9 September
Liewe Vriend,
Wie eerlik leef, hoef nie oor sy skouer te kyk nie — mag jy vandag daardie vrede ken. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.
Tema: Leef eerlik, leef vry
Teks: “Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind.” (Spr. 10:9)
- U het die aarde stewig gevestig, sodat dit nooit sal wankel nie. (Ps. 104:5)
- Net soos God die aarde vas en veilig gemaak het, wil Hy dat jou lewe ook op ‘n vaste grondslag van eerlikheid rus.
- ‘n Leuentjie voel dalk maklik, maar dit bou ‘n las wat jy elke dag moet onthou en saamdra.
- Kies vandag om die waarheid te praat, al is dit ongemaklik — dit gee jou vrede en maak jou vry.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat ek by U vas kan staan. Help my om eerlik te leef, ook wanneer niemand kyk nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


