Skep asem vir vandag: 21 September 2025

Dagstukkies April

21 September

Mag jy vandag die beloning ontvang omdat jy aan God se wil gehoorsaam is. Kry krag vir die dag uit God se Woord.

Tema: Beloning wag op gehoorsaamheid.

Teks: “Net Kaleb… en jou assistent Josua sal ingaan…” (Deut. 1:36-37)

  • Kaleb en Josua het geglo dat God Sy beloftes kan en sal nakom.
  • Hulle het geglo dat God die onmoontlike moontlik kan maak.
  • Geloof dat God die onmoontlike moontlik maak, bring groot beloning op aarde – jy sien God in aksie op maniere wat jy andersins nooit sou sien nie.
  • God beloon diegene wat Sy wil soek en doen.
  • Kies vandag om die regte dinge te doen sodat jy God kan leer ken as die Een wat die onmoontlike moontlik maak.

Gebed

Vader, gee my moed om te glo dat U die onmoontlike moontlik maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 39+ van 2025

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 21 September 2025: Erediens 09:00 Kategese & Kleuterkerk 09:00 Groenkloof Erediens 10:00
Woensdag 24 September 2025: Kooroefening 16:45
20 – 21 September 2025 – Getuienis Toerustingsgeleentheid
Sondag 28 September 2025 Erediens – 09:00 Kategese & Kleuterkerk 09:00 Groenkloof Erediens 10:00
Wolwedans. Die datums vir die vierde kwartaal is & 22 Oktober5 & 19 November en 10 Desember.
2 Oktober 2025 EMO Adams by die Dekke
24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert
25 Oktober 2025 Dankfees
31 Okt – 2 Nov 2025 Gesinskamp

Lees meer “Nuusflitse Week 39+ van 2025”

Afkondigings 21 – 28 September 2025

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 21 September 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Hendrik Saayman wat vanoggend se diens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Jesaja 40:3-11.
  • Die tema van die prediking is: Bring (en wees) die goeie tyding!
  • Getuienisnaweek.
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Sinodale offer vir Bediening aan Dowes by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 24 September 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes welkom.

Sondag 28 September 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen.
  • Biddag vir Bediening aan die Jode.
  • Doop.
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Sinodale offer vir Bediening aan die Jode by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Gesinskamp 2025 – Antwoord voor 29 September 2025

Gesinskamp 31 Okt * 2 Nov 2025
Gesinskamp 31 Okt * 2 Nov 2025

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 40
Verjaarsdae Week 40

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Die leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Bedieninge

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal is 8 & 22 Oktober, 5 & 19 November en 10 Desember.

60Plussers

60 Plussers
60 Plussers

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons   / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons  

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons  .

Gevulde koffieflesse vir kersfees

Gevulde koffieflesse vir kersfees
Gevulde koffieflesse vir kersfees

Emo Adams

Die Helping Relieve Poverty NPC, nooi u uit na ‘n aand saam met Emo Adams.

Alle winste gaan aan Gemeenskap opheffing in die Groter Groot-Brakrivier area.

Datum: 2 Oktober 2025
Tyd: 19:30 – 21:00
Plek: De Dekke Groot-Brakrivier
Prys: Kaartjies vanaf R200 (Quicket)

EMO ADAMS

SS Gemeente konsert

24 Oktober 2025:

Dit beloof om, soos in die verlede, ‘n aand vol pret, stories en lekker lag te wees. Indien jy belangstel om deel te neem, kan jy die kerkkantoor kontak. Sien jou daar!

Dankfees

Dankfees Okt 2025
Dankfees Okt 2025

Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB, Rek no 53083186511,
Takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk).

Ons het vrywilligers nodig wie ‘n handjie kan by sit by onderskeie tafels/stalletjies.

Daar is ’n lys by die tee na die erediens waar enigeen wie graag by die basaar as vrywilliger wil help, jou naam kan opgee. Alternatiewelik kan julle vir Ruan kontak – 082 762 0002.

Verdere inligting sal volg.

Basaar Kindertafel

Basaar Kindertafel
Basaar Kindertafel

Basaar Pannekoek tafel

Basaar Pannekoek tafel
Basaar Pannekoek tafel

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne

“Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou gebed verhoor” (Job 22:27 Afr83).

‘n FEBA Oekraïne-luisteraar, Elena, sê onlangs vir die span: “God straf ons seker. Selfs al kom hulle huis toe van die oorlog af, drink ons mans, broers en pa’s hulself dood. Ek het geen hoop meer dat hierdie oorlog ooit gaan eindig nie.” Soos die aanvalle op Oekraïne vererger, deel baie mense Elena se gevoel.Ons gebed vir die week: Bid dat God die FEBA Oekraïne-span sal bewaar en versterk sodat hulle die Goeie Nuus van ewige vrede kan aanhou uitsaai en weer hoop in mense se harte kan aanwakker

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

  • 1.  Erediensbediening:
  • Die skakel na die YouTube Erediens van 21 September, gelei deur
  • Ds Hendrik Saayman tydens die Getuienisnaweek, is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
  •  Die Skep asem vir vandag’, ‘n wonderlike begin vir elke dag.
  •  Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: Hoop”
  • Gemeentenuus:
  • ‘n Goeie begin vir die bejaardesorg van Wolwedans gemeenskapsprojek.
  • Die Kommunikasiebediening sê Baie Dankie aan al ons besoekers op die webtuiste. Ons het die merk van “100 000” totale besoeke oorskry.
  • Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van
  • enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 20 September 2025

Dagstukkies April

20 September

My wens en gebed is dat jy vandag sal soek na God se planne vir jou lewe. Hy het die oplossings voordat jy dit vind. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Die Here beplan jou beste oplossings.

Teks: “… wat op die pad voor julle vooruit gegaan het om kampplekke vir julle uit te soek” (Deut. 1:32b)

  • God weet alles, daarom weet Hy ook wat die beste vir jou is.
  • Hy het reeds die beste planne en oplossings vir jou lewenspad en uitdagings gemaak.
  • Vandag sal jy voor keuses staan – kies God se planne bo jou eie idees.
  • Soek God se wil en voer dit onverskrokke uit; dit sal jou gelukkig maak.
  • Leef gelukkig!

Gebed

Vader, help my om die geloof te hê om U oplossings te soek en dit uit te voer.

 In die Naam van Jesus Christus die Here

Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 September 2025

Dagstukkies April

19 September

My gebed is dat jy sal leer om die Here werklik te vertrou en nie jou eie planne te maak nie. Hier is God se Boodskap spesiaal vir vandag.

Tema: Vertrou die Here.

Teks: “Maar tog het julle nie julle vertroue in die Here julle God gestel nie” (Deut. 1:32a)

  • Elke probleem en uitdaging is ’n geleentheid om te glo en te vertrou dat God jou sal help.
  • Te dikwels maak jy jou eie planne. Die beter opsie is om op God se leiding en uitkoms te wag.
  • Die lewe is vol probleme en uitdagings, tog is God groter as alles.
  • Begin om in ware geloof te vertrou dat die Here jou elke keer sal lei en help.

Gebed

Vader, leer my om eerder vir U te wag as om my eie planne te maak.

In die Naam van Jesus Christus die Here

 Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

‘n Goeie begin vir die Dagsorgsentrum vir 60Plussers (Wolwedans Bejaardesorg Gemeenskapprojek)

Wolwedans 60Plussers Gemeenskapsprojek

Op 10 September 2025 het die lank verwagte Bejaardesorg Gemeenskapprojek ‘n aanvang geneem, onder die bekwame leiding van Aletia Nortje en andere van die Getuienisbedieng (NG Kerk) en in samewerking van verskeie ander Kerke (o.a die AGS en ander Charismatiese Kerke) asook die Gemeenskapsforum van Groot-Brakrivier.

Lees meer “‘n Goeie begin vir die Dagsorgsentrum vir 60Plussers (Wolwedans Bejaardesorg Gemeenskapprojek)”

Skep asem vir vandag: 18 September 2025

Dagstukkies April

18 September

My wens is dat jy vandag terug sal kyk op jou lewe en die getroue God wat altyd hulp gee, helder sal sien. Vandag se boodskap uit God se Woord is hier om jou te bemoedig.

Tema: Die verhaal van jou lewe is ’n verhaal van God wat geluk bring.

Teks: “Julle het in die woestyn ondervind hoe die Here julle God … julle tot hier toe … gedra het” (Deut. 1:31)

  • Wanneer jy moedeloos raak, kyk terug en sien hoe God jou in die verlede gehelp het.
  • Net soos Hy jou deur vorige “woestyntye” gelei het, sal Hy jou ook nou lei.
  • Die verhaal van jou lewe is vol van God wat ingryp en help.
  • Die God wat jou gister gehelp het, help jou vandag en sal jou môre ook help.
  • Leef met vrede en gemoedsrus!

Gebed

Vader, baie dankie dat U rus in my gemoed bring. In die Naam van Jesus Christus die Here Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

’n Bederfdag deur Seeds of Hope en die Ondersteuningsbediening

Seeds of Hope en Ondersteuningsgroep Bederf 2025-09-17

’n Bederfdag

Op 17 September 2025 het die kerksaal gevul met gelag en musiek tydens Seeds of Hope en die Ondersteuningsbediening se spesiale viering vir ons lieflike 60 jaar en ouer gemeentelede. Die doel was eenvoudig én kragtig: om harte te verwarm met ’n heerlike bederfdag.

Daar was lekkernye, koffie en tee in oorvloed, maar die ware kos was die vreugde van verbinding. Ouer mense het aan tafels gesit, nuwe vriende gemaak en selfs telefoonnommers uitgeruil, wat die bande van gemeenskap versterk het. Die talentvolle Wilidia Crause, op klavier begelei deur Franco Engelbrecht, het die saal betower met haar lieflike sang.

Die pret het ’n hoogtepunt bereik met die Voete Skommel-speletjie, wat lag en vrolikheid ontketen het. Die dag was ’n pragtige herinnering dat ons nooit te oud is om te speel, te kuier en nuwe vriende te maak nie. Dit is deur sulke prettige oomblikke dat ons saam die skaduwees van eensaamheid verdryf en hoop laat blom.

#SeedsOfHope #Ondersteuningsbediening #Bederfdag #Gemeenskap #Verbinding #EensaamheidBekamp

Skep asem vir vandag: 17 September 2025

Dagstukkies April

17 September

Mag jy weet dat die Here jou nooit los nie en in elke moeilike uitdaging saam met jou gaan. God se Woord is daar om jou vandag moed te gee.

Tema: Die Here sal jou saak hanteer.

Teks: “Die Here julle God … sal vir julle veg” (Deut. 1:30)

  • Die Here is voor jou, agter jou, langs jou, bo jou en onder jou.
  • Die Here God is oral en kan al jou uitdagings hanteer en oorwin.
  • Elke emosionele, fisiese of geestelike stryd word deur Hom saam met jou geveg.
  • Selfs wanneer jy alleen en swak voel, is die Here by jou en dra Hy jou.
  • Geen probleem is te groot vir Hom nie.

Gebed

Vader, baie dankie dat U alles van my hanteer en dat ek vanuit U hand kan leef. In die Naam van Jesus Christus die Here

Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 September 2025

Dagstukkies April

16 September

My gebed is dat jy vandag sal beleef hoe die Here voor jou uitgaan. My wens is dat jy ervaar hoe Hy jou in alles wat jy moet doen lei. Vind krag uit God se Boodskap vir vandag.

Tema: Volg die Here.

Teks: “Die Here julle God gaan voor julle uit …” (Deut. 1:30)

  • Die Here gaan altyd voor jou uit en maak die pad glad en gereed.
  • Net soos Hy die Israeliete gehelp en geseën het, sal Hy ook jou help en gelukkig maak.
  • Volg Sy leiding. Doen wat Hy vra. Luister na Sy stem. Sien Sy rigting raak.
  • Geniet die geluk, rustigheid en vrede wanneer jy die Here volg.

Gebed

Vader, gee my Goddelike wysheid sodat ek sal doen soos U sou gedoen het as U vandag hier was. In die Naam van Jesus Christus die Here Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 September 2025

Dagstukkies April

15 September

My wens en gebed is dat jy vandag innerlike krag sal kry om sterk te staan. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Staan sterk teen beïnvloeding.

Teks: “Moenie vir mense bang wees nie.” (Deut. 1:17)

  • God is sterk, kragtig en almagtig. Jy is Sy kind en het Sy eienskappe.
  • Leef hierdie karaktertrekke elke dag uit – veral wanneer jy onder druk kom.
  • Elke dag bied geleenthede om vir God te kies, ongeag wat ander sê of van jou verwag.
  • Wanneer jy die Here God volg, bring dit werklike vryheid in jou gemoed.

Gebed

Vader, maak my innerlik sterk en gee my dapperheid sodat ek U sal volg. In die Naam van Jesus Christus die Here Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 September 2025

Dagstukkies April

14 September

Tema: Trek niemand voor nie

Teks: “Moenie partydig wees as julle ‘n saak verhoor nie, luister na klein en groot.” (Deut 1:17)

  • Ware integriteit behandel alle mense gelyk, ongeag hulle status of posisie.
  • God roep ons om regverdig te wees en niemand voor te trek nie.
  • Jou karakter word getoets in hoe jy mense behandel wat niks vir jou kan doen nie.
  • Regverdigheid en onpartydigheid wen die respek en vertroue van ander.

Gebed

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 38+ van 2025

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 14 September 2025: Erediens 09:00 Kategese & Kleuterkerk 09:00 Groenkloof Erediens 10:00
Woensdag 17 September 2025: Kooroefening 16:45
Woensdag 17 September Wolwedans boodskap, sop en brood:
Woensdag 17 September 2025 – 60+ bymekaarkoms
20 – 21 September 2025 – Getuienis Toerustingsgeleentheid
Sondag 21 September 2025 Erediens – Ds. Hendrik Zaayman, Erediens 09:00 Kategese & Kleuterkerk 09:00 Groenkloof Erediens 10:00
Wolwedans. Die datums vir die vierde kwartaal is & 22 Oktober5 & 19 November en 10 Desember.
2 Oktober 2025 EMO Adams by die Dekke
24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert
25 Oktober 2025 Dankfees
31 Okt – 2 Nov 2025 Gesinskamp

Lees meer “Nuusflitse Week 38+ van 2025”

Afkondigings 14-21 September 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 14 September 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Nadia Marais wat vanoggend se diens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Numeri 22:21-35 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Wat het ek aan jou gedoen?
  • Toerustingsondag/Melaatse (Leprose).
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Spesiale offer vir Sending aan Melaatse by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Lees meer “Afkondigings 14-21 September 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier”

Klub50: Kegelbal pret in Hartenbos

Klub50 het ‘n pret dag gehad op 3 September 2025 in Hartenbos. Daar is meegeding om die beste punte op die Puntebord te kry. Dit was’ n genoeglike dag in goeie gees en wenners en nie-wenners het dit ewe veel geniet.

Skep asem vir vandag: 13 September 2025

Dagstukkies April

13 September

Tema: Leef onder die beheer en seën van God se Gees

Teks: “Hy het Josua… die hande opgelê…” (Num 27:22-23)

  • God gee Sy gesag aan diegene wat onder die leiding van Sy Gees leef.
  • Jy het ook Goddelike gesag omdat jy ‘n kind van ons Vader is.
  • Leef met selfvertroue, wetende dat God se Gees jou lei, toerus en bemagtig.
  • Onder God se gesag kan jy positief optree en ‘n verskil maak.

Gebed

Liewe Vader, ek gee myself in U hande sodat U my kan leer om met Goddelike gesag op te tree.In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.