Verjaarsdae
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Sondag 13 September : Erediens en Kategese om 9:00 –GEEN Kleuterkerk nie
Sondag 13 September 2026 : Leefkerk 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje
Woensdag 9 September 2026 – Seeds of Hope Lentedag Funksie om 10:00
Woensdag 9 September 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 9 September 2026 – Blokbyeenkomste om 18:00 Blok 1 (Plaasgedeeltes) Woensdag 9 September 2026 – Blokbyeenkomste om 18:00 Blok 12 (Eurekapark)
Sondag 20 September 2026 : Kategese Erediens om 09:00 – Doop. Kleuterkerk in Lokaal 6.
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 13 – 20 September 2026

Piet & Leonie Gerber van Worcester: Blok 21 (Vogelsang)
Baie welkom by ons gemeente.

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 36, asook die antwoorde vir nommer 35 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
“…maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees – een in liefde, een van gees, een in denke…” (Fil. 2:2 Afr20).

Baie geluk aan ons webtuiste en gemeenskap met die uitsonderlike mylpaal om teen die einde van Augustus reeds 50 000 besoeke vir 2026 te bereik! Dit is wonderlik om te sien hoe ons digitale bediening gegroei het tot ‘n wêreldwye uitreik met besoekers uit meer as 140 lande. Hierdie fantastiese mylpaal word veral gedryf deur die gewilde daaglikse Bybel Dagstukkies (wat reeds meer as 12 000 besoeke vanjaar gehad het), die Wêreldbiddag vir Vroue-materiaal (meer as 2 200 besoeke) en ons verskeidenheid geloofsbronne. Dit bewys dat ons webtuiste nie net ons eie plaaslike gemeente bedien nie, maar ook ‘n daaglikse geestelike tuiste bied vir duisende Afrikaanssprekendes regoor die wêreld. Baie dankie aan elkeen wat die platform ondersteun, die inhoud deel en meehelp om die Evangelie op hierdie moderne manier uit te dra.
Ons wil ons YouTube-kanaal en Predikante hartlik gelukwens met die besondere mylpaal van meer as 220 000 views en 43 000 kyk ure! Baie dankie aan elke gemeentelid en aanlynkyker wat ons eredienste getrou kyk, asook aan elkeen wat die skakels so aktief op WhatsApp en sosiale media met familie en vriende deel. Hierdie platform reik vandag ver buite ons kerkgebou se mure uit – van ons eie plaaslike gemeenskap tot by landsgenote regoor die wêreld – en ons gee al die eer aan die Here vir die wyse waarop Sy Woord harte aanraak, geloof versterk en hoop bring.
In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.




FEBA saai al sedert 1951 na Thailand uit. Vandag is die land steeds 99.3% Boeddhisties en sommige provinsies, soos Udon Thani, is slegs 0.25% Christen. Ná ’n uitnodiging van ’n kerk in Udon Thani het FEBA saam met 17 gemeentes van drie denominasies begin werk vir eenheid – nie in naam nie, maar in missie – want eenheid is noodsaaklik vir effektiewe bediening.
Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA Thailand se projek in Udon Thani en bid dat Christene oral as een liggaam sal werk om die evangelie te deel.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Liewe Vriend,
Die mense saam met wie jy die meeste tyd deurbring, vorm jou meer as wat jy dink — mag jy vandag wys kies. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.
Teks: “Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg.” (Spr. 13:20)
Liewe Vader, dankie vir die mense wat my wys om te leef — help my om wys te kies met wie ek tyd deurbring.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend,
Dit is nooit maklik om te hoor jy is verkeerd nie — mag jy vandag genoeg nederigheid hê om te luister. Hier is God se spesiale Woord net vir jou.
Teks: “In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad.” (Spr. 12:15)
Liewe Vader, dankie vir U wysheid oor alles. Maak my nederig genoeg om raad te aanvaar.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend,
Wat jy uitdeel, kom op ‘n manier na jou terug — mag jy vandag vrylik gee. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Teks: “Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. Wie ‘n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.” (Spr. 11:24-25)
Liewe Vader, dankie dat U so vrylik vir my sorg — leer my om ook vrylik te gee.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend,
Wie eerlik leef, hoef nie oor sy skouer te kyk nie — mag jy vandag daardie vrede ken. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.
Teks: “Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind.” (Spr. 10:9)
Liewe Vader, dankie dat ek by U vas kan staan. Help my om eerlik te leef, ook wanneer niemand kyk nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend,
Hoe jy op teregwysing reageer, wys baie van wie jy is — mag jy vandag ‘n hart hê wat kan leer. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Teks: “Moenie ‘n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed ‘n wyse op, en hy sal lief wees vir jou. Gee jou aandag aan ‘n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer ‘n regverdige, en sy kennis vermeerder.” (Spr. 9:8-9)
Liewe Vader, dankie dat U groot en geduldig is — maak my hart oop om te leer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend,
Wysheid nooi jou vandag uit om op haar pad te bly — mag jy die uitnodiging aanneem. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.
Teks: “Daarom, kinders, luister na my, dit sal goed gaan met dié wat op my pad bly. Luister na wat ek julle leer, moet dit nie verontagsaam nie, dan sal julle ook wysheid hê.” (Spr. 8:32-33)
Liewe Vader, dankie vir die pad van wysheid wat U vir my oopmaak — help my om daarop te bly.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend,
Daar is dinge wat vir God so erg is dat Hy dit sewe keer noem — mag jy vandag weet watter gedrag Hom seermaak, en dit vermy. Hier is God se spesiale Woord net vir jou.
Teks: “Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ‘n afsku het: oë wat straal van hoogmoed, ‘n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ‘n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.” (Spr. 6:16-19)
Liewe Vader, dankie dat U my ken en steeds liefhet — wys my waar my hart moet verander.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: Lukas 22: 14-20
Tema: Aan Tafel!
Datum: 6 September 2026
“Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar.”
(Kol. 3: 1520)
Waaroor kan ons dankbaar wees?
Hoe kan ons dankbaar wees, as alles wat ons het, in aardse terme, deur ons eie handewerk bekom is? Dis ‘n redenasie van ‘n mens wat dink dat hy homself geskep het. Wat self sy gene en lewensomstandighede bewillig het. Het jy jouself geskep? Hoe? Wat? Waar? Het jy jou eie lewensomstandighede geskep?
Die lewe van elke mens is met liefde aanmekaar geweeg deur die hand van God. Besef elkeen van ons dit? Het jy elke dag kos op jou tafel? Sekerlik is jy meeste van die tyd die een wat die kos gaan koop. Maar het jy volkome uit jouself jou lewensomstandighede van die begin van jou lewe gevorm; die werk bekom waarmee jy jou inkomste kry?
Of besef jy die hand van God daarin. Jou hele bestaan is deur God gewil. Besef elkeen van ons dag na dag dat die opkoms van die son in die oggend, die lewensomstandighede deur ons lewens, alles, alles net ‘n genadegawe van God is. Kan ons ondankbaar wees as elke asemteug wat ons gegun word; elke vreugde en rede vir glimlag; elke swaarkry en pyn ons vorm om nader aan God te kom. Besef ons dat ons meer het as wat baie mense het? Ons het onverdiende genade, hoop en liefde.
Teksverse:
“Dit is immers u wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het. Ek prys U omdat ek op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is u werke en ek besef dit maar te goed.” (Ps. 139: 13-1420);
“’n Bietjie, saam met ontsag vir die Here, is beter as ‘n groot skat met paniek daarby.” (Spr. 15: 1620);
“Voor ineenstorting is daar trots, en voor die val is daar ‘n hooghartige gees. ‘n Nederige gees saam met magteloses is beter as om buit te verdeel saam met hovaardiges.” (Spr. 16: 18-1920);
“Om hierdie rede herinner ek jou om die genadegawe van God, wat in jou is, deurdat ek jou die hande opgelê het, opnuut aan te vuur. God het ons tog nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (2 Tim. 1: 6-720);
“Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.”(Ps. 22: 1120);
“’n Geduldige mens is beter as ‘n held, en wie sy gees beheers, is beter as iemand wat ‘n stad inneem.” (Spr. 16: 3220)
Hoe kan ons nie dankbaar wees nie?
Selfs te midde van swaarkry, is daar nog steeds, en veral hier in Suid Afrika, dae van son elke dag, van nog ‘n dag wat God ons gun. As jy besef dat alles wat jy het, jou hele wese, jou vrede en geluk, die asem wat jy elke dag ontvang, selfs die pyn en seerkry, die ongemak wat jy soms beleef, die vermoë om te werk, die vermoë om ‘n inkomste te hê, nie deur jou eie toedoen gebeur het nie. Alles wat jy het is ‘n gawe van God , vir die tyd wat jy hierdie aardse lewe bewandel.
Moenie voorgee dat jy weet wat môre gaan kom nie. Niemand van ons het die vermoë om te weet presies hoe môre gaan lyk nie. Dit is net eenvoudig nie in ons hande nie. Ons kan voorspelling maak, maar alles wat vir elkeen van ons voorlê is in die hand van God, die Vader.
Maar ons is ook gewaarsku dat dinge gaan lelik word in die laaste dae, soos 2 Timoteus beskryf. Ongedurigheid, ondankbaarheid en liefdeloosheid. Dis wanneer ons ondankbaar is en elkeen op onsself ingestel is, dat die wonderlike gawes van God by ons verbygaan, en ons nie elke klein of groot genadegawe raaksien nie.
Teksverse:
“Moenie spog oor die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.” (Spr. 27: 120);
“Wie ‘n vyeboom versorg, sal sy vrugte eet, en wie na sy meerdere omsien, sal geëer word.” (Spr. 27: 1820);
“Dit moet julle weet: In die laaste dae gaan daar moeilike tye kom; want die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig, aanmatigend, godslasterlik, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, goddeloos, ongevoelig, genadeloos, beledigend, sonder selfbeheersing, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as God.” (2 Tim. 3: 1-420)
Hoe druk ons ons dankbaar uit?
Ons moet ‘n lewe van dankbaarheid leef, deur dit van God te vra. Ons moet vra vir die genadegawes van nederigheid, liefde, hoop, dankbaarheid en die vermoë om elke dag se gawe wat God vir ons gee raak te sien. Dan sal ons besef dat ons elke dag op ons knieë kan wees uit dankbaarheid vir wat God vir ons gee.
Elke dag se brood op ons tafel, elke dag se vriendelike medemens, elke sagte woord van ‘n onbekende! Dis wanneer ons nie meer op onsself, en ons eie plesier ingestel is nie, maar self die vriendelike gesig oorkant ‘n ander medemens is, dat ons God welgevallig kan dien met eerbied en ontsag. Kyk verby jou eie seer en pyn, en sien ‘n ander se seer en pyn raak.
Laat ons volhard in gebed in waaksaamheid en dankbaarheid. Dan sal ons elke dag iets kry om voor dankbaar te wees!
Teksverse:
“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid.” (Kol. 4: 220);
“Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.” (1 Thes. 5: 16-1820);
“Ek is dankbaar teenoor God, wat ek, soos my voorouers, met ‘n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik, bedags en snags, in my gebede aan jou dink.” (2 Tim. 1: 320);
“Daarom, terwyl ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees en God daardeur op ‘n welgevallige wyse dien, met eerbiedige onderworpenheid en ontsag.” (Heb. 12: 2820)
Sondag 6 September : Erediens om 9:00 –Kleuterkerk in Lokaal 6 en Kategese
Sondag 6 September 2026 : Leefkerk 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen
Woensdag 9 September 2026 – Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
Woensdag 9 September 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45. Woensdag 9 September 2026 – Blokbyeenkoms – Blok 28,29 & 30 (Reebok, Fraaiuitsig, Kleinbrak en Hartenbos tot Danabaai) in die kerksaal om 17:30 – gelei deur ds Leon Cronje.
Sondag 13 September : Erediens en Kategese om 9:00 –GEEN Kleuterkerk nie
Sondag 13 September 2026 : Leefkerk 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 6 – 13 September 2026

“En dit is die vrymoedigheid wat ons voor Hom het: Dat Hy ons gebede verhoor as ons iets volgens Sy wil vra” (1 Joh. 5:14 Afr20).
Bokkie Oosthuizen van Klerksdorp: Blok 8C (Groenkloof)
Baie welkom by ons gemeente.

27 Augustus– Mariette Oosthuizen: Blok 08B
2 September – Nelie van Staden: Blok 17
Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Baie geluk aan ons webtuiste en gemeenskap met die uitsonderlike mylpaal om teen die einde van Augustus reeds 50 000 besoeke vir 2026 te bereik! Dit is wonderlik om te sien hoe ons digitale bediening gegroei het tot ‘n wêreldwye uitreik met besoekers uit meer as 140 lande. Hierdie fantastiese mylpaal word veral gedryf deur die gewilde daaglikse Bybel Dagstukkies (wat reeds meer as 12 000 besoeke vanjaar gehad het), die Wêreldbiddag vir Vroue-materiaal (meer as 2 200 besoeke) en ons verskeidenheid geloofsbronne. Dit bewys dat ons webtuiste nie net ons eie plaaslike gemeente bedien nie, maar ook ‘n daaglikse geestelike tuiste bied vir duisende Afrikaanssprekendes regoor die wêreld. Baie dankie aan elkeen wat die platform ondersteun, die inhoud deel en meehelp om die Evangelie op hierdie moderne manier uit te dra.
Ons wil ons YouTube-kanaal en Predikante hartlik gelukwens met die besondere mylpaal van meer as 220 000 views en 43 000 kyk ure! Baie dankie aan elke gemeentelid en aanlynkyker wat ons eredienste getrou kyk, asook aan elkeen wat die skakels so aktief op WhatsApp en sosiale media met familie en vriende deel. Hierdie platform reik vandag ver buite ons kerkgebou se mure uit – van ons eie plaaslike gemeenskap tot by landsgenote regoor die wêreld – en ons gee al die eer aan die Here vir die wyse waarop Sy Woord harte aanraak, geloof versterk en hoop bring.



FEBA Mosambiek se bediening dra oorvloedige vrug. In Julie, toe die span rondgereis en regstreekse uitsendings vanuit dorpies in die Niassa-provinsie gedoen het, was harte oral ontvanklik. Drie gewapende rowers het met kwade bedoelings by ’n geleentheid opgedaag, die Goeie Nuus gehoor en tot bekering gekom! Kinders wat in armoede en wanhoop verlore gevoel het, het FEBA se boodskap op ’n ou radio gehoor en by die jeugdissipelskapprogram aangesluit, wat die evangelie deur radiodramas deel.
Ons gebed vir die week: Bid dat elke honger hart in Mosambiek die Brood van die Lewe deur FEBA se uitsendings sal ontvang.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Jou woorde dra meer gewig as wat jy dink — mag jy vandag stilstaan voor jy praat. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Teks: “My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer, luister na my goeie raad. Dan sal jy self ook met oorleg kan optree en met die nodige kennis praat.” (Spr. 5:1-2)
● want U, Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou. (Ps. 71:5)
● Van jongs af op God vertrou beteken jy hoef nie eers self alle antwoorde te hê nie — Hy dra jou al klaar.
● Voordat jy iets sê wat jy nie kan terugvat nie, vra jouself: is dit waar, is dit nodig, is dit vriendelik, help dit, bou dit op, gee dit lewe?
● Kies vandag om ‘n keer eerder te luister as om die laaste woord te wil hê.
Liewe Vader, dankie dat U my van jongs af lei — gee my wysheid om met my woorde reg om te gaan.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Wat jy toelaat om jou hart vol te maak, bepaal watter soort mens jy word — mag jy vandag versigtig kies wat daar ingaan. Hier is God se spesiale Woord net vir jou vir vandag.
Teks: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” (Spr. 4:23)
● Wees vir my ‘n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vind wat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting. (Ps. 71:3)
● God is die veiligste plek om jou hart aan toe te vertrou — Hy hou dit veilig, ook wanneer die wêreld dit skade wil aandoen.
● Kyk mooi na wat jy op jou foon inneem — musiek, video’s en gesprekke vorm jou hart al weet jy dit nie altyd nie.
● Vul jou hart doelbewus met goeie dinge: gebed, Bybelwoorde, en mense wat jou opbou.
Liewe Vader, dankie dat ek my hart by U kan wegsteek — help my om versigtig te wees met wat ek daar toelaat.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Dit is nie lekker as iemand jou reghelp nie, maar dit kan wys dat hulle vir jou omgee. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Teks: “My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen Sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ‘n vader doen met sy seun.” (Spr. 3:11-12)
● Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is my helper (Ps. 42:6)
● Wanneer God of iemand wat vir jou omgee jou reghelp, is dit nie om jou af te breek nie, maar om jou te help groei.
● Moenie dadelik kwaad word as jy tereggewys word nie. Vra eerder: “Wat kan ek hieruit leer?”
● Dink terug aan ‘n tyd toe ‘n bietjie dissipline jou eintlik gehelp het — sê dankie daarvoor.
Liewe Vader, dankie dat U my liefhet en my reghelp. Gee my ’n hart wat kan luister en leer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
As jy regtig na iets soek, gaan jy alles daaraan doen om dit te kry — mag jy vandag so na God se plan, wil en wysheid soek. Hier is God se Woord net vir jou.
Teks: “My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.” (Spr. 2:1-2)
● Ek dors na God, na die lewende God. (Ps. 42:3)
● God se insig, plan en wil vir jou lewe val nie sommer so in jou skoot nie — jy moet dit soek, net soos jy na iets kosbaars sou soek.
● Maak elke dag ‘n bietjie tyd oop om iets uit die Bybel te lees of te oordink, al is dit net een vers.
● Vra God gerus direk vir leiding en rigting oor ‘n keuse wat jy nou moet maak — Hy gee dit vry, gratis en verniet.
Liewe Vader, dankie dat U wysheid gee aan almal wat daarna soek — leer my om dit ernstig op te soek.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Hierdie nuwe maand begin met ‘n goeie les: wysheid begin daar waar jy na die mense luister wat jou liefhet. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Teks: “My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos ‘n krans op jou kop en ‘n kettinkie om jou hals.” (Spr. 1:8-9)
● Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. (Ps. 42:2)
● Gesagsfigure het al baie meer geleer as jy — hulle raad is nie daar om jou uit te vang of te straf nie, maar om jou te help.
● Dit voel dalk soms of hulle jou lewe moeiliker maak, maar hulle wysheid is eintlik ‘n versiering, nie ‘n las nie.
● Mense word deesdae baie oud – vra daarom vandag vir iemand wat ouer as jy is en wat jy vertrou, wat hulle geleer het toe hulle jou ouderdom was.
● Gryp daardie insig, kennis en wysheid aan en leef voluit.
Liewe Vader, dankie vir die mense wat my met wysheid rigting gee — help my om regtig na hulle te luister.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
“Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan [..] miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra.”
(Lukas 13:8b en 9a)
Vandag is die eerste dag van die Lente en sien ons oral die blomme ontwaak en sade ontkiem. Ons dank die Here vir die seisoene en dat ons nou die Lente en al sy prag kan ervaar.
Dank die Vader vir so baie seëninge: dat ons U kan ken, vir huisvesting; kos en klere; gesondheid en vriende.
Bid dat ons as gemeente die Vrug van die Gees al hoe meer sigbaar sal uitleef dat ander mense dit sal raaksien en daardeur na Jesus getrek word. Ons bid ook dat elke lidmaat bewustelik met die Vrug van die Gees lewe.
“Dankie Here vir elke Bybelstudie-groepie in ons gemeente. Op so ‘n manier kan ons ons nog meer intiem met U vergader.”
Kom ons word bewus van ander se nood om Jesus te ken en help ons met geldelike bydrae sowel as praktiese uitreike om U Woord te versprei.
Here, ons bid vandag dat mense bewus sal wees van mense wat gehoor probleme het en dalk heeltemal doof grootword. Skep ook ‘n bewustheid in ons harte om dit met empatie te hanteer.
Ons verloor daagliks meer en meer vertroue in ons leiers. Bid asseblief ernstig dat die Here ook onder ons leiers Sy kinders sal laat leiding neem.
Tydens en na die Covid-tydperk het duisende mense hulle werk verloor. Die getal werkloses is skrikwekkend. Bid vir elkeen wat tot diefstal gedryf word by gebrek aan inkomste en lei hulle om ook ernstig ‘n werk te soek.
Elektrisiteitsvoorsiening in ons land is die laaste tyd goed, maar daar is nog baie insidente in ons land waar hulle dae sonder krag is. Ons bid vir ons leiers dat hulle die nodige optrede handhaaf om ons te voorsien van krag.
Ons moet gereeld bid vir vrede in hierdie wêreld, en ook vir die vrede en die inwoning van Jesus in elkeen van ons. “Vrede laat Ek vir julle na; My vrede gee Ek vir julle.” (Joh. 14:27).
Dank die Vader vir ons kerkraadslede en hulle bereidheid om te dien. Bid vir wysheid om die wil van die Vader in ons gemeente uit te voer.
Dank die Here vir elkeen wat bereid is om in vreemde lande die Woord te gaan verkondig. Bid vir ons sendelinge wat uitgaan in ‘n wrede wêreld waar Christenskap nie beoefen mag word nie.
Alhoewel Melaatsheid baie seldsaam is, bestaan dit nog (Hansan se siekte) en bid ons vir hierdie siekte en die genesing daarvan met medikasie wat ontwikkel is om dit te genees.
Vra vandag dat mense bewus sal wees vir mense wat aan allerhande middels verslaaf is en vra die vraag – hoe kan ons help? Baie keer is daardie persoon baie eensaam en ken nie vir God nie en leef ‘n eensame lewe sonder God.
“…. en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” (Mat. 6:12). Gee vir ons asseblief genade dat ons werklik sal vergewe en vergeet, sonder om weer die ou koeie uit te grawe.
Kom ons bid vir ons gemeente in al sy fasette: finansies, uitdra van die Evangelie, gebed, sorg vir behoeftiges, oues van dae en eensames, uitreike en kosvoorsiening. Dank die Here vir elkeen wat U saak in ons gemeente bevorder.
Ons sien die verval in baie van ons eens pragtige dorpies en omgewing raak. Bid vir ‘n gesindheidsverandering in terme van bewaring en waardering van al ons dorpies se munisipaliteite.
Dank die Here vir elke polisieman en ander sekuriteitsbeamptes. Dis ‘n moeilike werk want jou “kliënte” is gewoonlik wetsoortreders. Bid vir geloof, geduld en verantwoordelikheid vir elkeen wat help om orde te handhaaf.
Here, ons bid vandag vir ons pragtige aarde, asook aardverwarming en druk dit op elkeen van ons se harte dat ons by die skepping die opdrag gekry het om U aarde op te pas.
Jesus, Ons dank U vir mense wat fondse bemaak en beurse stig vir ons gemeente se kinders wat wil verder leer, maar dalk nie die nodige fondse het nie. Ons bid ook dat dit by die regte kind sal uitkom om te help.
Die ekonomie in ons land is besig om so te verswak dat al hoe meer mense nie in hul basiese behoeftes kan voorsien nie. Gevolglik wend baie hulle tot onwettige praktyke. Kom ons dra almal en alles aan die Here op.
Die skole sluit more en vra ons dat U elke dag vir hulle bid waar hul ‘n bietjie rus, asook matrikulante wat nou regmaak vir hul laaste fase.
Bid vandag vir alle versorgingsoorde: weeshuise, huise vir gestremdes, vir bejaardes, asook vir privaat persone wat individue versorg. Ons bid vir geduld, insig, deernis en vriendelikheid van die personeel.
Vandag dink ons aan ons erfenis en vier ons dit ook om te braai. Gee dat ons ook vandag U naam sal hoog hou waar ons U wil bedank vir ons ryklike kultuur en erfenis.
Vader, ons bid vandag vir genesing van mense met allerhande gevreesde siektes en bid ons ook dat die ander, gesonde mense sal probeer verstaan hoekom die siek persoon optree soos hy doen.
Ons dank U Here vir sport en dat dit ook baie goeie ontlading van energie is. Ons bid ook dat deelnemers die Here se Naam sal eerbiedig en hoog hou.
Jesus was ‘n Jood, maar sy bediening het gekom waar Hy sê dat ons in die hemel kom deur in Hom te glo. Ons bid vandag vir die Jode en die bediening aan hulle sodat hulle ook sal insien dat Jesus alreeds gekom het en gesterf het vir ons siektes.
Dank die Here vir elke leier wat bereid is om ons kinders in die Kategeseklasse te onderrig. Bid dat hul voorbeelde ook ons kinders nader aan die Here sal trek. Dinsdag, 29 September – God se liefde
“Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.” (Rom. 13:10). Bid dat ons elkeen met ons hele hart sal glo en sal strewe om ons naasteliefde uit te leef.
Kom ons sê dankie vir elke lid wat bereid is om op die Getuienis-kommissie te dien. Hulle help dat die fondse reg aangewend en versprei word sodat U Woord daarbuite uitgedra word.