Afkondiginge 3 tot 10 Maart 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 3 Maart 2024 :

  • Baie welkom by die erediens.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Kor 1:18-31.

Die tema van die prediking is: Die dwase wysheid?

  • Vierde Lydensweek.
  • Kategese.
  • Sinodale Offer vir Hospitaalbearbeiding by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 6 Maart 2024 :

  • Kooroefening – 17:00 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6A (Suiderkruis) by Egbert en Annatjie Janse Van Rensburg, Columbasingel 34 – 082 871 0927.

Sondag 10 Maart 2024 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker – Ds Charné Viljoen.
  • Vyfde Lydensweek.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Arbeidsbediening Moselbaai by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Neem asb kennis dat die datum van die gholfdag, soos aangedui op die almanak, skuif na 6 April 2024.

Verjaarsdae 2024

3 Maart – Albert Bright, Chris Fick, Peet Kilian, Petrus Zaayman.

4 Maart – Felicity de Beer, Gert de Jager, Anneke Erasmus, Bob Goudzwaard,

Lodic Jordaan, Lisa Liebenberg, Leon van der Mescht, ds Charné Viljoen.

5 Maart – Herman Bosman, Sybel Uys, Henriëtte van Schalkwyk, Ben van Wyk.

6 Maart – Eunice Erasmus, Abrie Lowies, Philip Roets, Sandra van Rensburg,

Isabella Wolmarans.

7 Maart – Hannetjie du Plessis, Callie van Huyssteen, Nelie van Staden.

8 Maart – Tielman Breedt, Babsie Greyling, Christa Jansen van Rensburg,

Charlene Ludick, Tolletjie van der Merwe, André Zwiegelaar.

9 Maart – James Erasmus, Susan Landsberg.

gebedsgids :

Gebedsgidse vir Maart 2024 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening : 

  • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
  • Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

G etuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.

Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning.

  • Behoeftes vir Getuienisprojekte:
  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
  • Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie en vir ‘n selfoon. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Nuwe en bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA China

In China word mense soms afgedank omdat hulle Christus as verlosser aanvaar. Die regering verwyder Christelike toepassings en stromingsdienste van die internet. Kinders word verbied om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem. Hierdie is net ’n paar maniere waarop Christene in China vervolg word. Tog hou FEBA China se gehoor aan groei en ’n groot aantal luisteraars het hulle al tot Christus bekeer.

Ons gebed vir die week:Prys God vir hierdie oes en bid dat Hy sal aanhou om FEBA China

en hul luisteraars te seën te midde van moeilike omstandighede.

Dankies

Goeiemôre gemeente

Ons wil elkeen bedank vir al u bystand, oproepe, gebede, kos en geskenke in hierdie mooi tyd van Theo se geboorte. Ons waardeer elke gebaar van liefde in die tyd. Ons is opnuut verras met die gemeente en gemeenskap se meelewing.

Groete van ons hele gesin.

Danie, Nadia, Daneel, Nikola en Theo.

KLUB 50


Vrugtefees & Worsbraai Woensdag 6 Maart om 10:00 in die kerksaal. R30 per persoon. Lede is welkom om hul eie vleisie saam te bring en te braai. Bevestig asb teen 1 Maart of u sal bywoon: Anina Geldenhuys – 083 276 1909 Marie Snyman – 082 229 8316


Kamp Kom geniet ’n wegbreek kamp om mekaar beter te leer ken vanaf 6 – 10 Mei 2024 te Plettenberg Forever Resort, Keurboomsrivier. Koste beloop R500 p/p en sluit onbyt en aandete in. Gelde moet asb so spoedig moontlik by die kerkkantoor of per EFT inbetaal word. Verwysing: “K50 Kamp” en u naam. Stuur bewys aan Johan Snyman – 083 736 5747.

Die webwerf(nggrootbrak.co.za)

3 Maart 2024

  1. Erediensbediening:

a)Skakel na die YouTube Preek van 3 Maart 2024.

2. Getuienisbediening:

a) Timon van YWAM skryf vir ons.

b) Sendingnuus uit Madagaskar.

c) Riaan Naudé se getuienis is op YouTube beskikbaar.

3. Bybelstudiereeks:

a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Geloof, genade en gewete”.

4. Gemeente nuus:

a) Die klein Goosentjie het gearriveer.

b) Daar is ‘n skakel op die webtuiste na die Kerkbode artikel van ds Nadia Marais “Die

geskenk van sterflikheid”.

5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Neem asb kennis dat die kerkkantoor nou kaartgeriewe beskikbaar het, indien u in die toekoms gelde by die kerkkantoor moet inbetaal kan u dus nou met u kaart betaal.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624

Charné Viljoen – 083 294 6640

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314