies van sy ontsagwekkende grootsheid.” (2 Pet. 1: 1620)

Ons moet net gedurig die nabyheid en teenwoordigheid van God opsoek; deur stil gesprekke, gebed en die soeke na die Waarheid van God en Sy liefde vir ons as mens. Broer Lawrence se aanhaling: ‘As ek ‘n prediker was, sou ek die teenwoordigheid van God bo enigiets anders gepredik het. Ek streef daarna om slegs in sy heilige teenwoordigheid uit te styg en doen dit deur doodeenvoudig my aandag en ‘n liefdevolle blik konstant op Hom te rig. Dit kan ek ‘n ware teenwoordigheid van God noem, of om dit beter te stel, ‘n geheime gesprek, stil en gereeld, tussen my siel en God.’ laat dit so maklik klink. Tog verseker God ons dat Hy ons sal bewaar, en sodoende kan ons die lig van Jesus Christus laat skyn.

Soek die HERE en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op.” (Ps. 105: 420);
Ek, die HERE, het jou geroep met die oog op geregtigheid; Ek sal jou hand vasgryp, jou bewaar en jou bestem tot ‘n verbond vir die volk, tot ‘n lig vir die nasies –” (Jes. 42: 620)

Christus, die Immanuel, het vir ons kom demonstreer hoe ons moet lewe. Hoe ons almal om ons moet behandel, respekteer en konsidereer. Hoe ander belangriker as onsself moet wees. God het self in ons teenwoordigheid inbeweeg en is nader aan ons as onsself, soos die aanhaling van Augustinus so goed stel: ‘God is nader aan ons as wat ons aan onsself is’. Volgens Leon Bloy is ‘Spontane lewensblyheid die onmiskenbare teken van God se teenwoordigheid.’ Dit kan deel van ons lewe wees as ons God vra dat die Heilige Gees deel van ons lewe sal wees en beheer neem.

Daarom sal my Heer self vir julle ‘n teken gee: Kyk die jong vrou is swanger en gaan ‘n seun in die wêreld bring. Sy sal Hom Immanuel noem”” (Jes. 7: 1420);
“”Kyk die maagd sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem” – wat, as dit vertaal word, beteken ‘God is met ons’.” (Matt. 1: 2320);
Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.”” (Joh. 8: 1220);
So lank as wat Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld.” (Joh. 9: 520);
As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan hulle wat Hom vra!” (Luk 11: 1320)

Stof tot nadenke: Die Lig van Christus

Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.”

Joh. 8: 1220

In die Advent tyd kyk ons met vreugde uit na die herinnering aan die koms van die Lig na hierdie wêreld. Waar ons ookal gaan, luister ons na Kersliedere wat ons gedurig herinner aan die grootste geskenk wat ons nog ooit kon gekry het. Dié geskenk wat reeds meer as 2000 jaar gelede na hierdie wêreld gekom het. Tog was die gelowiges in die Ou Testament reeds bewus daarvan dat God die Lig is in die duisternis van hierdie wêreld. Die Lig was van altyd af by God en was saam met God.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Lig van Christus”

Stof tot nadenke: Die Bron van die Evangelie

Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar tereuggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

Luk. 4: 18-2120

Ons is in die Advent tyd van die kerklike jaar. Dit herinner ons aan die afwagting wat ons elke jaar onthou van die koms van Jesus Christus. Vir baie van ons is hierdie tyd die afwagting na Kerfees en vakansie tyd, wêreldwyd. Ons sien uit na saam kuier met vriende en familie. Vir menige mense is dit alleen tyd nadat hulle moes afskeid neem van geliefdes. Skielik is ons menswees onder ons uitgeruk! Tog is ons as gelowige Christene bewus daarvan dat die evangelie vir ons soveel meer in die afwagting bring.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Bron van die Evangelie”

Stof tot nadenke: Stilte…

As die Here nie my hulp was nie, sou ek spoedig in die stilte gewoon het.

Ps. 94: 1720

Stilte, iets wat ons soms ongemaklik na woorde laat gryp. Ons weet nie altyd hoe om stilte te hanteer nie. Ons is so gewoond daaraan om ons woorde, so dikwels sonder nadenke, te laat vlieg; net omdat ons bang is vir stilte! Hoekom is dit so moeilik vir ons om ons denke en woorde te beteuel? Mens kan tog nie hoor wat gesê word, as jy nie stil raak om te hoor wat ‘n ander sê nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Stilte…”

Stof tot nadenke

Vertrou op die Here en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid.

Ps. 37: 320

Die Psalmdigter wys daarop dat ons moet waak oor betroubaarheid. Kan ons as mense egter betroubaar wees? Selfs Salomo het gereken dat geen man betroubaar is nie. Kan ons deur ons lewe hoegenaamd poog om betroubaar te wees?

Lees meer “Stof tot nadenke”

Stof tot nadenke: Die Pottebakker en Sy klei…

Maar nou, Here, U is ons Vader. Ons is die klei en U is ons pottebakker – ons almal is die werk van u hande. Moenie mateloos toornig wees nie, Here, moenie vir altyd ons sondeskuld onthou nie! Ja, sien tog in: Ons almal is u volk.

”Jes. 64: 8-920

Wanneer mens ‘n pottebakker beleef, vanaf die klei se voorbereiding tot die finale eindproduk, besef mens wat hierdie inleidende en opvolgende verse vir mens probeer sê oor God, die Pottebakker van ons bestaan. Die Pottebakker het reeds ‘n beeld van die eindproduk in gedagte. Daar is egter ‘n groot hoeveelheid voorbereidings wat gedoen moet word, voordat daar hoegenaamd begin word. Die klei word in voorbereiding gebrei, sag gemaak, klamgemaak en gesif om alle onsuiwerhede uit die klei te verwyder. Daarna kom dit as ‘n bondel klei op die draaitafel of pottebakkers tafel waar dit verder met deeglikheid en noukeurigheid verder verwerk word.

Daar word met oorleg en met ervarings-kennis van alle beskikbare pottebakkersgereedskap gebruik gemaak. ‘n Draadsnyer, spons, ribbes, metaal skraper, hout modelerings werkstuk, ‘n lint werkstuk en ‘n skerp naaldwerkstuk, ‘n rand werkstuk en ‘n klei-gat werkstuk. Al hierdie gereedskap stukke word gebruik om die klei te vorm. Met ‘n baie stil en standvastige hand word die klei bewerk. Enige onsekerheid kan lei tot die her-begin van die finale produk. Deur al die werkery word die klei klam en nat gehou, sodat dit nie te vinnig uitdroog nie. Daar word gedurig weer her-beplan, om te verseker dat die beste produk op die tafel oorbly. Die klei word met die hande van die pottebakker in die aanvanklike proses bewerk en gevorm. Die hande hou die klei liefdevol vas, om die gewenste groote, holtes, openinge en vorm aan die gang te sit. Die rand word met die draadsnyer gelyk gemaak, en die vorm word verder met die ribbes, metaal skraper en hout modelerings werkstukke gevorm. Daarna word die versiering met skerp en snydende werkstuk gereedskap gevorm, ingesny en versier. In die proses word baie onnodige klei weggewerk. Aan die einde van die proses, word die produk losgesny van die tafel. Dit word verder stadig en stelselmatig uitgedroog, om enige barste en skeef trek te vermy. Dan word die finale produk geglasuur met verskillende kleure glasuur en word dan in ‘n baie warm potebakkersoond gebak om uiteindelik die finale produk te kry.

“Is Ek nie in staat om soos hierdie pottebakker met julle te maak nie, huis van Israel?” is die uitspraak van die Here. ‘Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, huis van Israel.” (Jer. 18: 620); “Jy sal nou vir my sê: Hoe kan Hy dan nog ‘n mens die skuld gee? Want wie kan sy wil tog teengaan?” Wie is jy tog, o mens, om God te weerspreek? Sal die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” Of het die pottebakker dan nie die reg om uit dieselfde stuk klei ‘n voorwerp vir edele gebruik of vir onedele gebruik te maak nie?” (Rom. 9: 19-2120)

Net so vorm God ons deur ons lewe. Ons word geskuur en geskaaf. Ons kry dikwels seer soos wat die klei met die skerp en snyers gereedskap gevorm word. God het ons reeds beplan nog voordat ons in die moederskoot gevorm is, om die beste ons te wees, soos wat Hy dit beplan het. Deur ons lewe ervaar ons terugslae en teenslae, wat ons nie altyd begryp nie, maar dit alles is deel van God se Pottebakkers Hand in ons lewens. Ons word dikwels losgesny van dinge wat ons standvastigheid gegee het. Ons word versier met genade gawes en die liefde van die Pottebakker. Ons moet egter onthou dat die Pottebakker ook die mag het om die kleipot wat nie voldoen aan sy skeppingsdoel nie, te breek en te vernietig.

Het Hy, wat my in die moederskoot gemaak het, hulle nie ook gemaak nie? Het Een ons nie in die baarmoeder voorberei nie?” (Job 31: 1520); “Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.” (Ps. 22: 1120); “Dit is immers U wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het.” (Ps. 139: 1320); “Jy moet vir hulle sê: “So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Só sal Ek hierdie volk en hierdie stad breek – soos mens die kleipot van ‘n pottebakker breek, sodat dit nie weer heelgemaak kan word nie. In Tofet sal mense begrawe word weens gebrek aan begraafplek.” ” (Jer. 19: 1120)

Wanneer ons oorgee aan die leiding van God deur die Heilige Gees kan ons ook vashou aan die belofte wat God vir Jakob gee in Jesaja. Ons hoef nie bang te wees nie, want God het ons met ‘n rede, en vir ‘n doel geskep in die moederskoot. Hy sal ons met waterstrome lawe en seën. Ons grootse Pottebakker het ons geseën met die ewige lewe, wat vir ons gegee is as genadegawe, deur Jesus Christus ons Verlosser, en die bystand en leiding van die Heilige Gees. Ons kan dus as oorwinnaars lewe, wat nie van ons Skepper geskei kan word nie.

So sê die Here, wat jou gemaak het, jou in die moederskoot al gevorm het, wat jou help; “Moenie bang wees nie, my dienskneg, Jakob, ja, Jeserum, wat Ek uitgekies het. Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome op droeë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nageslag, en my seën op jou nakomelinge. Hulle sal groei tussen gras, soos rivierwilgers langs waterstrome.” (Jes. 44: 2-420); “Maar in dit alles is ons selfs meer as oorwinnaars deur Hom wat sy liefde aan ons bewys het. Ek is immers daarvan oortuig dat nóg dood, nóg lewe, nóg engele, nóg magte, nóg teenswoordige, nóg toekomstige gebeure, nóg kragte, nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 8: 37-3920)

Stof tot nadenke: Verwondering

…en Hy het hulle gesond gemaak, sodat die skare vol verwondering was toe hulle sien dat doofstommes praat, kreupeles gesond word, verlamdes loop en blindes sien. En hulle het die God van Israel verheerlik.

Matt. 15: 3120

Wat is dit wat jou in verwondering laat? Die definisie vir verwondering is “om met verwondering na iets te kyk; verbaas of verstom te wees. Lied 464 verwoord die verwondering van die mens by aanskoue van God se skeppingswerk. So verwoord ook Ps. 8 en 104 die verwondering van die psalmdigter by aanskoue van God se skeppingswerk en die natuur. Ons grootste verwondering as gelowiges van die evangelie van Jesus Christus, lê egter daarin dat ons verwondering ervaar wanneer ons tot die besef kom dat God die Vader ons so lief kon hê, ons wat swak en nietige mense is, dat Hy sy unieke Seun na hierdie wêreld laat kom het. Sodat ons sy wonderdade, deur die ervarings van almal wat daar was, van bewus kan wees deur die woorde in die Bybel. Die menige vertellings van mense wat wonderwerke aanskou het; mense wat gesond gemaak is; mense waarvan geeste uitgedryf is deur bevele van Jesus Christus.

Lees meer “Stof tot nadenke: Verwondering”

Stof tot nadenke: Grense

Moenie ou grense verskuif wat jou voorouers gelê het nie.

Spr. 22: 2820

Dwarsdeur ons lewe stel ons grense aan alles om ons en in ons. Sommiges se grense is nou en beperk, terwyl ander wye ruimtes nodig het, en dus hulle grense daarby aanpas. Dis lewens grense, dorp grense en landsgrense. Dit is grense oor wie ons toelaat om ons lewensruimte binne te kom, of buite te hou. Dis grense van wat ons doen of nie doen nie. Hoe bepaal ons hierdie grense? Wie gee ons leiding om hierdie grense daar te stel? Die beste voorbeeld is sekerlik die Tien Gebooie wat deur God self aan sy volgelinge gegee is. Sy vereiste was dat hierdie grense nagevolg moet word om kinders van God genoem te word.

Hy het op die kliptafels die woorde van die verbond, die Tien gebooie geskryf. ” (Eks. 34: 2820)

…maar troue liefde bewys aan duisende, aan hulle wat My liefhet en my gebooie nakom.” (Eks. 20: 620)

Mense hou daarvan om grense te verskuif om by hulle leefstyl aan te pas. Maar het ons werklik die insig en vaste fondamente om dit te doen? Of leef ons in die illusie dat ons die mag het om grense te verskuif? Dit is God wat alle grense vasgestel het. Hy het selfs die seisonale grense daar gestel by die skepping. Dit is God wat besluit wat hier op aarde aanvaarbaar is of nie. Binne en buite Israel.

Mense verskuif grense, hulle buit troppe vee en laat dit wei.” (Job 24: 220);

U het al die grense van die aarde vasgestel; somer en winter, U het dit gevorm.” (Ps. 74: 1720);

…omdat hy gesê het: “Met krag van my hand het ek opgetree, en in my wysheid – ja, ek het insig. Ek verwyder die grense van volke, hulle voorraadkamers plunder Ek, en as die sterke, slaan ek wie op trone sit, neer.” (Jes. 10: 1320);

Ja, Edom sê: “Ons is verpletter, maar ons sal weer die puinhope opbou.” Maar so sê die Here, Heerser oor alle magte: “Húlle kan maar bou, maar Ék sal afbreek. Hulle sal die goddelose gebied genoem word, en die volk vir wie die Here vir altyd vervloek het. “Met julle eie oë sal julle dit sien en julle sal self erken: “Die Here is groot buite die grense van Israel.”” (Mal. 1: 4-520)

Ons as gelowige Christene word ook gemaan om nie ons grense te verskuif wat deur ons gelowige voorouers vir ons daar gestel is nie. Dit wat gabaseer was op wat God in hulle harte ingelê het. Mens kan ook nie dink om verkeerd teen vaderlose kinders op te tree nie, want God sal self as hulle losser optree. Ons word gebind om die regte ding dwarsdeur ons lewe te doen, want daar sal onvermydelik nagevolge wees, indien ons nie gedurig poog om binne God se wet te bly nie. Ons moet alles in ons vermoë doen om nie struikelblokke vir ander te wees nie, sodat hulle nie van God weggehou word nie.

Moenie ou grense verskuif nie, en in die landerye van vadderloses moet jy nie kom nie. Want hulle losser is sterk; Hy sal hulle regstryd teen jou voer.” (Spr. 23: 10-1120);

Uit een mens het Hy al die nasies van die mensdom gemaak om die hele aarde te bewoon. Hy het vir hulle vasgestelde tye gegee en die grense van hulle woongebied bepaal.” (Hand. 17: 2620);

Ek wil julle daaraan herinner – al weet julle dit alles – dat die Here, nadat Hy een keer die volk uit Egipteland gered het, die tweede keer diegene wat nie geglo het nie, omgebring het.” (Jud. 1: 620);

“Dit wat die wet ken – dat die wet seggenskap het oor mense vir solank as wat hy leef nie?” (Rom. 7: 120);

Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar struikelblokke kom, maar wee die een deur wie dit kom.”” (Luk. 17: 120);

Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder dié wat wel ingaan. ” (Matt. 23: 1620)

Hoe dankbaar kan ons nie wees dat ons ‘n liefdevolle God het nie. Wat ook vir elkeen van ons, wat in Hom glo, verlossing te weeg gebring het, deur Jesus Christus, wat alles gelei en gedoen het, om die wat in Hom glo, te verlos. Ook gee die Heilige Gees ons daagliks leiding, deur deure oop of toe te maak, van waar die Vader ons heen wil lei, net soos Paulus ook ervaar het in Troas. Laat ons ons grense bepaal deur die liefde van die genadegawes wat ons ontvang het, sodat ons ook God kan verheerlik in alles wat ons doen.

Daar sal nie langer iets oor geweld in jou land gehoor word nie, of oor verwoesting en vernietiging binne jou grense nie. Jy sal jou mure Verlossing noem, en jou poorte Lof.” (Jes. 60: 1820);

Hulle het deur Frigië en die landstreek van Galasië gereis, omdat hulle deur die Heilige Gees verhinder is om die woord in Asië te verkondig. Toe hulle naby Misië kom, het hulle probeer om na Bitinë te gaan, maar die Gees van Jesus het hulle nie toegelaat nie. Hulle het toe by Misië verbygereis en afgegaan na Troas. Daardie nag het Paulus ‘n visioen gehad. ‘n Macedoniese man het daar gestaan en hom gesmeek met die woorde: “Kom oor na Macedonië en help ons!”” (Hand. 16: 6-920);

Toe Ek by hulle was, het Ek hulle wat U My gegee het, in u Naam bewaar. Ek het hulle beskerm; en niemand van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.” (Joh. 17: 1220)

Stof tot nadenke: God se wil

God se wil

Daarom dan, van die dag dat ons dit gehoor het, hou ons nie op om vir julle te bid nie. Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil, deur al die wysheid en insig wat die Gees gee.

Kol. 1: 920

Om die wil van God te ontdek en te doen, is ‘n behoefte van elke gelowige. Ons is gedurig op soek na die wil van God, deur Bybelstudie, deur gebed, deur met ander daaroor te gesels. Hoe vind ons die oplossings vir ons lewe? Daar is baie skrywers wat hulle opinie lig oor die wil van God, soos die aanhaling van Braam Hanekom ‘God se wil vir jou lewe is nie ver verwyder van die passie wat in jou geplaas is nie. Miskien moet jy ophou soek na sy wil en diep in jou binneste die passie ontdek wat Hy daar geplaas het.’, of die aanhaling van Euripides dat ‘Menslike briljantheid beteken niks nie, tensy dit met God se wil rekening hou.’ So het menige geleerdes en soekers na die wil van God, antwoorde geformuleer om hulle eie gemoed te stil. Ook die aanhaling van Trevor Hudson ‘Wanneer ons God se wil soek en dit doen, ervaar ons gewoonlik ‘n toenemende innerlike silte, tevredenheid en vreugde. Selfs al beteken dit soms moeilike keuses of om teen die massa in te gaan. Wanneer ons doen wat die stem van ons gewete ons vra om te doen, word ons harte en verstand aangeraak deur ‘n diep innerlike kalmte.’ Dis maar enkele van die beskikbare aanhalings van soekers na die wil van God.

Tog gee die Skrif, wat waarheid is, vir ons duidelike aanduiding oor die wil van God. Die volmaakte wil van God. Ons moet afgesonder vir Hom leef. In hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie.

Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.” (2 Tim 3: 16-1720);
Julle moenie aan hierdie wëreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is.” (Rom. 12: 220);
Daarom laat hy hom, gedurende die oorblywende tyd van sy liggaamlike bestaan, nie langer deur menslike begeertes lei nie, maar wel deur die wil van God.” (1 Pet. 4: 220);
Want dit is God se wil dat julle heilig moet leef: dat julle julle sal weerhou van onsedelikheid,…” (1 Thes. 4: 320)

Hoe kom ons tot daardie punt dat ons kan leef volgens God se wil? Ook hiervoor is daar verskei teksverse wat ons help. Ons moet in gebed tot God nader, ons moet dankbaar wees vir alles wat ons het. Dit alles is vir ons moontlik, wanneer ons besef dat God dit vir ons bewerkstellig. Dis nie uit eie krag wat ons die volmaakte wil van God ontdek nie, maar wanneer ons ons oorgee aan die leiding van die Heilige Gees, wat vir ons intree. Ons aardse begeertes is van verbygaande aard, maar God se wil is vir ewig.

Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.” (1 Thes. 5: 16-1820);
Want elkeen wat die wil van God doen , is my broer en my suster en my moeder.” (Mark. 3: 3520);
Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, dat Hy volgens die wil van God vir die heiliges intree.” (Rom. 8: 2720);
En die wêreld en sy begeertes gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly tot in ewigheid.” (1 Joh. 2: 1720)

Dit alles is vir ons moontlik gemaak deur God, die Vader, wat ons so lief gehad het, dat Hy sy Enigste en unieke Seun as Verlosser gegee het. Ook die Heilige Gees is vir ons as waarborg van ons erfenis as genadegawe gegee, sodat ons tot eer en verheerliking van God kan leef. Laat ons besef dat ons wapen vir enige verdediging, die wil van God is. Dan sal ons ook soos Jesus Christus as ons voedsel, die wil van God vind, sodat ons tot eer en verheerliking van Hom kan leef. Daarin is die krag van ‘n opregte gelowige, om God se wil biddend te vra om te kan lewe en ‘n bron van lewe vir ander te kan wees!

Hy het die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak, soos Hy dit goedgedink en in Christus voorgeneem het, om die volheid van die tye te bestuur, en om alle dinge – die dinge in die hemel en die dinge op die aarde – onder een Hoof in Christus saam te bring. ” (Ef. 1: 9-1020);
Die Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid.” (Ef. 1: 1420);
En Jesus sê vir hulle: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.” (Joh. 4: 3420);
Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen.” (2 Kor. 6: 783); “Om te leef soos die Here dit wil, is die krag van die opregte;…” (Spr. 10: 2983);
Wie die wil van die Here doen, is ‘n bron van lewe; die mens wat wysheid het, red lewens.” (Spr. 11: 3083);
Vra na die wil van die Here, dan sal julle lewe!” (Am. 5:683)

Stof tot nadenke: Verandering…

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

2 Kor. 3: 1820

Verandering is een van daardie konsepte wat ons benoud maak. Ons is so gewoond aan wat ons ken, en sien nie altyd kans dat enigiets verander om ons nie; uit vrees dat ons nie sal weet hoe om die verandering te aanvaar en hanteer nie. Twee bekende persoonlikhede het as volg oor verandering gevoel: ‘Veranderings is die wet van die lewe. En dié wat net op die verlede of die huidige konsentreer, gaan beslis die toekoms verpas.’ is ‘n aanhaling van John F Kennedy. Dit is besonder waar van alle tye af. Die bekende Leo Tolstoi se aanhaling bring ons nader aan wat God in ons lewe bewerk deur verandering: ‘Alles verander. Alles beweeg – en die beweging is God. En terwyl daar lewe is, is daar dié bewustheid van die goddelike. Om die lewe lief te hê is om God lief te hê. Swaarder en tog die grootste seën vir ‘n mens is dit om hierdie lewe lief te hê in ‘n mens se lyding.

Daar is nog menige ander bekendes wat hule siening oor verandering uitgespreek het, waarvan hierdie maar enkeles is: ‘Wees die verandering wat jy graag in die wêreld wil sien’, ‘n bekende aanhaling van Gandhi; ‘Dit is in verandering dat dinge betekenis kry.’ ‘n aanhaling van Heraklitus; ‘Niks is permanent behalwe verandering nie.’ ‘n aanhaling van Herodotus. Dit is duidelik dat verandering ‘n gegewe is in die lewe. Iets wat ons soms benoud laat oor die onbekendheid daarvan. Ons kan egter met sekerheid weet dat die verandering om ons teweeg gebring word deur God en Sy Gees wat in ons werk, soos Trevor Hudson dit so mooi saamgevat het: ‘Werklike verandering vloei altyd van binne af voort. Dit is ‘n saak van die hart. Innerlike verandering vind plaas in daardie verborge area van ons lewens wat God alleen kan bereik en wat ons nie sonder God se hulp kan sien nie. Dis alleen die Gees van God wat daardie verandering van hart, wat ons diepste behoefte is, teweeg kan bring.

Ons staan binne-in ‘n redelik groot verandering in ons gemeente, te wete die standplaasverwisseling wat tussen twee predikante gaan plaasvind. Ons kan egter in sekerheid leef dat ook dit die werking van die Heilige Gees is wat beide predikante gedring het om ‘n verandering te maak. Dit kan dus omwentelinge teweeg bring, maar as dit God se wil is, kan ons seker weet dat dit ten bate van beide gemeenskappe, asook die predikante is. Dinge sal noodwendig tot ‘n sekere mate verander, want daar word nuwe energie na die gemeentes gebring, en tog is dit wat God gewil het.

As daar ‘n ander priesterskap kom, volg noodwendig ook ‘n verandering van die wet.” (Heb. 7: 1220);
Die saak word nog duideliker as ons daaraan dink dat die ander priester wat te voorskyn tree, ooreenkom met Melgisedek, deurdat Hy priester word nie deur die bepaling van die wet oor menslike afstamming nie, maar deur die krag van onvernietigbare lewe.” (Heb. 7: 15-1620)

Ons moet onthou dat ons geborge is in die priesterskap van Jesus Christus, wat met ‘n eed deur God as priester bevestig is. Hy is die priester wat vir ewig sal bly. Hy wat ons verlos het uit die dood.

Die Leviete het wel priesters geword sonder die bevestiging met ‘n eed, maar Jesus met ‘n eed deur God, wat vir Hom gesê het: “Die Here het dit met ‘n eed bevestig en Hy sal dit nie herroep nie: ‘Jy is priester vir ewig.’ “ So het Jesus ook van ‘n beter verbond geword.” (Heb. 7: 20-2220);
Omdat Jesus vir ewig bly, beklee Hý ‘n priesterskap wat nie op ander oorgedra word nie. Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.” (Heb. 7: 24-2520)

Binne-in enige verandering kan ons rustig wees in die wete dat God nooit verander nie. Hy is Almagtig, vir ewig en vir altyd dieselfde.

Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie ‘n mens dat Hy van gedagte verander nie.”” (1 Sam. 15: 2920);
Ook hierná is Ek nog God. Uit my mag kan niemand gered word nie. Wat Ek doen, kan niemand ongedaan maak nie.” (Jes. 43: 1320);
So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Maak julle lewe en julle dade reg, dat Ek julle kan laat bly in hierdie land.” (Jer. 7: 383);
Ek die HERE, het immers nie verander nie. Maar julle Jakobskinders kry nie end nie.” (Mal. 3: 620)

Ons moet ons lewens dus in die verandering wat van God af kom, inleun, en die lewe in ons gemeente met vreugde voortsit, te midde van die verandering. Dit mag hartseer en afskeid van bekendes te weeg bring, maar dit is soos God dit gewil het. Die God wat ons hartseer oor ons verlorenheid in vreugde verander het deur vir ons verlossing te bewerkstellig deur Jesus Christus, en die bystand van die Heilige Gees op die pad wat elkeen van ons moet stap.

Hy het toe ‘n kindjie nader geroep, hom tussen hulle laat staan en gesê: “Amen, ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.” (Matt. 18: 220);
Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê.” (2 Kor. 7: 983);
Want die droefheid, volgens die wil van God, bewerk inkeer, wat tot verlossing lei, en waaroor niemand ooit spyt is nie; maar wêreldse droefheid lei tot die dood.” (2 Kor. 7: 1020);
Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gee. ” (2 Kor. 5: 583);
…Ek sê vir julle: Julle sal huil en treur, maar die wêreld sal bly wees; julle sal hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander.” (Joh. 16: 2020)

Stof tot nadenke: God se beloftes

Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.

Spr. 30: 5 83

God is ‘n God van beloftes! Deur die hele Woord van God vind ons telkemale Sy beloftes aan die wat in Hom glo. Hy het egter nie beloof dat daar nie ook swaarkry dae gaan wees nie, maar wel dat Hy altyd by Sy mense sal wees met onderskraging. ‘n Anonieme aanhaling verwoord dit so goed: ‘God het ons nie dae sonder pyn; lag sonder verdriet of sonskyndae sonder reën beloof nie. Maar Hy het ons krag vir die dag en troos vir die trane en lig vir die pad beloof’. God se belofte aan Abraham is die bekendste, en Abraham en sy nakomelinge het daaraan vasgehou dwarsdeur hul lewens.

Lees meer “Stof tot nadenke: God se beloftes”