Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Januarie 2026

Dagstukkies April

7 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag bedagsaam wees met elke ooreenkoms! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Moenie te vinnig wees met jou handtekening nie

 – neem tyd om elke ooreenkoms behoorlik te verstaan voordat jy dit onderteken of tot iets instem.

Teks vir vandag: “As jy ‘n ooreenkoms te maklik gemaak het, jou handtekening te vinnig op papier geplaas het, is jy dom.” Spr. 6:2 (Die Boodskap)

  • Mense is geneig om net aan hulle eie belange te dink – nie aan ander sin nie.
  • Neem tyd om elke ooreenkoms behoorlik deur te lees, te deurdink en te verstaan.
  • Moenie onder druk onderteken nie – ‘n goeie ooreenkoms sal môre nog daar wees.
  • Vra raad by mense met insig, wysheid en onderskeidingsvermoë voordat jy iets onderteken.
  • Geduld met kontrakte en ooreenkomste kan jou van jare se probleme spaar

Gebed

Liewe Vader, gee my geduld en wysheid om nooit te vinnig ooreenkomste te sluit nie, maar om elke besluit bedagsaam te neem.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Januarie 2026

Dagstukkies April

6 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag slim finansiële besluite neem! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Moenie borg staan vir ander mense se skuld nie

– dit plaas ‘n gevaarlike las op jou wat jou finansiële toekoms kan vernietig.

Teks vir vandag: “As jy vir iemand borg gestaan het, is jy dom. Jy het ‘n groot geldlas op jouself gelaai.” Spr. 6:1 (Die Boodskap)

  • Moenie maklik borg staan of verantwoordelik wees vir iemand anders se skuld nie.
  • Finansiële wysheid beteken juis ook om jou eie toekoms te beskerm.
  • Jou goeie hart moet jou lei deur insig en wysheid, nie deur emosie nie.
  • Barmhartigheid beteken nie dat jy jouself materieel moet vernietig nie.
  • Vra God om leiding voordat jy enige groot finansiële verpligtinge aangaan. Moenie self die besluit neem nie.
  • Jy sal dan rus en vrede in jou hart beleef.

Gebed

Liewe Vader, gee my wysheid om slim finansiële besluite te neem en my toekoms te beskerm teen onverantwoordelike keuses.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Januarie 2026

Dagstukkies April

5 Januarie

Liewe vriend

Mag God se wysheid vandag deur jou praat en jou besluite lei! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema : Leer uit ander mense se ervarings sodat jy reg kan leef en met insig kan praat

– jy hoef nie elke fout self te maak of foute te herhaal nie.

Teks vir vandag: “Leer uit my ervaring sodat jy reg kan leef en met insig kan praat.” Spr. 3:2 (Die Boodskap)

  • Jy hoef nie elke fout self te maak nie – leer uit ander se ervarings.
  • Soek mentors en raad by mense wat goddelike wysheid en insig het – hulle het alreeds die pad van die lewe gestap.
  • Wat jy uit ervaring leer, help jou om reg te leef en wys te praat – deel dit met ander.
  • Wees nederig en sagmoedig genoeg om van ander te leer.

Gebed

Liewe Vader, help my om nederig te wees en uit ander se wysheid te leer sodat ek reg kan leef en insiggewend kan praat.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Januarie 2026

Dagstukkies April

4 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag honger wees na God se wysheid! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Doen elke dag jou bes om meer wysheid en insig te kry.

 Wees lief daarvoor – dan sal jy reg leef en God se seën ervaar. Dan sal jy weet wat ‘n gelukkige lewe is.

Teks vir vandag: “Doen jou bes om elke dag meer wysheid en insig te kry. … Wees lief daarvoor soos ‘n goeie man sy vrou liefhet. Dan sal jy reg leef.” Spr. 4:5-6 (Die Boodskap)

  • Groei in wysheid en insig is ‘n daaglikse keuse – jy moet jou bes doen.
  • Wees passievol oor God se wysheid en insig – maak dit ‘n prioriteit in jou lewe.
  • Ware liefde vir wysheid en insig lei tot ‘n lewe wat reg is voor God.
  • Ware liefde vir wysheid en insig lei tot ‘n lewe wat geluk bring en respek tussen mense afdwing.
  • Wysheid beskerm jou en lei jou tot die beste uitkomste.

Gebed

Liewe Vader, skep in my ‘n passie vir U wysheid sodat ek elke dag meer kan groei en reg kan leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Januarie 2026

Dagstukkies April

3 Januarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag met goddelike wysheid deur jou dag beweeg! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Leef doelbewus deur mooi na te dink oor wat jy sê en doen, en weet wanneer om sekere dinge en mense te vermy.

Teks vir vandag: “Dink mooi oor die alledaagse lewe na. Dink wat jy op die regte oomblik moet sê en wat jy moet doen, wie en wat jy eerder moet vermy.” Spr. 3:1 (Die Boodskap)

  • Leef doelbewus – dink mooi na voordat jy praat of optree.
  • God gee jou wysheid en insig om te weet wat om te sê, wie om te vermy en wanneer om stil te bly.
  • Dus: Jy sal sommige situasies en mense vir jou eie beskerming moet vermy.
  • Vra God elke oggend om jou te lei in die klein, gemiddelde en groot besluite van die dag.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag wysheid om reg te praat, reg te handel en die dinge te vermy wat my kan seermaak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Januarie 2026

Dagstukkies April

2 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag God se hart vir jou duideliker sien! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Hoe meer jy aktief na God se wysheid soek, hoe beter verstaan jy hoe lief Hy regtig vir jou is.

Tema: Verstaan hoe lief Hy regtig vir jou is

Teks vir vandag:“… indien jy heeltyd na (hierdie wysheid) soek… sal jy die liefde van die Here begin verstaan.” Spr. 2:4 (Die Boodskap)

  • Soek aktief na God se wysheid – dit kom nie toevallig of per geluk nie
  • Hoe meer jy God se Woord leer ken, hoe beter verstaan jy Sy liefde vir jou
  • Hoe meer jy God die Heilige Gees se stem ken, hoe beter verstaan jy Sy rigting vir jou
  • God se wysheid en insig onthul Sy karakter en Sy goeie bedoelinge met jou lewe
  • Maak tyd om vandag iets van God se hart te leer ken.

Gebed

Liewe Vader, leer my om elke dag na U wysheid en insig te soek sodat ek kan verstaan hoe lief U vir my is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Januarie 2026

Dagstukkies April

1 Januarie

Liewe vriend

Welkom by ‘n nuwe jaar vol van God se beloftes! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Maak sy Woord jou eie

God wil hê jy moet hierdie jaar wys leef deur Sy Woord jou eie te maak. Hy wil hê dat jy iemand van insig sal wees – dit gaan jou help hoe om reg te leef en werklik gelukkig te wees.

Teks vir vandag:“Al die Spreuke moet jy jou eie maak. Dit is bedoel om mense wys en gelukkig te maak… dit wil jou die kuns van die lewe aanleer…” Spr. 1:2-3 (Die Boodskap)

  • Maak God se Woord elke dag jou eie deur dit te lees en daaroor te dink
  • Wysheid is meer as net kennis – dit is ook praktiese insig in hoe en wat jy in sekere situasies moet doen.
  • Dit leer jou hoe om prakties reg te leef
  • God se wysheid bring werklike geluk en vrede in jou lewe
  • Die “kuns van die lewe” is om elke dag volgens God se beginsels te leef

Gebed

Liewe Vader, help my om hierdie jaar U Woord my eie te maak sodat ek wys kan leef en werklik gelukkig kan wees in alles wat ek doen.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Desember 2025

Dagstukkies April

31 Desember (Oujaarsdag)

My wens en gebed is dat jy sal leer om in die komende jaar fyn te luister na die wil van die Here God. Hier is God se Boodskap vir die laaste dag in hierdie jaar.

Tema: Stel jou fyn in vir die Here se stem

Teks: “Die Woord van die Here was skaars in die tyd. Die Here het met niemand gepraat nie”. (1 Sam. 3:1 – Die Boodskap)

  • Die Here het weens ongehoorsaamheid min met die mense gepraat.
  • Die Here praat met ons deur die Bybel en Sy Gees. Hy sal in die volgende jaar ook deur Sy Woord en Gees met jou praat
  • Luister fyn voordat jy iets doen – soek eers Sy wil.
  • Moenie self besluit nie, laat Hy besluit wat jy moet doen.
  • Stap vandag en in die volgende jaar, agter die Here aan.
  • Wees dan gelukkig. Leef in vrede. Vertrou Hom. Geniet die jaar wat kom.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek U wil in die volgende jaar kan hoor – praat met my.

In Jesus se Naam.

Amen..

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Desember 2025

Dagstukkies April

30 Desember

Ek bid dat jy dit ernstig sal opneem dat die Here God werklik geëer en gedien moet word. Hier is God se Boodskap.

Tema: Eer die Here

Teks: “… want Ek eer die wat My eer, maar wie nie vir My respek het nie, sal self geminag word”. (1 Sam. 2:30– Die Boodskap)

  • God eer en respekteer mense wat Hom eer en respekteer – klink dit vreemd? Hy sê self so!
  • Indien Eli en sy familie geleef het soos God verwag het, sou hulle bly leef het.
  • Dit is jou keuse om soos Samuel opreg te leef en God se seën te kry. Dan sal jy gelukkig wees.
  • Leef gehoorsaam – God sien dit raak.
  • Dan sal jy gelukkig wees!

Gebed

Liewe Vader, ek wil graag gehoorsaam en opreg wees. Laat my U respekteer en eer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Desember 2025

Dagstukkies April

29 Desember

Mag jy verstaan dat jou hele lewe ‘n storie oor jou karakter en verhouding met God vertel. Kry krag vandag uit die Woord van God.

Tema: Jou lewe dra ‘n verhaal oor

Teks: “Samuel het in die tempel gehelp; ‘n klein seuntjie wat die klere van ‘n priester dra”. (1 Sam. 2:18 – Die Boodskap)

  • Samuel het voorbeeldig opgetree, anders as Eli se kinders.
  • Die Here seën die gedrag van hulle wat aan Hom getrou is.
  • Jy het twee paaie waaruit jy kan kies: soos Eli se seuns of soos Samuel.
  • Kies die lewe! Kies om soos Samuel te leef! Respekteer God en ander mense.
  • Dien die Here God. Leef met vrede en wees gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, laat ek U altyd belangrik maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Desember 2025

Dagstukkies April

28 Desember

Ek bid so dat jy sal verstaan dat jy met respek teen ander moet optree. Leer uit die Bybel vandag.

Tema: Tree met respek teen die Here op

Teks: “Eli se seuns… het geen respek vir die Here gehad nie.” (1 Sam. 2:12 – Die Boodskap)

  • Eli se seuns was ongelowig en het sonder respek teenoor die Here en ander mense opgetree.
  • God is die Almagtige – Hy verdien respek. Mense verdien menswaardigheid.
  • Wanneer jy optree, doen dit uit respek vir God.
  • Jou gedrag weerspieël jou respek vir die Here.

Gebed

Liewe Vader, gee my genade om U altyd te respekteer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 Desember 2025

Dagstukkies April

27 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag die onbeskryflike geskenk van Jesus se liefde ten volle sal ontvang. Lees die Woord van God vandag.

Tema: Leef met mentorskap

Teks: “… maar die seuntjie, Samuel, het agter gebly en onder toesig van Eli in die tempel gehelp”. (1 Sam. 2:11 – Die Boodskap)

  • Eli was Samuel se mentor wat hom geleer het wat dit beteken om ‘n goeie priester te wees.
  • God stuur mense oor jou pad om rigting te bring.
  • Soms is jy die mentor, ander kere het jy een nodig.
  • Aanvaar mentorskap – dit maak die lewe ‘n beter plek.
  • Aanvaar mentorskap – dit maak jou lewe net makliker.
  • Aanvaar mentorskap – dit sal jou gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, gee my die gawe om mentorskap in my lewe aan te gryp.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Desember 2025

Dagstukkies April

26 Desember

Ek hoop so dat jy sal aanleer om jou beloftes te hou. Hier is God se Woord aan jou vandag.

Tema: Beloftes gemaak, beloftes uitgevoer

Teks: “… Dan sal hy vir altyd daar bly… hulle het die kind na Eli toe gevat… Samuel het toe daar by die altaar op sy knieë gaan staan”. (1 Sam. 1:22, 25, 28 – Die Boodskap)

  • Hanna het haar belofte aan God gehou en Samuel na die tempel gebring.
  • Geloftes en beloftes wat jy maak, moet nagekom word.
  • Die ondernemings wat jy aan die Here en ander mense maak, moet jy uitvoer.
  • Jou woord is jou eer – hou dit.

Gebed

Liewe Vader, gee my genade om uit te voer wat ek onderneem het te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Desember 2025 (Kersdag)

Dagstukkies April

25 Desember (Kersdag)

My wens en gebed is dat jy vandag die onbeskryflike geskenk van Jesus se liefde ten volle sal ontvang. Hier is God se Kersboodskap vandag net vir jou.

Tema: Die grootste geskenk

Teks: “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:16)

  • God het Sy kosbaarste geskenk gegee – Sy Seun – ons Verlosser en Redder!
  • Kersfees handel nie oor geskenke onder die boom nie, maar oor die Geskenk in die krip, ons Redder Jesus Christus.
  • Stop vandag te midde van die fees en ontvang bewustelik Jesus se liefde vir jou.
  • Die beste geskenk wat jy kan gee is om Jesus se liefde ook aan ander te wys en oor te dra.
  • Vertel ten minste vir een persoon persoonlik van God se reddende liefde in Jesus Christus.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir die onbeskryflike geskenk van Jesus se geboorte. Help my om hierdie liefde daagliks te ontvang en uit te deel.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Desember 2025 (Ou kersdag)

Dagstukkies April

24 Desember (Ou Kersdag)

Vandag het die Here ‘n boodskap uit Sy Woord wat jy nie kan verstaan nie. Lees dit en aanvaar dit net.

Tema: Vrede op aarde

Teks: “Eer aan God in die hoogte, en vrede op aarde in mense in wie Hy ‘n welbehae het.” (Lukas 2:14)

  • Die engele het vrede verkondig – vrede tussen God en mense, tussen mense en mense.
  • Jesus se vrede kan jou bekommerde hart kalmeer en jou verhoudings heel maak.
  • Hierdie vrede is beskikbaar vir jou angstige gedagtes en gespanne verhoudings – vandag nog.
  • Kies een situasie waar daar onrus is en bid vir God se vrede daarin.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir die vrede wat Jesus se geboorte gebring het

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 Desember 2025

Dagstukkies April

23 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag vervul sal word met die blydskap wat alleen Jesus kan gee. Hier is Sy Woord vir vandag.

Tema: Wees ‘n draer van vreugde en blydskap

Teks: “Toe sê die engel vir hulle: ‘Moenie bang wees nie, want ek verkondig vir julle ‘n groot blydskap wat vir die hele volk sal wees.” (Lukas 2:10)

  • Die engele het die beste nuus ooit gebring – ‘n Verlosser is gebore!
  • Hierdie blydskap hang nie af van jou omstandighede nie, dit kom van Jesus, ons Verlosser.
  • Al was die jaar moeilik, daar is rede vir blydskap.
  • Deel vandag hierdie blydskap met iemand wat moedeloos is – wees ‘n engel van goeie nuus.

Gebed

Liewe Vader, maak my ‘n boodskapper van hierdie groot vreugde van hoop.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 Desember 2025

Dagstukkies April

22 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal sien hoe God jou gewone lewe vir Sy grootsheid wil gebruik. Hier is Sy Woord.

Tema: God gebruik nederige omstandighede

Teks: “En sy het haar eersgeborene seun daar gebaar en Hom in doeke toegedraai en Hom in ‘n krip neergelê, omdat daar geen plek vir hulle in die gastehuis was nie.” (Lukas 2:7)

  • Die Koning van die heelal is in ‘n stal gebore – nederigheid op sy beste.
  • Jou huisie, gewone werk en eenvoudige lewe is genoeg vir God se groot planne.
  • Moenie voel jy is te “gewoon” om deur God gebruik te word nie.
  • God wil vandag in jou werkplek, huis of daaglikse roetine groot dinge doen.
  • Stel jou oop om deur Hom gebruik te word. Kyk nou uit na die geleenthede wat kom.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U ook vir my gebruik om U groot dade te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 Desember 2025

Dagstukkies April

21 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal glo dat niks onmoontlik is by God nie. Hier Sy wonderboodskap vir jou.

Tema: Niks is onmoontlik by God nie

Teks: “Want by God sal niks onmoontlik wees nie.”(Lukas 1:37)

  • ‘n Maagd word swanger deur die Heilige Gees – onmoontlik, vir mense ja.
  • God doen wonderwerke. Ons kan dit nie verstaan nie. Dit is bokant is denkraamwerk.
  • Wat vir mense onmoontlik is, is by God moontlik.
  • Jou finansiële krisis, gesondheidsprobleem of gebroke verhouding is nie vir God te groot om reg te maak nie.
  • Skryf vandag een “onmoontlike” situasie neer en gee dit aan God oor. Sê vir Hom dankie vir die oplossing.

Gebed

Liewe Vader, ek glo dat niks onmoontlik is by U nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 Desember 2025

Dagstukkies April

20 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal verstaan hoe God jou uitkies vir Sy onmoontlike en buitengewone planne. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: God se buitengewone planne

Teks:“Die engel het vir haar gesê: ‘Moenie bang wees nie, Maria, want God het jou uitverkies.'” (Lukas 1:30 )

  • Maria was ‘n jong vrou uit Nasaret – nie ‘n belangrike plek nie – maar God het haar uitverkies om die Verlosser se ma te wees.
  • Die Almagtige Here kies gewone mense vir buitengewone planne.
  • Wanneer God jou uitkies vir iets wat buitengewoon en onmoontlik lyk, vertrou Hom.
  • Sy planne is altyd groter as wat ons kan verstaan.
  • Leef gehoorsaam! Hy kan die onmoontlike moontlik maak! Eer Hom.

Gebed:

 Liewe Vader, ek wil ook beskikbaar wees, soos Maria beskikbaar was.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 Desember 2025

Dagstukkies April

19 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal verstaan wat ware verbintenis in die huwelik beteken. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: U goedheid en guns

Teks: “Dan het Peninna, wat nie van Hanna gehou het nie, haar gespot oor die Here nie vir haar kinders gee nie…”.(1 Sam. 1:6 – Die Boodskap)

  • Peninna wys die lelike kant van menswees – sy spot Hanna omdat sy kinderloos is.
  • Mense breek ander mense dikwels af weens hulle swakhede – dis nie hoe God is nie.
  • Moenie die leuens van afbrekende mense glo nie.
  • God is goed, vol van guns, genade en liefde.
  • Word omarm deur die liefde, goedheid en guns van die Here – aanvaar dit.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U liefde baie meer is as die lelikste kant van mense.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.