Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 September 2026 – Luister na raad

11 September

Liewe Vriend,

Dit is nooit maklik om te hoor jy is verkeerd nie — mag jy vandag genoeg nederigheid hê om te luister.  Hier is God se spesiale Woord net vir jou.

Tema:  Luister na raad

Teks:  “In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad.”  (Spr. 12:15)

  • U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep.  (Ps. 104:24)
  • God het alles met wysheid gemaak. Daarom is dit beter om nie op ons eie oordeel, insig en mening staat te maak nie.
  • Maak eerder op God se wysheid en insig staat.
  • Gewoonlik dink jy dat jy die beste oplossing het — onthou dat iemand anders se insig en oplossing jou dalk van ‘n groot verleentheid kan red.
  • Vra vandag vir iemand wat jy vertrou wat hulle van jou plan of keuse dink, en neem hulle antwoord en advies ernstig op.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir U wysheid oor alles. Maak my nederig genoeg om raad te aanvaar.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.