Skep asem vir vandag: 18 Desember 2025

Dagstukkies April

18 Desember

My wens is dat jy God so sal vertrou dat jy Hom in alles sal ken. Hier is jou daaglikse brood vir vandag.

Tema: Jy kan jou hart voor God oopmaak

Teks: “ Elkana het gereeld een keer per jaar … na die tempel … gegaan om voor die magtige Here te kniel en vir Hom te offer.” (1 Sam. 1:3 – Die Boodskap)

  • Jy is ‘n kind van die Almagtige God wat jou hoor en antwoord.
  • Daarom kan jy elke dag direk met God praat – jy kan tot Hom bid.
  • Jy hoef nie te wag om met die Here te praat nie. Moenie uitstel voordat jy bid nie.
  • Doen dit nou! Doen dit heeltyd en altyd – oop oë en toe oë, beplan en onbeplan, as jy ry of bly, sit of staan, lê of loop – bid sonder ophou.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek altyd tot U kan bid.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 Desember 2025

Dagstukkies April

17 Desember

Ek hoop so dat jy in verwondering sal staan oor God se vreemde optrede. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Die vreemde werklikheid

Teks: “Elkana het twee vroue gehad… Peninna het kinders gehad, Hanna nie.”( 1 Sam. 1:2 – Die Boodskap)

  • Elkana was vir die kinderlose Hanna liewer as vir Peninna. Hanna was die randfiguur – die een wat bespot is.
  • en tog, die Here gebruik vreemde dinge om groot dinge te doen.
  • Hierdie liefdesverhaal is die begin van een van die grootste profete van Israel – Samuel.
  • As jy soms eenkant voel, God gebruik eenkant-mense om wonderwerke te verrig – wees net beskikbaar?

Gebed

Liewe Vader, ek is beskikbaar sodat U deur my groot dinge kan doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 Desember 2025

Dagstukkies April

16 Desember

My wens en gebed is dat jy sal raaksien hoe die Here jou help. Hier is God se spesiale Woord van hoop vir jou.

Tema: Die Here is doelgerig besig om jou te help

Teks: “Boas sal nie rus voordat hy hierdie saak vandag nog opgelos het nie” (Rut.. 3:18 – Die Boodskap)

  • Die Here stel dit nie uit om jou te help nie.
  • Hy is net geduldig met jou ontwikkeling as mens.
  • Nes Boas aktief besig was om onmiddellik vir Rut te help, help die Here.
  • Die Almagtige God is daarom alreeds daarmee besig om aan jou die oplossings en uitkomste uit te wys – sien dit net raak.
  • Wees geduldig. Wees hoopvol.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U dadelik ingryp om my te help en dit nie uitstel nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Desember 2025

Dagstukkies April

15 Desember

My wens en gebed is dat jy sal leer wat geloofsvertroue is. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Wag vir die Here se uitkoms

Teks: “Wees nou maar net geduldig totdat ons sien wat gebeur….” (Rut.3:18 – Die Boodskap)

  • Die Almagtige Here werk op Sy tyd.
  • Naomi sê vir Rut sy moet geduldig wag totdat Boas reggekry het wat hy beplan – dit gebeur nie dadelik nie.
  • Geloof is om die Here te vertrou. Hy doen die onmoontlike.
  • Soms moet die tyd net uitspeel sodat jy daarvoor gereed is.
  • Jy sal sien die uitkoms gaan kom – wag net.

Gebed

Liewe Vader, help my om geduld te kry sodat ek kan wag totdat U U plan vir my lewe ‘n werklikheid maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Desember 2025

Dagstukkies April

14 Desember

Ek hoop so dat jy sal begin om liefdesdade aan mense te wys. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Om liefde aan mekaar te wys

Teks: “Wat jy nou doen, is nog ‘n groter liefdesdaad as die liefde wat jy aan jou skoonma bewys het…”(Rut. 3:10– Die Boodskap)

  • Bybelse liefde is om jou eie wil en voorkeur vir iemand anders op te offer.
  • Rut is bereid om met Boas te trou sodat sy én Naomi ‘n goeie toekoms sal hê – sy bewys wéér ‘n liefdesdaad aan Naomi.
  • Jy sal vandag baie geleenthede kry om ook liefdesdade aan mense te betoon – gebruik dit.

Gebed

Liewe Vader, gee my die dapperheid om lief te hê.

In Jesus se Naam. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 Desember 2025

Dagstukkies April

13 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag jou oë op God Almagtig wat na jou kyk, sal hou. Hier is God se Woord.

Tema: Jy sal versorg wees

Teks: “ Hy sal verstaan dat jy versorging nodig het en vir jou sê wat jy moet doen… ” (Rut. 3:4 – Die Boodskap)

  • God is die Almagtige wat vir jou sorg.
  • Boas weet watter versorging Rut nodig het, en Naomi weet dat hy dit aan haar sal gee.
  • Net so kan jy oortuig wees dat die Here altyd vir jou sal sorg – ook vandag en môre.

Gebed

Liewe Vader dankie dat U vir my sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 Desember 2025

Dagstukkies April

12 Desember

My gebed is dat jy vandag sal raaksien dat God deur klein dingetjies groot dinge waar maak. Hier is Sy boodskap vir vandag.

Tema: Die Here sorg selfs deur eenvoud

Teks: “…, hy is eintlik een van die mense wat veronderstel is om vir ons te sorg…”(Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • God is die Almagtige wat wonderwerke in jou lewe doen..
  • Hy bring Rut in aanraking met die man wat veronderstel is om vir haar en Naomi te sorg.
  • Die Here sorg altyd en heeltyd vir jou en doen dit in die fynste detail.
  • Word rustig en leef in vertroue. In Sy hande is jy veilig.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my lewe tot in die fynste besonderhede reg laat uitwerk.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Desember 2025

Dagstukkies April

11 Desember

My wens is dat jy rustig sal word – onthou, die Here God sorg vir jou. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Jy sal versorg word.

Teks: “Rut het toe saam met die ander vroue in Boas se land are opgetel…” (Rut 2:23 – Die Boodskap)

  • Rut se harde werk het gelei tot voorsiening vir haar en Naomi.
  • God het reeds ‘n plan om in jou behoeftes te voorsien – selfs voordat jy dit besef.
  • Bly getrou in jou alledaagse pligte – die seëninge sal daar wees.
  • Wees gelukkig. Wees vol van vrede. Wees rustig. Wees vol van vertroue.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U vir my sorg..

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 Desember 2025

Dagstukkies April

10 Desember

Ek hoop dat jy elke dag van God se beskerming kan getuig. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Jy sal beskerm word

Teks: “Dis goed so… Jy mag dalk net beledig word as jy op iemand anders se land gaan werk.” (Rut 2:22 – Die Boodskap)

  • Naomi se raad was eenvoudig: bly waar jy veilig is.
  • Moenie rondloop en rondgaan waar jy nie hoort nie – bly waar God jou geplaas het.
  • Moenie rondloop en rondgaan waar jy nie hoort nie – bly tussen die grense wat God stel.
  • Luister na die wysheid van mense wat vir jou belange omgee.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my met grense beskerm.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Desember 2025

Dagstukkies April

9 Desember

My wens is dat jy oortuig sal wees dat God vir jou sorg. Hier is Sy Woord vir vandag.

Tema: Die Here handel die saak af

Teks: “Dis nie al nie. Hy het ook gesê ek moet terugkom en elke dag saam met sy werkers are kom optel…. ” (Rut 2:21 – Die Boodskap)

  • Boas het vir Rut ‘n permanente plek gegee, nie net ‘n eenmalige guns nie – so werk God ook.
  • Die Here sorg in jou fisiese, materiële, emosionele, en geestelike behoeftes van elke dag, nie net vandag nie.
  • Wees getrou in die klein geleenthede. Dan is jy ook in groot dinge getrou.
  • So sal jy gelukkig wees en vrede geniet.

Gebed

Liewe Vader, help my met moed om die lewe van iemand anders op te hef deur vir hulle om te gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 Desember 2025

Dagstukkies April

8 Desember

My wens is dat jy die goeie dinge wat die Here doen, sal raaksien. Hier is brood vir vandag.

Tema: Beplan vooruit

Teks: “Ons moet vir jou ‘n man kry, sodat jy versorg kan word en jou eie huis en huisgesin kan hê” (Rut 3:1 – Die Boodskap)

  • Dit is die een ding wat die God van gawes, goedheid en genade vir jou sal gee, ‘n mooi toekoms.
  • Verwag hierdie wonderlike nuwe tydperk op meer en beter as wat jy nou het.
  • Soos Naomi kan jy ook instrumenteel wees om vir ander ‘n nuwe lewe oop te breek.
  • Maak jou lewe vandag vir die gawes van die goeie God oop.
  • Leef met ‘n verwagting van beter en oorvloed. Wees gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U meer gee as wat ek verwag.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Desember 2025

Dagstukkies April

7 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag werklik sal begin glo wat vir mense onmoontlik is, vir God heel gewoon en moontlik is. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Onverstaanbaar, ondenkbaar en onverwags

Teks: “Weet jy, … hy is eintlik een van die mense wat veronderstel is om vir ons te sorg…” (Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • Wat was die kans dat dié twee vroue om iemand se grond sou beland wat volgens die Joodse wet hulle moes versorg – nul. Tog het dit gebeur.
  • Die Here is vol goedheid en guns. Hy laat dinge gebeur wat jy jou nie kan indink nie – so sorg Hy.
  • Die Here sorg vir jou op maniere en plekke wat onverstaanbaar, ondenkbaar en onverwags is.
  • Ontvang dit net.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U onverstaanbaar werk en so vir my sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Desember 2025

Dagstukkies April

6 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal verstaan wat ware verbintenis in die huwelik beteken. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Daar sal in jou behoeftes voorsien word.

Teks: “… Josef het die graanskure oopgesluit en wat daarin was, … begin verkoop. ” (Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • Die hongersnood breek uit, maar Egipte het genoeg kos –die hele wye wêreld kom haal kos.
  • Jy beleef ook dikwels hongersnoodtye, woestyntye en uitdagings.
  • Dis die Here wat agter elke uitkoms is.
  • Jy kan verseker weet dat vandag en môre in elke omstandigheid aan jou uitkoms sal gee – glo dit!

Gebed

Liewe Vader, ek loof U dat U doelgerig besig is om in elke behoefte van my te voorsien.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Desember 2025

Dagstukkies April

5 Desember

My wens is dat jy ook emosionele genesing van jou pyn sal kry. Hier is God se Woord spesiaal vir vandag.

Tema: Daar sal volkome genesing van jou teleurstellings kom

Teks: “God het my alles laat vergeet: al my swaarkry en alles wat my familie my aangedoen het.” (Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • God bring emosionele herstel en genesing.
  • Dalk het jy ook emosionele genesing nodig. Net die Here kan dit vir jou gee, en Hy wil dit vir jou gee.
  • Wees dankbaar en positief oor hierdie genesing.
  • Dit gee nuwe energie, hoop en bring groot geluk en vrede.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my volkome van elke letsel van my verlede sal genees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Desember 2025

Dagstukkies April

4 Desember

My wens en gebed is dat jy vir ander mense sal omgee. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Sorg vir ander mense

Teks: Josef het so baie koring bymekaargemaak dat dit net soveel was as die sand van die see. Hy het later opgehou om aan te teken hoeveel daar was, want dit was te veel om te tel. ” (Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • Josef het planne gemaak en dit uitgevoer. Hy was suksesvol.
  • “If you fail to plan, you plan to fail”, het iemand eendag gesê. Sukses kom wanneer jy jou lewe beplan.
  • Dis moeite om so te leef. Begin geleidelik deur jou lewe omgee.
  • Jy sal gelukkig wees wanneer jy sien dit gaan ook met ander mense goed.

Gebed

Liewe Vader, help my om die lewe van iemand anders op te hef deur vir hulle om te gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Desember 2025

Dagstukkies April

3 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal verstaan wat ware verbintenis in die huwelik beteken. Hier is God se Woord.

Tema: Beplan vooruit

Teks: “Ons moet vir jou ‘n man kry, sodat jy versorg kan word en jou eie huis en huisgesin kan hê” (Rut 3:1 – Die Boodskap)

  • Naomi wil vir Rut ‘n vol lewe gee – sy moet versorg wees, ‘n huis en huisgesin kry. Naomi wil vir Rut ‘n toekoms gee.
  • Dit is die een ding wat die God van genade gee, ‘n toekoms en ‘n verwagting op meer en beter.
  • Maak jou hart vandag vir die gawes van ons goeie God oop.
  • Leef met hierdie verwagting van beter en oorvloed. ‘n Nuwe beter seisoen!

Gebed

Liewe Vader. Gee my wysheid, insig en die wilsvermoë om ‘n beplanner van my lewe en werk te wees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Desember 2025

Dagstukkies April

2 Desember

My wens is dat jy sal verstaan dat die Here onverstaanbaar is. Hier is ‘n boodskap aan jou.

Tema: Onverstaanbaar, ondenkbaar en onverwags

Teks: “Weet jy, … hy is eintlik een van die mense wat veronderstel is om vir ons te sorg…” (Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • Wat was die kans dat die twee vroue op iemand se grond sou beland wat volgens die Joodse wet hulle moes versorg – nul. Tog het dit gebeur.
  • Die Here laat dinge met jou gebeur wat jy jouself nie kan indink nie. Hy versorg jou!
  • Dit sal met jou goedgaan, want die Here sorg vir jou op maniere en plekke wat onverstaanbaar, ondenkbaar en onverwags is.
  • Die Here van genade is vol goedheid en guns.
  • Ontvang dit nou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U onverstaanbaar werk.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Desember 2025

Dagstukkies April

1 Desember

My gebed is dat jy jou werklik aan jou huweliksmaat sal verbind. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Wees saam tot die dood toe

Teks: “Daar waar Ma eendag doodgaan, wil ek doodgaan en daar begrawe word.” (Rut 1:17– Die Boodskap)

  • Rut se verbintenis aan Naomi is tot die dood toe.
  • Huweliksmaats se verbintenis is ook tot die dood toe.
  • Herbelyn vandag jou optrede en verbintenis teenoor jou huweliksmaat – saam tot die dood toe.
  • Leef so dat julle bymekaar en gelukkig is.

Gebed

Liewe Vader, gee my die genade om saam met my huweliksmaat tot die dood toe gelukkig te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 November 2025

Dagstukkies April

30 November

In jul huwelik dien julle die Drie-enige God saam. Neem God se Woord vandag ernstig op.

Tema: In jul huwelik dien julle die Drie-enige God saam

Teks: “… en die God wat Ma dien, is ook die God wat ek wil dien.” (Rut 1:16 – Die Boodskap)

  • Rut neem afskeid van die afgode van Moab, en begin om die enigste ware God te aanbid.
  • Jy en jou huweliksmaat kan nie God op verskillende maniere dien nie – julle moet Hom saam aanbid en dien.
  • Praat met mekaar hieroor: Op watter drie maniere kan ons God saam aanbid en dien?
  • Jy sal opmerk dat julle verhouding verbeter en alles in plek begin val.

Gebed

Liewe Vader, help ons om in ons huwelik U saam te dien.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 November 2025

Dagstukkies April

24 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here draai altyd die wiel en gee uitkoms. Hier is God se Boodskap.

Tema: Die Here sal uitkoms gee

Teks:“‘n Rukkie later het Naomi… gehoor dat die Here dit weer beter laat gaan het in Juda” (Rut 1:6 – Die Boodskap)

  • Die goeie nuus is dat die wiel altyd draai – dinge sal verander.
  • Net wanneer jy dink dit kan nie slegter gaan nie, gee die Here uitkoms.
  • Hou jou oë oop vir die uitkoms wat wag – dit is reeds daar!
  • Gryp die uitkoms wat Hy gee met beide hande aan. Stap vorentoe in geloof.

Gebed

Liewe Vader, laat my U genade raaksien. Dankie dat U altyd uitkoms gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.