Nuusflitse Week 35+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 31 Augustus 2025 : Erediens 10:00 Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
Woensdag 3 September 2025: Kooroefening 16:45
Saterdag 6 September 2025 – Brandwag Boerebasaar
Wolwedans boodskap, sop en brood: 3 & 17 September
Sondag 7 September 2025: Erediens 09:00 Kategese & Kleuterkerk 09:00 Groenkloof Erediens 10:00
10 September 2025 – 18-49 jariges samekoms
17 September 2025 – 60+ bymekaarkoms
20 – 21 September 2025 – Getuienis Toerustingsgeleentheid
24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert
25 Oktober 2025 Basaar

Afkondigings 31 Augustus tot 7 Julie 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 31 Augustus 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 14:1;7-14 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: By watter tafel gaan sit ek?
  • Bybelsondag.
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Spesiale offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 3 September 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida –Kontak Ons . Alle belangstellendes welkom.

Saterdag, 6 September 2025 – Brandwag Boerebasaar

Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike  boerebasaar op die kerkgronde.

Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop. Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels. Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag

Sondag 7 September 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Nasionale Biddag vir Dowes.
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Sinodale offer vir Instituut vir Dowes by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.

Kerkraadsverkiesing

Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 19 Augustus 2025 is die volgende persoon as diaken verkies:

Voorsitter Ondersteuningsbediening: Riana Briers.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir September 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Gebedsgids opstellers
Gebedsgids opstellers

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 27, asook die antwoorde vir nommer 26, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

17 September 2025

60plus jariges
60plus jariges

25 Oktober 2025 Basaar:

Daar is ’n lys by die tee na die erediens waar enigeen wie graag by die basaar as vrywilliger wil help, jou naam kan opgee. Alternatiewelik kan julle vir Ruan kontak –Kontak Ons .

Ons het vrywilligers nodig wie ‘n handjie kan by sit by onderskeie tafels/stalletjies.

24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert!

Dit beloof om, soos in die verlede, ‘n aand vol pret, stories en lekker lag te wees. Indien jy belangstel om deel te neem, kan jy die kerkkantoor kontak. Sien jou daar

Verjaarsdae

Verjaarsdae
Verjaarsdae

Bedieninge

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 3 & 17 September.

Getuienis Toerusting 20-21 September 2025
Getuienis Toerusting 20-21 September 2025

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is tans ’n behoefte aan ‘n tweedehandse yskas in ‘n goeie werkende toestand, ‘n tweedehandse boekrak vir geestelike boeke, sopbakkies, kleinbordjies, koppies & pierings, eetlepels, bottermesse, teelepels (so 15 van elk), 4-5 tafeldoeke, handdoeke, waslappe, seep, wol, hekelgare en speletjies.

Ons benodig ook asseblief 3 tweedehandse selfone in ‘n werkende toestand vir ons Wolwedans uitreik werkers. Indien u het om te skenk kan u dit asb tydens kantoorure by die kerkkantoor afgee of kontak vir Aletia – Kontak Ons  om dit by u af te haal.

Bluetooth Speaker benodig
Bluetooth Speaker benodig

Kinderkrans / Kleuterkerk

Kinderkrans (Jeugkerk)
Kinderkrans (Jeugkerk)

Jeug

18 - 49 jariges
18 – 49 jariges

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons  / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons .

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons .

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Afrika

FEBA saai uit in Mosambiek, Malawi, Tsjad, Mali, Niger en Soedan, waar geweld en armoede algemene verskynsels is. Die spanne in hierdie lande deel die Goeie Nuus deur radio-uitsendings en op praktiese wyse, deur na gehuggies te reis om radio’s en oudio-Bybels uit te deel, nuwe gelowiges te doop, en luisteraars te bemoedig.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Afrika se spanne nooit moeg sal word om góéd te doen nie. Vra ook dat luisteraars hul geloof in God sal plaas en daardie geloof met ander sal deel.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Erediensbediening:

  • Die skakel na die YouTube Erediens van 31 Augustus, gelei deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.

Getuienisbediening

Sending aan die Melaatse : Nuus om u trots te maak.

Bybelstudiereeks:

  •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n wonderlike begin vir elke dag.
  •  Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Eiesinnige weerstand…”

Gemeentenuus:

  • Die skakel na die Kerkbode met Ds Nadia Marais se “Geseënd is die geborenes”  artikel, is beskikbaar.
  • Daar is ‘n kort artikel oor die ‘Praise and Worship’ aand van 22 Augustus.
  • Al die advertensies vir die aktiwiteite van September is op die webtuiste.
  • Bybelblokkiesraaisel 27 is beskikbaar vir aanlyn speel.
  • Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

GEBEDSGIDS SEPTEMBER 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebed

1 Johannes 3:16  Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê.

1 Sep – Maandag – Jesus se nuwe seisoen begin met ‘n wildernis tyd

Nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water uitgeklim en die  Hemele het meteens vir Hom oopgegaan. Dit is Sy nuwe seisoen en Hy  verwag ook dat ons elke seisoen van ons lewe vreugdevol sal ervaar tot ere  van Sy naam.    

2 Sep – Dinsdag – ‘n Fondasie vir ewige lewe

Jesus, dankie dat U die ewige en onwrikbare rots in my lewe is waarop ek  my fondasie kan bou.  Met U kan ek die storms en aanslae teëstaan sonder  om te val.

3 Sep – Woensdag – God se genade is baie meer

Die dorings van ons lewe is baie, maar God se genade is baie meer. En daar  waar jy die seerste kry, is waar God se genade op sy grootste is.

4 Sep – Donderdag –  Wie het ek buiten U in die hemel?

Buiten U in die hemel, begeer ek niks op aarde nie. Dankie Vader vir U  teenwoordigheid in my lewe.  Al is ek afgetakel na liggaam en gees,  aan U  behoort ek vir altyd.    

5 Sep – Vrydag – God se beloftes

Jesus, versterk ons geloof sodat ons op U alleen sal vertrou.  Verlos ons van  die kleingeloof wat ons verhinder om U wonderwerke te sien en te ervaar.

6 Sep – Saterdag  – Brandende Bos

Here, help ons om bewus te wees van die brandende bosse in ons lewens.  Gee ons die vermoë om U stem duidelik te hoor en ons harte oop te maak  vir U leiding. 

7 Sep – Sondag – Nasionale Biddag vir Dowes 

Hou my vas Here Jesus te midde van stormagtige weer. Wanneer vrese en  twyfel ontstaan wil ek U liefde en vrede ervaar. Hou my naby U Jesus, daar  voel ek veilig.      

8 Sep – Maandag –  Is jy gereed?

Vader, ek wil elke dag gereed wees om U te verheerlik.  Ons vertoon U  beeld en moet U koningskap en liefde weerspieël. Sonder U is ons geestelik swak.

9 Sep – Dinsdag  – Geestelike Fiksheid

Wat help dit my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Dankie Here vir geleenthede om geestelik fiks te bly, om vir die gemeenskap te bid en iemand na die Here toe te lei.

10  Sep – Woensdag – Waak en bid

Dankie Vader dat U ons toerus met sintuie om waaksaam te wees. Ons sal  aanhou waak en bid om oorwinning oor die wêreld, die vlees en die vyand te  behaal. 

11 Sep – Donderdag  – Dankbaarheid van kind van God

Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders  van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat hulle Hom nie  ken nie. 

12 Sep – Vrydag  – Wees soos ‘n arend

Vader, ons wil gevul wees tot volheid van U. Ons wil uitstyg soos ‘n arend,  want saam met U is daar geen beperking van U liefde en genade vir ons nie.

13 Sep – Saterdag  – U liefde is oneindig groot

Vader, ons begryp hoe oneindig diep die liefde van Christus strek. Mag ons  U liefde ken wat ons verstand te bowe gaan en vervul word met die volheid  van God.

14 Sep – Sondag –   Sending aan Melaatses

Vader, ons bid dat elkeen wat geaffekteer is met die siekte, U net kan  aanraak. U het nie gekom om ons liggame te genees nie, maar om ons  verhouding met God te herstel.  

15 Sep – Maandag – Koninkrykswerk

Laat God toe om jou toe te rus vir Sy werk.  Kom ons reik uit en raak  betrokke by die kerk se sendingwerk, gemeenskapswerk of by die ontferming oor die kwesbares.

16 Sep – Dinsdag – As die lewenstrome woedend om jou slaan

My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Hy sal jou dek  met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil. Ek dank U vir U beskerming,  leiding, wysheid en liefde.

17 Sep – Woensdag – Gee jy soms oor

Dankie Hemelse Vader dat U die duurste prys vir ons betaal het. U is  my  rots by wie ek skuil. U is die stuurman van my lewe en my veilige hawe. Sonder U is ek niks. 

18 Sep – Donderdag  – Verwoesting in jou hart?

Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie en begeer nie om met hulle  saam te wees nie. Hulle hart bedink verwoesting en hulle lippe spreek  moeite. 

19 Sep – Vrydag –  God is my rigtingwyser

Here, ek erken dat ek nog te veel beheer oor my eie besluite het en vra  vergifnis vir my rebelsheid. Onderrig my met wysheid in oorvloed. U leiding is konstant.

20 Sep – Saterdag – Die begeerte om te kan hoor

Jesus het gekom om ons te versoen met die Vader. Hy is die lewende weg  na die troon – die voorhangsel is geskeur. Dit is ons geboorte-voorreg om Sy  stem te kan hoor.

21 Sep – Sondag – Bediening aan die dowes

Here, ons buig nederig voor U en dank U vir genade so groot. Ons bid vir  herstel in ons liggame wat gebreek en gekneus is.  Vader, raak asb die  gehoor aan van diegene wat nie al hulle sintuie kan geniet nie. By U is niks  onmoontlik nie.

22 Sep – Maandag – Word ‘n visser van mense

Laat jou geloof sigbaar word in jou dade. Deel jou geloof en maak dissipels  vir Jesus. Volhard sodat jy eendag alles wat Jesus vir jou in die hemel  bewaar, in besit neem.  

23 Sep – Dinsdag  –  Sy oneindige liefde vir jou

God ken ons lewe. Hy het die pad reeds voorberei. Hy ken die toekoms,  vertrou Hom net. Hy ken jou bekommernis, gee dit oor en raak stil. Hy ken  jou hartseer, teleurstellings en sien jou trane – Hy sal dit afdroog. Daar is geen einde aan Sy goedheid nie.               

24 Sep – Woensdag – Erfenisdag 

Vader, ons dra hierdie land met sy kulturele diversiteit op aan U. Seën  asseblief ons land en mense en leer ons hoe om mekaar te kan aanvaar, te  vergewe en lief te hê.  

25 Sep – Donderdag –  Alle eer aan U

Dankie Vader vir die wonderlike gawe om te kan kommunikeer. Lei ons om  dit met oorgawe te gebruik om mekaar aan te moedig en te vertroos en om  U te eer. 

26 Sep – Vrydag – God laat alles ten goede werk 

Here, ek weet dat U tot alles in staat is en alles kan uitvoer volgens U wil.   Soms is ons ongeduldig as ons gebede nie dadelik verhoor word nie.   Vergewe ons ongeduld Here – U is altyd op tyd. 

27 Sep – Saterdag –  Is die losprys te hoog?

Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar deur die genade  van God en die genade van een mens, Jesus Christus, was Hy bereid om die  losprys te betaal – vir jou.

28 Sep – Sondag  – Bediening aan Jode 

Johannes 8:31 – Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord  bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

29 Sep – Maandag – Jesus is jou skans

Jesus is die vrede in tye van moedeloosheid, siekte en hartseer. Jy is nie  gemaak om hierdie storms te beleef en te beveg nie. Jy is gemaak om God  te beleef en te sien hoe Hy jou storms stilmaak. 

30 Sep – Dinsdag  – Die uniekheid van Jesus

Hy is die enigste seun van God. Hy is ewig en die enigste weg na die Vader.   Hy het die mag om lewe te gee en die enigste Regverdige wat vir ons  sondes verruil het.

Stof tot nadenke: Hardloop en wegkruip…

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

Niemand kan in ‘n geheime plek wegkruip sonder dat Ek hom sien nie, sê die Here. Ek is oral in die hemel en op die aarde, sê die Here. ”
Jer. 23: 24

So dikwels in die Bybel lees ons van mense en volke wat wegvlug, soos bv. in die verhaal van Lot uit Sodom en Gomorra (“Nadat hulle vir Lot-hulle buite die stad gebring het, sê een van die mans vir hom: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie! Moenie êrens in die vlakte vertoef nie, vlug berge toe, anders word jy omgebring.” (Gen. 19: 17)), of Moses wat gevlug het uit Egipteland as gevolg van ‘n moord wat hy gepleeg het (“Toe dit by die farao uitkom wou hy vir Moses doodmaak, maar Moses het van hom af weggevlug en in Midian gaan woon.” (Eks. 2: 15)). Van mense kan daar weggevlug word, soos dit duidelik uit die verhale van Jakob en Dawid blyk. Jakob wat gevlug het na sy bedrog teen sy broer (Gen. 27 en 28), en Dawid wat moes vlug vir sy lewe (“Maar sy vrou Mikal het hom gewaarsku: “As jy nie vannag vlug nie, word jy môre doodgemaak.” (1 Sam. 19: 11); (“Daarna het Dawid in die woestyn in bergskuilings gaan woon. Hy het in die berge in die Sifwoestyn gewoon. Saul het hom die hele tyd gesoek, maar God het hom nie in Saul se mag oorgegee nie. Toe Dawid besef dat Saul steeds daarop uit is om hom dood te maak, is hy na Goresa toe in die Sifwoestyn.” (1 Sam. 23: 14-15)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Hardloop en wegkruip…”

Stof tot nadenke: Goed en sleg…

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

Maar Josef het hulle geantwoord” “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het. Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.””
Gen. 50: 19-21

Deur die lewe ervaar elkeen van ons goeie en slegte dinge. Dinge wat soms ‘n blywende indruk, en dikwels ‘n traumatiese effek nalaat. Besef ons hoekom hierdie dinge met ons gebeur? Hoe verwerk ons die wanneer die goeie en die slegte dinge in ons lewens gebeur? Wat maak ons met die vreugdes? Wat maak ons wanneer mense se aksies ons vertroue tot op die been stroop? Voel ons dan soos Jeremia wat voel of daar geen uitkoms is nie? (“Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan. Hy het my die donker in gejaag, my laat loop op ‘n pad sonder lig. Vir my stoot Hy gedurig weg, dag na dag. Hy het my hele liggaam laat wegteer, my bene gebreek.” (Kla. 3: 1-4)). Of bely ons soos dieselfde Jeremia dat ons volkome vertrou op God? (“…deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra;” (Kla. 3: 22-26))

Lees meer “Stof tot nadenke: Goed en sleg…”

Nuusflitse Week 40+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 2 Oktober 2024 : Kooroefening by die orrel om 16:45
Sondag 6 Oktober 2024 : 09:00 Doop. Prediker – Ds Danie Goosen: Kerk & Groenkloof. Kategese 09:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 2, 16 & 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des
25 Oktober 2024: SSSSS-Konsert
26 Oktober 2024 Dankfees

Afkondigings 29 September 2024 – 6 Oktober 2024

Afkondigings

Sondag 29 September 2024 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Besoek van Sendelinge van Nepal.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 9:38-50.

Die tema van die prediking is: Wie nie vir ons is nie?

  • Biddag vir Bejaardes.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die

deure.

  • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 2 Oktober 2024 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 6 Oktober 2024 :

  • Prediker – Ds Danie Goosen: Kerk & Groenkloof.
  • Doop.
  • Bediening aan die Jode.
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Bediening aan die Jode by die deure.
  • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2024 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Bybel Blokraai :

Bybel blokraai antwoorde vir nommer 11 & 12 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

Getuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 2, 16 & 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.

  • Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Omgeebediening :

Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!

Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ensovoorts sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 /

Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

Sterftes 2024:

12 September – Kasoepie van Niekerk: Wyk 13A

Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

Die webwerf(nggrootbrak.co.za)

29 September 2024

  1. Erediensbediening:

Skakel na die YouTube Erediens van 29 September 2024.

  1. Gemeentenuus:

Op 5 Oktober 2024 is ons kerksaal 100 jaar oud.

  1. Bybelstudiereeks:

Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Hoe deursigtig is ons?”

4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA China

Daar is ongeveer 400 onbereikte mensegroepe in China. FEBA se Liangyou Teologiese Kweekskool lei pastore op om die Goeie Nuus met mense in uitdagende omstandighede te deel. Ten spyte van verskeie hindernisse word FEBA China se programme nog steeds deur miljoene luisteraars afgelaai en God se Woord omskep steeds lewens.

Ons gebed vir die week:Bid vir FEBA China om sterk te staan in hul geloof wanneer hulle die uitdagings van evangelisasie in China bestuur en bid vir die Liangyou Teologiese Kweekskool se instrukteurs en studente om vol te hou met hul studies en hul bediening.

Kom kuier lekker saam terwyl jy iets drink en eet!

Dankfeeslyste sirkuleer tans in die gemeente.

Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314.

(Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb

as “GFees” & Bloknr & Van, merk)

Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met die kerkraad gesels om hulle aankope by die fees af te haal.

INDIEN U GRAAG BETROKKE WIL RAAK DEUR HULP AAN TE BIED OF ‘N SKENKING TE MAAK KAN U DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

1.KERRIE-EN-RYS: @ R40. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke – 082 411 1222.

2. JAFELS: @ R20 elk. Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of SMS by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. WhatsApp of SMS gerus vir Kevin van Tonder – 079 214 2497.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help WhatsApp of SMS gerus vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN: Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra

dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Jaco Erasmus – 072 424 4640.

8. WIT OLIFANT: Bring asb enige ongebruikte goedere van jou (of jou vriende!) na die kantoor.

Dit kan deur Annalene by jou huis kom haal word as dit vir jou prakties moeilik is. Annalene de Swardt – 082 4955 011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure. Charné Viljoen 083 294 6640.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser – 072 400 1991

/ Ilse du Toit – 083 610 1155 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Annalene de

Swardt – 082 4955 011.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

13. VLEISTAFEL: Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u

welkom om vir Adolf Jonker te kontak – 0825631927.

BAIE DANKIE VIR JUL ONDERSTEUNING

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624

Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Stof tot nadenke: Hoe deursigtig is ons?

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

Ten slotte: Wees almal eensgesind, meelewend, vol broederliefde, vol ontferming, nederig, mense wat nie kwaad met kwaad vergeld of skeldtaal met skeldtaal nie; maar inteendeel, wees mense wat seën, omdat julle daartoe geroep is, sodat julle seën as erfdeel kan verkry.
1 Pet. 3: 8-9

Wat verstaan ons onder deursigtigheid? Is dit iemand wat nie raakgesien word nie, omdat hy te gering is om as belangrik geag te word? Is dit die nastreef na eerlikheid en opregtheid, deur te streef om nie dinge agter ‘n ander se rug te doen of te bespreek nie? Wat een mens as vernuftige beplanning beskou, kan dalk deur ‘n ander as ‘n gekonkel agter die rug van ander beskou word, omdat daar geen deursigtigheid ter sprake is nie? Ons word so menigmaal gemaan om eensgesind te wees, maar hoe bereik ons dit as daar ‘n gebrek aan deursigtigheid is? (“Wees eensgesind onder mekaar; moenie hoogmoedig wees nie, maar skaar julle by die nederiges.” (Rom. 12: 16); (“Immers, wie die lewe wil liefhê, en goeie dae wil beleef – laat hy sy tong weerhou van wat sleg is, en sy lippe daarvan om bedrog te spreek, en laat hy afwyk van die kwaad, en die goeie dinge doen, laat hy vrede soek en dit najaag; want die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore is oop vir hulle gebedsversoeke, maar die aangesig van die Here is teen dié wat verkeerde dinge doen.” (1 Pet. 3: 10-12)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Hoe deursigtig is ons?”

Stof tot nadenke: Die Hemelse Koninkryk

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

Toe Jesus op ‘n keer deur die Farisieërs gevra is wanneer die koninkryk van God kom, het Hy geantwoord: “Die koninkryk van God kom nie met duidelike waarneembare tekens nie. Mense sal nie sê, ‘Kyk, hier is dit!’ of ‘Daar is dit !’ nie, want kyk, die koninkryk van God is in julle midde.
Luk. 17: 20-21

Van die vroegste tye was ons as mense saamgesleur met die konsep van ‘n koninkryk. Die idee van ‘n aardse koninkryk. Dit kom uit in bybelverhale en kinderverhale, en daar is min mense wat nie een of ander tyd in hulle jongmens lewe graag ‘n prins of prinses wou wees nie. Die prag, praal en wysheid wat deur Salomo versinnebeeld is, het ons as mense tot ‘n groot mate laat glo dat dit is hoe die lewe moet wees. (“Koning Salomo het tweehonderd grootskilde gemaak, met geplette goud daarop. Met seshonderd sikkel goud het hy elke skild oortrek. Hy het ook driehonderd kleinskilde gemaak, met geplette goud daarop. Elkeenvan hierdie skilde het hy met drie mina goud oorgetrek. Die koning het dit in die saal, bos van Libanon, geplaas. Die koning het ‘n groot troon van ivoor gemaak en dit met bladgoud oorgetrek. Daar was ses trappe vir die troon, en die sitplek het ‘n rug met ‘n ronde bokant en armleunings aan elke kant gehad. Twee leeus het langs die armleunings gestaan. Twaalf leeus het daar op die ses trappe gestaan, ses aan elke kant.” & “So iets is nog nooit vir enige koninkryk gemaak nie; So het koning Salomo, wat rykdom en wysheid betref, groter geword as al die konings van die aarde.” (1 Kon. 10: 16-20 & 23)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Hemelse Koninkryk”

Sendingnuus uit Madagaskar: Back to School

Madagaskar NG Kerk Groot-Brakrivier

t was the start of the new school year 2024/2025 this week.  Or as they say here, ‘La Rentrée’.  It consisted of the usual clean-up and organisation of classrooms.  This year, we’ll have the complete pre-school program from 3 – 6 years. We are still short of one classroom as the new one does not seem to get past the foundation phase.  The teachers organized themselves to allow for this and we trust that we’ll be up and running by December.

Lees meer “Sendingnuus uit Madagaskar: Back to School”

Nuusflitse vir die Week 39+ van 2024

Nuusflitse

Sondag 22 September 2024 : Erediens 09:00 Geen kategese
Woensdag 25 September 2024 : • GEEN Kooroefening nie
Sondag 29 September 2024 : Erediens 09:00 Geen Kategese
Sondag 29 September 2024 : Aktief kerk 08:30 – 10:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 2, 16 & 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des

Afkondigings 22 – 29 September 2024

Afkondigings

Sondag 22 September 2024 :
• Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Jakobus 3:13–4:3.
Die tema van die prediking is: Leierskap en die kerk.
• GEEN Kategese.
• Sinodale offer vir Bediening aan Dowes by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.

Woensdag 25 September 2024 :
• Daar sal GEEN Kooroefening wees gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 2 Oktober 2024 om 16:45. Marida – 082 471 0751.

Sondag 29 September 2024 :

• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Biddag vir Bejaardes.
• GEEN Kategese.
• Spesiale offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2024. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

Dankies

Bloedskenking :
Die bloedskenking op 19 September 2024 het 69 volpinte bloed opgelewer.

Baie dankie vir die 73 mense (waarvan 2 nuwe skenkers was) wat opgedaag
het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel
wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 /
Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 2, 16 & 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ensovoorts sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
22 September 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 22 September 2024.
2. Getuienisbediening:
Die weeklikse nuus van Lynette uit Madagaskar.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die Hemelse Koninkryk”.

  1. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Kom kuier lekker saam terwyl jy iets drink en eet!

Dankfeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk)

Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met die kerkraad gesels om hulle aankope by die fees af te haal.

INDIEN U GRAAG BETROKKE WIL RAAK DEUR HULP AAN TE BIED OF ‘N SKENKING TE MAAK KAN U DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

1.KERRIE-EN-RYS: @ R40. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke – 082 411 1222.

2. JAFELS: @ R20 elk. Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of SMS by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. WhatsApp of SMS gerus vir Kevin van Tonder – 079 214 2497.
4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help WhatsApp of SMS gerus vir Piet Snyman – 082 297 3476.
5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN: Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Jaco Erasmus – 072 424 4640.
8. WIT OLIFANT: Bring asb enige ongebruikte goedere van jou (of jou vriende!) na die kantoor. Dit kan deur Annalene by jou huis kom haal word as dit vir jou prakties moeilik is. Annalene de Swardt – 082 4955 011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure. Vicky Barnard – 083 500 5687 /

Charné Viljoen 083 294 6640.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser – 072 400 1991/ Ilse du Toit – 083 610 1155 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Annalene de Swardt – 082 4955 011.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

13. VLEISTAFEL: Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u welkom om vir Adolf Jonker te kontak – 0825631927.

BAIE DANKIE VIR JUL ONDERSTEUNING.

VAKANTE POS: HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS

VERPLEEGKUNDIGE/INGESKREWE VERPLEEGKUNDIGE

Die kandidaat moet geregistreer wees by die SAVR.

Moet oor die vermoë beskik om met verswakte bejaardes te werk.

Die kandidaat sal direk aan die Hoof Verpleegkundige verslag doen. Moet bereid wees om skofte te werk.

Ons bied ‘n onderhandelbare salaris met pensioen en medies.

KEERDATUM VIR AANSOEKE 27 SEPTEMBER 2024

Rig u CV en bewys van Registrasie aan:

Die Bestuurder – Epos: bejaarde0@gmail.com

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Stof tot nadenke: Laat almal tuis voel.

Hy het geen onderskeid getref tussen ons en hulle nie, want Hy het hulle harte deur geloof gereinig.
Hand. 15: 9

Hoe laat ons mense tuis voel in die gemeenskap van gelowiges? Ons is tog deur die geloof een familie in Jesus Christus. (“Want deur die geloof is julle almal kinders van God in Christus Jesus, want julle wat in Christus gedoop is, het Christus soos ‘n kleed aangetrek.” (Gal. 3: 26-27)). Doen ons moeite om ander gelowiges, wat dalk nuut of vreemd is in die gemeente, te laat tuis voel? Of is dit maar effens moeilik omdat ons dalk self nie heeltemal tuis voel nie? Of is ons al so ingeburger, dat ons voel dis elkeen vir homself, daardie persoon kan maar sy eie plekkie oop stoei in hierdie geloofs-familie?

Lees meer “Stof tot nadenke: Laat almal tuis voel.”

Nuusflitse vir die week 38+ van 2024

Nuusflitse

Sondag 15 September 2024: Erediens en Kategese 09:00
Woensdag 18 September 2024: Geen kooroefening
Woensdag 18 September 2024: Wolwedans boodskap, sop en brood:
Donderdag 19 September 2024 : Bloedskenk-geleentheid
Sondag 22 September 2024 : Erediens 09:00 Geen Kategese
Sondag 29 September 2024: Aktief kerk 08:30 – 10:00
26 Oktober 2024: Gemeentefees