Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 September 2026 – Wees leerbaar

8 September

Liewe Vriend,

Hoe jy op teregwysing reageer, wys baie van wie jy is — mag jy vandag ‘n hart hê wat kan leer.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Wees leerbaar

Teks:  “Moenie ‘n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed ‘n wyse op, en hy sal lief wees vir jou. Gee jou aandag aan ‘n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer ‘n regverdige, en sy kennis vermeerder.”  (Spr. 9:8-9)

  • Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister,  (Ps. 104:1)
  • God is groot genoeg om ons foute te sien en steeds geduldig met ons te wees — daarom kan ons ook geduldig met onsself en ander mense wees.
  • ‘n Wyse mens vra self vir raad; hy wag nie totdat iemand hom moet regruk nie.
  • Sê vandag vir iemand: “Wys my gerus as ek iets verkeerd doen”.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U groot en geduldig is — maak my hart oop om te leer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.