Sondag 25 Februarie 2024 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan Riaan Naudé wat vanoggend se erediens lei met getuienis-en sangbediening.
- Derde Lydensweek.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Hartenbos Versorgingsoord by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 28 Februarie 2024 :
- Daar sal GEEN Kooroefening wees hierdie week nie. Oefening hervat weer op 6 Maart 2024. Marida – 082 471 0751.
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 5 (Hersham) by Barbara Gericke, Franklinstraat 22 (082 411 1222).
- Wêreldbiddag vir Vroue funksie om 16:00 in die kerk. Daar sal ligte verversings na afloop van die diens in die kerksaal bedien word.
Saterdag 2 Maart 2024 :
- Wêreldbiddag vir Mans.
- Kategese.
- Sinodale Offer vir Hospitaalbearbeiding by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
gebedsgids :
Gebedsgidse vir Maart 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Nuwe en bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Omgeebediening :
- In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
- Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
G etuienisbediening :
- Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en ons wil weer die gemeente uitnooi om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.
Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 28 Februarie
en 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning.
- Behoeftes vir Getuienisprojekte:
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
- Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie en vir ‘n selfoon. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.
| KLUB 50 | |
Vrugtefees & Worsbraai Woensdag 6 Maart om 10:00 in die kerksaal. R30 per persoon. Lede is welkom om hul eie vleisie saam te bring en te braai. Bevestig asb teen 1 Maart of u sal bywoon: Anina Geldenhuys – 083 276 1909 Marie Snyman – 082 229 8316 | Kamp Kom geniet ’n wegbreek kamp om mekaar beter te leer ken vanaf 6 – 10 Mei 2024 te Plettenberg Forever Resort, Keurboomsrivier. Koste beloop R500 p/p en sluit onbyt en aandete in. Gelde moet asb so spoedig moontlik by die kerkkantoor of deur EFT inbetaal word. Verwysing: “K50 Kamp” en u naam. Stuur bewys aan Johan Snyman – 083 736 5747. |
Verjaarsdae 2024
25 Februarie – Mickey Barnard, Nicky Cloete, Ben Erasmus, Jeromé Naudé.
26 Februarie – Luka de Swardt, Pieta de Wit, Jos Mostert, Wolf Urie.
27 Februarie – Maureen Barnard, Thereza Terblanche.
28 Februarie – Hans Böhi, Letitia Boshoff, Ellie Bothma, Esther Cilliers, Hannes de Jager, Hynn Engelbrecht, Hilda Korsten, Hannes Lourens, Talesha Nel.
29 Februarie – Susan Joubert.
1 Maart – Alta de Wet, Cobus Greyling, Pieter Grimbeek.
2 Maart – Paula Grimbeek, Tuané Muller, Sarie Oosthuizen, Gerrit Willemse.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Rusland en Oekraïne
Op 20 Februarie duur die Russies-Oekraïnse oorlog reeds tien jaar. Duisende het tot dusver hul lewens, geliefdes en tuistes verloor. FEBA Oekraïne en FEBA Rusland werk nog al die tyd hard daaraan om hul mense onder hierdie moeilike omstandighede te bedien – daar is ‘n beradingslyn, die span bid saam met luisteraars op regstreekse uitsendings en pos bemoedigende boodskappe op sosiale media. FEBA Oekraïne stuur ook radio’s en boekies na die front, waar van hul spanlede as soldate of kapelane dien.
Ons gebed vir die week:Bid dat God FEBA Oekraïne en FEBA Rusland sal versterk en beskerm, sodat hulle kan aanhou om Sy liefde te verkondig totdat die oorlog eindig en daarna.




D ie webwerf(nggrootbrak.co.za)
25 Februarie 2024
- Erediensbediening:
a)Skakel na die YouTube Preek van 25 Februarie 2024 deur ds Danie Goosen.
2. Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Waarop moet ons let?”
3. Gemeente nuus:
a) Die week van die Wêreldbiddag vir Vroue wat deur NG Kerk Groot-Brakrivier
aangebied word op 1 Maart 2024 om 16:00, het uiteindelik aangebreek. U is hartlik
welkom om dit by te woon.
4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Neem asb kennis dat die kerkkantoor nou kaartgeriewe beskikbaar het, indien u in die toekoms gelde by die kerkkantoor moet inbetaal kan u dus nou met u kaart betaal.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314




