13 Junie
Liewe Vriend
Vandag wil God vir jou die wysheid gee om ‘n baie goeie voorbeeld vir ander mense te wees. Kry nou nuwe lewenswysheid reguit uit die Bybel.
Tema: ‘n Slim manier van lewe.
Teks: “’n Mens word aan sy lewe gemeet. Slimheid word aan ‘n mooi manier van lewe gesien. Domkoppe weet nie hoe om reg te leef nie. Mense verag hulle.” (Spr. 12:8 – Die Boodskap)
- As jy die Here dien, het jy ware wysheid gekry. Hy gee Sy wysheid en kennis met baie liefde vir jou. (Ps. 111:10)
- Mense kyk na hoe jy elke dag optree om te sien waarin jy glo. Laat jou lewe wys hoe lief God mense het.
- Ware slimheid beteken nie jy het baie by ‘n skool of universiteit geleer nie. Dit beteken jy lewe op ‘n mooi, goeie en eerlike manier.
- Kies doelbewus om te leer hoe om reg en wys te lewe, sodat mense altyd respek sal hê vir wat jy doen.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U vir my wys hoe om reg te lewe. Help my om vandag vir die wêreld ‘n baie mooi manier van lewe te wys.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


