Sondag 13 September 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Romeine 12:1-8.
- Die tema van die prediking is:JY is die offer!
- Melaatse (Leprose) en Toerustingsondag.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Sending aan Melaatse by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die sysaal – Ds Leon Cronje.
Woensdag 16 September 2026 :
- Seeds of Hope Lentedag Funksie om 10:00 in die kerksaal (slegs vir persone wat bespreek het).
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom. Marida – Epos Kontak
- Blokbyeenkomste om 18:00
- Blok 1 (Plaasgedeeltes) by Louis & René Vorster, Wolwedraai Boerdery – gelei deur ds Charné Viljoen. René Vorster –Epos Kontak
- Blok 12 (Eurekapark) by Alida Terblanche, Denneweg 4 – gelei deur ds Leon Cronje. Kobus Stander – Epos Kontak.
Verjaarsdae

Sondag 20 September 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- Doop.
- Kleuterkerk in Lokaal 6.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Groenewaldfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.
Nuwe Lidmate 2026:
Piet & Leonie Gerber van Worcester: Blok 21 (Vogelsang)
Baie welkom by ons gemeente.

Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 36, asook die antwoorde vir nommer 35 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
“…maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees – een in liefde, een van gees, een in denke…” (Fil. 2:2 Afr20).
Kommunikasiebediening

Baie geluk aan ons webtuiste en gemeenskap met die uitsonderlike mylpaal om teen die einde van Augustus reeds 50 000 besoeke vir 2026 te bereik! Dit is wonderlik om te sien hoe ons digitale bediening gegroei het tot ‘n wêreldwye uitreik met besoekers uit meer as 140 lande. Hierdie fantastiese mylpaal word veral gedryf deur die gewilde daaglikse Bybel Dagstukkies (wat reeds meer as 12 000 besoeke vanjaar gehad het), die Wêreldbiddag vir Vroue-materiaal (meer as 2 200 besoeke) en ons verskeidenheid geloofsbronne. Dit bewys dat ons webtuiste nie net ons eie plaaslike gemeente bedien nie, maar ook ‘n daaglikse geestelike tuiste bied vir duisende Afrikaanssprekendes regoor die wêreld. Baie dankie aan elkeen wat die platform ondersteun, die inhoud deel en meehelp om die Evangelie op hierdie moderne manier uit te dra.
Ons wil ons YouTube-kanaal en Predikante hartlik gelukwens met die besondere mylpaal van meer as 220 000 views en 43 000 kyk ure! Baie dankie aan elke gemeentelid en aanlynkyker wat ons eredienste getrou kyk, asook aan elkeen wat die skakels so aktief op WhatsApp en sosiale media met familie en vriende deel. Hierdie platform reik vandag ver buite ons kerkgebou se mure uit – van ons eie plaaslike gemeenskap tot by landsgenote regoor die wêreld – en ons gee al die eer aan die Here vir die wyse waarop Sy Woord harte aanraak, geloof versterk en hoop bring.
Nuwe lidmate- en lidmaatbesoeke:
In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Getuienisbediening

Omgeebediening

Kombuis

Ondersteuningbediening

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Thailand
FEBA saai al sedert 1951 na Thailand uit. Vandag is die land steeds 99.3% Boeddhisties en sommige provinsies, soos Udon Thani, is slegs 0.25% Christen. Ná ’n uitnodiging van ’n kerk in Udon Thani het FEBA saam met 17 gemeentes van drie denominasies begin werk vir eenheid – nie in naam nie, maar in missie – want eenheid is noodsaaklik vir effektiewe bediening.
Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA Thailand se projek in Udon Thani en bid dat Christene oral as een liggaam sal werk om die evangelie te deel.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 13 September 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
- Getuienisbediening:
- a) Nuusflitse uit Makatini.
- b) Nuusflitse vanaf Missie Japan.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.
- Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Nuwe lewe in Christus”.
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314




Een antwoord op “Afkondigings 13 – 20 September 2026”
Kommentare is gesluit.