Kategese afsluiting 2023

Die Kategese afsluiting is op luisteryke wyse tydens die diens van Sondag 12 November 2023 gevier. Die jongmense van verskillende ouderdoms groepe het hul getrouheid-sertifikate vir die jaar ontvang, en die jaar met ‘n lekker kuier om die braaivleisvure en op die springkasteel op die kerkterrein afgesluit.

Daar is ook op gepaste wyse afskeid geneem van Pauline wat vir vele jare die Jeugbediening gelei het. Sy word opgevolg deur Vicky wat van volgende jaar die leiding by die Jeugbediening sal oorneem.

Mag julle almal ‘n geseende Kerstyd saam met familie en vriende beleef.